6 minute read

Valley Pump Command™ bespaar tyd en hulpbronne

Slim spilpuntstelsels: Valley Pump Command™ bespaar tyd en hulpbronne

deur Bianca Henning

Advertisement

Tegnologiese vooruitgang stel die boer in staat om sy boerdery op alle vlakke te bestuur en te moniteer. Ons sien elke dag hoe boere tegnologie aangryp om bestuur te optimaliseer sodat hulle die beste waarde uit boerdery kan verkry. Met die vooruitgang in tegnologie kan boere omvattende data-ontledings doen, doeltreffende besproeiing toepas om beskikbare water beter te benut, alternatiewe boerderymetodes identifiseer en selfs probleme van ver af sien aankom en voorkom of bestuur.

“Twee jaar gelede het ek besef dat ek tegnologie moet inspan om die beste waarde uit my besproeiingsboerdery te put. Ek het die Valley Pump Commandstelsel aangeskaf vir die monitering en beheer van my besproeiingspompe, en ek is nog nie een dag spyt nie,’’ vertel Esak Botha, boer van die plaas Potberg in die Standerton-omgewing. Esak boer al sestien jaar in die omgewing met gesaaides en vee. Die vier Valley-spilpunte op sy plaas is met Icon- en Croplink-bestuurstelsels toegerus. Twee van die spilpunte gebruik ICON5-bestuurstelsels en die ander twee ICON10. Volgens Esak kan elkeen van die verskillende stelsels so opgestel word dat dit die behoeftes van die boer se boerdery presies pas. “’n Groot uitdaging in ons omgewing sluit in die verskil in terrein asook die verskil in hoogte. Vandat ek my Pump Command™-stelsel opgestel het, bespaar ek soveel meer energie en water deur slegs die druk wat benodig word, te gebruik. Ek bespaar baie meer tyd deur afstandmonitering en -beheer vanaf my elektroniese toestelle, wat reise na die pompe verminder en ook minder arbeidsintensief is,” sê Esak. Die insiggewende en geoutomatiseerde beheer van die Pump Command™-stelsel is ook ՚n groot pluspunt. Dit hanteer kragonderbrekings moeiteloos. Wanneer die pomp se krag af is, laat weet die stelsel jou en skakel die pomp dan outomaties aan wanneer die krag weer aangaan. Valley se Pump Command™-stelsel stel boere in staat om elke afdeling van

Valley se Pump Command-stelsel stel die boer in staat om elke afdeling van sy besproeiingsboerdery met die druk van ʼn knoppie te beheer. (Foto: © 2021 Valmont Industries, Inc.)

hulle besproeiingsboerderye met die druk van ʼn knoppie te bereik. Skakel net jou spilpunt en besproeiingspomp aan, en jou pompstelsel sorg vir homself! “Ek is baie beïndruk met die bystand en ondersteuning wat Valley oor die algemeen bied. Die stelsels is verbruikersvriendelik en dit stel my in staat om vinnig en maklik inligting te kry. Die instandinghouding en die naverkopediens van Valley se produkte is uitstekend.

Valley se besproeiingsprodukte word al dekades lank vir die Suid-Afrikaanse mark ontwikkel. Daarom verskaf Valley besproeiingstelsels wat op elke Suid-Afrikaanse boer se plaas pas.

Of dit sagteware is wat vervang of opgedateer moet word of ՚n spilpuntmotor wat olie lek en vervang moet word, die span van Valley loop die ekstra myl vir sy kliёnte,” sê Esak. Vernuwing, produktiwiteit en belegging in die beste tegnologie is van kritieke belang om die landbousektor vir ՚n welvarende toekoms te posisioneer. “Baie tegnologiese hulpmiddels is beskikbaar om jou boerdery meer winsgewend te maak en dit alles is op die boer se voorstoep beskikbaar,” sê Tony van der Linde, Valley-agent in die Oostelike Hoёveld, Suidelike Vrystaat en Suidelike Gauteng. Nie elke plaas is dieselfde nie en hulle behoeftes verskil. Volgens Tony stel nuwe tegnologie boere onder meer in staat om inligting te kry wat faktore aandui soos presiese voginhoud, grondgehalte en kunsmisbehoeftes. Valley is beslis die markleier in tegnologiese vooruitgang, produkontwikkeling en presisiebesproeiing. Deur hierdie tegnologie en produkte te benut, weet ՚n boer presies wat die stand van sy gesaaides is en in plaas daarvan om al die landerye te bemes of te besproei, kan dit net gedoen word op dele van die plaas waar dit nodig is en volgens die presiese behoefte van die plante. “Dié inligting is uiters belangrik omdat dit die boer help om uitgawes te beperk; nie net direkte uitgawes nie, maar ook ander, indirekte uitgawes. Die integrasie met Valley se besproeiingsbestuuroplossings en produkte vir omvattende rekordhouding bied ՚n groot voordeel om vooruit te kan beplan,” vertel Tony. Valley bied verskeie toegepaste oplossings om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen. Die besproeiingskundiges by Valley werk saam met jou om jou stelsel se vereistes te verstaan en die korrekte oplossing te ontwerp op grond van jou presiese situasie.

Vir meer inligting oor Valley se besproeiingsprodukte, kontak Francois Griesel by (+27)67412-9089 of (+27)10-350-0055, uitbreiding 118, of stuur ՚n e-pos na francois.griesel@valmont.com. Besoek ook Valley se webwerf by www.valleyirrigation.com/za

GEMAAK OM TE GROEI™ GEMAAK OM TE GROEI™

Om te boer word by die dag meer kompleks en die risikos Om te boer word by die dag meer kompleks en die risikos By Pioneer is ons toegewyd besig om gewasbestuur By Pioneer is ons toegewyd besig om gewasbestuur net hoër. Die bestuur van ‘n boerdery is een van die net hoër. Die bestuur van ‘n boerdery is een van die te verbeter. Ons missie is om graanproduksie te te verbeter. Ons missie is om graanproduksie te mees uitdagende en kritiese ondernemings op aarde. mees uitdagende en kritiese ondernemings op aarde. maksimaliseer deur nuttige inligting te voorsien wat maksimaliseer deur nuttige inligting te voorsien wat Boere moet elke dag besluite en risikos neem wat hul Boere moet elke dag besluite en risikos neem wat hul gebaseer is op intensiewe en innoverende navorsing. gebaseer is op intensiewe en innoverende navorsing. onmiddellike en toekomstige winsgewendheid en groei onmiddellike en toekomstige winsgewendheid en groei beïnvloed. By Pioneer streef ons daarna om saam met beïnvloed. By Pioneer streef ons daarna om saam met Die Pioneer agronomie span verbreed hul Die Pioneer agronomie span verbreed hul diegene wat hard werk ‘n sukses van hul ondernemings diegene wat hard werk ‘n sukses van hul ondernemings navorsingshorisonne en verskaf innoverende inligting navorsingshorisonne en verskaf innoverende inligting te maak. Op grond van ons diep erfenis van innovasie te maak. Op grond van ons diep erfenis van innovasie om die boer met verrykte data te voorsien om ingeligte om die boer met verrykte data te voorsien om ingeligte en ons wye omvang van boerdery kennis, ontstaan en ons wye omvang van boerdery kennis, ontstaan besluite reg deur die jaar te kan neem. besluite reg deur die jaar te kan neem. radikale en transformerende nuwe denke. En ons bring radikale en transformerende nuwe denke. En ons bring alles wat nodig is om hierdie idees te laat realiseer - alles wat nodig is om hierdie idees te laat realiseer - die hoëprestasie-saad, gevorderde tegnologie en die hoëprestasie-saad, gevorderde tegnologie en sakedienste, want ons wil saam met jou suksesvol wees. sakedienste, want ons wil saam met jou suksesvol wees. Saam met ons sal jy toegerus wees om die golf Saam met ons sal jy toegerus wees om die golf van veranderende tendense te ry en sodoende alle van veranderende tendense te ry en sodoende alle moontlike waarde uit jou plaas te ontgin - vir groei moontlike waarde uit jou plaas te ontgin - vir groei nou en in die toekoms. Jy sal jou gemaksone verlaat, nou en in die toekoms. Jy sal jou gemaksone verlaat, gaan waarheen jy nog nie gegaan het nie, en nuwe gaan waarheen jy nog nie gegaan het nie, en nuwe deurbrake maak. deurbrake maak. By Pioneer is ons – Gemaak Om Te Groei™ - saam met jou. By Pioneer is ons – Gemaak Om Te Groei™ - saam met jou.

Besoek ons Agronomie Dae Besoek ons Agronomie Dae Virtuele platvorm vir meer Virtuele platvorm vir meer agronomiese inligting, deur agronomiese inligting, deur hierdie QR kode te skandeer.hierdie QR kode te skandeer.

This article is from: