ProAgri SA 254

Page 21

Meganisasie

Goeie nuus vir Scania-eienaars:

Slim tegnologie bespaar brandstof en onderhoudskoste D

ie gevoelige slae wat COVID19-beperkings uitdeel, laat die hele ekonomie steier. Ook die SuidAfrikaanse vervoerbedryf sukkel om op koers te bly nadat die beperkings die tradisionele voorsieningsmodelle, verbruikersgedrag, befondsing van die regering se infrastruktuur en gevestigde sakemodelle verander het. Namate die ekonomie inkrimp, staar die vervoerbedryf verskeie uitdagings in die gesig, waaronder stygende bedryfskoste, verhoogde brandstofpryse, dalende inkomste en skraler winsgrense. Maar goeie nuus vir Scania-eienaars is dat hulle die voordele van die tegnologie wat in die nuwe vragmotorreekse ingebou is kan benut om die pad na die toekoms gelyker te maak. "Scania was nog altyd aan die voorpunt om nuwe standaarde te stel vir volhoubare logistieke oplossings," sê Nomonde Kweyi, hoofbestuurder, Bemarking en Kommunikasie van Scania Suid-Afrika. "Die voortdurende verbetering van die gehalte van ons produkte en van die vloei deur elke deel van ons voorsieningsketting skakel vermorsing uit en stel ons in staat om bedryfskoste te beperk."

www.proagri.co.za

Scania se Nuwegeslagtrokke (“New Truck Generation”) stel nuwe maatstawwe vir die totale koste van eienaarskap, bied aan klante volhoubare kostedoeltreffendheid en verseker hulle van ՚n mededingende voordeel in hulle bedrywe. Toonaangewende tegnologiese ontwikkeling maak Scania se jongste deurbraak moontlik. Voertuigdata word van veelvuldige Scania-trokke in daaglikse gebruik deur verskillende trokbestuurders aangeteken, en hierdie syfers bevestig ՚n gemiddelde 10%-brandstofbesparing in die Nuwegeslag-vragmotorreeks. “Elke Scania wat ons bou is toegerus met slim tegnologie, gevorderde sensors en digitale skakeling,” verduidelik Mark Erasmus, hoofbestuurder van Verkope, Scania Suid-Afrika. ”Duisende voertuie wat pal aan die stelsel gekoppel is, verskaf die nodige data om besluite oor kostebesparings te neem. Hierdie bewese 10%-brandstofbesparing, vergeleke met die Scania PGR-reeks, maak die Scania Nuwegeslag die mees brandstofdoeltreffende vragmotor in Suid-Afrika. "Brandstofkoste kan meer as ՚n

derde van die totale bedryfskoste van operateurs uitmaak," sê Mark. "Enige verbetering in brandstofdoeltreffendheid kan drastiese besparings oplewer." Maar dit is nie waar dit eindig nie. Scania moedig hulle vlooteienaars aan om hierdie besparing te verreken teen die onderhoudskoste. Scania het reeds uitgebreide pakkette vir kostebesparende instandhouding beskikbaar, maar deur die voordele van tegnologie te gebruik, kan hierdie koste nog laer wees. “Die hoogste brandstofbesparings in die mark bied ons klante die kostebesparing wat nodig is om vir onderhoudskoste te vergoed. Deur die brandstofbesparing te benut, kan ons klante daarin slaag om geen onderhoudskoste te betaal nie,” verduidelik Mark. Die instandhouding van ՚n vragmotor teen geen koste, veral as dit vir ՚n hele vloot bereken word, het die potensiaal om beduidende besparings teweeg te bring, wat winsgewendheid verhoog en Scania-eienaars se vermoë om in ՚n baie taai mark mee te ding, aansienlik verbeter. “In alle nywerhede, insluitende vrag en logistiek, konstruksie, mynbou en landbou, weet ons dat die onderhoudsProAgri 254 April / April 2021

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.