Aptytwekker nov des 2014

Page 1

November/Desember 2014

ptytwekker ppetiser

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

10 JAAR VAN SEËN EN DIE GENADE VAN DIE HERE 4-10-2004 TOT 4-10-2014

     

NUUS VAN HERDERSPAAR DIE GEBOORTE VAN JESUS SOEK DIE ANTWOORD ONVERWAGS EERDER AS ... AL BRUIS DIE JORDAAN FOTO NUUS

     

VERBRUIKERS SE ANDER … ONS STEL BEKEND VRIENDSKAP NIKS BEHALWE MANNA NIE DIE STEMMETJIE (Slot) SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE


Geliefdes in die Here, ons

is almal weer verdwaas oor die spoed waarmee die jaar omgesnel het!

in die afgelope jaar nl. die opsit van ons kerk se gordyne en die opgradering van ons klank. Vir jare het ons gedroom en gewonder oor die geld en het ons daarvoor probeer spaar en waarlik die Here het dit vir ons voleindig!

Ons kyk terug oor ‘n jaar van vele dinge en baie harde werk vir elkeen wat voluit vir Here gegaan het. Om net elke week te volhard in al die aktiwiteite van die gemeente Ons het ook in dié jaar die 10 waarin ek en jy betrokke is, is jaar gedenkfees gevier. Dit was ‘n grootse geleentheid al klaar iets merkwaardig. van lof aan die Here dat ons Ek wil dan uit my hart baie deur Sy genade 10 jaar saam dankie sê vir elkeen wat die Here kon dien! saam skouer geskuur het in die Koninkryk van God en by Vir elkeen se vriendelikheid, elke geleentheid net sy of liefde en kameraadskap in haar beste gegee het! die Here teenoor my en my Getrouheid is iets wat baie vrou, sê ek baie dankie! U sal skaars geword het en is iets nie besef wat dit vir ons wat die Here baie hoog ag. beteken nie. Dit kan nie met Dankie dat jy getrou was in geld gekoop word nie. jou deel! Mag die Here jou Mag ons so saam in die beloon in hemelse munt Here, die ou jaar uitgaan en volgens Sy goeddenke! Die lofprysende die nuwe jaar belofte van die Here is dat hy tegemoet gaan. Mag die diegene wat getrou is in die Here ons bymekaar hou om kleine, ook oor die grote sal ‘n aanmoediging vir mekaar aanstel (Mat. 21:25). te wees tot die einde! Twee groot mylpale is bereik

2

Piet & Susan Smit


ONS SÊ NET DANKIE Namens die Bestuursraad bedank ek elkeen van ons broers en susters vir ‘n wonderlike jaar van saamdoen vir die Here! Jou bydrae vir die werk van die Here materieel sowel as geestelik, word opreg waardeer. Jou mooi positiewe gesindheid het gemaak dat ander aangemoedig is. My mooiste wense vir ‘n ongeëwenaarde Kersseisoen en 2015 in Jesus Christus! past. Piet Smit

3


DIE

N JESUS A V E T R GEBOO

Die Bybel Lukas 2:1 tot 20 “En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word. Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was. En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad. En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.

4

En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae! En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is. En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is; maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink. En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net


WIL JY GEDOOP WORD?

E

lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit 022-487 2200

Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie. Hebrieërs 13:5

SOEK DIE ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Babilon het gesê dat hy nooit droefheid sal sien nie (Open. 18:7).

HIERDIE KEER SE VRAAG Van watter mense lees ons in die Bybel wat net gepraat het en nie

ANTWOORD:

gedoen het nie?

Franci Hugo van Vanrhynsdorp het eerste die antwoord voorsien. Baie mooi.

Sms jou antwoord met jou naam na: 073 447 2902

5


Onverwags Eerder As Bepland S T E F A N

6

J O U B E R T

Die eerste sendeling in Korea waarvan ons weet was Robert J. Thomas. Hy het nie ’n reuse sendingprogram van stapel gestuur nie. Trouens, hy was dood nog voordat hy eintlik be-gin het. In 1866 was hy aan-boord van ’n Amerikaanse skip wat met die Taedong River in huidige Noord-Korea gevaar het waar hy wou gaan werk. Die skip het op ’n sandbank beland. Die bemanning is aan-geval deur plaaslike soldate. Net voordat Thomas ook dood-gemaak is, het hy ’n Bybel aan sy aanvallers uitgehou en uitgeroep: “Jesus, Jesus!” Amper 25 jaar later het iemand ’n gastehuis in daardie omgewing besoek met vreemde muur-papier

teen die mure. Die eienaar het verduidelik dat hy van die Koreaanse skrif gehou het in ’n dik boek wat hy iewers gekry het. Toe plak hy dit op sy muur, soos wat dit die gebruik in daardie tyd was. Dit was toe al die tyd bladsye uit Robert Thomas se Bybel wat hy vir sy moordenaars gegee het en wat as teks vir baie gaste gedien het. Wie weet hoeveel mense het God se genade teen daardie einste muur ontdek! Navorsers reken dat 40% van SuidKorea se inwoners vandag Christene is en dat hierdie Bybel van Thomas die eerste reuse stap was. Nooit het Robert Thomas gedink sy grootste impak ooit vir die Here sou wees op daardie dag dat hy net

 minder georganiseerd en meestal onbepland  spontaan en veral binne verhoudings, en  dikwels informeel en meer as 90% van die tyd buite kerklike terrein. Ek moes leer evangelisasie is ’n leefwyse. Die nuwe wagwoord wat

ek sedertdien myne Ook manipuleer ek nooit gemaak het, is enige resultate nie. My intensionaliteit. My introeping is net om agter ensie, oftewel, my verJesus aan te kom, en dit trekpunt en doel is om doen ek intensioneel elke elke dag op ’n voltydse dag. Hy sorg vir die res. sending saam met Jesus As ek Hom volg, maak Hy en al sy mense te vertrek my ’n visser van mense, om God se koninkryk uit soos wat Hy beloof het. te leef. Maar die uitkomste Wat ’n avontuur! van die roete ken ek nie.

twee woorde aan sy moordenaars gesê het met ’n Bybel in die hand nie. God werk egter soos Hy wil, en veral as ons dit nie struktureer of organiseer nie. Meeste van die tyd gebeur die evangelie uit die bloute. Presies soos wat Jesus in sy gelykenis van die skat in die saailand in Matteus 13 vertel, breek die koninkryk van God onverwags en verrassend deur.Vir te lank het ekself gedink Christenskap is ’n program wat ek met ander moet probeer deel. Nou begryp ek al hoe meer dat ons almal voltyds saam met Jesus op ’n missie is op soek na God se verlore eiendom. Maar ek het geleer hierdie missie saam met Jesus gebeur:

-oOo-


No man that warreth entangleth himself with the affairs of this life; that he may please him who hath chosen him to be a soldier. 2 Timothy 2:4 You and I have been called to live the high life in Christ Jesus, not to be tied down to this natural realm. But all too often, instead, we allow ourselves to become tangled in the temporary affairs of this world. We allow those entanglements to drag us into defeat. Don’t let that happen to you. Simplify your life. If you don’t have time for God, make time. Don’t

let your career, your family or anything else keep you from going on with God. One thing I can promise you is that every part of your life will be more blessed if you

"Can I Afford It?” (Gloria Copeland)

take time to listen to God. Nothing you can do is better than hearing from heaven. Before I consider taking on any new activity, I always ask myself, Can I afford this? Not can I afford it financially, but can I afford it spiritually? Can I give time to this activity and still keep my priority time with God? If not, I can’t afford it. There’s only one thing you absolutely can’t afford to do without—and that’s your time spent in prayer and in the Word of God. It is your very life. It is where your victory lies. You may forget that, but Satan never does. He’ll constantly be sending time-stealers your way. So be alert and don’t become entangled in them. Remember to ask yourself, “Can I afford this?” Then simplify your life. Make the time you spend with God your first priority every day. ~~~

7


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

HOOFSTUK 13

van die Here het egter aangehou JEAN DE FERRIÈRES VERTEL : om met my te praat, totdat ek eindelik, weke later, ,,ja!” gesê ONS HUWELIK het. Die Here het my, tydens die Ek was nietemin beslis dat die ses maande ondervinding van die saak heeltemal uit die hemel kruisiging van die oue mens, ten moes wees. Daar moes geen volle vrygemaak van die kans vir die duiwel wees om my te hunkering na ‘n lewensmaat. Vir bedrieg nie. Na gebed, het die bykans twee jaar het ek die Here Heilige Gees die volgende ,,eise” vuriglik gedien en baie vrugbare aan my gegee wat ek evangeliewerk gedoen. moet stel om seker Ek het volle te maak dat die tevredenheid en geluk in volmaakte wil van Jesus Christus geniet. God uitgevoer sou Een aand, egter word: Ek moes nie ‘n terwyl ek in ‘n tuin stap vrou soek nie. Die in diepe gebedsgemeenHere self sou ons bymekaar skap met die Here, het Sy stem bring. baie duidelik tot my gekom : ,,Jy Dit moes ‘n Christenmeisie het voorheen begeer om vir jou wees wat die Here Jesus liewer eie selfsugtige belange te trou. het as enige ander persoon of Omdat Ek ‘n spesiale doel met jou enigiets op aarde, en sy moes toekoms gehad het, het ek dit duidelik bewys hiervan lewer. altyd afgekeer. Is jy bereid om in Die Here moes ons beide My wil te trou tot My eer, en vir die duidelik toon en oortuig dat ons, uitbreiding van My koninkryk ?” as ‘n span, meer vir Hom sou kan My onmiddellike reaksie doen as wanneer elkeen alleen in was : ,,Ag nee Here ! Ek het alles sy eie bediening voortgaan. wat ek wil hê, U het my U vrede, Die Here moes my dierbare blydskap en volheid gegee. Ek moeder ten volle oortuig dat Hy sien nie kans om weer deur al die daardie meisie vir my gekies het, smarte en onrus, wat ‘n liefdesen Hy moes deur haar aan my die verhouding mag inhou, te gaan bevestiging gee. nie.” Ek het dit met my hele hart Die Here moes alles finaliseer bedoel. met ‘n duidelike bevestiging uit Sy Die sagte, onmiskenbare stem Heilige Woord. (Vervolg Jan.) 8


