5 minute read

Protect Your Fruit Crops With Closer® 240 SC

Next Article
SAADBESKERMING

SAADBESKERMING

Controls both Citrus Thrips and Mealybugs by providing excellent knockdown and residual activity.

KEY ATTRIBUTES & ADVANTAGES

Advertisement

Broad spectrum of activity against many sap-feeding insect pests.

Effective at low use rates.

Excellent knockdown, fast feeding cessation and long residual control.

Effective against insect pest populations that are resistant to other classes of insecticides.

Valuable rotation partner with other insecticide chemistries.

Minimal impact on beneficial insects, including bees and natural enemies, when label directions for use are followed.

Closer® 240 SC is a foliar-applied insecticide for control of a wide range of sap feeding pests. Closer® 240 SC can be used on citrus, grape, pome and stone fruit crops. (refer to label for complete list of crops).

Nuwe toetreder tot stroperresies:

Massey Ferguson 9695 laat nie

Dieeerste oorweging in Massey Ferguson se beplanning is die boer se behoeftes. Daarom streef Massey Ferguson daarna om nuwe tegnologie van die hoogste gehalte te balanseer met die betroubare doeltreffendheid waaraan boere oor die jare heen gewoond geraak het. Dit is presies wat hulle Trident-reeks stropers aan boere bied.

Tydens die onlangse stroperresies wat jaarliks deur die Grootpan studiegroep aangebied word, het die MF 9695 Trident-stroper sy staal kom wys.

“Die masjien wat ons in hierdie resies kom inskryf het was die MF 9695 klas 6-stroper,” sê Thomas Wait, bemarkingsbestuurder van AGCO.

Tegnologie wat krag en doeltreffendheid verseker in die MF9695

Die rotor van hierdie stroper is 700 mm in deursnee met die kenmerkende Trident-stelsel. Hierdie stelsel is ontwerp om egalige vloei deur die rotor te verseker deur 360 grade invoer in die rotor.

Eenvoudige toegang tot die MF 9695 se enjin

Aan die regterkant van die masjien is dit baie maklik om toegang tot die enjin te kry. Daar is ՚n groot klap wat oopslaan. Van hier af kan die operateur alle nodige komponente van die masjien versien.

Die lug wat die AGCO Power enjin deur die lugfilter intrek word vanaf die V-verkoelingstelsel verkry, wat beteken die lug is nog skoner as gewoonlik – beslis ՚n belangrike kenmerk in ՚n stowwerige land waar die wind die reste rondwaai!

Die graantenk hou 10 000 liter. Die uitlaatspoed is 88 liter per sekonde.

Binne-in die MF 9695 se kajuit

Die kajuit is ruim en gee genoeg sigbaarheid aan die operateur. Die dun hoekpilare is so geplaas dat dit nie die siglyn versteur nie.

Aan die regterkant van die kajuit is die kontroles by die regterarmleuning. Alle instellings kan maklik vandaar ge doen word, soos om die plukkerkop te lig of die graan uit die tenk te tap.

Die vere langs die konkawe is ontwerp om mee te gee wanneer die volume wat na die rotor ingevoer word te hoog raak. Dit stort dan die materiaal na agter.

“Die konkawe is met groot vere aan die raamwerk geheg. Die rede daarvoor is dat wanneer daar ՚n groot volume materiaal deur die rotor beweeg en dit vassteek, dan gee die vere mee en stort die vrag na agter,” sê Thomas.

“Wat hierdie masjien uniek maak, is dat die motor en rotor in lyn met mekaar geplaas is,” vertel hy. “Daar is ook ՚n V-verkoelingstelsel wat beteken dat daar twee verkoelers in ՚n V-vorm gemonteer is met ՚n sif aan die bokant. Dit het ook ՚n onafhanklike omkeerwaaier wat natuurlik hidroulies werk.”

Dié kenmerke gee jou meer krag vir stroop.

“Daar is ook ՚n C2100skerm teen die regterpilaar gemonteer,” vertel Thomas. “Daarop kan jy al jou oeskaarte berg en stuur doen. Climate Fieldview is ook moontlik. Alle mas jienverstellings wat met die kontroles gedoen kan word, kan ook deur die raakskerm gedoen word.”

Thomas Wait, bemarkingsbestuurder van Massey Ferguson.

Die kenmerkende V-verkoelingstelsel het twee verkoelers en ՚n sif aan die bokant.

Thomas beweeg om die stroper om te beduie na die agterkant van die masjien. “Omdat die rotor en motor lynreg agtermekaar is, beteken dit die rotor het net twee dryfbande nodig vir aandrywing. Dit is duidelik sigbaar van agter.”

Om die stroper wat by jou plaas pas op te spoor, besoek https:// www.masseyferguson. com/en/product/combineharvesters/.

deur Bianca Henning

soos die ander stropers nie; hy het ՚n groot invoerder wat beter werking in die groen materiaal tot gevolg het en verseker dat graan nie so maklik split nie. So, die materiaal vloei egalig in, die materiaal word voor gedors en agter word die materiaal verdeel, met minimale vermorsing,” voeg Tommie by.

“Die stroper bied ook hoër kapasiteit, verbeterde doeltreffendheid en beter produktiwiteit met die hulp van die geïntegreerde kantelsiwwe en waaierverstellings,” sê Tommie.

Ruim kajuit

Tommie sê: “Die kajuit is lekker ruim; niks is in jou pad nie en jy kan mooi sien waar jy stroop.”

Hektaar vir hektaar, steeds jou beste keuse:

Case-stropers maak ՚n taai taak soet

Merke, gereed gaan! Groot geesdrif het op Grootpan geheers waar die grootmanne in die stroopbedryf weer teen mekaar meegeding het. Die stropers wat deelneem word beoordeel op grond van spoed, vermorsing en die gewig of volume wat gestroop word.

Case het twee mooi rooi inskrywings by vanjaar se stroperresies gehad. In die klas 6-afdeling het die Case 6150 sy staal gewys, en in die klas 8-afdeling het die Case 8250 skoonskip gemaak om as wenner van die dag weg te stap.

Jaun Pieterse, produkspesialis van Case IH, was agter die stuur van die 6150 en Tommie Scholtz, ՚n boer van Bergville, KwaZulu-Natal, het die Case 8250 bestuur.

Case 6150

Jaun Pieterse lig ՚n paar eienskappe van die Case 6150-stroper uit: “Die 6150 het vier kettings by die invoerder, en ook die spesiale rotor wat ons noem die Axial Flow-rotor, met ՚n deursnit van 76,2 cm en dit is 274,32 cm lank. ՚n Unieke punt wat ek kan uitlig is dat die graan teen die graan afwerk, wat ՚n baie goeie dorsaksie tot gevolg het.

“Die stroper het ook ՚n 8,7-liter Iveco-enjin, sy graantenk hou 10 500 liter en jou siwwekas is verstelbaar vanuit jou kajuit,” voeg Jaun by.

Case se 6150-stroper het derde plek in die klas 6 afdeling van die stroperresies behaal.

Case 8250

Tommie Scholtz, wat agter die stuur van die klas 8 Case 8250-wenner was, vertel meer oor die stroper: “Die rede waarom ons op hierdie stroper besluit het, was uit en uit sy eenvoudige werking. Wanneer jy aan die stroper moet werk, het jy ruimte om die konkawe uit te haal en om binne-in die masjien in te kom.”

Tommie vertel meer: “Ons stroop ook sojabone, en hierdie stroper is een van die min stropers wat die saadmaatskappye verkies om saad te stroop, omdat dit deeglik maar sagkens werk sodat die saad nie split nie. Natuurlik is hierdie stroper ook sterk en werk baie makliker in die groen stambone.”

Hierdie stroper is toegerus met Harvest Command, wat dit uit en uit vir jou makliker maak om te stroop. As jy jou stroper ingestel het volgens jou spesifikasies en verstellings, skakel jy die Harvest Command aan, wat beteken jou stroper sal aanpas by die toestande van jou lande, die siwwe sal outomaties oop- en toegemaak word en vir operateursgemak, is alles verstelbaar vanaf jou kajuit.

Gebruikersvriendelikheid

“Dit is regtig ՚n gebruikersvriendelike stroper, en soos hulle sê amper enige man op straat sal in hom kan klim en hom kan ry!” vertel Tommie.

“Nog ՚n voordeel vir ons boerdery is wanneer daar van sojabone na mielies oorgeskakel word, hoef jy nie konkawe uit te haal en te ruil nie. Nadat ons sojabone gestroop het, maak ons die stoper skoon, haak die mielietafel aan en ons is reg om mielies te stroop — werklik eenvoudig en maklik om van een gewas na ՚n ander oor te slaan; niks ingewikkeld nie.”

Axial Flow

“Wat die Case ook uniek maak is dat hy nie vier versnellers (accelerators) het

Met die standaard toegeruste Advanced Farming Systems (AFS) het boere eerstehandse inligting van alles wat in die land gebeur op die sekonde beskikbaar.

“Ons is almal hier by die stroperresies om te sien wat die masjiene kan doen. Ek dink vir ՚n boer is dit belangrik om te kan sien wat maak die stroper in die land en hoe werk hy,” meen Tommie.

“Kyk, as ՚n masjien so spesiaal is dat jy jou vrou bo-op hom moet vra om te trou, dan moet jy weet, jy het die regte keuse gemaak,” sluit Tommie selfversekerd af.

Die manne van Case IH staan slaggereed om jou te help om die beste stroper volgens jou boerderybehoeftes te kies.

Vind jou naaste handelaar op hulle webwerf by www. caseih.co.za.

This article is from: