1 minute read

Eenheid 3: ’n Fisiese kaart van Afrika

Eenheid 3

’n Fisiese kaart van Afrika

Leerdoelwitte

Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen:

● Identifiseer die kenmerke op ’n fisiese kaart. ● Verstaan die verskillende maniere waarop hoogte bo seespieël op ’n fisiese kaart aangedui word. ● Wees in staat om die volgende op ’n kaart te vind of aan te dui: ● Afrika se hoogste berge • Kilimandjaro en Berg Kenia ● Suider-Afrika se hoogste piek • Thabana Ntlenyana in die Drakensberg ● Afrika se drie grootste mere • Victoria, Tanganjika, Malawi ● Afrika se groot riviere • Nyl, Niger, Kongo, Zambezi, Limpopo, Gariep-Oranje ● Suider-Afrika se beroemde watervalle • Victoria, Maletsunyane, Augrabies ● Afrika se groot woestyne • Die Sahara, Kalahari en die Namib

Inleiding

Kyk in ’n atlas na die kaart van Afrika en praat met leerders oor fisiese verskynsels: riviere en berge. Wys ook vir leerders hoe dit op ’n kaart aangedui word. Volg met jou vinger en speel met leerders ’n speletjie. Jy gee ’n naam van ’n rivier en leerders moet die rivier soek. Doen dieselfde met berge. Dit behoort jou ongeveer drie uur te neem om hierdie eenheid te voltooi, met ekstra tyd vir aktiwiteite en hersiening.

This article is from: