1 minute read

Tugela Steel wys sy staal

deur Bianca Henning

Dieantwoord vir boere en landbouondernemings wat skure, pakhuise en behuising vir diere soos melkbeeste of 'n intensiewe skaapboerdery wil oprig, hoef nie verder gesoek te word as Tugela Steel nie.

Advertisement

Sedert Knut Haug Tugela Steel in 1984 op die been gebring het, het die onderneming gegroei tot die trotse en betroubare vervaardiger van stewige, bekostigbare staalstrukture in SuidAfrika. Tugela Steel rig strukture op met spanwydtes wat strek van 9 tot 36 meter.

Die maatskappy het ՚n magdom tevrede klante, van kleinboere tot megaboere, want Tugela is nie net ՚n vervaardiger nie, maar ook ՚n oprigter van vele boerderye se staalstrukture, van skure, stalle, afdakke en meer.

Die nuttige strukture wat Tugela Steel oprig staan sterk en stewig om tot deur die boer se verre nageslag gebruik te word.

Tugela is daarop toegespits om staalstrukture van topgehalte teen ՚n mededingende prys te lewer. Die maatskappy se hoofkantoor is in La Lucia Ridge, Durban, KwaZulu-Natal, en die vervaardigingsaanleg in Colenso, maar dienste word gelewer net waar die boer dit nodig het.

Benewens die oprigting van standaard en pasgemaakte strukture oral in SuidAfrika, lewer Tugela Steel ook dienste en produkte elders in Afrika aan die nywerheid-, mynbou-, vervaardiging- en landbousektor.

Tugela se strukture is ontwerp vir verdere uitbreiding om vir groei voorsiening te maak. Daar is ook meer as genoeg voorraad beskikbaar om ՚n tydige, flink en vinnige diens te lewer.

Tugela is ՚n prestasiegedrewe maatskappy wat deurlopend bly groei en sal voortgaan om sy toonaangewende gehalte, presisie en ontwerp te vervaardig en te lewer.

As jy meer oor Tugela Steel of hulle staalgeboue en staalstrukture wil uitvind, kontak hulle gerus by (+27)31-566-4601, stuur ՚n e-pos na sales@tugela.co.za of besoek hulle webtuiste by www.tugelasteel.co.za

This article is from: