Gewasproduksie
Slim spilpuntstelsels: Valley Pump Command™ bespaar tyd en hulpbronne deur Bianca Henning
T
egnologiese vooruitgang stel die boer in staat om sy boerdery op alle vlakke te bestuur en te moniteer. Ons sien elke dag hoe boere tegnologie aangryp om bestuur te optimaliseer sodat hulle die beste waarde uit boerdery kan verkry. Met die vooruitgang in tegnologie kan boere omvattende data-ontledings doen, doeltreffende besproeiing toepas om beskikbare water beter te benut, alternatiewe boerderymetodes identifiseer en selfs probleme van ver af sien aankom en voorkom of bestuur.
tyd deur afstandmonitering en -beheer vanaf my elektroniese toestelle, wat reise na die pompe verminder en ook minder arbeidsintensief is,” sê Esak. Die insiggewende en geoutomatiseerde beheer van die Pump Command™-stelsel is ook ՚n groot pluspunt. Dit hanteer kragonderbrekings moeiteloos. Wanneer die pomp se krag af is, laat weet die stelsel jou en skakel die pomp dan outomaties aan wanneer die krag weer aangaan. Valley se Pump Command™-stelsel stel boere in staat om elke afdeling van
Valley se Pump Command-stelsel stel die boer in staat om elke afdeling van sy besproeiingsboerdery met die druk van ʼn knoppie te beheer. (Foto: © 2021 Valmont Industries, Inc.) “Twee jaar gelede het ek besef dat ek tegnologie moet inspan om die beste waarde uit my besproeiingsboerdery te put. Ek het die Valley Pump Commandstelsel aangeskaf vir die monitering en beheer van my besproeiingspompe, en ek is nog nie een dag spyt nie,’’ vertel Esak Botha, boer van die plaas Potberg in die Standerton-omgewing. Esak boer al sestien jaar in die omgewing met gesaaides en vee. Die vier Valley-spilpunte op sy plaas is met Icon- en Croplink-bestuurstelsels toegerus. Twee van die spilpunte gebruik ICON5-bestuurstelsels en die ander twee ICON10. Volgens Esak kan elkeen van die verskillende stelsels so opgestel word dat dit die behoeftes van die boer se boerdery presies pas. “’n Groot uitdaging in ons omgewing sluit in die verskil in terrein asook die verskil in hoogte. Vandat ek my Pump Command™-stelsel opgestel het, bespaar ek soveel meer energie en water deur slegs die druk wat benodig word, te gebruik. Ek bespaar baie meer www.proagri.co.za
hulle besproeiingsboerderye met die druk van ʼn knoppie te bereik. Skakel net jou spilpunt en besproeiingspomp aan, en jou pompstelsel sorg vir homself! “Ek is baie beïndruk met die bystand en ondersteuning wat Valley oor die algemeen bied. Die stelsels is verbruikersvriendelik en dit stel my in staat om vinnig en maklik inligting te kry. Die instandinghouding en die naverkopediens van Valley se produkte is uitstekend.
Valley se besproeiingsprodukte word al dekades lank vir die Suid-Afrikaanse mark ontwikkel. Daarom verskaf Valley besproeiingstelsels wat op elke Suid-Afrikaanse boer se plaas pas.
Of dit sagteware is wat vervang of opgedateer moet word of ՚n spilpuntmotor wat olie lek en vervang moet word, die span van Valley loop die ekstra myl vir sy kliёnte,” sê Esak. Vernuwing, produktiwiteit en belegging in die beste tegnologie is van kritieke belang om die landbousektor vir ՚n welvarende toekoms te posisioneer. “Baie tegnologiese hulpmiddels is beskikbaar om jou boerdery meer winsgewend te maak en dit alles is op die boer se voorstoep beskikbaar,” sê Tony van der Linde, Valley-agent in die Oostelike Hoёveld, Suidelike Vrystaat en Suidelike Gauteng. Nie elke plaas is dieselfde nie en hulle behoeftes verskil. Volgens Tony stel nuwe tegnologie boere onder meer in staat om inligting te kry wat faktore aandui soos presiese voginhoud, grondgehalte en kunsmisbehoeftes. Valley is beslis die markleier in tegnologiese vooruitgang, produkontwikkeling en presisiebesproeiing. Deur hierdie tegnologie en produkte te benut, weet ՚n boer presies wat die stand van sy gesaaides is en in plaas daarvan om al die landerye te bemes of te besproei, kan dit net gedoen word op dele van die plaas waar dit nodig is en volgens die presiese behoefte van die plante. “Dié inligting is uiters belangrik omdat dit die boer help om uitgawes te beperk; nie net direkte uitgawes nie, maar ook ander, indirekte uitgawes. Die integrasie met Valley se besproeiingsbestuuroplossings en produkte vir omvattende rekordhouding bied ՚n groot voordeel om vooruit te kan beplan,” vertel Tony. Valley bied verskeie toegepaste oplossings om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen. Die besproeiingskundiges by Valley werk saam met jou om jou stelsel se vereistes te verstaan en die korrekte oplossing te ontwerp op grond van jou presiese situasie. Vir meer inligting oor Valley se besproeiingsprodukte, kontak Francois Griesel by (+27)67412-9089 of (+27)10-350-0055, uitbreiding 118, of stuur ՚n e-pos na francois.griesel@valmont.com. Besoek ook Valley se webwerf by emea.valleyirrigation.com. ProAgri 254 April / April 2021
13