2 minute read

Valtrac het goeie nuus vir boere: Bogballe en Bredal smelt saam

deur Bianca Henning

Boere reken al dekades lank op Bogballe en Bredal vir kunsmisstrooiers van hoë gehalte met verskeie digitale oplossings soos weegtegniek en seksiebeheer, wat die toediening outomaties aangepas word volgens die behoeftes van elke deel van jou land. Dit beteken geen vermorsing en geen ondertoediening.

Advertisement

Meer oor Bogballe

Bogballe het in 1934 ontstaan, waar die stigter Anders Peter Laursen die produksie van pluimveetoerusting in die dorpie Bøgballe gedryf het. In die vroeë 1950's is die fokus verskuif van pluimveetoerusting na die vervaardiging van die bekende blou kunsmisstrooiers. In 1964, was die eerste proefkonyn vervaardig.

In 1988 is die eerste strooier ter wêreld met ՚n weegtegniek bekendgestel. Deur slegs op die vervaardiging van een masjien te fokus, is Bogballe sedertdien die markleier in gemonteerde presisiestrooiertegnologie.

Boere in meer as 45 lande reken op Bogballe se kunsmisstrooiers om oorvloedige oeste te behaal. Bogballestrooiers het 'n werkwydte van tot 42 meter en kapasiteit van tot 5 500 liter.

Meer oor Bredal

Bredal se reeks kalk- en kunsmisstrooiers word in Denemarke vervaardig en ՚n wye verspreidingsnetwerk verskaf en rugsteun die sleepbare kunsmis- en kalkstrooiers aan tevrede boere in meer as 25 lande regoor die wêreld.

Bredal word besit deur ՚n Deense familie-vervaardigings maatskappy wat vir meer as 50 jaar fokus en spesialiseer in die vervaardiging van eenvoudige, betroubare, duursame en hoë gehalte presisie kalk- en kunsmisstrooiers.

Die fondasie van die kalk- en kunsmisstrooiers is sedert die laat 1965’s vasgelê, toe die ontwerp van die eerste strooier, die B46-model in produksie gekom het. Die produksie van die kalk- en kunsmisstrooiers was vinnig baie suksesvol en het van die maatskappy vereis om ander produkte uit te faseer om in die vraag na die strooiers te voorsien.

Bredal se strooiers strooi tot 36 meter wyd en het ՚n kapasiteit van tot 23 ton.

Die samesmelting

Albei maatskappye, Bogballe en Bredal, is wêreldwyd bekend en gewild vir presisieboerdery. Albei bied die boer strooiers van die hoogste gehalte, gerugsteun deur ՚n span kundige werknemers. Met die samesmelting het die boer nou toegang tot driepunt- en sleepstrooiers onder dieselfde sambreel.

Albei maatskappye ontwikkel strooiers wat boere wêreldwyd help om produksie op 'n kostedoeltreffende wyse te verhoog, en albei het die afgelope paar jaar toenemende groei getoon. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die verskuiwing na meer gedigitaliseerde produkte namate die behoefte vir meer presiese plasing van kunsmis groei.

Bogballe en Bredal sal altesaam 109 werknemers hê wat tussen drie fabrieke verdeel is – 64 werknemers in Bogballe se fabriek in Bøgballe, Denemarke, tussen Vejle en Horsens, en 45 werknemers in Bradal se huidige twee fabrieke wat albei in Vejle, Denemarke, geleë is. Die verkoop van Bredal was 'n groot besluit vir Anders Bull Jensen, uitvoerende bestuurder van Bredal, en Torben

Sørensen, hoof-operasionele beampte van Bredal. Hulle het die eienaars van Bredal geword ná hul pa's meer as 30 jaar gelede. Anders en Torben sal albei aandeelhouers in die saamgesmelte maatskappy wees. Die bestuur van Bogballe is ook opgewonde oor die samesmelting en glo dat dit verskeie geleenthede sal bring vir tegnologieontwikkeling sowel as bemarking.

"Bogballe en Bredal is 'n goeie kombinasie en ons sien uit na die samesmelting," sê Anders Bull Jensen en Torben Sørensen van Bredal. “Ons was nog altyd kollegas en het baie respek vir Bogballe se ontwikkeling en produkte. Ons glo dat die maatskappye wat nou saamgesmelt word, baie voordele vir ons almal – ook vir die landbou – sal inhou. Ons is trots op en dankbaar vir al die bekwame werknemers wat positief bygedra het om Bredal hierheen te dryf. Dit het die begin van 'n nuwe en opwin

This article is from: