ProAgri 249

Page 32

Hulpbronbestuur

APAC be s k e r m bo e r e be lange deur Jaco Cilliers

D

ie boer behoort beskerm te word teen uitbuiting deur markagente. Dit is die siening van die Agricultural Produce Agents Council, of te wel APAC. Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dit is belangrik dat boere besef APAC dra hulle belange op die hart. APAC is gestig ingevolge die Landbouprodukagentewet Nr. 12 van 1992. Hierdie wet bepaal onder meer dat alle markagente by APAC geregistreer moet wees. “Indien ons bewus word van ongerymdhede, het ons die gesag om die betrokkenes aan te kla en te verhoor,” sê Francois. As boere ՚n klagte teen ՚n markagent het, kan hy gerus vir Francois kontak. APAC se mandaat is om agente van vars produkte, uitvoere en lewendehawe te reguleer namens die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling. APAC word nie deur die regering gefinansier nie en is finansieel onafhanklik van enige ander organisasie. APAC het die boere van Suid-Afrika in kennis gestel van ՚n verandering in die wetsontwerp van die Landbouprodukagentewet. Die verandering is reeds deur die Minister van Landbou op

UITVOERE

verandering van 2020 bekend staan, in die laaste kwartaal van 2020 aan die parlemente voorlê. Die veranderde wetsontwerp is beskikbaar by www.dalrrd.gov.za. Sodra die veranderde wet aan die parlement voorgelê is, sal daar geleentheid wees vir die publiek om kommentaar te lewer op die wetsontwerp. Dit is belangrik dat boere en agente hulleself deeglik vergewis van die veranderings en die uitwerking wat dit op hulle sake sal hê. Die uitnodiging vir openbare deelname sal in die Staatskoerant en ander media gepubliseer word.

APAC beskerm dit wat die belangrikste is – die boer. die Departement se webblad aangekondig. Die minister sal die nuwe wet, wat as die Landbouprodukagentewet-

VARS PRODUKTE

Die raad van landbouprodukagente:

Vir meer inligting oor die voorgestelde wetsontwerp, of die rol wat APAC in die SuidAfrikaanse landboubedryf speel, kontak vir Francois Knowles by 083-415-1640 of by die kantoornommer 011894-3680. Stuur ook ՚n e-pos aan francois@apacouncil.co.za of besoek die webwerf by www.apacweb.org.za.

LEWENDEHAWE

apacweb.org.za

In belang van die boer 011 849 3680

30

ProAgri 249 – November 2020

087 095 1335

Francois@apacouncil.co.za

www.proagri.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.