Eenheid 3 ’n Fisiese kaart van Afrika
Leerdoelwitte Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen: ● ● ● ● ● ● ● ● ●
Inleiding
Identifiseer die kenmerke op ’n fisiese kaart.
Verstaan die verskillende maniere waarop hoogte bo seespieël op ’n fisiese kaart aangedui word.
Wees in staat om die volgende op ’n kaart te vind of aan te dui:
Afrika se hoogste berge
•
Kilimandjaro en Berg Kenia
Suider-Afrika se hoogste piek
•
Thabana Ntlenyana in die Drakensberg
Afrika se drie grootste mere
•
Victoria, Tanganjika, Malawi
Afrika se groot riviere
•
Nyl, Niger, Kongo, Zambezi, Limpopo, Gariep-Oranje
Suider-Afrika se beroemde watervalle
•
Victoria, Maletsunyane, Augrabies
Afrika se groot woestyne
•
Die Sahara, Kalahari en die Namib
Kyk in ’n atlas na die kaart van Afrika en praat met leerders oor fisiese verskynsels: riviere en
berge. Wys ook vir leerders hoe dit op ’n kaart aangedui word. Volg met jou vinger en speel met leerders ’n speletjie. Jy gee ’n naam van ’n rivier en leerders moet die rivier soek. Doen dieselfde
met berge. Dit behoort jou ongeveer drie uur te neem om hierdie eenheid te voltooi, met ekstra tyd vir aktiwiteite en hersiening.
© Optimi
21