ProAgri SA 255

Page 12

Gewasproduksie

Stroop skoner met die splinternuwe Fendt Ideal deur Jaco Cilliers

D

ie Fendt Ideal-stroper is ՚n splinternuwe toevoeging tot landbou in Suid-Afrika en volgens die eienaar van die eerste Ideal wat op eie bodem ontplooi is, is die stroper besig om stof in sy mededingers se oë te skop. BP Greyling van Langfontein Boerdery naby Wakkerstroom, is die trotse eienaar van die eerste kommersiële Fendt Ideal 8 in Suid-Afrika. BP se stroper is ՚n klas 8 met dubbelvoorwiele. Die Ideal-reeks sluit van ՚n klas 7 tot ՚n klas 10 in, wat met enkelvoorwiele, dubbelvoorwiele, of rusperbande beskikbaar is. BP gebruik die stroper om raaigras mee te stroop. “Dit is ՚n baie moeilike gewas om te stroop. Jy moet teen ՚n geweldige hoë dromspoed stroop met ՚n toe konkaaf. Hierdie stroper het ՚n dubbeldrom wat beteken dat die skeiding van die produk en die afvalmateriaal baie goed is. Daarna val die materiaal nie net bloot op die sif nie. Dit val eers op ՚n plaat wat dit vorentoe vervoer en daar op die punt van die sif plaas. Dan vloei die materiaal oor die hele lengte van die sif wat vir ons die skoonste moontlike saad gee. Daar is nie ՚n ander stroper in die mark wat in die stadium kan doen wat hierdie stroper doen nie,” vertel BP. Volgens BP is nuwe tegnologie alleenlik doeltreffend wanneer dit gebruikersvriendelik is. “Die stroper se stelsels is baie eenvoudig om te verstaan, en AGCO se tegniese spesialiste het boonop die nodige opleiding verskaf sodat ons al die funksies ten volle kan benut,” vertel BP. Robbie Hall, bemarkingsbestuurder vir AGCO Afrika, verduidelik dat die 10

ProAgri 255 – Mei / May 2021

Werner Nel (JWL Landbou), Felix Seitz (AGCO), BP Greyling (Boer), Dr. Dominik Reus (AGCO) en Frans Cronjè (AGCO) glimlag breed tydens die oorhandiging van die eerste Fendt Ideal stroper in Suid-Afrika.

stroper die markleier is as gevolg van sy unieke ontwerp. “Die ingenieurs by Fendt het die stroper van voor af ontwerp om by die vereistes van die moderne boer te pas. Daar is heelwat veranderings aan hierdie stropers aangebring. Dit is werklik die ideale stroper – en dit is ook waar die masjien sy naam vandaan kry,” sê Robbie. Die Fendt Ideal-reeks beskik oor verskeie unieke eienskappe wat hierdie stropers in ՚n klas van hulle eie plaas. Dit sluit in: • Dual Helix Rotor-stelsel: Die 4,83 meter-lange rotors is die langste in die mark en die lengte sorg vir beter skeiding en ՚n meer doeltreffende dorsaksie. Die voerdrom is regstreeks aan die rotor gekoppel, wat beteken dat die rotorspoed outomaties aangepas word wanneer daar meer of minder materiaal deur die stroper se sluk ingevoer word. • Ideal Balance Return Pans: Hierdie plaat gee ՚n beter sifaksie. Nadat die materiaal deur die rotors gedors is, word dit vorentoe getrek en dan oor die volle lengte van die sif geskuif wat meer doeltreffend werk. Die plate werk doeltreffend teen hellings van so steil as 12 grade, sonder dat die stroper aangepas moet word. • Die aflaaistelsel: Die stroper het ՚n yslike 17 100 liter tenk wat teen 210 liter per sekonde kan aftap. Dit beperk staantyd omdat die tapkarre nie so gereeld moet naderkom om die stroper leeg te tap nie. Omdat die stroper se kapawww.proagri.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.