deur Annemarie Bremner
Medeboere en maatskappye soos Scania het ingespring om boere in die Vrystaat by te staan na die verwoestende brande.
B
eelde van die verwoesting van plase in die Vrystaat deur onbeheerbare brande het ՚n kettingreaksie van hulpverlening deur die algemene publiek, ander boere en maatskappye tot gevolg gehad. Scania is ՚n maatskappy wat ՚n noue verbintenis met die landbougemeenskap het en toe hulle genader is met die uitdaging om 340 ton kuilvoer na boere in nood te vervoer, het hulle onmiddellik die wiele aan die rol gesit om trokke van hulle huurvloot in te span. Hulle spanmaat vir die veldtog is ՚n Scania-klant, Werner Boshoff van Boshoff Afrikaners, wat al die afgelope drie jaar bydraes lewer aan Burre Burger se voortgesette veldtog om droogtehulp aan boere te verleen. Werner het die 340 ton kuilvoer aangekoop by Winterstorm op Lichtenburg, wat ook bereid is om boere in nood by te staan met verlaagde pryse. Om die vrag voer na die boere aan te ry het hy uitgereik na sy vervoervennoot, Scania. “Ek het ook ՚n vervoeronderneming, Bulk Fuel Services, maar ek kan nie net my trokke onttrek en nalaat om my kontrakte na te kom nie, want dan gaan my eie onderneming tot stilstand knars en dan kan ek nooit weer iemand anders help nie,” sê hy. “Ek het vir Coenie Kaufmann, my verteenwoordiger by Scania, gebel en soos altyd, was hy bereid om die ekstra myl te loop.” Coenie het met Scania se huurtrokafdeling gepraat en hulle het twee kragtige PGR-voorhakers beskikbaar gestel. Die twee trokke is vol brandstof van Aeroton in Johannesburg af gestuur om die waens van Paramount Trailers te haak en die vragte te gaan oplaai. Gerhard le Roux, nasionale bestuurder, Scania Truck Rental, sê: “Boere is belangrik vir ons onderneming en ons www.proagri.co.za
waardeer ook hulle bydrae tot die land, daarom het ons besluit om te help.” Baie boere maak gebruik van Scania se seisoenale huuropsies om oeste in piektyd te vervoer. “Die huurplan is buigsaam en help boere om met minder kapitaaluitleg betroubare vervoer tot hulle beskikking te hê op tye wanneer dit die nodigste is. Dit beteken hulle kan op hulle kernsake konsentreer sonder om bekommerd te wees oor vervoersake.” Die meeste van die huurkontrakte is seisoenaal, maar dit kan van een maand tot twaalf maande strek. ՚n Volledige Scania-onderhoud-, bystanden dekkingsplan is beskikbaar vir die huurtydperk. Scania Truck Rentals het sowat 400 voertuie in hulle vloot en wanneer die trokke klaar daar hulle diens van drie jaar of 600 000 km gelewer het, word hulle beskikbaar gestel vir die gebruiktevoertuigmark as ՚n betroubare vervoeroplossing met ՚n volledige diensrekord.
Werner Boshoff van Boshoff Afrikaners het die voortou geneem om Scania by die hulpprojek vir boere in die Vrystaat te betrek. Hy loop graag die pad saam met Scania, want “hulle doen moeite om my onderneming te verstaan”.
Die PGR-trokke wat beskikbaar gestel is vir die hulpprojek het hulleself oor vele jare in die land bewys, en nadat hulle duidelik in die werkswinkel in Johannesburg gemerk is, was hulle weer eens slaggereed vir die langpad. Die vragte voedsame kuilvoer gaan ՚n groot verskil maak aan boere en hulle diere se kans op oorlewing. Werner sê een van die hoofredes waarom hy Scania-trokke gebruik, is die puik kliënte- en naverkopediens wat hy ontvang. Van die pynlose finansieringsproses tot padbystand enige plek en tyd, Scania se mense maak dit maklik vir die kliënt. Werner sê: “Ek bly maar ՚n Scaniaoutjie! Met Scania wat nou sorg vir die vervoer van die kuilvoer, kan ek ook aandag gee aan ons volgende projek, Skenk ՚n boer ՚n vers. Ons het reeds 300 verse beskikbaar om boere te help om weer hulle kuddes op te bou, maar daar is nog baie meer nodig.”
Om deel te word van die Scaniafamilie, gaan loer in by jou naaste handelaar, of kontak Scania Rental by 087-286-6707 vir huuroplossings.
ProAgri 249 – November 2020
11
Meganisasie
Sc ani a he l p bo e r e i n noo d