2 minute read
Spaar en gebruik ՚n
from ProAgri SA 281
by ProAgri
Groen op Groen Kolbespuitingstelsel
GROEN OP GROEN kolbespuiting verminder die gebruik van chemikalieë deur slegs die onkruid op jou lande tussen jou gewasse te teiken. Die impak op jou chemiese voetspoor word aansienlik verklein met bykans ‘n 80% besparing op onkruiddoder EN DIT PAS BOONOP OOK DIE BOER SE SAK!
Advertisement
Die dae van algehele bespuiting en GROEN OP BRUIN is verby. Ja, elkeen het sy plek, maar GROEN OP GROEN kolbespuiting tel in almal se guns. Met die nuwe CARBON-BEE SMARTSTRIKER en TEEJET DYNAJET word mielies, soja, koring, sonneblom, lusern, aartappels, wortels en nog vele meer uitgeken. Die onkruid word tussen die gewasse geïdentifiseer en gespuit.
Voordele
80% se besparing op chemiese stowwe Slim druppel grootte beheer
95% sukseskoers op onkruid
Verbeterde grondbewaring
Herstel van grond se natuurlike mikro-organismes.
Gevorderde spuitbalk beurtvergoeding
44+ algoritmes op meer as 20 gewasse
Individuele spuitkop beheer
F endt se gewilde Ideal 8-stroper was weer ՚n gunstelling in dié jaar se stroperresies wat jaarliks deur die Grootpan-studiegroep aangebied word. Dit het deelgeneem in die klas 8-kategorie met die Geringhoff Mais Star 12ry mielietafel.
“Ons is baie opgewonde om hier te wees,” glimlag Frans Cronjé, gebiedsverkoopbestuurder van Fendt. Sy opgewondendheid was nie verniet nie, want dié stroper het die derde plek in die klas behaal. Lees meer oor die resies in die artikel 2023-stoperresies op Grootpan: Groot, gulsige masjiene wys hulle staal.
“Die stroper wat ons vir vandag se resies ingeskryf het, is ons klas 8 Ideal. Hierdie spesifieke model het dubbelvoorwiele, maar dit is ook beskikbaar met rusperbande,” verduidelik Frans. “Die rusperbande is beskikbaar in breedtes van 762 mm (30 duim) of 914 mm (36 duim).”
Die Ideal 8 stroop doeltreffend van voor na agter
“Aan die voorkant het die sluk 220 kW aandrywing. Die voerdrom pas proporsioneel aan volgens die rotorspoed. Hierdie is ՚n unieke gepatenteerde kenmerk van die Fendt-stropers waar die voerdrom altyd teen 70% van die rotorspoed materiaal invoer,” vertel hy.
Die rotor is steeds die langste op die mark met 4,8 m. Dit verseker verbeterde skeiding en meer doeltreffende dorsaksie omdat dit ՚n enorme dorsoppervlakte skep. Die Ideal se rotors het hidrouliese omkeervermoë in die geval van 'n blokkasie.
Die Ideal 8 het ՚n dubbelhelix-rotorstelsel wat beteken daar is twee identiese rotors aan weerskante van die masjien. Hierdie kenmerk maak dat die stroper se dorsopppervlakte 1,66 m2 beslaan. Die skeidingsoppervlakte is
2,88 m2. Die dubbelhelix-rotorstelsel is beskikbaar in die Ideal 8, 9 en 10.
Die stroper se tafelaandrywing is ontwerp om hidroulies terug te draai indien iets binne-in vasteek.
Verdere kenmerke van die Ideal 8 stroper
Die Ideal 8 is ՚n 401 kW stroper. Hierdie bielie het ՚n 17 100-liter graantenk.
Onder die kap sit ՚n kragtige 12,4-liter MAN-enjin wat hoë krag lewer teen laer omwentelings. Om te sorg dat die enjin optimaal funksioneer, is daar
՚n AirSense®-verkoelingseenheid wat bestaan uit ՚n 950 mm omkeerbare waaier en ՚n verkoelingsoppervlakte van 2,7 m². Afhangende van die tyd en temperatuur, keer die waaier om om ook die verkoelingseenheid skoon te hou.
Die Geringhoff 12-ry mielietafel lyk of dit gemaak is vir die Ideal 8. Saam was dit ՚n gedugte span by die onlangse stroperresies.
Die Ideal 8-stroper in sy kenmerkende swart gewaad.
Frans Cronjè, gebiedsverkoopbestuurder van Fendt, het nie net die stroper se werking verduidelik nie, maar ook die stroper tydens die wedloop bestuur.
Vir meer inligting oor Fendt Ideal-stropers, kontak gerus vir to Frans Cronjè by 066-581-7505 of Frans.Cronje@agcocorp. com, of gaan kyk self by jou naaste vriendelike, behulpsame handelaar. Besoek hul webwerf by https://www.fendt.com/za/ Selfs van agter is die Ideal 8 ՚n indrukwekkende werktuig.
Rich crops – thanks to KSB solutions for irrigation.
All over the world, irrigation assists in growing agricultural crops and pastures, maintenance of landscapes and revegetation of disturbed soils in dry areas during periods of less than average rainfall. A challenge KSB handles with competence. KSB has been providing pumps and valves for more than 60 years to the farming community and other industries in South Africa and Sub-Saharan Africa.
All over the world, irrigation revegetation of disturbed handles with competence. farming community and other
Our pumps and valves help farmers to get the water where it is needed.
Our pumps and valves help farmers
Whatever the agricultural application, KSB - the right partner for you.
Whatever the agricultural