Jan. / Feb. / Mrt. 2015
ptytwekker ppetiser
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za
Foto: Annelie Botha
♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦
NUUS VAN HERDERSPAAR WAAR KRY JY JOU OPINIES UNFORGIVENESS VRIENDSKAP DVD HOEKIE AL BRUIS DIE JORDAAN
♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦
FOTO NUUS THE ICE CREAM PRAYER ONS STEL BEKEND SOEK DIE ANTWOORD SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE LAAT JULLE LIGGIES SKYN
aar Nuus van die Herdersp Nou kan ons nie meer twyfel nie – ons is midde in die harde werklikheid van ‘n nuwe jaar! Die pas versnel vir ons almal. Die druk laai op vir elkeen van ons! Net één Bron vir ons almal om te tap vir krag en vir energie en vir wysheid en uithou en aanhou! Hy wat gesê het: “Kom na My toe almal …” ( Mat. 11:28) Jesus die Christus!!! Terwyl die jaar nog jonk is, wil ek graag die volgende aan ons lesers voorhou: Daar is 'n groot verskil tussen: 1. Om jou eie planne te maak en dan die Here te vra om dit te seën. 2. Of om op die Here te wag en by die Here te hoor wat jy moet doen en dan dit te doen. Laasgenoemde sal regtig die seën van die Here wegdra! In die verlede het vele die fout gemaak om die jaar in te storm met baie planne en gedagtes. Goeie planne, maar dit was nie van die Here nie. Die Here het iets anders in gedagte gehad, maar Hy is nie geraadpleeg nie. 2
Op die ou end het baie van die planne misluk en was die volle seën van die Here nie daarop nie.
Laat ons tog leer uit die foute van die verlede. Moenie die Here vra om iets te seën wat ons eie planne is terwyl die Here iets baie beter vir ons het. Moenie dat ons, ons self belas en moeg maak met goed wat nie van die Here is nie, terwyl ons die planne wat van die Here kom nie gevolg het nie. Net dit wat van die Here is, anders beweeg ons nie. Past. Piet & Susan Smit
Waar kr jy jou opinies? (Stefan Joubert)
In Engels sê hulle sommige mense is “opinionated.” Hulle het sterk menings oor sake en spreek dit graag uit. Wel, ons almal het opinies van ons eie. Ons spreek dit dalk nie aldag luidkeels uit nie, maar ons het menings oor enigiets vanaf die politiek tot sport. Wat van ’n belangrike vraag: Hoe vorm jy jou opinies? FEIT: Navorsing toon aan dat meer as 80% mense se opinies gevorm word deur die media van die dag. Dit wat ons daagliks lees en kyk, bepaal ons denke. Die skokker is dat die meeste gelowiges se menings sterker beïnvloed word deur media en deur hul omgewings as deur die Woord van God. FEIT: ekerk se onlangse navorsing oor die Bybel onder Afrikaanssprekende gelowiges (gaan kyk op ons webblad) het bevind die Bybel is meestal ’n stiltetydboek wat slegs gelees word vir persoonlike stigting. Die Bybel word veels te min saamgevat na die sg. “regte lewe” en as gesaghebbende padkaart hier benut. FEIT: As die meeste van jou opinies gevorm word deur dit wat jy daagliks lees, kyk of luister, dan skuld jy jouself dringend ’n goeie nuwe opinie. Ek praat van God se Woord. Die Here se koersaanduidings in die Skrif moet jou denke primêr vorm en slyp. Sy Gees wil jou leer van nederigheid en self-opoffering, nie van arrogansie, woede en self-gelding, soos wat die media jou gedurig leer nie. Die Gees wil jou leer dat die doel van jou lewe nie is om te dink en op te tree soos die res nie. ’n Goed-geleefde lewe en ’n Godgerigte lewe is een waar ander ’n beter uitsig het op God danksy jou nabyheid. En waar die trane op ander se wange afgedroog word omdat jy vir hulle omgee. So ’n lewe neem vorm aan wanneer jou opinies en jou hart in die hande van die hemelse Pottebakker is.
3
Unforgiveness "And when ye stand praying, forgive, if ye have ought against any: that your Father also which is in heaven may forgive you your trespasses" (Mark 11:25). Jesus had just made those marvelous, thrilling, amazing, astounding statements recorded in Mark 11:23 and 24. (And no one has ever yet plumbed the depths of those statements.) But at the same same scene same breath when ye stand forgive...."
Kenneth E. Hagin
time - at the and with the Jesus said, "And praying,
If there is an air of unforgiveness about you, your faith won't work! Your prayers won't work! Unforgiveness is the only hindrance to faith that Jesus ever mentioned. Therefore, the subject of unforgiveness must be of primary importance. (If my prayers and my faith don't work, the area of unforgiveness would be the first place I'd examine in my life.) However, I never permit unforgiveness about anyone to enter into my mind at all. I refuse to think about anything evil. I refuse to be resentful toward anyone. No matter what they have done to me - no matter what they have said about me - I will not permit it to affect me. Confession: My prayers work. My faith works. I do not permit unforgiveness into my being. I refuse to have ought against anyone.
4
Vriendskap (3) Vraag: Kan jy vir my vyf
einskappe
mooi
van goeie vriende noem?
Job 6:14 – “Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.” Net om jou gedagtes te verfris: Job, die vroomste en rykste man van die Ooste is deur die Satan in sy liggaam aangetas en sit oortrek met sere op die ashoop en krap homself met ‘n potskerf. Sy drie vriende verneem van sy toestand en kom besoek hom. Dan sit hulle vir 7 dae in stilte en bekyk sy toestand om dan los te trek met ‘n hoogdrawende redevoering; iets wat klink soos ‘n filosofie lesing op universiteit. In plaas dat hulle simpatiseer of op ‘n manier vir Job troos in sy uur van nood, vind hulle net fout en breek om af in sy gemoed. Vir alles wat hy sê om homself te verdedig het hulle net ‘n antwoord terug en vind hulle ‘n rede vir sy toestand. Dis sy sonde en ongeregtigheid wat gemaak het dat hy sit waar hy homself
bevind. Die arme Job weet later nie meer hoe om homself te verweer nie as hy sê (Job 6:14): “Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.” So, wat sê hy eintlik: “Nou maar as dit dan so is dat ek volgens julle nie meer die Here so mooi dien nie, nie meer so op standaard is nie; dan verwag ek dat júlle as my vriende ten minste by my sal staan. Dat julle nie nou julle rug op my sal draai nie. In hierdie vreeslike toestand waarin ek myself bevind, het ek so ontsettend julle morele ondersteuning nodig.” Is dit nie ook maar wat ons almal verlang in die tyd wanneer ons seergekry het, swak is, moedeloos is, ‘n slegte ding oorgekom het nie? Dan het ek en jy nie ‘n klomp filosowe om ons nodig wat alles wil ontleed nie. Mense wat met oorsaak en gevolge ons net nog verder in ‘n put in praat nie. Nee,
(past. Piet Smit)
ons het dan vriende nodig wat ons met deernis en liefde sal bystaan:
• “Ek staan by jou my vriend, maak nie saak wat gebeur.”
• “Ek is hier vir jou.” • Jy’t al erger dinge as dit deurstaan.”
• “Dit sal ook
verbygaan.”
• “Kan ek vir jou bid?” Hierdie drie sogenaamde vriende van Job: Bildad, Elifas en Sofar, is ‘n goeie voorbeeld van hoe ons nié ons vriende moet bystaan in ‘n tyd van krisis nie. Kyk net hoe sterk vertaal die Bible for Basic English hierdie vers (Job 6:14): “He whose heart is shut against his friend has given up the fear of the Ruler of all.” As iemand my vriend is, staan ek by hom of haar al het hy of sy wát gedoen. Selfs al dien hy of sy nie meer die Here nie. My vriend, bly my vriend.
5
As ek om hulp roep sê U: “Hier is Ek,” Jes. 58:9
WWJD “Watch how I do it,” sê Jesus in Matt. 11:28. Ja, ons kan maar weer in die gewoonte kom om te vra: Wat sou Jesus doen? Kyk na Hom en volg sy voorbeeld in alles. Hy is sagmoedig en nederig van hart, volg genade en waarheid, barmhartigheid en liefde vloei uit Hom – dit is die gesindheid waarmee ons ook deur die lewe moet gaan. Hoe doen Jesus dit? Hy stop by siekes, Hy onderrig mense, Hy kuier by sondaars, Hy 6
deel kos uit, Hy bid vir mense, Hy stel belang in hulle nood en behoeftes, Hy vergewe, Hy bly gehoorsaam aan die Vader tot die dood. “Kom ontdek watter vreugde dit bring om te leef soos God wil hê jy moet leef. Dis nie moeilik om so te leef nie; om die waarheid te sê, as jy so begin leef, sal jy agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees.” (Matt. 11:2930, Die Boodskap) ~ Wilna Botha ~
DVD
I, John, take you, Ellen, to be my wife. To have and to hold. To honor and to treasure. To be at your side through sorrow and joy, in sickness or health. To love you and to cherish you for always. I promise this from my hart. With my soul. As long as we both shall live. This is my promise to you! Kom word deel van die Brighton familie se lief en leef. Beleef hulle wel en weë en hoe die familie se wêreld skielik tot stilstand kom wanneer Ellen Brighton gediagnoseer word met Alzheimer se siekte toe sy op die kruin van sukses van haar beroep was. Kom sien eerstehands hoe God met hierdie familie werk en hoe hulle daarmee moes deel. As ek hierdie DVD moet klassifiseer op ’n skaal van 1-10 gee ek dit ’n 11. Nie alleenlik leer ’n mens watter groot rol liefde in ’n gesin speel nie, maar ook hoe God ‘n mens kan dra in tye van seer en blydskap. Hoe hy lewens kan verander waar ’n mens dit die minste verwag. Resenseer: Ann-Beth Ps. Dames moenie die sneesdoekies vergeet nie. ’n Tranetrekker van die eerste water!
EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za
7
(Willem Botha)
“Laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof” Hebreërs 12:1-2. Een van God se heerlike gawes aan die mens is dat Hy aan ons die geleentheid skenk om telkens weer nuut te kan begin. Elke nuwe jaar bring nuwe geleenthede en nuwe uitdagings. Ook 'n kans om weer te probeer, om 'n nuwe poging aan te wend om al die drome van gister tot uitvoering te bring.
lewensoriëntering was dit nie! Ek het veel later eers besef dat die oorsaak van my ontmoeting met die aaklige stekelrige doringdraad was omdat die vrees daarvoor my gedagtes só oorheers het dat ek daarin vasgery het – dit het my fokus weggeneem van die pad waarop ek gery het. En my grootste vrees is bewaarheid – deur my eie toedoen.
Dit is ook hoe ons lewens is. Daar is so baie moontlike gevare wat ons bedreig, probleme wat ons moet oorbrug, dat ons geneig is om ons fokus daarop te plaas en weg te kyk van dít wat regtig saak maak. Soos Petrus neem ons ons fokus Terwyl jy na die gesigseinders daar vér weg van Christus, ons Leidsman, en staar en wonder wat die komende jaar sal plaas ons ons fokus op die storms en oplewer, staan net 'n bietjie stil en dink na probleme van die lewe (vgl Matt 14:28oor die pad wat jy tot hier gevolg het. Dit 29). Dit is dan juis dít wat sal veroorsaak het heel waarskynlik 'n paar letsels op jou dat die storms van die lewe die oorhand nagelaat. Sekere van die letsels sal gou kry oor ons gees. verdwyn, op sommige plekke was die As ons dan hierdie jaar nuut begin, dan eina's te diep en sal jy die littekens vir moet ons ook ons manier van dink ewig met jou saam moet dra. Maar tog vernuwe. Ons moet ons fokus reg instel, moes jy iets daaruit geleer het. anders gaan hierdie jaar nog net meer Baie keer is ons fisiese en geestelik littekens op ons nalaat. littekens die gevolg van ons eie vrese. Só het ek op my eie probeer fietsry toe ek 6 Laat ons in die jaar wat voorlê ons oog gevestig hou op Jesus Christus, ons jaar oud was. Die pad het afdraand Leidsman en die Voleinder van ons geloop vanaf my oupa se huis na die plaashek. As ek dus net my balans kon geloof, want Hy wys vir ons die weg aan. hou sou ek sonder dat dit nodig was om Ruwe storme breek in woede, te trap, met die pad af en deur die alles om my heen is nag; oopstaande hek kon ry. Maar die tog hou God my in sy hoede doringdraadheining wat direk langs die Hy hou oor my heil die wag. pad geloop het, het al meer op my senuwees begin werk. Sê nou maar net Kon ek soms sy hulp nie sien nie, ook sy liefde nooit verdien nie, ek beland in daardie doringdraad! Die litteken van my vrees is nou nog sigbaar. het sy Gees my steeds gelei; staan Hy my in alles by. Watter goeie leerskool in (Gesang 253:7). -dw8
AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)
Daarna het ek my in die Here berus en daarvan vergeet. Op Dinsdag, 15 Februarie 1944, het ek ‘n pastoor, wat ‘n vriend van my was, vergesel na die huis van ‘n sekere bejaarde mnr. Van Graan. Dit was sy verjaarsdag. Sy kinders was byna almal lede van die gemeente. Die doel van die besoek was dus nie alleen om hom geluk te wens nie, maar ook om op geestelike gebied ‘n seën te wees. Ons stap in, en ek word voorgestel aan die enigste lid van die gesin wat ek nog nie ontmoet het nie. Dit was hulle derde dogter, Sannie, ‘n voltydse evangeliste wat pas terug was van Zambië. In die maande wat gevolg het, is die ,klousules’ van my ooreenkoms met die Here een na die ander op wonderbare wyse vervul. Eerstens het ek geen poging aangewend om haar ,,te soek nie”. Onbewus van haar bestaan, op huisbesoek, het ek daardie aand na haar ouerhuis gegaan. Tweedens het dit al hoe duideliker geword dat sy die Here Jesus met ‘n onverdeelde hart lief het. Ja, liewer as enige ander persoon op aarde. Haar lewe was ten volle toegewy aan die wil van haar Meester. Sy
het haar familie, vriende en almal verlaat om die Here in die geloof te volg waar Hy sou lei. Haar enigste ambisie was om siele vir sy koninkryk te soek. Dit was vir my geestelik verfrissend om hierdie ,,pêrel” se lewe te aanskou. Ek was selfs verbaas en verras om so ‘n hoë standaard van toewyding in die lewe van ‘n Christenmeisie te ontdek! Derdens het dit sommer spontaan gebeur dat, terwyl sy met vakansie was, ons twee saam met behoeftige siele moes deel, en vir siekes moes bid. Dit het my die vrymoedigheid gegee om haar te vra om saam met my van my gewese pasiënte en andere wat ek bearbei het, te besoek. Saam het ons met hulle oor geestelike, morele en fisiese behoeftes gedeel en vir hulle gebid. Die Here het genadiglik saamgewerk en wonderwerke het gebeur in die lewens en liggame van persone. Onder andere het ‘n jong Christen, met gesigsverlamming in die hoogste graad, genesing ontvang. Duidelik het die Here my getoon dat, met hierdie diensmaagd van Hom aan my sy, my bediening baie meer doeltreffend sou wees. (Vervolg in April)
9
FOTO-NUUS Gospel Sanger & Senior Geselligheid 16 November 2014
Len Viljoen het ons met sang & Woord bedien. Hy het ‘n spesiale Kersfees cd aan elke senior geskenk.
Op elke tafel was daar ‘n gedenk kersie vir ons seniors wat ons vooruit gegaan het.
Die Seniors is bederf met heerlike eetgoed na die diens. Die tafels was mooi gedek deur die susters.
Kinderkerk Afsluiting 30 November 2014
FEBA Radio 2 November 2014
Bo: Past Franco Abrahams het aanbidding gedoen oor FEBA radio. 10
Bo links: Salomé Erasmus en Geraldine Losper het 100% bywoning sertifikate ontvang. Regs bo het Tieners ’n lofdans gedoen en bo middel het die Kinderkerk kinders saam gesing met handgebare.
Musiekblyspel - Gesinsoek, Gevind 7 Desember 2014
Bo: Die toneel word uitgebeeld deur die verskeie akteurs. Onder is die orkes en die sangers wat gesing en musiek gemaak het. Julle was puik!
Doop 18 Januarie 2015
Toewyding - 18 Januarie 2015
Bo: Baie geluk aan Levona Roberts wat gehoorsaam geword het aan Mark:16:16 Bo: Ruan & Karlien Matthee bring hul seuntjie om aan die Here toegewy te word. Jesus seĂŤn hom. 11
(Nico Liebenberg)
A true story Last week I took my children to a restaurant. My six-year-old son asked if he could say grace.
that was a great prayer." "Really?" my son asked.
As we bowed our heads he said, "Cross my heart." Then in a theat"God is good. God is great. Thank rical whisper he added (indicating you for the food, and I would even the woman whose remark had started this whole thank you more if thing), "Too bad Mom gets us ice she never asks cream for dessert. God for ice And Liberty and juscream. A little ice tice for all! Amen!" cream is good for Along with the the soul somelaughter from the times." other customers Naturally, I nearby I heard a woman remark, bought my kids ice cream at the "That's what's wrong with this end of the meal. My son stared at country. Kids today don't even know how to pray. Asking God for his for a moment and then did something I will remember the ice cream! Why, I never!" rest of my life. Hearing this, my son burst into He picked up his sundae and tears and asked me, "Did I do it without a word walked over and wrong? Is God mad at me?" placed it in front of the woman. As I held him and assured him that he had done a terrific job and With a big smile he told her, God was certainly not mad at him, "Here, this is for you. Ice cream is an elderly gentleman approached good for the soul sometimes, and my soul is good already." the table. He winked at my son and said, "I happen to know that God thought 12
~oOo~
ONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met
Dina Hayini ♦ WAAR IS JY GEBORE? Moorreesburg ♦ WATTER SOORT WERK DOEN JY? Huisvrou ♦ HOE SPANDEER JY JOU VRYE TYD? Tv kyk & boek lees ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die liefde & vriendelikheid. ♦ AS JY ‘N BYBELKARAKTER KON NOOI WIE SOU DIT WEES, WAT SOU JULLE EET & WAAROOR SOU JULLE GESELS? Maria - vis & toebrooidjies - kinderkerke ♦ NA WATTER MUSIEK LUISTER SUSTER GRAAG? Rebecca Moloppe ♦ WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT DIE HERE AL IN JOU LEWE GEDOEN HET? Dat die Here my diep uitgehaal het. ♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Liefde vir my kinders. ♦ WAT SOU JY GRAAG VIR DIE HERE WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Ander mense vertel van die Here. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Dat ek kan werk, krag van die Here en gesondheid. ♦ WATTER EIENSKAP IN JOU LEWE FRUSTREER VIR JOU DIE MEESTE? Kort humeur. ♦ WAT SIEN JY AS DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Liefde ♦ WAT LAAT JOU GLIMLAG? As ek iemand groet. ♦ WAT SIEN JY AS DIE SIMBOOL VAN CHRISTENSKAP? Die Bybel.
13
WIL JY GEDOOP WORD?
E
lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?
Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit 022-487 2200
ONS KEN GOD NIE SONDER JESUS NIE; ONS KEN ONSSELF NIE EENS SONDER JESUS NIE. (Blaise Pascal)
SOEK DIE ANTWOORD
VORIGE KEER SE ANTWOORD
Die Fariseërs het net gepraat, maar nie gedoen nie. (Matt. 23:2)
Zelda Roberts het die regte antwoord gegee. Baie mooi!
14
HIERDIE KEER SE VRAAG Wie was die ouer broer; Moses of Aäron?
Sms jou antwoord met jou naam na: 073 447 2902
Wyse Woorde Elke keer as jy ‘n keuse maak, bepaal jy jou bestemming. Anthony Robbins ◊ Die prys van sukses is harde werk en toewyding aan die taak wat wag, sodat ons sal weet - of ons nou wen of verloor - dat ons ons bes gedoen en ons beste gegee het. Vince Lombardi ◊ Hou op om te maak asof die lewe ‘n kleedrepetisie is. Leef hierdie dag asof dit jou laaste dag is. Die verlede is verby en weg. Die toekoms hou geen waarborge in nie. Wayne Dyer ◊ Mense met gemiddelde vermoëns behaal soms uitstaande sukses omdat hulle nie weet wanneer om op te gee nie. Meeste mans behaal sukses omdat hulle vasbeslote is om suksesvol te wees. George Allen ◊
15
Slaankrag In Lofprysinge (Dr. James Van Zijl) Vervolg vanaf Desember
Om die Here te aanbid sonder emosies, is onmoontlik, want ons God is dan ‘n God van Emosie! Ons weet almal GOD IS LIEFDE. En wat is LIEFDE? Dis ‘n emosie! Ons Here se Grootste Gebod aan ons is: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. (Matt 22:37-40). Kan jy 16
