ProAgri 249

Page 9

met John Deere se nuwe 7R-reeks Kajuittrekkers

D

ie John Deere 7-reeks rygewastrekkers is vanaf die vroeë negentigerjare in die landboumark bedrywig en het deur die jare ontwikkel tot die hoëtegnologie 7R-trekker waarop boere tans reken. Die ewolusionêre ontwikkeling van hierdie gesogte middelgrootte trekker het ՚n nuwegeslag multifunksionele trekker met vele talente opgelewer. Net so tuis soos die 7R op ՚n veeplaas is met masjinerie soos tolsnyers om hooi te sny, grootpakbalers en toerusting om bale op te tel en te stapel, so tuis is die 7R in die graanlande. Wat is belangrik vir jou boerdery? Kostebesparing met die oog op stram winsgrense, lae onderhoudskoste, veelsydigheid, gebruiksgemak en gemak tydens ՚n lang werksdag? Die herontwerpte 7R-trekker het ՚n nuwe, ergonomiese kajuit, geïntegreerde intelligensie en goeie kraglewering vir sy grootte. Die drie nuwe kajuit- en sigbaarheidpakkette is ontwikkel om moegheid te beperk tydens lang dae gedurende kort werksvensters. Die 7R bied ՚n meer gemaklike en akkurate rit met die gebruik van Triple Link Suspension (TLS™) en AutoTrac™, saam met die gemak van die nuwe CommandPRO™-stuurstok wat aangebied word op die Infinitely Variable Transmission (IVT) -modelle. Vir die ontwikkeling van die nuwe geslag 7R-trekker het John Deere saamgewerk met Designworks, BMW se ontwerpateljee wat sedert die negentigerjare aan verskillende projekte vir John Deere gewerk het. Die nuwe 7R lyk gespierd, kragtig en na iets uit die toekoms. Die reeds gemaklike operateurstasie is nou nog groter, meer gerieflik en met groter kajuitvensters vir beter sig in die lande. Die kajuit is beskikbaar in drie pakkette, naamlik Select, Premium en Ultimate vir vlakke van gemak en gerief. www.proagri.co.za

Die nuwe sitplekontwerp help die operateur om werktuie agter die trekker makliker te sien en die sitplek kan nou ook 40 grade na regs en 9 grade na links draai, terwyl die CommandARM™ onder die hand bly om die toerusting te beheer. Die Select-pakket bied ՚n standaard vaste lugsitplek met meganiese laerugondersteuning, ՚n standaardradio met vier luidsprekers en handkontroles. Die Premium-pakket bied ՚n ActiveSeat™ II-materiaalstoel met verstelbare ritbeheer en luggeveerde laerugondersteuning en gemak, wat volledig aangepas kan word volgens jou behoeftes vir premium gemak.

Raakskermradio.

Die pakket bied ook ՚n raakskerm Bluetooth™-radio met ՚n slimfoonkoppelvlak en stemherkenning, en ses luidsprekers- met ՚n basluidspreker vir jou vermaak. Die Ultimate-pakket bied ՚n keuse

en agter, elektriese verstelbare spieëls en halogeen-ryligte met sterk en lae strale en werklampe. Die Premium-sigpakket het sonskerms wat ingetrek kan word voor en agter, opgegradeerde LUD-ligte,

Vir die lang, warm dae in die veld, is daar ook ՚n yskas om jou koeldrank koel te hou. As jy deur die dag jou skootrekenaar moet gebruik om data na te gaan, is daar ook ՚n kragkoppeling van 230 V om te sorg dat jou sake nooit stilstaan as gevolg van ՚n pap battery nie. Om die ervaring verder te verbeter, is die 7R nagwerk se baas met ՚n keuse van drie sigbaarheidspakkette, naamlik Select, Premium en Ultimate Visibility. Die Select-pakket bevat ՚n sonskerm wat ingetrek kan word, ruitveërs voor

ProAgri 249 – November 2020

7

Meganisasie

Boer doeltreffend

van ՚n duursame, leeroorgetrekte ActiveSeat™ II of ՚n Air Seat plus Cab Suspension vir die beste ritervaring en verminderde moegheid. Ingesluit in die Ultimate-pakket is ook die raakskerm Bluetooth™-radio met ՚n slimfoon-koppelvlak, bykomende USB-klank- en videopoorte, spraakherkenning en ses luidsprekers met ՚n basluidspreker vir jou vermaak en om sake vanuit die kajuit te doen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.