Sasima December 2015

Page 1

1

DESEMBER 2015

JAARGANG 36

Bekendes kom kuier

UITGAWE 2

Wenkbroudag wys gees

3

Ontmoet ons top-swemmers

7

15

Dissiplinêre beleid verwelkom Die dissiplinêre beleid van Potchefstroom ­Gimnasium is vanjaar hersien, verfyn en vanaf 1 September ­geïm­pli­menteer. Sunique Becker het by van die rolspe­ lers gaan uitvind wat hul mening oor die hersiene dissipli­ nêre stelsel is.

“A

nton, stop!” Dis die opdrag wat die pa aan sy driejarige, wat met sy driewiel oor die pad jaag, uitroep. As Anton luister, red dit sy lewe. As hy die bevel verontagsaam, kan dit sy dood veroorsaak. Dis waarop dissipline neerkom. Alle mense moet leer om op ʼn ge­ saghebbende stem ag te slaan. Die proses van dissipline kweek selfdissipline en dit lei uiteindelik tot verantwoordelike keuses en sukses in die lewe. In ʼn moderne samelewing word dit ʼn al groter wordende uitdaging en prioriteit om ʼn gedissiplineerde leefstyl by kinders te kweek. Fa­nie Bolleurs, predikant en leier op die gebied van kinderopvoe­ ding, sê dat die enigste twee dinge wat ʼn kind sekuriteit gee, dissipline en liefde is. Dié twee moet in balans wees. By Potchefstroom Gimnasium is dit ook die hart van die onderwysers, beheerliggaam en skoolbestuur. Die Sasima het by van die rolspelers gaan uitvind wat hulle mening oor die hersiene dissiplinêre stelsel is. nnMnr. Albert Stafford: Beheerliggaam - Dissipline Die woord dissipline is nie altyd iets wat ‘n mens baie opgewonde maak nie, maar sonder dit sou geen sport- of sakeman sukses smaak nie. Om gedissiplineerd te leef, is ʼn sleutel tot elke mens se toekoms en die fondasie daarvoor word gedurende jou kinder- en tienerjare vasgelê. Dissipline kan iets sleg wees wat mense die heeltyd op jou moet afdwing, of dit kan ʼn waarde

wees wat van binne af kom. Om gehoorsaam te wees, respek te toon en hard te werk, kan ʼn leefwyse word en iets wees wat jy van nature doen omdat dit is wie jy is. Dit is presies waarna ons by Potchefstroom Gimnasium streef om leerders sover te kry om reëls na te kom omdat dit deel van hul waardestelsel is. Gimmies het ʼn unie­ke ­di­­s­si­­plinêre stelsel wat bestaan uit ʼn waarde- en reëlgedrewe s­telsel. Deur te fokus op die waardes glo ons dat die groot meerderheid leerders die reëls sal nakom, ­omdat daar ʼn kultuur in die skool is om goed te doen. Vir dié wat nie deel van hierdie kultuur wil wees nie, is daar ʼn stelsel wat hul straf, maar saam met dit ook opvoed en ʼn waardebewustheid skep. Ons glo dat hierdie kombinasie tussen ʼn waarde- en reëlgedrewe be­­­ leid iets uniek aan Gimmies sal wees en ons sal onderskei van ander skole. Ons is nie maar tevrede om gemiddeld te wees in ons optrede en aksies nie, ons streef na uitnemendheid en sal mekaar aanspoor en aanmoedig en selfs straf as dit nodig is. In hierdie skool sal dit in wees om respek te betoon, eerlik te wees en hard te werk. nnMnr. Roelof Oosthuizen: Hoof Goeie orde, samewerking en organisasie is altyd belangrik by ʼn skool. Die dissipline en same­ werking van leerders, ouers en personeel is altyd ʼn faktor wat die goeie orde by ʼn skool bepaal. Dissipline is nie ʼn straf nie, maar ʼn voorwaarde dat almal die aanvaarbare gedrag uitleef in belang

Die meeste Gimmie-leerders voel positief oor die nuwe dissiplinêre stelsel.

van almal. Toe die Beheerliggaam vroeër in die jaar hierdie saak met die personeel bespreek het, het almal gevoel dat wysigings en aanpassings nodig is. Die aangepaste stelsel poog om oortredings vinnig aan die ouers bekend te stel deur middel van ʼn sms. Die oortredings word ook in die administratiewe stelsel ingelees en daar kan baie maklik toegang verkry word tot elke leerder se geskiedenis. By die skool sal op ‘n deurlopende basis ook aktief aandag gegee word aan die vaslegging van waardes. Die ideaal bly dat Gimmie-leerders die regte ding sal doen omdat hulle wil en nie omdat hulle moet nie. As eenvormige straf vir oortredings is besluit op ‘n detensieklas. Kom ons almal werk

saam met ʼn positiewe gesindheid om Gimmies nog beter en lekker­ der te maak.

nnMnr. Johan Benson: Hoof van dissipline Hierdie stelsel is ontwikkel vanaf April 2015 tot en met 1 September. Nege elite skole landswyd se dissiplinêre stelsels is ondersoek. Hierdie inligting is verwerk deur die dissiplinêre komitee wat dit eie aan Potchefstroom Gimnasium gemaak het. Die rekenaarprogram Saspac word gebruik om onmiddellik SMS-boodskappe na ‘n oortreder se ouers te stuur. My opinie is dat geen skool effektief sonder ʼn dissiplinêre stelsel kan funksioneer nie. Die stelsel werk beslis en daar is reeds ʼn po­sitiewe ingesteldheid teenoor die skool.

Dis ’n fees om ’n Gimmie te wees

Kommunikasie met die ouers is ook versterk aangesien hul onmiddellik van enige oortredings verwittig word. Onderwysers hoef ook nie meer te baklei nie, die stelsel sorteer enige probleme vinnig uit. Die stelsel is nie daar om leer­ders so gou as moontlik uit die skool te skors nie, want die skolewet maak dit baie duidelik dat leerders die beste geleentheid gebied moet word om optimaal te presteer en dat ʼn leerkultuur geskep moet word.

nnMe Amanda Duvenage: Gimmieraadvoog Ek dink dit is ʼn baie goeie stelsel. Na my mening moet daar nog hier en daar geskaaf word aan sekere

• Vervolg op bladsy 2


2

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Vervolg van bladsy 1:

Nuwe dissiplinêre beleid verwelkom

aspekte om dit volhoubaar te maak. Indien al die betrokkenes dit konsekwent toepas, is dit ʼn perfekte stelsel. Die stelsel maak dit vir personeel makliker om iets in die hand te hê om ongedissiplineerde leerders te hanteer. Die Gimmieraad het ʼn baie positiewe ingesteldheid teenoor die stelsel, want by die eerste Gimmieraadvergadering van die nuwe Raad, het hulle juis dissipline as een van die besprekingspunte geopper. Indien die stelsel nie konsekwent toege-

pas word nie, is dit beslis ʼn negatiewe punt. ʼn Positiewe aspek is dat baie meer leerders nou hulle verpligtinge rakende die aka­ demie nakom en dat hulle die reëls van die gedragskode gehoorsaam.

nnChristoff Müller en Ilne Prinsloo: hoofseun en -dogter van 2016 Ons is baie opgewonde oor die nuwe dissiplinêre stelsel. Ons sien klaar dat dit ʼn verskil maak. Laatkommery in die oggend het reeds met 60% verbeter.

Dit is ʼn proses om ʼn skool se dissipline te verbeter en daarom is deursettingsvermoë van kardinale belang. As almal saamwerk en dit word reg toegepas, kan dit werklik ʼn reuse-verskil maak. Ons het volle vertroue in ons mede-leerders en glo almal gaan die regte dinge begin doen, nie uit vrees vir straf nie, maar omdat dit is wie ons is. Die Gimmieraad wil hard werk aan die waarde­ stelsel en ons beoog om die Groentjieskonsert rondom ons skool se waardes te skryf.

nnMeningspeiling onder leerders Die Sasima het ʼn meningspeiling onder sowat 200 leerders gedoen en 80% het gevoel dat dit tyd was vir ʼn beter toegepaste dissiplinêre stelsel. Daar is 64% wat voel dat die dissipline al verbeter het as gevolg van die stelsel. 10% van die leerders voel daar moet ook meer positiewe punte toegeken word en 10% voel dat onderwysers die stelsel uitbuit. Alles in ag genome, is dit duidelik dat die hersiene stelsel as positief ervaar word.

Juf. Triena tree ná 42 vreugdevolle jare af Melinda Christodoulides

J

uf. Triena Mulder is ‘n naam wat al soveel jare sinoniem is met Potchefstroom Gimnasium, ‘n pilaar in die struktuur van ons skool wat ná 20 jaar by Gimmies totsiens sê aan haar kollegas en studente om haar rol as ouma, ma en vrou met net soveel ywer te kan aanpak as wat sy haar rol as onderwyser vervul het. Juf. Triena het in 1968 aan Hoërskool Piet Potgietersrus in Potgie­ tersrus gematrikuleer, waar sy ‘n uitblinker op verskeie gebiede was. In haar matriekjaar is juf. Triena aangewys as hoofmeisie, beste meisiesatleet en beste netbalspeler. Haar familie het die plaaslike melkery in die dorp besit en sy het elke middag sedert ‘n jong ouderdom in die middae in die melkery gewerk en só het sy haar sakgeld verdien. Nadat haar onderwysstudies voltooi is, het juffrou Triena haar onderwysloopbaan by die Hoër Tegniese Skool Potchefstroom begin, daarna het sy ‘n paar jaar by Hoërskool Schweizer-Reneke skool gegee voordat sy uiteindelik haarself gevestig het by Potchefstroom Gimnasium, waar sy vir die volgende 20 jaar ‘n baie groot indruk maak

Gimmies neem swaar afskeid van Juffrou Triena Mulder.

op diegene wat in en uit haar klas stap. Juf. Triena is ‘n wiskunde-onderwyser vir die senior grade en tydens haar finale jaar van skoolgee het sy haar kennis aan die graad 11-leerlinge oorgedra. “Ek is verskriklik lief vir wiskunde,” sê juf. Triena. Daarom dat sy haar werk soveel geniet. Tydens haar jare by Potchefstroom Gimnasium was sy betrokke by verskeie aktiwi­ teite. Netbalafrigting was nog altyd ‘n passie. Deur die jare het sy ‘n aantal eerstespanne afgerig en haar grootste oorwinning is dié van haar eerstespan wat in 2000 die Direkteursbeker verower het in ‘n naelskraap eindstryd teen Waterkloof. Selfs nadat sy opgehou het met afrig, is sy aan­gestel as die hooforganiseerder van Potchefstroom Gimnasium se netbal, wat vanjaar aangewys is as een van die top drie netbalskole in Suid-Afri­ka. Om haar finale jaar by Potchefstroom Gimnasium af te sluit, het juf. Triena nogmaals haar afrigtingsflui­ tjie afgestof en die tweede netbalspan afge­ rig. Juf. Triena se mees ikoniese rol by Potchefstroom Gimnasium was sekerlik dié van Gimmieraadvoog, saam met juf. Amanda Duvenage en mnr. Gerrie Duvenage. “As

daar een ding is van die skool waarna ek gaan verlang, is dit uit en uit die Gimmie­ raad,” sê sy. Juf. Triena was vir 14 jaar lank die voog van die skool se leerderraad gewees, waar sy die lesse wat sy self as hoofmeisie op haar dag geleer het, kon oordra aan die nuwe generasie leiers. Haar belangrikste stukkie advies: “Jy kan jou pligte delegeer, maar nooit jou verantwoordelikheid nie.” Juf. Triena sien uit na haar aftrede, aange­sien sy dan meer tyd sal hê om saam met haar man en kleinkinders te kan spandeer. Sy spot oor haar toekoms­ planne: “Ek gaan my kleinkinders leer hoe om ‘n bal te vang en my man irriteer.” Triena Mulder is ‘n naam wat nog lank sal onthou word deur beide leerders en personeel van Potchefstroom Gimnasium. Haar klaskamer, versier met kalenders en inspirerende spreekwoorde, sal altyd ‘n le­ gende bly en haar “Wat ‘n voorreg”-rympie sal vir jare steeds deur die skoolgange eggo. “Moet nooit vergeet hoe bevoorreg jy is om in so ʼn goeie skool te wees nie en onthou altyd wenners gee nooit op nie en ophouers wen nooit nie,” is haar laaste boodskap aan Gimmies.

