4 minute read

Slim tegnologie bespaar brandstof en onderhoudskoste

Goeie nuus vir Scania-eienaars:

Advertisement

Slim tegnologie bespaar brandstof en onderhoudskoste

Die gevoelige slae wat COVID19-beperkings uitdeel, laat die hele ekonomie steier. Ook die SuidAfrikaanse vervoerbedryf sukkel om op koers te bly nadat die beperkings die tradisionele voorsieningsmodelle, verbruikersgedrag, befondsing van die regering se infrastruktuur en gevestigde sakemodelle verander het. Namate die ekonomie inkrimp, staar die vervoerbedryf verskeie uitdagings in die gesig, waaronder stygende bedryfskoste, verhoogde brandstofpryse, dalende inkomste en skraler winsgrense. Maar goeie nuus vir Scania-eienaars is dat hulle die voordele van die tegnologie wat in die nuwe vragmotorreekse ingebou is kan benut om die pad na die toekoms gelyker te maak. "Scania was nog altyd aan die voorpunt om nuwe standaarde te stel vir volhoubare logistieke oplossings," sê Nomonde Kweyi, hoofbestuurder, Bemarking en Kommunikasie van Scania Suid-Afrika. "Die voortdurende verbetering van die gehalte van ons produkte en van die vloei deur elke deel van ons voorsieningsketting skakel vermorsing uit en stel ons in staat om bedryfskoste te beperk." Scania se Nuwegeslagtrokke (“New Truck Generation”) stel nuwe maatstawwe vir die totale koste van eienaarskap, bied aan klante volhoubare kostedoeltreffendheid en verseker hulle van ՚n mededingende voordeel in hulle bedrywe. Toonaangewende tegnologiese ontwikkeling maak Scania se jongste deurbraak moontlik. Voertuigdata word van veelvuldige Scania-trokke in daaglikse gebruik deur verskillende trokbestuurders aangeteken, en hierdie syfers bevestig ՚n gemiddelde 10%-brandstofbesparing in die Nuwegeslag-vragmotorreeks. “Elke Scania wat ons bou is toegerus met slim tegnologie, gevorderde sensors en digitale skakeling,” verduidelik Mark Erasmus, hoofbestuurder van Verkope, Scania Suid-Afrika. ”Duisende voertuie wat pal aan die stelsel gekoppel is, verskaf die nodige data om besluite oor kostebesparings te neem. Hierdie bewese 10%-brandstofbesparing, vergeleke met die Scania PGR-reeks, maak die Scania Nuwegeslag die mees brandstofdoeltreffende vragmotor in Suid-Afrika. "Brandstofkoste kan meer as ՚n derde van die totale bedryfskoste van operateurs uitmaak," sê Mark. "Enige verbetering in brandstofdoeltreffendheid kan drastiese besparings oplewer." Maar dit is nie waar dit eindig nie. Scania moedig hulle vlooteienaars aan om hierdie besparing te verreken teen die onderhoudskoste. Scania het reeds uitgebreide pakkette vir kostebesparende instandhouding beskikbaar, maar deur die voordele van tegnologie te gebruik, kan hierdie koste nog laer wees. “Die hoogste brandstofbesparings in die mark bied ons klante die kostebesparing wat nodig is om vir onderhoudskoste te vergoed. Deur die brandstofbesparing te benut, kan ons klante daarin slaag om geen onderhoudskoste te betaal nie,” verduidelik Mark. Die instandhouding van ՚n vragmotor teen geen koste, veral as dit vir ՚n hele vloot bereken word, het die potensiaal om beduidende besparings teweeg te bring, wat winsgewendheid verhoog en Scania-eienaars se vermoë om in ՚n baie taai mark mee te ding, aansienlik verbeter. “In alle nywerhede, insluitende vrag en logistiek, konstruksie, mynbou en landbou, weet ons dat die onderhouds-

Photo: carscoops.com.

koste broodnodige inkomste en wins opneem. Die Nuwetrokgeslag het die potensiaal om sy eie onderhoud te betaal,”sê Mark. Die totale koste van eienaarskap word hierdeur heromskryf en Scania Suid-Afrika beskou dit as die deurbraak wat vragmotoreienaars nodig het om hulle inkomste te verhoog terwyl hulle mededingers steeds met hoë bedryfskoste sukkel. “Terwyl uitdagende ekonomiese werklikhede byt, bevorder Scania se volhoubare kostedoeltreffendheid ons kliënte se sakedoelwitte en lewer groter winsgewendheid, wat hulle help om andersins ontwykende sakegroei te behaal,” sê Mark.

Die verbetering van ՚n reeds uitstekende aanbod

Scania se kliënte prys hulle reeds vir dienslewering en uitstekende ondersteuning- en instandhoudingsplanne, maar nou is dit nog beter. Dit is wat vragmotoreienaars in die landbou- en ander bedrywe sê:

Kamal Mitoo, Time Link Cargo: “Ons is nie net tevrede met die voertuie nie, maar ook met alle aspekte van Scania se naverkoopdiens- en onderhoudskontrakte. Scania bly aan die voorpunt van die nuutste tegnologie in hulle vragmotors en ons hou onsself op hoogte om die beste besluite te neem.”

Flip de Bruyn van River North in Klerksdorp. “Die vragmotors is betroubaar; ek werk goed saam met die span en het geen probleem met hulle diens en ondersteuning nie.”

Rossouw van Bergen, Noordkaap Landboudiens: “Scania se herstel- en onderhoudsplan is uitstekend. Ek hou die plan totdat ek die vragmotor verkoop, en kan dit elke 40 000 km laat versien deur elke maand ՚n paar sent per kilometer te betaal.”

Alvin Steenkamp, Cavalier Group: "Dit is maklik om te begroot vir die onderhoud van my Scania-vragmotors; daar is nooit onverwagte groot uitgawes nie."

Dirk Lötter, Jansenville: "Benewens goeie, betroubare vragmotors wat ons grondpaaie kan hanteer, moet elke vragmotoreienaar weet dat die onderhoud- en brandstofkoste nie al sy wins sal opslurp nie. Dit is waarom ek Scania-trokke gebruik."

Kontak u naaste Scania-handelaar om voordeel te trek uit die Scania “Geen onderhoudskoste, aangedryf deur ons 10% bewese brandstofdoeltreffendheid”-veldtog.

Skakel 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za vir meer inligting.

Om ՚n eienaar van ՚n Scania New Truck Generation te word, beteken dat jy deel kan word van ՚n kostebesparende kultuur wat nuwe hoogtes stel in die Suid-Afrikaanse vervoerbedryf.

This article is from: