5 minute read
Reinke se sirkels van sukses in Pandamatenga, Botswana
from ProAgri SA 278
by ProAgri
Een van Jaco Strachan se lande met een van sy agt Reinke-spilpunte, wat sy sorghum perfek besproei.
Boerdery is die ene plesier in Botswana se Chobe-distrik, suid van die Zambezirivier. Dit is veilig en die regering bied uitstekende ondersteuning aan boere om verskeie geleenthede vir hulle oop te maak.
Advertisement
Die meeste van Botswana se graansorghum (ongeveer 80%) word in die Pandamatenga-distrik geproduseer.
Dit is ՚n droom om in Pandamatenga te boer! Ons het vroeër vanjaar ՚n paar boere in hierdie omgewing besoek om meer uit te vind van hulle boerdery- en besproeiingspraktyke.
Die boere in Botswana het die afgelope twee jaar toenemende groei getoon, en Reinke ook.
Reinke het die afgelope twee jaar 22 spilpunte vir boere in die omgewing opgerig, wat altesaam 376,5 ha gewasse besproei.
"As ek terugkyk na waar ons twee jaar gelede in die omgewing begin het tot waar ons nou is, is dit vir ons by Reinke ՚n eer om die sirkels van sukses nie net op die plase nie, maar in die hele streek te sien," sê Werner Wolvaardt, sake-ontwikkelingsbestuurder van Reinke Suid-Afrika.
Die meeste van die boere in die omgewing staar die uitdagings van die turfgrond in die gesig, daarom is boere verplig om die beste en regte boerderytoerusting te kies om staantyd uit te skakel, en om hulle boerderye vorentoe te vat.
Die hoofrede waarom boere Reinke as hulle besproeiingsvennoot in dié gebied kies, is die feit dat Reinke se spilpunte nie in die turfgrond vassit nie.
Ons almal weet dat tyd van deurslaggewende belang is in enige boerdery, en Reinke se ligter dog sterker spilpunte skakel staantyd uit.
Ons eerste besoek was by Jac Johan van der Westhuizen. Jac is die trotse eienaar van twee verskuifbare 25-ha Reinke-spilpunte wat teen die einde van 2022 opgerig is.
Jac sê: "Vandat ons die eerste keer met Reinke kontak gemaak het, was die proses seepglad en dit was ՚n pure plesier om saam met hulle te werk. Die spilpunte stel my nou in staat om regdeur die jaar gewasse te verbou."
Ons tweede besoek was by Kallie Viljoen. Kallie is sedert 1997 ՚n inwoner van die Pandamatenga-distrik. Sy onderneming, Eastford Holdings, is in 2009 gestig. Hy boer in pragtige natuurskoon met kremetartbome rondom sy landerye.
Vir Kallie is daar geen beter geluid om te hoor as die water wat uit sy sprinkelaars vloei om sy oeste te besproei nie. "Ons verbou hoofsaaklik graansorghum, aangesien dit die land se stapelvoedsel is, wat ons afwissel met sonneblom, mielies en bone. Ons plant ook koring en aartappels, waarvan 170 ha onder besproeiing is," vertel Kallie.
Kallie besit twee Reinke-spilpunte wat 30 ha besproei en ՚n ander een van 7,5 ha. Hy het sy Reinke-spilpunte in 2021 opgerig.
Ons derde besoek was by Panda Potatoes, waar pa en seun Fred en Fred (junior) van Vuuren ՚n dinamiese pa- en seun verhouding het, waar hulle noord van Pandamatenga saam boer. Hulle is bekend in die omgewing vir hulle aartappelproduksie. Hulle plant ook mielies en graansorghum. Hulle boer sedert 1999 in hierdie gebied.
"Dit is slegs deur geloof en genade dat ons is waar ons vandag is. Oor die jare, soos ons plaas uitgebrei het, moes ons ook ons besproeiing uitbrei. Boere in die omgewing het reeds Reinkespilpunte gebruik. Ons het met hulle gaan praat en ons was baie beïndruk met die sterkte van die spilpunte asook die watertoediening op die gewasse, en dit is waar ons verhouding met Reinke begin het," vertel pa Fred.
Hulle het met een spilpunt begin en vandag het hulle twaalf spilpunte op die plaas, waarvan nege Reinke is, wat ՚n totaal van 180 ha gewasse besproei.
Fred junior is die tweede geslag wat op die plaas oorneem. "Om by my pa te kan oorneem en by hom te leer, is so ՚n voorreg, en om die plaas vir die volgende geslagte te kan opbou, is nog ՚n groter eer," sê Fred junior.
Ons laaste besoekpunt was by ՚n dinamiese jong boer, Jaco Strachan van Winfort Investments, ook geleë in die Pandamatenga-omgewing.
Dit is waar Reinke se reis saam met die boere in Pandamatenga begin het. Hulle het hulle heel eerste spilpunt in die omgewing hier geïnstalleer.
Drie jaar gelede het Jaco met twee spilpunte van 30 ha en twee van 15 ha op sy plaas begin, en namate die plaas uitgebrei het, het sy besproeiingsbehoeftes ook uitgebrei tot waar hy nou agt Reinke-spilpunte het en 115 ha gewasse op sy plaas besproei.
Daar is geen ander spilpunte as
Reinke op Jaco se plaas nie. "Omdat ons twee oeste per jaar produseer, is daar tye gedurende die jaar wanneer ons droogte ondervind. Ek het besluit om Reinke-spilpunte op my plaas te begin oprig nadat ek deeglike navorsing oor verskeie besproeiingsmaatskappye gedoen het. In alle opsigte het Reinke bo die res uitgestaan," sê Jaco.
Watermaster, die Reinke-handelaar in Botswana, lewer uitstekende diens aan boere regoor Botswana. Watermaster is in Francistown geleë en kry hulle voorraad by Reinke se aanleg in Suid-Afrika.
"Ons is trots om met ons handelaar, Watermaster, vir die Botswana-omgewing geassosieer te word,” verklaar Werner. “Uiteindelik is dit vir ons belangrik dat ons boere tevrede is en dat die nodige produkte en dienste beskikbaar is wanneer hulle dit nodig het. Soos ons spilpunte, stap Reinke werklik ՚n pad saam met die boer van die begin af."
Jac Johan van der Westhuizen saam met Werner Wolvaardt van Reinke op Jac se plaas met die pragtige landskap in die agtergrond.
Een van die sewe Reinke-spilpunte op Fred van Vuuren se plaas wat verseker dat die aartappels te alle tye genoeg water kry.
Vir meer inligting oor Reinke se topklas besproeiingsoplossings en hoe hulle jou kan bystaan, vind jou naaste handelaar by https://www.reinke.com/ find-a-dealer.html.
Om na die eerste episode van Reinke se sirkels van sukses te kyk, besoek gerus ProagriMedia se YouTube kanaal, of volg onderstaande skakel: https://youtu.be/KesVbUWOHIY Wees op die uitkyk vir die volgende episodes wat binnekort volg, om na die volledige reeks van Reinke se sirkels van sukses in Botswana te kyk.
Ultranexus is a specialist imports and distribution company based in Cape Town, South Africa. Ultranexus is the exclusive local distributor for world-renowned brands such as Pulsar, Earmor, Acebeam, and Bresser.
Pulsar, the leaders of innovation, has established itself as the premier global provider of thermal imaging, digital day & night vision devices. With its cuttingedge technology and best in class build quality, it has earned its reputation as the top worldwide brand in the field of night vision. Pulsar offers the widest range of monocular, binocular, and rifle scopes on the market with flagship models like the Merger XP50 Pro LRF setting the bar worldwide for image quality. These devices not only provide the upper hand for hunting but are also an enourmous advantage for agricultural security from theft, as well as safety of livestock from threats such as jackals or bushpigs.
Earmor, with its best-in-class electronic hearing protection, manufactures electronic earmuffs and electronic in ear earplugs that protect your hearing while providing a comfortable fit. These devices reduce noise levels while still allowing you to hear important sounds, such as voices and commands during gun fire. This impressive line of products are used in a broad range of markets including sports shooting, law enforcement, and military.
Bresser is a globally recognised brand based in Germany that is renowned for its superior quality, reliability, and excellent price-to-performance ratio. From astronomy to optics, photography and weather stations, their mission is to equip individuals, whether they are beginners or professionals, with the tools they need to embark on their own unique journey of discovery.
Acebeam, one of the world’s leaders in LED flashlights and headlamps, offer an incredibly wide range of high-qaulity outdoor and tactical flashlights. The new Acebeam X75 flashlight, the flagship of the Acebeam range, is a high-powered device with a maximum output of 80 000 lumens, making it ideal for outdoor, security, search and rescue, and load-shedding purposes. Acebeam also offers everyday carry, tactical, weapon mounted and search and rescue flashlights of the highest quality.