Volg slimkoppe se goeie raad Anri Venter & Anchen Bisschoff

APPROVED REPAIR CENTRE Elsenbroek Street 2, Potch Industria Tel: 018 297 7670 Faks: 018 294 7106 forsman@iafrica.com

‘n Merietebalkie vir akademie klink soos ‘n boer met ‘n beker moer­koffie: gelukkig en ideaal. Min mense besef egter die harde werk wat agter dié beker koffie sit. Om op te staan en die stof af te skud na ‘n slegte toetspunt, is een van die minder lekker dinge wat “Gimmies se slimmies” moet ervaar. Lize Jonker in graad 8 meen dat jy die slegte toetspunt eenvoudig net moet wegsteek. Milandré Stafford in graad 10 sê dat dit haar net motiveer om harder te werk. Al ooit gedink jy moet twee weke vooruit begin leer? Dink weer! Daniël Walker in graad 9 leer glad nie vooruit nie en Anchen Badenhorst in graad 10 leer slegs drie dae voor die tyd. “Die wil om my beste te doen, is die faktor wat my die meeste motiveer,” vertel Marené Coetzee, ‘n graad 9-leerder. Om die merie­ tebalkie te dra, verg egter harde werk, deursettingsvermoë en ‘n bietjie kreatiwiteit. Soos jy jou skoppe vir rugby oefen, moet jy jou somme in wiskunde oefen. Selfs al voel jy teleurgesteld as jy nie jou doelwit bereik het nie, of in sak en as wanneer die taak waaraan jy vir vyf uur gewerk het nie die punte kry wat jy dink dit verdien nie, moet jy steeds jou kop hoog hou. Jodean Rosin (graad 11) sê dat sy nie daarvan hou om te misluk nie en werk dus hard vir die punte wat sy wil hê. Een van die groot voordele van ‘n “Slimmie” is natuurlik die top tien-toer waar harde werk beslis beloon word.


3

Desember 2015 | Jaargang 36 (2)

Bekende oud-Gimmies maak Opedag spesiaal Sunique Becker

T

ydens vanjaar se Opedag het twee oud-Gimmies, wat nou landswyd be­ kend is, die graad sewes kom verras en hulle vertel hoekom húlle Gimmies as skool moet kies. Daniëlla van Heerden het in 2003 by Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer. Sy was in haar matriekjaar die redakteur van die Sasima en het nou ‘n voltydse werk (by E-nuus) as ‘n nuusverslaggewer. Op skool was Daniëlla ‘n leerder met vele ta­lente, Sy het netbal gespeel en aan atletiek deelgeneem. Die snoepie het in haar skoolloopbaan nooit rib rolls of ham-en-kaasbroodjies verkoop nie, vertel sy. Haar gunsteling-happie vir pouse was ‘n groen Foxi-nax pakkie skyfies (wat in daardie jare die “in-ding” was om te eet tydens pouse). Sy beskryf haarself as “dalk bietjie boring”. Kakkerlakke eet en in ‘n doodskis lê saam met slange wat op haar krioel, is nie vir haar vreemd as TV-joernalis nie. Haar werk ver­eis van haar om dinge te doen wat ‘n mens nie

normaalweg sal doen nie. Dié beeldskone nuusverslaggewer vertel met ‘n glimlag dat sy op haar laaste dag op aarde nie “extreme” sal gaan nie, maar net die gewone dinge sal doen - tussen geliefdes wees en braai. Bouwer Bosch is ‘n plat op die aarde sanger wat as 13-jarige in musiek begin belangstel het. Hy het in 2002 gematrikuleer en was die onderhoofseun van sport by Gimmies. ‘n “Soet-stout” leerder is die woorde wat Bouwer gebruik as hy beskryf hoe hy op skool was. Pouses het hy vir hom ‘n groen Foxi-nax, ‘n sjokolade melkysie en ‘n ham-en-kaaspastei gekoop. Bouwer het nie een meisie gehad toe hy op skool was nie, maar ‘n paar jaar later raak hy verloof aan die mooie aktrise, Leandie du Randt, met wie hy in November getroud is. As vandag sy laaste dag was, sou hy ‘n laaste liedjie geskryf het vir sy vrou en hul troue vervroeg het na dié dag, sê hy. Dié suksesvolle sanger besit ‘n troklisensie, hy eet mayonnaise op roosterbrood en vertel met trots dat hy 2 Minute Noodles in een mi­ nuut kan maak.

Bouwer Bosch, Daniëlla van Heerden, juffrou Erika Campbell en juffrou Madeleine Gerber. Dié twee juffrouens het vir Bouwer en Daniëlla skoolgehou.

Kara se projek bereik duisende Top-toekenning vir onnie Amanda Viljoen

Kara van der Merwe is ‘n ware heldin vir jongmense wat seksueel mishandel word. Iemand wat haar voet neergesit het en be­sluit­ het genoeg is nou genoeg! Kara is ‘n graad 9-leerling by Gimmies wat ‘n rol vertolk in die film Dis ek, Anna wat Oktober in fliektea­ ters begin draai het. Sy het vroeër vanjaar die Sit Jou Voet Neer-veldtog begin om jong slagoffers van seksuele molestering te help en dié inisiatief het sedertdien van krag tot krag gegaan. “Ek het eers oorweeg om nie na die ou­ disies te gaan vir Dis ek, Anna nie, maar toe besluit dat ek eendag ‘n verskeidenheid van films wil doen. So hoe jonger ek begin, hoe beter,” vertel sy. Die Sit Jou Voet Neer-veldtog het op 21 Julie by Potchefstroom Gimnasium afgeskop met ‘n fotosessie. “By Gimmies se Sit-JouVoet-Neer-fotodag is daar ongeveer twee honderd en vyftig mense se voete afgeneem. Daar het nou al ten minste vyfduisend mense deelgeneem aan hierdie projek. Ons kry elke dag op Facebook hon­d­erde foto’s wat mense instuur en ons kan nie almal post nie. By Aardklop was daar ongelooflik baie mense wat hulle voete afgeneem het. “Ek het gehoop dat die projek bekend sal raak, maar ek het nie gedink dat hulle my sal vra om op TV te verskyn nie! Sit Jou Voet Neer is deel van Dis ek, Anna se bemarkings­ veldtog. Ek het gehoop en geglo dat die projek so ver sal gaan en ek glo steeds dat die projek wêreldwyd ‘n verskil sal maak,” sê Kara. “Ek het al met mense gepraat en baie mense het my gekontak om te sê dat hulle as kind gemolesteer is. Baie ouer mense het al vir my gesê dat hulle die projek onder­steun

Reinette Botha

Kara van der Merwe

omdat hulle in so ‘n situasie vasgevang was as kinders en daar niemand was wat vir hulle opgestaan het soos wat ek vir kinders opstaan nie. Daar was al gevalle waar kinders op ons Facebook-blad na ons toe uitgereik het en hulp gevra het. Daar was ook al twee gevalle waar ons die kinders uit daardie situasie kon kry. As kinders in hierdie situasie vasgevang is, wil ek net vir hulle sê: ‘Julle het ‘n stem en julle kan praat. Julle kan na my toe kom of na Childline toe gaan of net vir iemand daarvan sê.’ Dit is die heel belangrikste.”

Juffrou Rosemary Fouché het vir die tweede agtereenvolgende jaar deelgeneem aan die National Teaching Awards wat deur die Departement van Onderwys aangebied word. Daar is sewe kategorieë waaraan jy kan deelneem. Juffrou Rosemary het al twee jaar lank die eerste plek in die Tlokwe-area behaal, sy het ook in 2014 ‘n tweede plek in Noordwes in die Excellence in Secondary School Teaching ka­ tegorie behaal. Sy glo onderwysers word gebore met ‘n roeping en dat ons die produk van ons kinderjare is. “Ek het as kind vir al my poppe skoolgehou en nooit getwyfel oor ‘n beroepskeuse nie.” En sy voeg by: “Niks is onmoontlik as jy dit regtig wil doen nie, maak nie saak of niemand anders met jou saamstem nie.” Dit is juis vir haar be­langrik dat mense weet die krag van ‘n groep lê in die diversiteit van sy lede. Sy wens dat sy net haar vingers kon klap en almal laat besef dat ons mekaar se uniekheid eerder moet waardeer en nie kritiseer nie. Sy wil ‘n onderwyseres wees om ‘n stem te wees vir kinders se behoeftes en om geleenthede te skep. Haar slagspreuk in die lewe is: “Moet nooit probeer om iets te verander nie, jy moet bloot ten alle tye jouself wees, dit lei tot verandering sonder dat jy dit afdwing.” Sy is altyd opsoek na ‘n nuwe uitda­ging waar sy “buite die boks” kan dink. “Never do things the way they have always been done; do it the way it has never been done before,”

Juffrou Rosemary Fouché

is een van haar unieke dryfvere. Niks kan haar terughou nie. Sy het selfs die cheerleaders in die skool laat herleef, en sy het ook die Moot Court en Y-Cap georgani­seer. In samewerking met die Swede-projek het juffrou Rosemary ook gehelp om ‘n reuse-verskil in die lewens van kinders van Ona le Rona, ‘n kleuterskool in Ika­ geng, te maak. Haar gunsteling “baba” en grootste passie is die Gimmie-Eisteddfod. Twee jaar gelede het dit begin met net oor die driehonderd inskrywings en het in 2015 gegroei tot oor die duisend inskrywings. Daar word boonop nog baie meer in 2016 verwag.

Cachet groet geliefde Moederhen Mariska Kathleen Heathcote In 2011 het Cachet een personeellid ryker geword toe juffrou Mariska Esterhuyzen aansluit as ’n diensdoenende personeellid. Vanaf 2012 tot nou was juffrou Mariska die koshuismoeder van Cachet, ná die afsterwe van die vorige koshuismoeder, juffrou Langerak. Juffrou Mariska was reeds by haar vorige skool ook betrokke by die koshuis, so sy het niks buitengewoon of snaaks verwag nie, sy het vooraf geweet dat dit harde werk en lang ure is. Volgens haar het Cachet al haar verwagtinge oortref. “Dit was ʼn groep goed-opgevoede, vriendelike en behulpsame jong dames, wat my van die eerste diensdag af tuis en geliefd laat voel het.” Wanneer daar gevra word wat sy die meeste van die koshuis gaan mis, is die antwoord dadelik: “Poedingdag!” Sy sê ook dat sy die hele personeelspan

en al die stories wat hul om die etens­tafel uitgeruil het beslis gaan mis. Sy voeg ook by dat sy elke glimlag van elke dogter gaan mis – selfs die met wie sy altyd moes raas en hulle dan nooit regtig weer lus was om vir haar te glimlag nie! Die gevoel van samehorigheid en al die interne grappies waarvan net ’n Cachetter sal weet, is ook van die vele aspekte van Cachet waarna sy gaan verlang. Ná vyf jaar by Cachet vertel sy: “Dit was my lewe, wie ek was die laaste vyf jaar. Tog sien ek uit na wat voorlê, ons nuwe (eie) huis.” Die goeie nuus is wel dat juffrou Mariska nie weggaan by die skool nie en sy beslis enige tyd by die koshuis kan kom inloer of kuier wanneer sy verlang. Haar boodskap aan die nuwe koshuismoeder, juffrou Bettie Jacobs: “Werk hard, speel hard, lag saam en bid ook saam.” Alle sterkte vir juffrou Bettie, wat beslis volgende jaar met ope arms verwelkom gaan word.

Juffrou Mariska Esterhuysen (tweede van links) saam met drie van haar koshuis-’kinders’.


4

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Soos watter onnie is jy? Anika Smal & Kara van der Merwe Waaruit bestaan jou tipiese Vrydag­ aand? a.) Altyd eers gaan gim, dan braai b.) Lê voor die TV c.) So laag as moontlik lê d.) Gaan dans of kuier saam met vriende, definitief nie by die huis sit nie Wat sal jy saamvat as jy op ‘n eiland gestrand is? a.) Water en ‘n biefstuk b.) My kussing c.) My Bybel d.) My swemklere Wat is jou gunsteling-kos? a.) Braaivleis b.) Slaai c.) Vis en skyfies d.) Pizza Wat is jou gunsteling-aktiwiteit? a.) Gim b.) Hokkie kyk c.) Lees d.) Ski Wie is jou celebrity crush? a.) Megan Fox b.) Ek het nie een nie c.) ‘n Jong Brad Pitt d.) Channing Tatum As jy meestal: A’s gekry het, is jy soos mnr JR Jackson

Gimmies het uitsonderlik presteer in die SAICA Rekeningkunde-Olimpiade. Esmerelda Oberholzer is die Noordwes-wenner en het R2 000 ontvang. Rudie de Wet is derde in Noordwes en ontvang R1 000. Potchefstroom Gimnasium is as die top-skool in Noordwes aangewys en is daarom twee rekenaars ryker. Juffrou Christine Pienaar is aangewys as die top-onderwyser in Noordwes en sy kry ook R2 000 vir dié prestasie.

Swede word oorsese familie Jomyri Smuts

B’s - is jy soos juf. Alta van Heerden

C’s - is jy soos juf. Mizelle Prinsloo

D’s - is jy soos juf. Ronél Vermaak

In Swede het agt graad 10-Gimmies vriend­ skappe gebou wat moeilik verbreek sal word. Anton Lombard, Franco Gerber, Marguerite Olivier, Milandré Stafford, Salomé Brits, Laura Botes, Kayla Scheepers en Jomyri Smuts was deel van hierdie avontuur saam met hul twee voogde, juffroue Alta van Heerden en Anine Korb. Hulle het gesien hoe lyk en werk skole in Swede, ‘n skool wat net soos ‘n kantoorgebou lyk met onderwysers wat saam met die kinders wissel na elke les. Daar is geen vaste tyd waarop die skooldag begin of eindig nie, elke leerder kry hul eie rooster met die tye. Soms begin hulle nege-uur in die oggend en eindig elfuur en ander dae begin hul sewe uur en eindig vieruur die middag. Anders as Gimmies wat ‘n snoepie het, het hulle ‘n kafe­teria wat een maaltyd elke dag gratis aan hulle verskaf. Die leerders het baie vryheid. Hulle mag gewone klere dra, met grimering en enige lengte en tipe haarstyl van hul keuse. Die grootste verskil tussen Gimmies en die Swede is dat Suid-Afrikaanse ouers moet betaal vir hul kinders se onderrig, terwyl die Swede betaal word om skool te gaan, mits hulle ‘n sekere aantal dae skool bywoon. Die Swede betaal wel baie meer belasting as Suid-Afrikaners en

Groot opgewondenheid oor die uitsig in die Skyview in Stockholm.

daaruit word skoolgeld verhaal. Vir ‘n land waar die mense gesondheidsbewus is, het die Suid-Afrikaners verskriklike lekker kos geëet, behalwe party soorte disse wat almal nie so baie geniet het soos die ander nie. Hulle het ‘n tradisionele aand vir die Suid-Afrikaners gehou waar hulle al hul tradisionele disse voorberei het. Die beste van daardie aand was toe almal in

die skool easter egg hunt gehou het agter een groot mandjie vol lekkers aan. Sweedse lekkers is definitief die koning van alle lekkers. Die Suid-Afrikaners en die Swede het as ‘n groep beste vriende en amper familie geword en daar is definitief gehuil die dag toe almal afskeid moes neem. Gelukkig kry hulle die geleentheid om in 2016 ons pragtige land te besoek.

Kunstoer na Europa onvergeetlik Zandré Barnard & Juané Beeby

Maryke van Niekerk, Elani Janse van Vuuren en Liza Maree by die Eiffeltoring in Parys.

Niks (nie eers vliegfobie of gespanne ouers) kon die opgewondenheid blus toe skoliere op 27 Junie by die OR Tambo-lughawe aangemeld het vir Gimmies se Europa-toer nie. Vandat die Emirates-vliegtuig se neus in die rigting van Dubai gewys het, het almal reeds grappe, plesier, omgee en ongelooflike gees ervaar. Via Dubai het die vliegtuig in Rome geland. In die antieke Colosseum kon dié wat fyn genoeg geluister het, steeds die skare van 70 000 hoor juig en honger leeus hoor brul. Hierna was heerlike roomys ’n koel lafenis in die somerhitte, voordat die in­ drukwekkende Spaanse trappe ’n wye uitsig oor Rome en sy fonteine gebied het. Die besoek aan St. Peters-katedraal, die brug met engeltjies en ondergrondse katakombes het gesorg vir voedsel vir die siel. Michelle Smit

beskryf dit soos volg: “Dit voel asof jy in ‘n Hollywood romantic movie is, as jy deur die strate met die antieke geboue stap.” Verder het die spreekwoord gegeld: “As jy in Rome is, maak jy soos die Romeine.” In die pragtige Florence is die ritme van ’n nagklub verken. ’n Besoek aan die Fe­r­ rari- en Ducati-fabrieke het die jongmanne ook gelukkig gehou. Misterieuse, gemas­ kerde skimme, glasblasers en romantiese Gondileers het die toergroep in die gesonke Venesië vermaak. In Verona het die balkon van Romeo en Juliet se ewige liefde gewag. In kontras verklaar Europeërs tans hul gevoelens met mure vol kougom en graffiti! Na Lyon volg Parys. In die Louvre verdwaal ‘n mens maklik en het ’n piepklein Mona Lisa geheimsinnig geglimlag. Die reuse ferris wheel het dapperes beloon met ’n bo-aansig van Pa­

rys. By Madame Tussaud’s het Brad Pitt ’n piksoen gekry. Vir almal was die Eiffelto­ring se skitterliggies in die aand betowerend. Zonika Fourie vertel: “Die uitsig vanaf die Eiffeltoring oor Parys is onbeskryflik. Dit slaan jou asem weg en dit was definitief my hoogtepunt.” Amsterdam was die laaste stop. Tussen die tulpe, eienaardige stilte en windmeulens is fietsgetrap en by die onderdak ski-oord bloukolle versamel as aan­ denkings. Niemand het eers agtergekom hulle is besig om te leer nie. Almal stem saam dat dit tops was! Kuier met die mense, daardie gevoel van stap tot jy nie meer kan nie, peusel aan elke vreemde proeseltjie, maagpyn-lag en laataande sal altyd herinneringe bly. Reisharte het in Europa agtergebly en die toergogga het hierdie jongmense behoor­ lik gebyt.


5

Desember 2015 | Jaargang 36 (2)

Meneer Ray is lewensbly Anchen Bisschoff

L

aat slaap, geen verpligtinge, die warm seelug en kitaarspeel is maar ‘n paar dinge wat meneer Ray Hall, Gimmies se nuwe jeugwerker, se perfekte dag beskryf. Meneer Ray was aangenaam verras toe hy op Maandag 20 Julie 2015 sy voete op Gimmies se skoolgronde sit. Die ondersteuning van juffrou Mizelle Prinsloo en die hoof, meneer Roelof Oosthuizen, beteken vir hom baie. Hy voel alreeds tuis by Gimmies en het hoendervleis gekry toe hy die Gimmie-gees en -trots by die rugby Beeldtrofee finaal kon beleef. Meneer Ray is ook multi-talentvol en kan die kitaar en ukulele speel. Hy geniet dit om in sy vrye tyd te skryf, musiek te maak en te braai en boonop is hy ‘n bobaas digter en skryf graag poësie én hy het ‘n liefde vir kos­maak. Dié meneer hou van chick flicks en sy guns­telinge sluit in The Vow en Midnight in Paris. Sy gunsteling-koffiewinkels op die Bult is De Milko en Toro. Volgens hom is van die beste eienskappe wat ‘n mens kan hê opregte liefde en diensbaarheid. Woorde wat vir hom baie betekenis het, is “opkyk, lus lyk”, bedoelende opkyk na God. Een van sy grootste drome is om in ‘n stadion volgepak met duisende mense te preek en met hulle te deel wat God in sy lewe gedoen het. “Ek het regtig ‘n passie vir mense en wil niemand onveranderd uit my kantoor sien stap nie.” Hy gebruik TREsemmé sjampoe en voel sommer weer soos ‘n kind as hy Coco Pops eet. Sy droomhuis moet net genoeg wees. “Ons strandhuis se naam is ‘Net genoeg’ en dit is al wat ek in die lewe wil hê. Net genoeg.” Hier is een van die gedigte uit meneer Ray se pen: Sonstrale se Lig op Woorde Mag jou hart se binneste wees soos die maan sodat die spore wat ek daarin trap vir ewig sal kleef en nooit sal vergaan, mag ons herinneringe daardeur behoue bly sodat ons dit in tye van verlange kan herleef en eendag kan terugkyk na ‘n ware vriendskap en liefde sonder vrees

Mnr. Arrie van der Merwe

Sy dogters inspireer hom Anri Venter

Mnr. Ray Hall op sy gelukkigste, besig om kitaar te speel.

Ma-en-dogter-tee kry groot aftrek Telanie Nieuwenhuizen Die dames en dogters van Cachet het vanjaar weer hulle jaarlikse Ma-en-Dogter-tee op 18 September geniet. Vanjaar was die eerste jaar wat Cachet gebruik gemaak het van die onbeskryflike mooi Crista Galli om die glansgeleentheid aan te bied. Die graad 10-koshuisgraadhoof, juffrou Marisa de Wet, en haar span graad 10-leerders het dié geleentheid een vir die boeke gemaak. Ma’s en dogters van tot so ver as Botswana het die gasspreker, die indrukwekkende asook inspirerende Vicki Fourie baie geniet. Sy is nie net as die Mejuffrou Dowe SuidAfri­ka aangewys nie, maar is ook ‘n jong opkomende skrywer, aktrise en motiveringspreker. Met haar roerende lewensverhaal het sy amper almal in trane gehad. Elke gas is bederf met ‘n hand- en voetmassering deur die vroue van Tina Scholtz skoonheidsakademie. Tesame met verskeie gehoorkompetisies soos ma en dogter wat die meeste na mekaar lyk ens. Gimmies se eie musiekgroep Fountain of Youth het die fraai vroue vermaak met hul musiektalent.

LEER KEN ONS STAATMAKERS

Koshuis-onnies in ‘n ligte luim.

Vir hoeveel jaar hou Meneer al skool en hoeveel van hierdie jaar is by Gimmies? 34 jaar en 27 jaar daarvan by Gimmies. Wat was Meneer se interessantste ondervinding by Gimmies tot dusver? Die dag toe ek ‘n Gimmie langs die rivier betrap het. Hy was op krukke en het in die modder vasgesit. Wat is Meneer se gunsteling-deel van Gimmies? Elke jaar se wen by die Interhoër. Ek het as atletiekorganiseerder 25 jaar gelede oorgeneem en ons het die inter nog net een keer verloor. Het Meneer ‘n groot droom wat Meneer nog wil bereik? Ek wil graag as atletiekorganiseerder die Interhoër 30 keer wen. Dit is wel harde werk en dit maak my oud. Waar het Meneer se liefde vir sport begin? In graad 1. Ek wou so graag deelneem maar kon eers in graad 10 ‘n span haal om aan die huissport deel te neem. Ek het vir die eerste keer in my lewe in graad 11 eerste gekom in ‘n item. Wat is vir Meneer die lekkerste deel van skoolhou? Om my graad 8-leerders voor my te hê, ‘n les aan te bied en te sien dat hulle aandagtig luister. Wat is die swakste punt wat Meneer al moes gee? 9% en kan jy glo, vir LO? Wat is Meneer se lewensmotto? “Jou grootste teenstander is die persoon wat jy voor jou in die spieël sien. As jy daardie persoon oorwin het, kan niemand jou meer wen nie!” Wat irriteer Meneer die meeste? Mense wat te veel selfvertroue het, of wintie is. Dit grief my! Ek is mal oor beskeie Gimmies. Wie inspireer Meneer die meeste? Hoekom? My dogters. Hulle het op skool altyd baie hard gewerk en hulle was baie toegewyd. In so ‘n mate dat ek altyd trots was op hulle!

