2 minute read
New Holland se FR 650-kuilvoerkerwer kraai koning met 600 BFI-mielietafel
from ProAgri SA 278
by ProAgri
deur Maryna Steyn
rollers met 99 en 126 tande onderskeidelik breek die pitte sodat vee die stysel en al die nodige voedingswaarde uit die mielie kan kry.
Advertisement
Die mieliekraker kan vining weggeskuif word vir wanneer die kerwer gras sny waar dit nie benodig word nie.
Nadat die mielies gekraak is, blaas ՚n waaier dit op in die geut. In die geut word ՚n inokulant opgespuit wat die kuilvoer verbeter en die lewensduur verleng. Vandaar word dit uit die geut in die wa geblaas. Die geut kan 210 grade draai sodat die trok of sleepwa aan enige kant van die kerwer kan ry om die materiaal op te vang.
“As ՚n opsie kan ՚n 3D-kamera in die geut geïnstalleer word wat die geut outomaties laat beweeg na waar die wa volgemaak moet word. Dit werk deur die afmetings van die wa te bepaal en te identifiseer tot waar dit volgemaak moet word,” sê Jaco.
Die hoogste strewe van New Holland is om boere meganiese oplossings te gee wat plaaswerk vinnig en deeglik afhandel. Boonop verstaan hulle dat elke vee- of suiwelboer op ՚n bekostigbare, tydbesparende manier in die voedingsbehoeftes van sy diere moet voorsien.
Die beste oplossing is gewoonlik om self voer te verbou en te verwerk. New Holland se antwoord vir elke boer wat kuilvoer maak, is ՚n kerwer wat voerkoste laag hou deur spaarsamige brandstofverbruik, verhoogde sny- en kerfvermoë en versnelde verwerkingstempo.
Die FR 650-kuilvoerkerwer met die 600 BFI-mielietafel is ՚n gedugte span wat presies dit vir boere bied: doeltreffende kerfvermoë. Of jy nou met mielies of gras werk, dié kuilvoerkerwer is gebou om albei soorte gewasse te hanteer.
New Holland se FR 650kuilvoerkerwer
Die selfaangedrewe kuilvoerkerwer se FPT Cursor-enjin van 16 liter skop 480 kW uit en is spesiaal vir hom ontwerp. Dit lewer ՚n gedugte 2 751 Nm wringkrag teen net 1 800 tot 2 000 omwentelinge.
Jaco du Preez, bemarkingsbestuurder by New Holland, vertel verder: “Gekoppel aan dié vertroude en betroubare enjin het ons ՚n vierspoed-hidrostatiese ratkas. Normaalweg sal ՚n hidrostatiese ratkas net twee of drie versnellings hê, maar New Holland gebruik al vir jare die vierspoedratkas. Die voordeel van hierdie kombinasie is verbeterde brandstofverbruik.”
Eerste en tweede rat is vir snywerk en derde en vierde rat is vir die pad.
“Een van hierdie werktuig se kenmerke wat dit so prakties maak, is die wye invoerrollers,” sê Jaco. “Ons rollers is 900 mm wyd, die wydste op die mark.”
Die drie rollers bevat ses metaalopspoorsensors wat onmiddellik die rollers stop sodra dit metaal identifiseer-ongeveer binne ՚n 3 000ste van ՚n sekonde! Dit help om skade aan die lemme te voorkom. Daar is ook klipopspoorsensors wat klippe help opspoor voordat dit die kerwer se messe bereik. Hierdie eienskappe lei tot ՚n verlengde leeftyd op elke mes.
Indien die sensors enige vreemde voorwerpe soos metaal of klip opspoor, wys die skerm presies waar die sensor dit opgetel het, dus kan iemand die klip of yster gou verwyder.
Agter die invoerrollers is die snykop. Dit is ՚n roller waaraan die messe gemonteer is. Die snytafel het 24 messe, twaalf aan weerskante, wat skuins gemonteer is om ՚n beter sny-aksie te lewer. “Dit werk amper soos ՚n skêrbeweging wat jou ՚n skoner snit gee en op dié manier ook brandstof bespaar,” sê Jaco.
Nog ՚n kenmerk wat New Holland in die FR 650 gebou het, is die skerpmaakfunksie. Die messe word maklik skerpgemaak om die leeftyd daarvan verder te verleng. Messe kan agtertoe skerp gemaak word, wat verhoed dat dit die snykant beskadig.
Na die snykop is die rollers met tande, wat mieliepitte help kraak. Twee
Die kajuit is ruim en gee aan die operateur ՚n oop gevoel. Reg rondom is vensters om ՚n uitsig van 360 grade te bied. Nou kan die operateur te alle tye sien wat reg rondom die kerwer gebeur. Die hoë vensters in die deure dra by tot die uitsig.
Al die instrumente en kontroles is aan die regterkant van die kajuit. Bo teen die dak is die radio en lugversorging wat aangename werksomstandighede skep. By die armleuning is die kenmerkende InteliView-skerm en al die beheerinstrumente.
Nog ՚n nuttige kenmerk van die FR 650-kuilvoerkerwer is dat onderhoudswerk maklik en gou gedoen kan word. Die lugfilter word maklik bereik