ProAgri SA 255

Page 11

Gewasproduksie

Beesboere vind baat by Reinke-besproeiing deur Jaco Cilliers

B

esproeiing is nie net vir graanboere nie. Enige beesboer kan ook daarby baat vind. Om voer vir diere aan te koop is dikwels baie duur, en kan jou winsgewendheid negatief beïnvloed. Verder veroorsaak die aankoop van voer ook dat die boer dikwels uitgelewer is aan wisselings in die prys en gehalte van die voer. Tydens erge droogtes is daar selfs soms glad nie voer te koop nie. Daarom verkies baie boere om eerder hulle eie voer te produseer. Willie Odendaal van Aliwal-Noord is een so ՚n boer. Willie produseer sy eie voer deur voergewasse onder 11,8 hektaar besproeiing aan te plant. Die mengsel wat hy onder die spilpunt aanplant, bestaan uit tef en voersorghum. Hy sê: “Die Reinke-spilpunt help ons om meer kilogram vleis per hektaar te produseer. Daarom kan ek sê dat hierdie spilpunt ՚n uitstekende belegging vir die boerdery is.” En die skaal bewys dit: Willie se 280 kalwers het op die besproeide weiding gemiddeld 860 gram groei per dag oor 30 dae getoon.

Willie Odendaal het ՚n mengsel van tef en voersorghum aangeplant om sy beeste se voeding ՚n behoorlike hupstoot te gee. Met die Reinkespilpunt kan Willie nou verseker dat sy beeste dwarsdeur jaar genoeg kos sal hê sonder dat hy voer hoef te koop. www.proagri.co.za

Willie Odendaal boer met Fieldmaster-beeste buite Aliwal-Noord. Die Reinke-spilpunt op sy plaas help hom om meer vleis per hektaar te produseer.

Willie Odendaal (regs) is baie in sy skik met die diens wat hy ontvang van Kobus Labuschange (links), die plaaslike Reinke-agent van Aliwal-Noord.

Willie boer met Fieldmaster-beeste, ՚n nuwe ras wat hy en ՚n paar ander boere begin het om beter vleisproduksie in die omgewing se klimaatstoestande te verseker. Die hoofdoel is om ՚n hoë vrugbaarheid te verseker. Willie besproei uit ՚n opgaardam wat gebruik word om reënwater te berg. Vanaf die groot opgaardam word die water na ՚n kleiner besproeiingsdam gepomp, en van daar na die spilpunt. Willie verduidelik dat hy op ՚n Reinkespilpunt besluit het as gevolg van die stewige struktuur en die uitstekende diens wat hy by Kobus Labuschagne, die plaaslike Reinke-handelaar op Aliwal-Noord kry. “Kobus het gehelp met die hele proses van die ontwerp tot die oprigting van die spilpunt. Hy is altyd beskikbaar om te help en ek hoef nooit te sukkel om hom in die hande te kry nie,” vertel Willie. Buiten die struktuur en naverkopediens wat vir Willie baie belangrik is, glo hy ook dat Reinke uitstekende waarde vir geld bied. “Ek sal Reinke vir enigiemand aanraai. Die verskil wat ek in die vleisproduksie kan sien, maak dit deur en deur die moeite werd,” sê Willie. Reinke gebruik slegs die beste ge-

halte hoë-sterkte staal in hulle spilpunte. Die spilpuntstruktuur is kundig ontwerp om stabiliteit en sterkte met die minste hoeveelheid staal te voorsien. Die spilpunte is ontwerp met ՚n buitengewoon lae swaartepunt, wat help met algehele stewigheid en stabiliteit. Reinke is trots daarop om besproeiingsoplossings te bied aan enige boere wat hulle kundigheid nodig het. "Ons is deel van die hele proses van beplanning en ontwerp, tot die oprigting van die spilpunt, en naverkoopdiens," sê Patrick Ellis, verkoopsdirekteur van Reinke Afrika. Vir meer inligting oor hoe Reinke jou kan dien om meer wins uit enige vorm van boerdery te maak, kontak Patrick Ellis deur +27-(0)31-350-4525 te skakel, of stuur ՚n e-pos aan patrickellis@reinke.com

ProAgri 255 Mei / May 2021

9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.