Volg die lieflike geure na die verbruikersklas Anchen Bisschoff Fantasties kwadraat, onbeskryflik en awesome is maar ‘n paar woorde wat gebruik word om die verbruikersklas te beskryf. Hiérdie tweede-verdieping klas is altyd gevul met die lekkerste reuke en ‘n mens se tone krul van lekkerkry as jy daar verbystap. Juf. Bettie Jacobs bied hierdie vak aan. Die meeste Gimmies kies om hierdie vak te vat omdat hulle meen jy leer vaardighede wat jy vir altyd sal gebruik. “Dis die enigste vak

waar jy selfs leer skottelgoed was!” vertel Telanie Nieuwenhuizen- ‘n graad-10 leer­ der. ‘n Mens leer allerlei interessante dinge soos hoe om volgens jou vel-ondertoon en figuur aan te trek, die regte van verbrui­ kers en besigheidsbeginsels. Hierdie vak is regtig ‘n allegaartjie. Daar word wel kos gemaak, dit tel as ‘n praktiese punt. ‘n Onmis­ kenbare gunsteling-dis wat gemaak word, is die Oreo-en-karamel-rolkoek. Ander guns­ telinge sluit ‘n slaaibord, skons en macaro-

ni-en-kaas in. Die bestanddele is altyd reg en leerders kan dadelik begin kook. Juf. Bettie laat haar leerders toe om kreatief te wees en gee selfs ‘n paar ekstra bestanddele. Die verbruikersleerders praat met bewondering oor juf. Bettie en oor hoe­ veel sy omgee en hoe baie moeite sy doen. Lewenslesse en interessante feite word ook tydens die lesse gegee. Vebruikers verg egter baie harde werk, soos juf. Bettie altyd sê: ‘‘Verbruikers is definitief nie net ‘n pap-enlap-vak nie!’’


Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Matrieks skitter tydens jolige glansafskeid Melinda Christodoulides

D

ie matriekafskeidfunksie is ‘n geskenk wat elke matrikulant ontvang om hul finale jaar op skool te kan afsluit met ‘n glansryke aand saam met hul mede-skoliere. Potchefstroom Gimnasium se matrieks het juis hierdie voorreg ontvang toe hul matriekafskeid op 23 September 2015 by Anderland - ‘n sprokiesmooi onthaallokaal 13km buite Potchefstroom plaasgevind het. Hierdie was ‘n jaar van eerstes wat die matriekafskeid betref, omdat dit die eerste keer is wat die matriekafskeid by Anderland gehou is. Hierdie besluit het egter alle verwagtinge oortref. Dit was ook die eerste jaar gewees waar ‘n nuwe tradisie geskep is. ‘n Hollywood-geïnspireerde rooi tapyt is op Mooivallei-sportterrein se A-rugbyveld uitgerol en die matrikulante en hul metgeselle het die kans gehad om deel te neem aan hul eie “modeparade” terwyl die dorp se toe­ skouers hulself kon verkyk aan die elegante uitrustings. Die aankoms van die matrikulante het groot opgewondenheid veroorsaak en die skare het die luukse, sowel as antieke motors, toegejuig soos die oopmaak van die deure die pragtige rokke en deftige pakke van die leerders onthul het. Die opmaak van Anderland, onder leiding van me Amanda Duvenage, die matriekafskeidkomitee en die gr.12-voogde het alle verwagtinge oortref met die antieke,

eenvoudige tema wat dwarsdeur die saal sigbaar was. Die aand is gevul met afskeids­ toesprake, smullekker kos en ‘n dansvloer wat witwarm gedans is. Dit was ‘n perfekte geleentheid om ‘n laaste tot siens te sê aan diegene saam met wie ʼn vyf jaar lange hoërskoolpad gestap is. “Dit was ‘n aand saam met goeie mense, wat te vinnig verby was, maar wat ek vir altyd sal onthou,” het Emma Jacobs na afloop van die aand gesê. ‘n Ekstra bonus om die aand onvergeetlik te maak, was dat die MK Skole Top 10-kameraspan gedeel het in die glansryke aand waar hul onderhoude met verskeie van die matrikulante en hul metgeselle gevoer het as deel van hul opname vir die bekende program op KykNet Musiek wat in Oktober uitgesaai is. “Die aand was vir my soos die liga-finaal, dit was een vreeslike opbou tot die dag en daar was weke se beplanning wat ingegaan het en tog was dit so vinnig verby. Al wat ek nou het, is die foto’s om my te herinner aan hoe lekker dit was,” het Casper Dreyer een van die onderhoofseuns van 2015, gesê. Die matriekafskeid sal altyd ‘n hoogtepunt op die Gimmie-sosiale kalender bly en hierdie jaar s’n was ‘n matriekafskeid wat be­ slis onthou sal word vir die nuwe tradisies wat geskep is. Dit is ‘n geskenk wat gegee word en die matrikulante kon nie wag om die strikkie van die boks af te haal nie. Die wag was deur en deur die moeite werd. Wat ʼn onvergeetlike aand!

6


7

Desember 2015 | Jaargang 36 (2)

Niks kry Gimmie-gees onder nie! Christi Olivier en Anika Smal “Gimmie-gees was hierdie jaar soos asemhaal. Dit was net daar, het net doodeenvoudig gebeur,” aldus juffrou Madeleine Gerber, ons grootste “gees” in Gimmies. Hier volg haar wenresep: Bestanddele • ±60kg x 8 awesome dirigente (Ons wil nou nie té persoonlik raak nie!) • 206 mates malkoppie-matrieks (vir gees is dit ‘n goeie ding) • 160⁴ grade geesbevange Gimmies • 250 sakkies wit en blou poeier verf • Seerower-tema • Geesbalkie incentive Metode: Meng Inter atletiek en geesbeker-pa­wil­ joen-sang en PUK-Prestige en Gimmie/ Volkie naweek en kultuurweek verwoed deur die loop van die jaar. Gooi so twee drup­pels eksamen by, want Gimmies kan mos multi-task. Teen die einde van die jaar vou jy versigtig ‘n handvol damduiker Brandwag graad 12’s by (letterlik, want die visdam sal dan nooit­weer dieselfde wees nie). Voorverhit die oond tot 36⁰C en bak in die heerlike Oktoberson met die kersie op dié koek die In-

terhuis-swemgala. “Hier’s vir jou ʼn wenk, bro, swem is goed vir jou!” As jy dalk oor die wrede wenkbroue van sommige onnies voor die swemgala gewonder het, Gimmie-onnies het ook gees! Gimmies is nie bang vir hardloop nie, dit is reeds op die pretdag bewys en nog minder vir swem! By die swemgala is daar gesorg vir baie pret met die Vlerkie-aflos en die Pool-Noodle-aflos. Geesbalkiepunte vir almal wat deelgeneem het - dis mos Gimmiegees! “Geesvang is om jou jeugdigheid op ‘n opgewekte en lekker manier uit te leef,” verduidelik Christoff Müller, hoofseun van 2016 vir wie goeie gees by ‘n skool baie belangrik is. “Gimmiegees is lekker en dis ‘n ma­nier om ons skool as ‘n eenheid saam te bring. Geesvang is vir my ‘n tyd waar ‘n mens trots in jouself en teenoor jou skool bou,” sê Christoff. Daar word beoog om ‘n groep genaamd “Die Meesters van Gees” op die been te bring. Hulle gaan saam met die Gimmieraad die geesvang-aksies reël en bestuur. Gimmies neem gees ernstig op! Een mens alleen kry min gedoen, maar as ‘n eenheid kan ons ‘n groot verskil maak. Kom ons doen dit in 2016! Hou veral ons matrieks dop!

Gimmies wys hul goeie gees by vanjaar se Interhoër.

Watter skool kan spog met sulke puik geesvangers? Entrepreneurs by die swemgala het rede om breed te glimlag.

By die swemgala pak die Gimmie-gees jou sit-sit-so.

Pretdag by Mooivallei was ‘n kleurvolle affêre.

Juffrouens skroom nie om die oë te laat rek nie.

Manne met gees: Gerhard en Marko.

Kyk hoe kyk sy vir my: Wenkbroudag was lekker verspot.

Mooi grapjasse span saam vir ‘n goeie gees op Wenkbroudag.


8

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Boodskappe van ons nuwe hoofleiers

Blom net waar jy geplant is

Reik uit na dié wat anders is

W

W

saam met Chriss

Onnie Praat

ow! Daar staan ek toe so oorwel­dig dat ek myself eintlik moes knyp om werklik te besef wat aangaan… Dis vir my regtig ‘n ongelooflike voorreg om Gimmies se nuwe hoofdogter te wees. Gimmies, julle is merkwaardige mense wat met so ʼn groot verskeidenheid talente geseën is en ek is opgewonde om saam met julle hierdie termyn aan te pak en te sien hoe julle julle talente net nog verder ontwikkel tot eer en verheerliking van ons Vader. Alles wat ons het en ontvang is soveel genade van ‘n God wat vir ons baie lief is. Ek glo 100% dat ons ‘n reuse-sukses van hierdie tyd saam gaan maak! Mag ons altyd bewus wees van die feit dat dit ‘n voorreg is om in ‘n fantastiese skool te kan wees en nie ‘n reg nie. Leef elke dag voluit, geniet elke oomblik en bly altyd nederig. Mag jy as individu ook in hierdie jaar altyd streef na uitnemendheid en jouself ontwikkel om die mens te word wie God jou geskep het om te wees. Maak Hom die middelpunt van alles wat jy aanpak en mag jy net in Hom jou identiteit soek. Toon respek teenoor alle mense al verdien hulle dit nie altyd nie en wees lief vir mekaar. Laat jou skoonheid van binne na buite straal deur uit te reik na ander mense en hulle te dien sonder om iets terug te verwag. Gee iets van jouself en besef dat die wêreld

Vandag bespreek ons Mnr POOL ... OKAY

Ilne Prinsloo

nie draai om ons eie geluk nie. Blom net waar jy geplant is en moenie altyd fokus om mooier, beter, sterker, maerder of slimmer as die een langs jou te wees nie. Elkeen van ons se roeping verskil en alles wat jy nodig het om jou roeping te vervul, het God alreeds binne jou geplaas. Jy moet net identifiseer wat dit is, daarmee woeker en elke dag op God vertrou vir Sy plan. Saai goeie saad waar jy ook al gaan en dan sal jy ook die goeie vrugte pluk. Wees net die beste JY wat jy kan wees en wees gerus dat dit vir God meer as genoeg is, want Hy is stil-tevrede in Sy liefde vir jou.

at is elke mens se grootste behoefte in die lewe? Wat is dit wat almal in die wêreld die graagste wil hê? Die antwoord lê in een van die eenvoudigste woordjies opgesluit - aanvaarding. Elkeen van ons wil graag aanvaar word. Ons wil iewers by ‘n sekere groep mense inpas en deel wees van hulle. Dink daaraan, nie een van ons sal by ‘n groep mense gaan sit wat ons skeef aankyk nie. Jy sal ‘n groep mense gaan soek waarby jy inpas. Soms gebeur die volgende dan: Jy is nou by die mense by wie jy inpas. Julle vorm dan ‘n vriendekring en daar is nie plek vir enige iemand anders nie. Nou begin jy sonder dat jy dit agterkom ‘n ding in jou kop ontwikkel. Jy begin om mense in verskillende groepies te kategoriseer bv. Hulle is die “weird” groepie. Hulle is die “kinderagtige” groepie. Hulle is die “dorpies”. Hulle is die “koshuis­ kinders”. Hulle is die “cool” groepie. Na ‘n ruk begin jy dan die mense van die ander groepies irriterend vind en dan kom jy nie meer lekker met hulle oor die weg nie. Dit is dan hier waar jy in jou groepie ander mense begin bespreek en dit lei tot skinderstories oor mekaar. Op die ou end praat julle nie meer met mekaar nie en wil ‘n mens niks met mekaar te doen hê nie. Hier is die fokus van my hele boodskap aan elkeen van julle vandag. Ons is so be-

As hy op jou jy skree dan is veilig MAAR Okay cool

As hy net vir jou kyk en niks aan jou doen nie moet jy ...

