ProAgri 249

Page 4

Voorbladartikel

Valtra hou aan werk deur Annemarie Bremner

O

p ՚n groenteplaas moet daar deurlopend geplant en geoes word, want elke dag is markdag. Na 100 mm reën in enkele dae kan dit egter ՚n redelike modderige uitdaging wees om in enige land met ՚n trekker te beweeg en swaar vragte te sleep. “Nie vir ons Valtra-trekkers nie,” vertel Robért Venema van Rosaly Farms by Tarlton. “Hulle gaan net aan. Ek het ՚n ander trekker wat slote uittol in ’n poging om vastrap te kry, maar kyk net hoe rustig loop die Valtras.” Rustig is die woord. So rustig, die Valtra N103 kruip op eie stoom stadig deur die land terwyl die personeel slaai oes en die sleepwa vol kratte laai!

Die Valtra N103 is die perfekte pasmaat vir Rosaly Farms se slaailande; selfs al is dit papsopwaternat. Die smal wiele loop netjies in die vore en die trekker is hoog genoeg om skoon oor die groente te beweeg. ՚n Entjie van daar af word die T191 gou ingespan om die grond ՚n bietjie oop te rol dat dit kan afdroog voordat die volgende lot kool geplant word. Met sy 138 kW is hy net die regte perd vir die werk. Die N141 staan rustig en wag vir die planter om volgemaak te word sodat hy met sy dagtaak kan voortgaan. Die trekker het ՚n hidrouliese driepunthyser

Die Valtra N141 wag geduldig vir die planter om volgemaak te word met die volgende sarsie koolsaailinge. Daar word elke week 700 000 saailinge op die plaas gemaak! Let op die hidrouliese driepunthyser voor. 2

ProAgri 249 – November 2020

op sy snoet sodat hy vir vele ander take ook aangewend kan word. “Een van die groot voordele van die Valtras is dat jy die trekkers kan bestel soos jy hulle wil hê met enige bykomstighede vir bepaalde doelwitte,” sê Robért. ՚n Boer kan ook kies watter kleur sy trekker moet wees. By Rosaly is die meeste trekkers blou. Robert wil nie sê hoekom juis blou nie, maar dit is opvallend dat die buurman rooi Valtras het … Benewens die 800 hektaar groente onder besproeiing, plant Rosaly ook 400 hektaar droëlandmielies en daar is ook koring- en haweraanplantings vir

Die T191 word gou nader geroep om die modder te kom ooprol dat die nuwe koolplantjies se wortels ՚n stewige staanplek kan kry. Net vanmôre het een van Valtrac se tegnici gou iets kom versien aan die trekker, vandaar die geel merker. www.proagri.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.