verstaan hoe satan ook hier probeer om vir ons reg te help deur vir ons te waarsku teen emosionele aanbidding? Nee wat geliefde, om die Here lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand, SLUIT BESLIS JOU EMOSIES IN! Moenie bang wees om dit te wys nie! Ons word geleer om stigtelik en eerbieding in die Here se teenwoordigheid te wees, maar stigtelik en eerbiedig is ‘N GESINDHEID VAN DIE HART, nie of ek met ‘n fluisterstem praat en nie rondkyk nie! Die Here weet hoe my hart lyk en of ek Hom waarlik eerbiedig is, en of ek in die kerk kom ‘n front voorhou. Jy sien, my eerbied vir die Here (wie elke oomblik by my is) kom na vore in my ELKE OPTREDE: hoe ek met my man/vrou saamlewe, my werk doen, my finansies bestee, my gesprekke, my ontspanning, my vemaak - HY WEET VAN ALLES! Hoe kan ek dan nou skielik by die kerk eerbiedig wees en die res van die tyd lewe asof die Here in die kerk agtergebly het. Ek is mos die tuiste (tempel) van God eie Heilige Gees en Hy ken my beter as wat ek myself ken. (word vervolg)
BYBELKOEK RESEP * * * * * * * * * * * *
1 k Botter Rigters 5:25 2 k Jeremia 6:20 (Suiker) 6x Esegiel 10:14 (eiers) 3 ½ k Konings 4:20 (meel) ½ t Levitikus 2:13 (sout) 2 t 1 Korinthiers 5:5( bak poeier) ¼ t elk van 3 wat genoem word in 1 Konings 10:2 (kaneel, neutmeskaat en gemengde speserye) 1 k Genesis 24:2 (water) 1 e Exodus 16:31 (heuning) 2 k elk van 1 Samuel 25:18 (rosyntjies en vye) 1 k Genesis 43:2 (Gekapte neute
Metode Verroom botter en suiker. Meng eiers een vir een in. Sif sout, meel, bakpoeier en speserye saam in die suiker mengsel in. Meng heuning en water en voeg by die mengsel. Meng goed. Voeg nou die rosyntjies, vye en neute by. Gooi mengsel in koekpan en bak teen 180 grade tot gaar.
Seenwense! *Hanna*.
♦ ♦ ♦
Louise Flink - Haar neef is in Desember oorlede. Patrys Conradie & familie - Haar man Joe Conradie Bob Maartens & familie - Sy vrou Linda Maartins
17
Laat julle liggie skyn. (Anne-Beth)
Oom Gerrie stop voor die tonnel. Hulle klim uit en stap die tonnel binne. In die bek van die tonnel is dit nog bietjie lig maar hoe vêrder hulle stap hoe donkerder word dit. Jannie wil net begin benoud voel toe hy voel hoe iemand sy hand neem. Hy dog eers dis oom Gerrie, maar toe hulle naby die tonnel se bek kom sien hy oom Gerrie stap aan die ander kant van die spoor wat nog deur die tonnel loop. “So ja Jannie, hier is ons nou by die bek van die tonnel. “ Jannie stap uit in die helder sonlig en voel dat sy hand nou weer
18
vry is. Hy voel baie lekker en skielik onthou van die oom op die skoolterrein en die storie van die tonnel. Dan eers besef Jannie dat sy seer weg is en omdat sy seer weg is kon hy Jesus se hand in syne voel en net daar weet Jannie wie die oom op die skoolgrond by hom was. Jesus het daardie dag gekom om sy seer weg te vat soos Hy in die Bybel belowe. Jannie se gedagtes word onderbreek toe oom Gerrie hom meedeel dat hy hom graag iets wil vra. Hy lyk baie ernstig. “Ja, oom. Vra maar.” Oom Gerrie lyk so skuldig soos die dag toe Pietie
hom om verskoning gevra het. “Ek het gisteraand jou ma gevra of sy met my sal trou en sy het ingestem. Hoe voel jy daar oor. Jannie kan nie help om te glimlag nie en dan steek jy sy hand uit en skud blad met hom en knik sy jop. “Dit is reg so oom Gerrie.” Die twee stap terug deur die tonnel, maar hierdie keer is die tonnel helder verlig, want Jesus laat sy liggie skyn en Jannie skiet ’n gebedjie op.
O
WE A G OR
D E B GE
As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te
vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4) ”Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woordgemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deOns sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit
022-487 2200
19
Advertensies Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker kontak: 022-487 2200 @ net R25 per maand
Regs: Die “link” na ons facebook blad.
MET ‘N DOEL Nagmaal Rangskikking deur een van ons selle gemaak. Pragtig!
20
Onthou, elke fout wat u in Hierdie uitgawe mag vind, Is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd Soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien En hulle nie teleurstel nie!!!