Hi Mnr

Christoff Müller

sig om by ander mense aanvaarding te soek, dat ons vergeet dat ander mense ook aanvaar wil word. Ons sal baie eerder net met ons eie vriende besig wees as wat ons sal moeite doen om na ander uit te reik. Dis hier waar ek nou ‘n uitdaging aan elke Gimmie rig: Kom ons begin na ander mense buite ons vriendekring uitreik. Hiermee sê ek nie dat jy met almal moet vriende wees nie, maar ek sê jy moet ander aanvaar vir wie en wat hulle ook al mag wees, al is hulle bietjie snaaks. En onthou dan ook hierdie wyse woorde: “Die beste manier om deur ander mense aanvaar te word, is om ander mense te aanvaar.”


9

Desember 2015 | Jaargang 36 (2)

Baie geluk aan die redaksie en mevrou ­Mi­zelle Prinsloo met hierdie uitgawe van die Sasima. Dit is ‘n voorreg om soveel prestasies, opgewondenheid en lekker saamwerk en –speel te beleef. Om dit alles op papier te verwoord, is feitlik ‘n onbegonne taak. In hierdie uitgawe van die Sasima beleef ons iets van die hart en emo­sie van ons skool en juis daarom is dit ‘n baie suksesvolle uitgawe. Dit is werklik ‘n fees om ‘n Gimmie te wees en ons kan almal baie dankbaar wees om deel van ons wonderlike skool te wees. Dankie aan ons Hemelse Vader vir liefde, genade, geleenthede en talente van ouers, personeel en leerders. Baie dankie vir ʼn heerlike jaar. Geniet ons koerant!

Ek was uit die veld geslaan toe ek vroeër vanjaar as die redakteur van Gimmies se Sasima aangewys is. Ek het nooit ‘n droom gehad om dié rol te beklee nie, want alhoewel ek baie van skryf hou, het ek nie gedink ek sal die geleentheid kry om die redakteur te wees nie. Saam met al die Sasima-redaksielede asook juffrou Mizelle Prinsloo, kon ons dit regkry om talle stories uit te snuffel en berigte daar­ oor te skryf. Daar is hard gewerk, ge­ swoeg en gesweet, maar die redaksie van 2015/2016 kon dit regkry om weer ‘n suksesvolle koerant die lig te laat sien. In dié uitgawe is daar ‘n verskeidenheid berigte oor Gimmies se sport wat in die derde en vierde kwartaal plaasgevind het. Van vanjaar se swemgala tot die eerste seunskrieketspan se prestasies wat ‘n hoogtepunt in 2015 was. Die matriek­afskeid is ‘n aand wat skoolverlaters vir altyd sal koester. ‘n Sprokiesmooi glansge­leentheid. 2015 het in ‘n oogwink verby gevlieg en as ek een ding in hierdie jaar geleer het, is dit om net jouself te wees. Tyd gaan te vinnig verby om te probeer om iemand anders te wees. In ‘n Afrikaanse opstel wat ek vroeër vanjaar moes skryf, het ek die wêreld vergelyk met ‘n hysbak. Ons leef in ‘n vierkantige hysbak wat van staal gemaak is, sonder enige spieëls. Die enigste refleksie wat jy kry, is die dade van die mense om jou. Party mense staar hulle so blind teen ander se skoonheid, handelsmerk-klere, haarstyle en luukshede dat hulle glad nie die werklike persoon met ‘n goeie hart en opregte bedoelings raaksien nie. So ry ons almal die hysbak saam tot op die tweede verdieping. ‘n Mens is so geneig om jou geluk van ander mense te laat afhang, dat jy totaal vergeet dat jy régtig op jou eie gelukkig kan wees. Sodra ie-

Redaksie Redakteur: Sub-redakteurs: Fotograwe:

Sunique Becker Ilne Prinsloo Marguerite Olivier Lanique Blignaut GP van der Merwe Charné Strauss Marlize Groenewald

SPORT Afdelingshoof: Katelynn Snyman Gina Richards Lené Prinsloo Nicola van der Merwe Petra van Graan Gerhard Koornhof

Sunique Bekker

mand sy lewe geniet en ‘n sukses maak van uitdagings wat hy aanpak, proe hy die soet smaak van satisfaksie. ”If you want to feel rich, just count all the things you have that money cannot buy.” Die derde verdieping. Jou menswees moenie afhang van die tipe sportmotor wat jy ry of die paleis waarin jy bly nie, maar die kwaliteit vriende en familie wat jy in jou lewe het. Maar steeds sit ons hier, vasgekeer in ons ou hysbakwêreld en min mense is op soek na die deur om die kans te vat om hulself te wees. Omdat mense nie in hulself glo nie, maak hul staat op ander se refleksies om te reageer soos wat hulle wil hê jy moet reageer. Daarom Gimmies, glo en vertrou jouself en jou instink en pak die toekoms aan, geniet sukses en proe satisfaksie. Wees wie jy bedoel is om te wees en jy sal suksesvol wees. Sunique Becker

EIE WERF Afdelingshoof: Anchen Bisschoff Christi Olivier Kara van der Merwe Anika Smal Anri Venter Wickus Zerwick SOSIAAL & KOSHUISE Afdelingshoof: Kathleen Heathcote Reinette Botha Jomyri Smuts Melinda Christodoulides KULTUUR Afdelingshoof: Juané Beeby Zandré Barnard Linde Kriel Amanda Viljoen Marené Coetzee Telanie Nieuwenhuizen Elsabé Hoffman

Auto Electrical Starters Alternators Wiring Air-Conditioning Diesel Pumps Injectors Vehicle Services

018 294 6161 | 018 297 5965 Luitingh Street 14

LIKE GIMMIES OP FACEBOOK!

INDUSTRIAL DIESELLEC


10

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Kultuurontploffing! Marené Coetzee Al wat Leonardo da Vinci nodig gehad het om ʼn meesterstuk te ontwerp, was ʼn skoon vel papier. Gee vir Gimmies ʼn leë verhoog en jy kry dieselfde eindproduk: meesterlike produksies! Kultuurweek 2015 se doel was om ʼn platform vir talentvolle kunstenaars te skep. Op Maandag 17 Augustus 2015 skop die Kultuurweek met ‘n klassieke aand af. Oud-Gimmies, Gimmie-leerders en selfs onderwysers het die gehoor beïndruk. Mev. Loretté du Toit, organiseerder van die Kultuurweek, som die aand mooi op: “Die aand het stylvolle vertolkings van klassieke musiek behels.” Een van die hoogtepunte van die aand was die bekendstelling van die musieksentrum se nuwe simfonie-orkes, Impromptu, onder leiding van Izelle Claassen. Dinsdagaand was die skool se toneelstukke op die planke. Daar is gelag, gehuil en ieder

en elk het ná die aand iets met hul saamgeneem. Die uitmuntende toneelstukke en akteurs het net weer bewys Gimmies kán toneel speel. Die laaste twee aande was kabaret. Net soos wat ‘n mens kon kies en keur tussen soet- en southappies, was die program propvol talent wat elkeen se smaak bevredig het. Danse het gewissel tussen Hip-Hop, vrye improvisasie, lyndans en ‘n tango of twee. Tussen al die sang-items het W3 en Pzazz weer eens gesorg vir hoogtepunte. Ané Schoeman, ’n graad 10-leerder en deelne­ mer, sê: “Die atmosfeer was ontspanne en gesellig. Die kos en tafelversierings het bygedra tot ʼn lekker aand.” Voorts het juffrou Loretté se vlytige vingers op die klavier ʼn goue draadjie deur die kabaret getrek. So het Kultuurweek 2015 inderdaad mees­ ters op verskeie gebiede die kans gegee om te wys waartoe hulle in staat is. Die eind­ produk was voorwaar méésterlik!

Ané Schoeman speel pragtig viool tydens die kabaret-aand.

Carissa sit ‘vonk’ in die vuur Gina Richards & Elsabé Hoffman Uniek aan Gimmies is ATKVonk ‘n vuurtjie wat amper uitgesterf het, maar gelukkig was Carissa Smit die nuwe vonk in die vuur. Gedurende 2011 het Carissa as graad 8-leerder opgekyk na haar matriekgroep se passie vir die Afrikaanse taal en kultuur deur middel van ATKVonk. In 2014 het Carissa die geleentheid aangegryp om in 2015, háár matriekjaar, die ATKVonk-vuur te stook. Carissa sê: “Ek wou ‘n platform in Gimmies skep waar verskeie leerders byme­­kaar kon kom, aksies organiseer en sodoende ander aanmoedig om aktief betrokke te raak by geleenthede waarop die ATKV fo­ kus naamlik taal, kultuur, onderwys en die

gemeenskap. Ek hou daarvan om aksies te reël wat op die langtermyn waarde sal hê. Om onderwys te bevorder, was ‘n uitdaging waarvoor ek bloot nie kon nee sê nie. Ek wou ook saam met ander Gimmies ‘n verskil in die gemeenskap maak.” Gedurende die jaar was daar baie opgewondenheid en entoesiasme tussen die 15 ATKVonk-lede. “Die hoogtepunt vir my was aan die einde van 2014 toe almal geesdriftig was om te begin, vol van idees. Om te sien hoe tieners so kreatief, entoesiasties en vin­ dingryk kan wees, is regtig besonders. Dit was ook baie spesiaal om ‘n paar keer na Promosa Hoërskool te gaan om as mentor op te tree. Ons het ook ‘n kursus bygewoon waar ons geleer het om marionette te maak.

Ons het dit geniet om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer,” vertel Carissa geesdriftig. Ten spyte van al die idees, was daar wel hindernisse wat veroorsaak het dat alles nie kon realiseer nie. “Ek weet dat die groep beslis ‘n groot verskil in die skool kon gemaak het. Ek is wel oortuig daarvan dat die nuwe ATKVonk beslis nog baie prominent in Gimmies gaan wees en sien uit om te kyk wat hulle nog alles vir Gimmies beplan en in Gimmies gaan laat gebeur. Ek hoop dat die ATKVonk sal groei en uitbrei en dat sommer baie Gimmie-leerders by dié organisasie sal aansluit. Ek hoop ook dat hulle lewens verryk gaan word deur al die aksies wat hulle gaan reël en geleenthede wat hulle gaan skep.”

Carissa Smit

Die land hang aan haar lippe Telanie Nieuwenhuizen ATKV-redenaars is ‘n kompetisie wat jaarliks landswyd plaavind. Op hierdie wyse be­ vorder die ATKV die Afrikaanse taal onder talle jongmense oor die hele land. Vroeg elke jaar word verskeie goeddeurdinkte onder­ werpe aan leerders vanaf so jonk soos graad 1 gegee. Vir een van Gimmies se leerders, is redenaars al tweede natuur. Vir Carissa Smit was 2015 voorwaar ‘n goue jaar. Dié welbe­ kende kort krulkop-kultuurdogter het hoë hoogtes bereik. As trotse ambassadeur van Gimmies het Carissa diep spore by vanjaar se ATKV-redenaars getrap toe sy as die algehele wenner landswyd aangewys is met haar toespraak: Dis die hand wat die pen vashou wat die wêreld regeer. Hiermee het sy werklik uitgeblink in die voorbereide afdeling van die kompeti­ sie. Maar dit was nie die einde van haar suksespad nie: Sy is ook vanjaar as afdelings­ wenner by Gimmies se jaarlikse Eisteddfod, aangewys. Verder is sy ook die wenner van die Potchefstroomstreek se Interskole Redenaars. Carissa se tweetaligheid en redenaarsvaardighede is sonder twyfel van die beste. Sy het vanjaar ook geskitter by die Engelse Interskole, waar sy met haar toespraak: The limit of your language is the limit of your world, deurgedring het na die top 5, waarna sy onvoorbereid moes praat. Carissa het ook aan die redenaarskompetisie by Milner High School deelgeneem. Carissa, met haar vele talente, is sonder twyfel ‘n rolmodel vir jong sprekers lands­ wyd en Gimmies is nuuskierig om te sien wat die toekoms vir haar inhou.

Katelynn Snyman, Lené Prinsloo en Anchen Bisschoff is die uitblinkers van die junior debatspan.

Gimmies redekawel op hoë vlak Linde Kriel

A

s ‘n mens ‘debat’ in een sin moet opsom, sal dit ‘n aktiwiteit ge­noem word waar ‘n groep mense geforseer word om na jou opinie te luister. Gimmies se junior debatspan, wat uit drie meisies bestaan: Katelynn Snyman, Lené Prinsloo en Anchen Bisschoff, het hierdie jaar deurgedring na die ATKV-finaal. Die dag voor hul vlug na Kaapstad het hulle afgevat by die skool om voor te berei vir die pratery wat op hulle wag. Daar is twee tipes persone in die wêreld: dié wat wag vir ‘n geleentheid en dié wat ‘n geleentheid aangryp. Dit is duidelik dat hierdie drie meisies hulle geleentheid met

ope arms aangegryp het, want terwyl die ander Gimmies nog dié Saterdagoggend gelê en slaap het, was hulle al hard aan die praat. Volgens Katelynn is dit verskriklik lekker om daar te sit en te dink: “dit is wat ek wil doen.” Die hoogtepunt vir Anchen was om daar te wees saam met haar span en vir Lené het die besoek aan die Kaap uitgestaan. Wie sal nou met haar daaroor stry? Die onderwerp waaroor hulle moes praat, was “Spoorvervoer behoort geprio­ ri­tiseer te word in die opknapping van ons land se vervoerstelsel”. Dit is veilig om te sê dat dit ‘n ongewone onderwerp vir graad nege meisies is, maar dit het hulle nie gekeer nie. Katelynn het

gevoel dat dit ‘n ongemaklike onderwerp was waaroor ‘n mens nie maklik inligting kon kry nie. “Dit is ook nie ‘n saak waaroor mense van ons ouderdom gesels nie.” Hoe meer hulle geoefen het, hoe gemakliker het hulle geword met die onderwerp. Met snaakse opmerkings en trein metafore het hierdie debatspan van Gimmies gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie. Lené beaam dit: ”Ja, dit was definitief die moeite werd en dit was ‘n groot eer en ‘n ongelooflike ervaring. Ek het so baie nuwe dinge geleer wat ek eendag weer sal gebruik”. Die ATKV het nie die laaste van Gimmies gesien nie. Nog minder die laaste gehoor, want dit is duidelik dat Gimmies ‘n stem het wat gehoor moet word!


11

Desember 2015 | Jaargang 36 (2)

Tienertoneel is weer tops Telanie Nieuwenhuizen Vanjaar het Gimmies se drie ATKV-tienertoneelstukke skoonskip gemaak by die jaarlikse streeksuitdunne in die NWU Potchefstroom-kampus se Sanlam Ouditorium. Die drie produksies se talentvolle skrywer en regisseur, wat welbekend is in toneelkringe, is niemand anders as prof. Pierre-André Viviers nie. Tesame met die harde werk van onderskeidelik juffrou Heilet Zaaiman en juffrou Elbie Buys was die talentvolle span ‘n resep vir wentonele. Die drie stukke As die trein kom, Dubbel loop en Die hart se hard, het tydens die week van die 3 tot 7 Augustus tydens die ATKV-streeksuitdunne uitgeblink. Twee van Gimmies se drie toneelstukke, As die trein kom en Dubbel loop, het deurgedring na die streeksfinaal op Saterdag 8 Augustus. Hier

SANDMAN

het beide tonele toekennings ingepalm. Aan die einde van die prag-aand het die stukke onderskeidelik ‘n eerste en vier­de plek verwerf. Wickus Zerwick (18) het ‘n bronstoekenning ingepalm, terwyl Zandelle Meyer (15) en Janus Kruger (18) silwertoekennings verwerf het. Telanie Nieuwenhuizen (16) en Charlize Barnard (18) is beide met goue toekennings bekroon. Verder dring die stuk As die trein kom toe na vanjaar se Clover Aardklop kunstefees deur en eindig vierde in die land. Die produksie word deur die bekende teaterpersoonlikheid Shirley Ellis as ‘n “roe­ren­de werk” beskryf. ”Hierdie stuk het my ge­raak, getref en geΪnspireer,” sê Shirley. As die trein kom was ‘n avontuur op sy eie. Gimmies sien uit om weer volgende jaar aan hierdie wonderlike geleentheid deel te neem.

cardeo5@absamail.co.za (018) 291 1048/9 082 453 0195

Tuingrond, Bousand,Crushersand Buildermix G5 “Filling” Verhurings: TLB, Laaigrawe en Tippers

Nico & Lanique

Charlize Barnard en Telanie Nieuwenhuizen. Charlize Barnard (18) het die prys vir beste aktrise landswyd ingepalm.

Resensies Some Type of Love

Charlie Puth Anri Venter

OOP 24/7 PUBLIEK WELKOM Tel: 018 293 0379 18 Promosaweg Potch Industria

Hy het ‘n fluweelstem en die ta­lent om duisende om sy pin­ kie te draai. Dit word definitief weerspieël in Charlie Puth se nuwe album, Some Type Of LoveEP. Hierdie Amerikaanse sanger staan nie terug vir enige ander kunstenaar in sy kategorie nie. In dié album verbaas hy ieder en elk met sy pittige temas soos die liedjie Marvin Gaye (ft. Meghan Trainor). Hy wen luisteraars se guns deur en deur met sy veelsydige stem. Die soort musiek wat op hier­ die album gevind kan word, is ‘n mengelmoes van R&B en Soul. Dit is strelend vir die oor en laat ‘n mens sommer ontspan. Hy gee beslis ‘n Michael Bublé gevoel met sy sagte en melodieuse klanke waarvoor jy nie kan help om te glimlag nie. Persoonlik is die liedjie Some Type Of Love my gunsteling, dit het ‘n baie interessante klank en ‘n besondere boodskap van liefde en belofte. Dit is beslis nie die laaste wat ons van hom gaan hoor nie. Charlie Puth se Some Type Of Love-EP kry ‘n stewige 4/5

Insurgent

Veronica Roth Juané Beeby Insurgent, geskryf deur Vero­ nica Roth, is die tweede boek in die Divergent reeks en begin onmiddellik waar die eerste boek geëindig het. Tris het haar vriend, Will, doodgemaak en ‘n gevaarlike simulasie gestop. Haar optrede het egter ‘n hele rits ongelukkige gebeure tot gevolg wat die stad vir ewig verander. Tris leer dat ‘n enkele besluit jou kan transformeer of jou kan vernietig en dat elke besluit gevolge het. Soos wat die spanning opbou tussen die verskillende faksies in die stad, probeer Tris haarself en diegene vir wie sy omgee, red terwyl sy probeer sin maak uit die vrae wat by haar spook. Vrae oor hartseer, verlies, vergifnis, identiteit, lojaliteit, politiek en liefde. Alhoewel dit in die eerste helfte van Insurgent voel asof ‘n mens ronddryf in Tris se skuld­ ge­voelens, is die tweede helfte van die boek baie opwindend wanneer sekere geheime onthul word. Insurgent is die lees werd en eindig op ‘n hoë noot. Die boek verdien ‘n skaflike 7 uit 10.


12

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Dansers skitter

Mooi Giselle hou van model speel

Wickus Zerwick Gimmie-dansers het vanjaar weer die suksesleer geklim. Jacques Jacobs, Janye Huisamen, Mardi Prinsloo, Dominique Saayman, Christelle Potgieter en Caitlin du Plessis (almal deel van Big Base Dance Crew) het vanjaar hul SA kleure verwerf nadat hulle aan die World Dance Masters se uitdunrondtes deelgeneem het en ‘n eerste plek behaal het met hul HipHop groep. Al dié dansers is gekies vir die SA-span wat volgende jaar Suid-Afrika in Kroasië gaan verteenwoordig. Jacques het ook hier ‘n eerste plek behaal met sy solo en is benoem vir die Beste Manlike Talent. Jacques, Janye en Mardi het ook aan die American Dance Awards deelgeneem. Hulle is daarna uitgenooi om in New York te gaan deelneem. “Ons werk al van ‘n jong ouderdom af om eendag die kollig op ons te kan hê in New York,” het Mardi gesê. Hulle is reeds hard aan die oefen om volgende jaar die buitelanders te wys waarvan Suid-Afrikaanse dansers gemaak is.

Katelyn Snyman

Jacques Jacobs in aksie.

Giselle Venter

“Hulle sê altyd ‘n mens moet ‘n werk doen waarvan jy nie ‘n vakansie nodig het nie. Hierdie is ʼn werk waarvan ek nie vakansie wil vat nie.” So beskryf die 15-jarige Giselle Venter hoe dit voel om modelwerk te doen. Giselle was vanaf 6 tot 9 Oktober in die Kaap waar sy die geleentheid gekry het om saam met die agente van Boss Models te werk. Giselle vertel dat sy na ʼn “oudisie” gegaan het in Truworths, die winkel wat die kompetisie aangebied het. Sy was een van die agt mense wat die Bossagente uit 1 500 kandidate gekies het om Kaap toe te gaan. “Ek onthou die eerste aand nadat ons by ʼn restaurant gaan eet het, het ons vir die agente gevra of ons sweeties kan gaan koop. “Hulle sê toe nee, ons moet gesond eet, want daar was ‘n fotosessie die volgende dag. Voor hulle ons kon keer, het ons almal oor die pad gehardloop en by die Engen-garage iets gaan koop. Dit was maar net een van die mal dinge wat ons gedoen het.” Maar as Giselle een ding geleer het, is dit om ‘n wag voor haar mond te sit. “As ek iets kon oor doen, sou ek net my eerlikheid en opinies meer vir myself gehou het. Ek onthou ons moes klere aanpas en ek het vir die stileerders gesê: ‘Ek gaan eerder dood as om in hierdie rok te verskyn’. Hulle het gelag, maar ek dink nie hulle was baie beïndruk nie.” Vir dié model was die beste aspek die verskillende mense en hoe almal se persoonlikhede en smake verskil. “Almal was gemaklik met mekaar,” vertel sy. “Dit was definitief die beste ervaring wat ek opgedoen het. Ek was alleen af Kaap toe saam met vreemde mense en sonder my ouers. Natuurlik sien ek ook modelwerk as ‘n groot deel van my toekoms. Ek beplan reeds om in Januarie weer Kaap toe gaan en al agt van ons wat daar was, het ’n jaarkontrak by Boss gewen.”

Sasima se uitleg en produksie word behartig deur Kreativmedia Hub, Potchefstroom se voorste multimedia-maatskappy. www.kreativmediahub.com / 072 524 4191

Hier leer jy van die vier liefdes Amanda Viljoen Liefde vir God, liefde vir die natuur, liefde vir arbeid en liefde vir jou medemens. Dít is die vier pilare wat Landsdiens uitbeeld. “’n Kultuuraktiwiteit wat basies net van jou verg om dit te geniet,” sê Theo Jooste, ‘n graad ­11leerder van Gimmies. “Dit is ‘n plek waar jy jouself kan ontdek, ontspan en geniet.” “Ons maak ‘n verskil in die gemeenskap, want ons maak die omgewing skoon en verminder besoedeling,” sê Carmi Snijman, die sekretaresse van die Landsdiens. “Ek reël afsluitings en maak seker dat almal by Landsdiens­byeenkomste opdaag.” “Die lekkerste deel van Landsdiens is definitief die kampe. Die aktiwiteite op die kampe is sowaar vir adrena­ lienverslaafdes byvoorbeeld river rafting, abseiling, paintball, moddergevegte sowel as sokkies,” vertel Theo Jooste. Landsdiens is waarlik ‘n ongelooflike aktiwiteit. “Ek dink dit is ‘n amazing geleent­ heid waar ‘n mens nuwe mense kan ontmoet, kan kuier en die natuur, wat so wonderlik deur God geskape is, kan waardeer saam met vriende,” vertel Theo. Landsdiens is op Maandae vanaf 16:00 tot 17:00 in meneer Chris Conra­ die se klas, kamer 25. Dit word gelei deur juffrou Francis de Wet sowel as meneer Conradie.


13

Desember 2015 | Jaargang 36 (2)

Tennis gaan groot Gina Richards Baie mense is geneig om hulle te misgis oor die tennis by Gimmies, maar dit is ‘n topsport by hierdie blou skool. Daar is talle geleenthede vir die spelers, skitterende prestasies en ongelooflike uitslae. Daarbenewens het Gimmie-tennis hardwerkende, toegewyde onderwysers. Gimmies het vanjaar sewe seunspanne in die Noordwes-skoleliga ingeskryf. Van hierdie sewe het vyf spanne in die finaal gespeel waarvan vier spanne hulle ligas gewen het. Die dogters het 5 spanne ingeskryf waarvan twee spanne húlle ligas gewen het. Gimmies het dus ses van die twaalf Noordwes-skole­ ligas gewen. Juffrou Hanlie Smuts, die skool se tennisorganiseerder, sê: “Ons is BAIE trots op almal wat hierdie seisoen in ‘n ten-

nisspan gespeel het. Baie geluk aan elkeen wat tot hierdie prestasies bygedra het.” Op die vraag hoe sy Gimmie-tennis ervaar, sê sy: ”Langs die tennisbaan is ek besig om kosbare herinneringe vir die ouetehuis se stoep bymekaar te maak! Die sêgoed van party seuns, die lekker tennisoefening en die sports wanneer ons by toernooie is, soos die keer wat ons vir André “Vonkie” Pretorius by die blyplek vergeet het, maak tennis deur en deur die moeite werd. “Dit is ‘n sport wat jy kan speel lank nadat jy ophou atletiek doen of glad nie meer netbal en hokkie kan speel nie. Die rugbyseuns kan maar sê wat hulle wil, die tennismeisies bly die mooiste! As ek maar net ‘n klein bie­ tjie van die lekkerte wat ek my lewe lank uit tennis gekry het, kan oordra, sal ek gelukkig wees.”

Potchefstroom Gimnasium se eerste hokkiespan tydens hul Kaapse toer.

Hokkiespanne slaan ’n barshou Gerhard Koornhof Gimmies se spog hokkie-seisoen het reeds in Februarie begin. Onder die bekwame leiding van afrigters, voogde en organiseerders, het al die Gimmie-spanne daagliks hard geoefen, strawwe fiksheid gedoen, hul beste gegee in wedstryde en as spanne saamgestaan! Na afloop van die liga was die beloning groot. Uitslae was as volg: o/14A-, o/16A- en o/18A-seuns, almal liga-wenners­- 3 uit 3! Die o/16B- en tweededespan het in die semi-finaal teen ander skole se A- en eerstespanne gespeel. Die o/14A-, o/16A- en o/18A- meisies, was almal betrokke by uitspele, maar het ongelukkig nie Noordvaal gehaal nie. Die o/15A-meisies was wel Noordvaal toe. Die Noordvaal-toernooi was ‘n ewe groot

hoogtepunt. Die o/16-seuns se toernooi was in Klerksdorp by St. Conrads en die o/14’s s’n het plaasgevind by Hoërskool Noordheuwel. Die eerstespan was net ‘n hanetree daarvandaan by Hoërskool Krugersdorp. Ten spyte van die ysige koue daardie naweek, het Gimmies die ander skole aan die brand gespeel. Wat ‘n voorreg om met al drie seunsspanne en o/15A-meisies aan Noord­vaal te kon deelneem. Elke span het ten minste twee wedstryde per dag gespeel. Langs die veld was die ouers se ondersteu­ ning tops. Die o/14-seuns het sesde uit die 12 skole geëindig en die o/16A en eerstespan seuns vyfde. Geluk aan Pierre Botma en Raymond McKinnon wat gekies is vir die Noordwes o/21-span. Voorspoed aan die 0/16-span wat gekies is om in Desember aan die SA Games te gaan deelneem.

Die eerstespan tennismeisies vier die einde van ‘n suksesvolle seisoen nadat hul tweede in Noord­ wes eindig. Agter is Joné Kruger, Carissa Smit en voor hurk Lizanne Scholtz en Marizaan Viviers.


14

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Krieketspelers kraai koning in naelbytstryd Gina Richards

Saterdag 17 Oktober 2015 was ‘n spanningsvolle dag. Die eerstespan se Noordwes-krieketfinaal het aangebreek: Potchefstroom Gimnasium teen Hoër Volkskool Potchefstroom. Al het Volkskool die tuis­veldvoordeel gehad, het die guts van Gimnasium se spelers en ondersteuners die oorwinning beklink en Gimmies het as Noordwes-wenners weggestap! Gimmies het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Lourén Steenkamp, ‘n sterkolwer in Gimmies se span, verduidelik: “Elke bouler het voorwaar sy kant gebring en saam met skitterende veldwerk, gesorg vir genoeg opwinding met vier kolwers wat uitgehardloop is.” So het die paaltjies van Volkies se kanonne een na die ander geval, totdat hul beperk is met 180 lopies ná slegs 46 beurte. Gimnasium se kolfbeurt was ‘n naelbyter, met vyf van hul kolwers uit met 0 lopies. Die spannings­vlakke het begin styg, maar tydens die middelorde het selfs díé wat die meeste getwyfel het, begin hoop kry. Met die laaste man in en Jaco Schoeman op 100, het almal geweet dit is tyd vir vasbyt. Ná die wenhou, ‘n uitstekende 6 van Jaco, is die wedstryd, met die gejuig en vreugde van al die toeskouers en spelers afgesluit. Gimmies wen met 1 paaltjie! Ruan Haasbroek, die spankaptein was oorstelp. “Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om kaptein van só ‘n talentvolle span te wees. Ek probeer om soveel ervaring as moontlik oor te dra na die jong spelers en dit maak my baie trots om te sien hoe hulle die afgelope seisoen gegroei het,” sê hy. “ ‘n Kaptein is net so goed soos die span waarvoor hy speel, dit gaan nie oor hom en sy leierskap nie, dit gaan net oor die span.” Braam de Villiers, Gimmies se afrigter, sluit af: “Ek is al ses jaar by Gimmies se krieket betrokke en nog nooit het ek sulke gutsy, gedrewe en passievolle krieketspelers gesien nie. Díe ouens is die begin van ‘n nuwe era van Gimmie-krieket. As afrigter is ek ongelooflik trots op elkeen van hierdie seuns! Julle is ‘n klomp leeus! Knap gedaan, manne.”

Wie’t gesê meisies kan nie boul nie? Nicola van der Merwe Vir jare lank moes die skoner geslag op die pawiljoen sit en aan­skou hoe die manne feesvier na ʼn oorwinning op die krieketveld en kon net wens dat hulle ook saam kon speel. Maar vir Potchefstroom Gimnasium is daardie era verby. Mei­­sies kry nou ook die geleentheid om op die veld te stap met ‘n kolf in die hand en krieket as n sport te ervaar. Met weeklikse oefeninge met juffrou Ronél Vermaak as afrig­ter, word die gees en opwinding van krieket deur die hele skool gedeel. Die span bestaan uit meisies vanaf graad agt tot graad elf en almal kry ‘n kans om wedstryde te speel. “Dit maak my die trotsste dat die meisies opdaag vir oefeninge, ge­ motiveerd bly en die wedstryde geniet,” vertel juffrou Vermaak met ‘n glinster van opgewondenheid in haar oë toe sy gevra word wat sy die meeste geniet daarvan om die span af te rig. Kara Mostert, ʼn graad 8-leerling wat deel is van Gimmies se meisieskrieketspan, sê sy geniet dit om ʼn sport te beoefen waarvoor sy lief is en is bly om deel van die span te wees. Hierdie nuwe krieketspan “boul” beslis Gimmies se voete onder hulle uit!

Werner gee atlete woema Werner Burger (agter) saam met van sy atlete Sunique Becker en voor, Jaco Schoeman en Maritz Pieters.

Werner Burger word beskryf as “legend” en “die beste afrigter ooit” deur menige ­Gimmie-atlete en rig al vir sewe jaar Gimmie-atletiek af. Hy is ook ‘n oud-Gimmie! Maar wat maak Werner so ʼn uitmuntende afrigter? Katelynn Snyman het gaan ondersoek instel om agter die kap van die byl te kom. Wat het jou laat besluit om atletiek af te rig? Ek het nie atletiek gekies nie, atletiek het my gekies. Dis my passie om my kennis en ervaring oor te dra. Wat is jou motivering as dinge moeilik raak? Alles wat die moeite werd is, is moeilik aan die begin. My motivering as dinge moeilik raak, is om te fokus op die beloning van die uitdaging en nie op die tydelike obstruksie wat my konfronteer nie. Wat is jou motto en waarom? Wees die wind onder ander se vlerke. My doel as afrigter is om mense te help om alles te wees wat hulle kan wees en om hulle plek op die baan, asook in die lewe met waardigheid vol te staan. Dit bete­ ken meer as ʼn goue medalje, want dit het ewigheidswaarde. Wat staan vir jou die meeste uit van atletiek? Elke wedloop is ʼn oorwinning oor jouself. Jy oefen dalk saam met ander en almal bemoedig mekaar, maar as die skoot klap, is daar geen ander mens op wie jy kan staatmaak nie. Die gee ʼn mens selfvertroue, selfdissipline en ʼn sin van verantwoordelikheid. Moes jy enige grade of kwalifikasies kry om as afrig­ter te kwalifiseer? Grade - nee. Solank die temperatuur nie onder nul grade daal nie, sal ek opdaag vir afrigting! (Grappie..) Geen spesifike kwalifikasies word vereis nie, maar ek woon gereeld afrigtingskursusse hier en ook oorsee by. Ek en oom Tom het ook baie kontak met die af-

rigters van Olimpiese atlete wat op die PUK-bane oefen. Waar sien jy jouself oor tien jaar? Hopelik niks ouer nie, maar wel wyser en hopelik steeds op ʼn plek waar ek atlete kan help en motiveer om atletiek te geniet en om hulle beste te bereik. Het jy enige woorde van wysheid vir voornemende atlete/afrigters? Daar is nog ʼn lewe na 20 ook: behou perspektief en lewe met balans. En behou jou sin vir humor - dit maak jou oorwinnings mooier en jou nederlae meer draaglik. Wat is vir jou die slegste deel van atletiek? Ouers wat hulle kinders te vroeg te veel druk om kampioene te wees. Hulle ignoreer die kind se langtermynontwikkelikg en fokus net op kortter­ myn­belonings en medaljes. Hoe gereeld oefen julle? Verskillende ouderdomsgroepe het verskillende oefenprogramme. Die hoërskoolkinders oefen ongeveer ʼn uur-en-ʼn-half per dag, vyf dae per week. Die PUK-atlete oefen twee ure per dag, ses dae per week. By wie het jy die meeste geleer? Natuurlik by oom Tom (die legend) Hy rig al vir 40 jaar by Gimmies en die PUK af. Dis eintlik ʼn geheim, maar ek dink hy het biomeganika uitgedink - vir oom Tom gaan dit oor hóé ons oefen en nie wát ons oefen nie.

Werner wys hoe ‘n kampioen wegspring.


