ProAgri SA 248

Page 4

Voorbladartikel

Die Tech Terrein-reis Artikel verskaf

M

et die aanbreek van 2020 het die landbouwêreld uitgesien na ’n goeie jaar. Die somergraan-aanplantings het goed gelyk, die Zondo-kommissie was besig met sy werk en die wêreldekonomie het begin kop optel. Maar die koronavirus het toegeslaan en onsekerheid het oor die hele wêreld gespoel. Suid-Afrika kon ook nie ontsnap nie en streng maatreëls vir inperking is in Maart afgekondig. Alle byeenkomste is verbied en selfs al is landbou as noodsaaklike diens geklassifiseer, het die maatreëls ’n ingrypende invloed op landbouskoue, veilings en boeredae gehad. Dit was in hierdie omstandighede dat die saad vir die aanlynreeks, Tech Terrain, geplant is. John Deere Sub-Sahara Afrika het beplan om ’n hele reeks nuwe produkte by NAMPO bekend te stel, maar net soos ander landbougeleenthede is NAMPO eers uitgestel en toe later verander in ’n algehele virtuele skou. Stephan Nel, bemarkingsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika, sê

2

ProAgri 248 – Oktober/October 2020

hulle het dinkskrums gehou oor hoe om steeds kontak met hulle kliënte te behou en om met die breër landbougemeenskap te kommunikeer. “Met Covid-19 en die inperkings het al ons planne vir NAMPO tot stilstand geknars en ons moes ander planne maak om steeds ons boere te bereik. Ons spanne het idees begin ontwikkel om produkte virtueel bekend te stel en die konsep vir Tech Terrain het vorm begin aanneem. Ons wou goeie inligting in kombinasie met ons deurbraak-tegnologie op ’n interessante manier aanbied met die uiteindelike doel om voedselsekerheid in Afrika te verseker.” “Ons het ’n risiko geloop, want niemand anders in landbou in Suid-Afrika het al hierdie pad geloop nie. Baie ander maatskappye het hulle advertensies en bemarkingsveldtogte teruggesny, maar ons het besluit om juis in te klim,” sê Stephan. Die tydperk van inperking het in baie opsigte die gemeenskap gedwing om die digitale era gouer te betree as

wat hulle verwag het. Dit het ook vrugbare grond voorberei vir ’n aanlynreeks gemik op landbou. Skielik het meer mense digitaal vergaderings begin hou, sake doen en selfs vermaak vind. “Ons het gevind dat daar baie vooruitdenkende klante is wat die moderne tegnologie aangegryp het. Van die ouer geslag het ’n bietjie teruggeskop, maar hulle begin ook die waarde insien van die digitale inligtingswêreld,” sê Stephan. John Deere se doel met Tech Terrain is om betroubare en inligtingryke inhoud wat verband hou met die John Deere-handelsmerk oor te dra. Stephan sê sprekers wat nie by John Deere betrokke is nie, is uitgenooi om aan die reeks deel te neem en daar was geen beheer oor die menings wat hulle sou uitspreek nie. Dit het egter bygedra tot die geloofwaardigheid van die inhoud. Die produksierooster vir die opnames van Tech Terrain was baie taai met die eerste uitsaaidatum gestel op 25 Junie 2020. Die John Deere-span

www.proagri.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.