Gewasproduksie
Suider-Afrika se sitrus smaak nog soet sukses D
ie sitrusbedryf maak gereed vir nog ՚n seisoen van soet sukses met steeds groeiende uitvoerberamings na die vorige twee rekordjare. Justin Chadwick, hoofuitvoerende beampte van die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA), het aangekondig dat die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf waarskynlik in 2021 alle vorige uitvoerseisoenrekords sal oortref met ՚n verwagte getal van 158,7-miljoen kartonne. As die skatting bereik word, sal dit 'n derde agtereenvolgende seisoen van rekorduitvoervolumes wees, met 130-miljoen kartonne wat in 2019 uitgevoer is, gevolg deur 146-miljoen kartonne in 2020. Hy sê: “Ons huidige vooruitskouings vir 2021 dui op 'n groei van 22% in die uitvoersyfers in net twee jaar.” Eswatini en Zimbabwe gesamentlik het ook hulle uitvoersyfers verhoog van 3,9-miljoen kartonne in 2020 tot 'n geskatte 4,4-miljoen kartonne in 2021 – 'n toename van 13% - wat die totale Suider-Afrikaanse volume wat deur Suid-Afrika se hawens uitgevoer moet word, op meer as 163-miljoen kartonne te staan bring. Nawels en suurlemoene het sedert verlede jaar 'n klein toename getoon, terwyl Valencia-lemoene (5%) en pomelos (16%) 'n sterker toename getoon het. Daar word verwag dat sagtesitrusproduserende streke die belangrikste groei sal toon, met 'n geskatte 30,5-miljoen kartonne wat in 2021 uitgevoer sal word, wat 29% hoër is as verlede jaar. Veral die laat-Mandarynsoorte staan uit in die kategorie sagtesitrus, met 'n verwagte groei van 42% vanjaar. Die Sagtesitrusfokusgroep het egter gewaarsku dat hierdie ramings afwaarts aangepas kan word sodra die seisoen aan die gang is, aangesien die voortgesette droogte in die Oos-Kaap en buitengewone nat toestande in die
noordelike groeistreke die uitvoervolumes negatief kan beïnvloed. Oesskattings oor die mediumtermyn dui daarop dat die sitrusbedryf na verwagting gedurende die volgende drie jaar sy uitvoere met nog 300 000 ton sal verhoog. Die groeiprojeksies vir sagtesitrus, suurlemoene en Valencialemoene alleen dui op 'n verwagte bykomende R6,8-miljard in buitelandse valuta-inkomste en die skep van 22 250 volhoubare werkgeleenthede gedurende die volgende drie jaar. Mnr Chadwick sê: “Hierdie syfers dui op uitstekende groei in die SuidAfrikaanse sitrusbedryf en vir die plaaslike ekonomie. Die vraag na ons produkte in die buiteland is 'n wonderlike bewys van die gehalte van SuidAfrika se sitrusvrugte. Daar is geen twyfel dat sitrusprodusente baie belê met die oog op die toekoms nie.” Meer as R1-miljard aan produsenteheffings gaan oor die volgende vier jaar aangewend word vir navorsing en tegnologie om marktoegang te ondersteun en die regte omgewing skep om die vrugte te bemark.
deur Annemarie Bremner Hy sê: “Om die potensiaal van die sitrusbedryf as 'n Suid-Afrikaanse uitvoerproduk ten volle te ontwikkel, sal ons die regering en ander belanghebbendes nodig hê om hulle rol te speel. Ons sal byvoorbeeld sterk staatmaak op die doeltreffendheid van ons hawens om slegs die geskatte bykomende 13-miljoen kartonne vir hierdie jaar suksesvol te versend.” Tegnologie dryf sitrus se groei Een van die redes waarom die sitrusbedryf so sterk groei en uitstyg bo ander uitvoerprodukte in Suid-Afrika, is die gebruik van tegnologie en die belangrike rol wat die CGA speel om sy lede by te staan met tegniese en wetenskaplike inligting om te voldoen aan die standaarde van die uitvoermark. Dit is een van die bevindings in ՚n studie wat onderneem is by die Universiteit van Johannesburg deur Shingie Chisoro-Dube, Reena das Nair en Namhla Landani.
Hulle het bevind nuwe tegnologie word gebruik vanaf die ontwikkeling van variëriteite, regdeur tot die vervoer en bemarking van produkte. Produksietegnologie: Biotegnologie Gevorderde telingstegnologie word gedryf deur klimaatsverandering, weersomstandighede, siektes en patogene. Baie navorsing word gedoen om vir die plaaslike omgewing variëteite te ontwikkel wat die klimaat kan hanteer en weerstand bied teen siektes en patogene. Vooruitgang in biotegnologie sorg daarvoor dat variëteite geteel kan word met sekere ingeboude eienskappe soos smaak, voorkoms, raklewe, op14
ProAgri 255 – Mei / May 2021
www.proagri.co.za