Desember 2015 | Jaargang 36 (2)

Kolskoot vir ons top-skut Jomyri Smuts

A

né Aucamp, o/21 se nommer een skut in die wêreld, was onlangs Londen toe vir die BJI (British Junior International). Op 27 Maart het die Top 40 SANSSU Sporter-skuts in SA aan die finale proewe in Florida, Gauteng, deelgeneem vir die BJI-span. Na twee dae se skiet het die Top 15-skuts gekwalifiseer om van 5 tot 17 ­Augustus na Engeland te toer. Ané is aangewys as die spankaptein waar sy vir SANSSU vir die tweede agtereenvolgende jaar verteenwoordig het. Ané het drie individuele medaljes ver­ werf, asook twee in spanverband. Sy is die skut wat die meeste medaljes gedurende die kompetisie ingepalm het. Sy het goud vir Posisie finaal individueel (3P), silwer vir Staanposisie individueel (10m), brons vir Grand Prix mixed (10m staan) en ook twee

goue medaljes in spanverband losgeskiet. In die toernooi is daar geen onderskeid tussen geslag of ouderdom getref nie. Dit was net drie dae van intense skiet! Aan die einde van elke dag is daar ‘n finaal waar die agt beste skuts van die dag teen mekaar ­skiet. Die drie beste skuts ontvang dan in­ divi­duele medaljes. Daar was ongeveer 60 skuts van verskillende lande wat aan die Sporter-klas deelgeneem het. Ané het baie nuwe skuts ontmoet en vriendskapsbande gesmee en volgens haar het Suid-Afrika beslis die beste sporter skuts! Die toer in en om Londen was vir haar ‘n absolute hoogtepunt, sy wou nie te­ rugkeer na haar tuisland nie. In haar tydjie in Londen het sy so verlief geraak op die stad en sy vriendelike mense dat sy graag eendag daar sal wil gaan studeer. Haar passie het begin toe sy maar net vyf jaar oud was, waar sy saam met haar

pa windbuks en .22 geskiet het en af en toe gaan jag het. In graad 8 het sy begin met skyf­skiet by Gimmies omdat sy net bietjie van die koshuis wou ontsnap. Een van haar doelwitte is om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem en daarvoor oefen sy alreeds verskriklik hard. Sy oefen om en by twee en ‘n halwe uur elke dag. Sy weet dat net God haar kan help en daarom bid sy elke keer voor ‘n kompeti­ sie, asook na elke slegte skoot, want sy weet dat God haar daardeur sal dra. Sy het nie ‘n rolmodel in die skyfskietwêreld nie en kompeteer ook net teen haarself. Ané is spontaan en vriendelik en al het sy ‘n kort humeur, sal jy haar altyd kry waar sy besig is om te lag. Al wys sy vir ons hoe macho sy is, hoe baie sy van camo hou en dat sy totaal en al ‘n plaasmeisie is, het sy ook ‘n sagte kant wat mal daaroor is om haar teddie vas te hou wanneer sy slaap.

Gimmies se top-skut Ané Aucamp droom daarvan om eendag ‘n Olimpiese kampioen te wees.

Hou hierdie kampioen-swemmers dop! Petra van Graan

Natuurlik het swemmers die mooiste lywe. Dis hoekom daar swemmers is, want hulle is te mooi vir ‘n sport waar jy moet klere dra! Altans, so glo ons hier by Gimmies. Hier is ‘n paar van ons uitstaande swemmers en Suid-Afrika se potensiële kampioene van wie jy beslis bewus moet wees. • Eliz-Maric Cronjé, ‘n graad 11-leer­der: Een van haar grootste prestasies is dat sy by SA Youth Nationals in 2014 ‘n goud met haar 50m rugslag gekry het met ‘n tyd van 31:37. Sy het dus met daardie tyd ‘n Youth Olympic Qualifying tyd geswem. “Die afgelope twee seisoene het ek al 14 Noordwes-rekords gebreek, maar nog nie ‘n Suid-Afrikaanse rekord verbeter nie. Na skool wil ek gaan studeer, maar sal beslis aanhou swem, met my oog op die 2020 Olimpiese spele.” Cronjé se swemrolmodel is Missy Franklin wat as 17-jarige in 2012, vyf medaljes by die Olimpiese spele gewen het. • Martin du Toit se grootste prestasie is dat hy ‘n silwermedalje in die 50m rug-

slag by Vlak Drie in Maart 2014 met ‘n tyd van 28:16 verower het. Martin vertel dat hy na skool beslis gaan aanhou swem en dink daaraan om toerisme te gaan studeer. Sy rolmodel is Roland Schoeman en hy het al vir Ryk Neethling, Gerhard Zandberg en Cameron van der Burgh ontmoet. • Nadia Blaauw, ‘n matrikulant, was in 2014 in Uganda vir Cana Zone III en IV swemkampioenskappe, waar al die Afrika-lande deelneem. Gedurende dié kampioenskap in April 2014 het sy nege medaljes vir die twaalf items waaraan sy deelgeneem het, gewen. Sy beplan om volgende jaar te gaan studeer. Oor haar swemtoekoms wonder sy nog. • Van Zyl Brand: Hierdie graad 11-leer­ der se grootste prestasie sover was om in April 2015 in die semi-finale van die Youth/Senior Nationals te swem. Hy beplan om in Amerika te gaan studeer en daar te gaan swem met sy oog op die 2020 Olimpiese spele. Sy rolmodel is Gerhard Zandberg en Van Zyl volg sy wenke hoe om te oefen om bo uit te kom.

Van Zyl Brand, Eliz-Maric Cronjé, Nadia Blaauw en Martin du Toit.

Lewensredder droom groot

‘Niemand kon ons klop nie!’

Katelynn Snyman

Katelynn Snyman

“If it doesn’t challenge you, it doesn’t change you.” Dit is die motto van die graad 10-leer­ der van Gimmies, Annien Müller. Annien swem al vir vyf jaar lank en sy vertel met ‘n vonkel in haar oog dat haar motivering die blote feit is dat sy van swem hou. Hierdie opkomende swemmer het van 11 tot 18 November vanjaar in Eindhoven, Nederland, aan ʼn lewensredderbyeenkoms deelgeneem. Daar is verskillende items, wat behels dat ʼn mens onderskeidelik in oop waters en in die see swem. Daar is items soos 500m swem in die see, of 100m hardloop en dan 200m swem. Een van die items werk só, verduidelik Annien: “Jy swem 50m vryslag, dan draai jy om, of tuimel onder die water waarna jy vir 17m onderwater swem en dan ʼn pop van ongeveer 75kg optel en met die pop die oorblywende deel swem.” Annien sê dat sy aan hierdie byeenkomste deelneem omdat dit ʼn verandering is van net gewone swem. Sy sê ook dat dit ‘n belangrike lewensvaardigheid is om te hê. Annien se rolmodel is Penny Heyns omdat hulle albei borsslagswemmers is en omdat Penny ook eers laat in haar lewe begin swem het en tog so baie bereik het. As sy drie sportsterre vir ʼn dag kon ontmoet, sou dit Penny Heyns, Natalie du Toit en Cameron van der Burgh wees. Annien wil graag in ‘n mediese rigting studeer na skool, maar weet sy kan dan nie swem én studeer nie. “So eintlik is my plan om te kyk hoe ek doen in my akademie en of ek keuring kry vir medies.”

Annien Müller se rolmodel is Penny Heyns.

“Dis die beste gevoel op aarde. Om te weet niemand in die wêreld was beter as ons nie. Niemand in die wêreld kon ons klop nie. Dis iets wat jy nooit vir iemand sal kan beskryf nie en iets wat jy nooit sal vergeet nie.” Só beskryf ‘n graad 11-leerder van Gimmies, Danél Wentzel, hoe dit voel om die on­der­waterhokkie wêreldkampioenskap te wen. Hierdie kampioenskap het vanjaar van 14-16 Augustus in Castellón de la Plana, Spanje, plaasgevind. Danél verduidelik dat hierdie kampioenskap elke tweede jaar gehou word en lande van regoor die wêreld kom om deel te neem. Daar is twee ouderdomsgroepe - o/19 en o/23. Danél het vir die o/19-span gespeel. Verder vertel sy dat om te kwalifiseer vir die SA-span, jy in die 2 jaar tydperk tussen elke kampioenskap aan verskeie oefenkampe en uitdunrondtes deelneem. Ongeveer 4-5 maande voor die kampioenskappe oefen die hele groot span saam. Danél self oefen een en ʼn half uur per dag, ses maal ʼn week. Sy sê: “Ons span se motto daar in Spanje was: ‘Talent wins games, but teamwork wins championships’. Ons is ook baie gemotiveer deur die Nieu-Seeland span. Hulle wen al elke jaar van 2004 en ons wou hulle bitter graag klop.” Toe Danél gevra is wat die beste en slegste ding van onderwaterhokkie is, was haar antwoord: “Die beste ding is die oefenkampe. Dis baie lekker om jou vriende weer na ʼn lang tyd te sien. En onderwaterhokkie voel nie soos oefening nie - dis lekker, soos ’n speletjie. Die slegste ding? Beslis die fiksheid!”

15

Danél Wentzel is dolgelukkig in die water.


16

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

es i m Gim ts o se tr

Gimmies kweek netbalpassie Lené Prinsloo

V

ir baie is netbal net ʼn sport, in Gimmies is dit ʼn passie. Gimmies se netbal het vanjaar hoë hoogtes bereik. Al vier spanne (o/15 tot o/19) het Gimmies by die SA-skole-netbalkampioenskap in Boksburg verteenwoordig. Die eerstespan het 17de geëindig, die o/17’s het met ʼn skitterende bronsmedalje teruggekom en die o/15’s het gespog met ʼn 7de plek. Die o/16’s het die ongelooflike prestasie behaal om eerste in die land te eindig. Netbal is ʼn eeue-oue sport en dit het al in 1899 begin. In 1895 het James Naismith, die ontdekker van basketbal, die reëls van die spel vir Clara Baer, ʼn sportonderwyser in New Orleans gestuur. Sy het toe die reëls geÏnterpreteer en aan­ gepas en so het die spel netbal ontstaan. Daar is ongeveer 20 miljoen mense wêreldwyd wat netbal speel. Kaila Lamprecht, kaptein van die o/14A-netbalspan sê hulle skryf altyd Fil. 4:13 iewers op hulself voor ʼn wedstryd. “En ons motiveer mekaar,” sê sy. Volgens haar was ʼn hoogtepunt vir hulle om gekroon te word as die Puk-Prestige-wenners. Lia Wissing, die hulpdoel van die o/15’s sê hulle koester hul slagspreuk: “Ons speel as een vir die Een.” ‘n Spesiale ritueel maak hulle ook anders, vertel sy. “Voor elke wed­ stryd doen ons ʼn trigger soos ons coach dit sal noem, waar ons ons veters stywer vasmaak en die wedstryd oorgee aan God.” “Daar is nie ʼn dag wat verbygaan met dieselfde oefeninge nie. Om te improvi­seer, is een van juf. Ray se sterkpunte,” dit is Rizané van Rooyen, kaptein van die o/16A-netbalspan, se woorde. Sy sê net juf. Marianne Ray, hulle afrigter, weet hoe om hulle gemotiveerd te kry. “Ons speel met leeuharte!” Dit is Morgan Olën, die kaptein van die o/17A-span se woorde. Sy sê dat niks ‘n mens so goed kan voorberei vir ʼn netbalwedstryd soos gebed nie en dat hulle span voor en ná elke wedstryd bid. “Ek is so bevoorreg om my spanmaats my beste vriendinne te kan noem,” sê Morgan.

Gimmies se netbalspanne het vanjaar op vele gebiede presteer. Op die hooffoto is Ilne Prinsloo, die AV van die o/17A-span, in aksie tydens ‘n wedstryd teen Lichtenburg Hoërskool in die uitspele van die Noordwesdag op Gimmies se bane.

“Love, trust, be brave and fight.” Daniela Cronjé, kaptein van die eerstespan, sê hierdie is die woorde waarin hulle span glo. Sy sê hulle het ook altyd hande gevat en hand aan hand op die baan gestap. “Die hoogtepunt van die jaar was beslis Gimmie-Volkie. Al die ondersteuners en die atmosfeer was fantasties.” sê Cronjé.

Juffrou Triena Mulder, die netbalorga­ni­ seerder, spog ook met baie netbalprestasies. Sy is in 1973 en 1982 aangewys as een van die top 20 spelers in die land. In 1994 het sy ʼn B+ gradering gekry as ʼn SA-skeidsregter en het hierdie gradering behou tot in 2004. Sy het al in 1996 begin afrig by Gimmies en haar spanne het elke keer onder die top-

vier by Noordvaal geëindig. In 2000 is haar eerstespan as die beste span in Suid-Afrika gekroon. Sy is al van 2008 af die netbalorganiseerder en ná baie suksesvolle jare was hierdie haar laaste jaar by Gimmies. Die netbalkoors in Gimmies loop baie hoog en die baie ervaring van die afrigters sorg vir puik prestasies.

ETERNITY ENTERPRISE JEWELLERS Besoek ons by ons nuwe perseel te Paryslaan 16, Baillie Park, Potchefstroom Ons NUWE telefoon nommer: 018 290 5722/3 E-pos: eternity@eternityenterprise.com

OMSKEP U OU JUWELE IN NUWE ONTWERPE Dis ’n fees om ’n Gimmie te wees

LIKE US ON FACEBOOK


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.