Meganisasie
Maak wenbewerkings met LEMKEN
deur Benine Ackermann
L
EMKEN is welbekend vir hulle veeldoelige grondbewerkers soos die Karat, Rubin en Heliodor wat jou verseker van ’n ferm saadbed vir die plantseisoen. Wanneer daar geploeg moet word, staan LEMKEN ook gereed met sy Diamant-reeks. ProAgri het ’n paar boere besoek wat op LEMKEN steun vir wenoeste.
Wrench se lys van voordele van die Karat: • Sy dubbelrollers maak die saadbed die beste wat jy kan kry. • Beter vermenging van plantreste en grond • Baie veelsydig • Pak nie maklik aan nie • Die Karat bring ook vir die boer
kostevermindering omdat jy die land net een keer bewerk teenoor die vorige kere twee keer • Dit bring definitief ’n opbrengs verhoging mee. Regardt Schulenburg van die plaas De Put buite Pietersburg, sê die Karat is van ordentlike staal gemaak, soos
Karat 9 en Rubin 9 en 12 “Die Karat is die oudste van al ons LEMKEN-werktuie en ook die wonderlikste en beste. Die Karat 9 van LEMKEN kan vir enigiets op jou plaas gebruik word,” sê Wrench Cilliers, voorman van Delpa Boerdery in Douglas. As Wrench sukkel om ’n land glad en reg te kry, dan gaan haal hy die Karat, want hy is baie veelsydig. Die masjien word eerstens gebruik om die reste in te werk en om die grond te herkonsolidieer. “As die Karat heeldag werk, kan hy maklik 75 hektaar per dag bewerk,” sê hy. Boonop is die Karat betroubaar en duursaam en hy het nog net kleinighede aan die masjien herstel. Wrench sleep die Karat 9 maklik en lekker met ’n trekker van 275 kW, maar ’n mens kan ook ’n kleiner trekker gebruik. Wrench Cilliers by sy beste oplossing vir bewerking op die plaas, die Karat 9. 4
ProAgri 249 – November 2020
www.proagri.co.za