BONUS

OF

As jy bevoorreg was om ‘n beroep te kon beoefen deur die jaar, is jy inderdaad baie bevoorreg in hierdie land van ons, want bykans 40% van ons land se mense word beskou as werkloos. Dis geen reg, maar ‘n voorreg as jy aan die einde van die jaar ‘n bonus of dertiende tjek kan ontvang. Eer God daarvoor deur aan Hom ‘n tiende ook daarvan te gee. Die Here Jesus moet altyd eerste wees in alles wat ons doen! oOo

13e TJEK Mal 3:10 – “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.”

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za

9


FOTO-NUUS Bid op Kasteelberg - 7 September

Die groep van 17 wat saam gaan bid het op Kasteelberg. Kom doen saam volgende keer.

Bid By Dorp Se Poorte 21 September 2014

Verskeie ingange van die dorp.

Gesinsdiens - Vat Vyf 21 September 2014

Past. Smit gesels met Henk v/d Westhuizen (Links) en Stephan Cloete (Regs) oor hul gunsteling musiek.

Susters Kamp - 26 tot 28 September 2014

Dis die huisies waarin ons gekamp het.

Lekkerste vis & chips!!! Links: Hier lĂŞ ons en wag op die Here. Regs: Hier vaar ons op die Bergrivier.

10

Die sussies deel met mekaar.


Pretloop - 4 Oktober 2014 Pannekoek!!! Reg vir die 5km. stap.

Hier word “hasie” gespeel.

Quad bike ritte!!!

Boereworsrolle!!!

10 Jaar Gedenkfees - 5 Oktober 2014 Links: past. Nico Botha was die prediker van dié geleentheid. Hier word die pastoorspaar weer aan die Here opgedra vir die jare vorentoe.

Huweliksdiens - 19 Oktober

Toutrekspan!!!

‘n Heerlike potjiekos ete is aan die hele gemeente voorgesit .

Doop Links: Pierrie Lambrechts (14 September 2014) Onder: Daleen Dolmach, Mia, Mialise en Miscke du Toit. (26 Oktober 2014)

Hier word al die paartjies se trou beloftes weer bevetig teenoor mekaar.

11


Ons

leef in ’n verbruikers-aangedrewe samelewing, oftewel, ’n “consumerist society.” Menslike verbruikers stel nie daarin belang om by ander iets te leer nie. Hulle is nie leergierig nie, maar verbruik-gierig. Hulle vra nie watter lewenslesse ander vir hulle te leer het nie, maar watter voordele mense vir hulle inhou. Die dag as jy jou nuttigheidswaarde vir sulke menslike verbruikers verloor het, dan stoot hulle jou eenkant toe. Dan soek hulle nuwe slagoffers wat hulle van vooraf kan opgebruik. Geen

Verbruikers Se Ander Naam Is Dwase wonder nie dat Spreuke sulke menslike verbruikers met slegs een woord tipeer: dwase! Dwase is totaal en al onleerbaar. Hulle is selfsugtig. Hulle steur hulle net mooi niks aan goeie raad of eerlike teregwysings nie. Hulle soek nooit na goeie advies nie, net na byvoordele. Hulle soek nie hulp nie, net geleenthede. Hierteenoor loop wyses altyd op die pad van goeie verhoudings. Dit begin vir hulle in God se teenwoordigheid. Sy eer en sy erkenning tel vir hulle alles. Nooit probeer hulle Hom verbruik nie.

12


ONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met

Betty Hendricks  WAAR IS JY GEBORE? Kimberley  WATTER SOORT WERK DOEN JY? Huisvrou  HOE SPANDEER JY JOU VRYE TYD? Ek lees en vul blokkieraaisel in.  WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die samekoms Sondae en die omgee en liefde in die gemeente.  AS JY ‘N BYBELKARAKTER KON NOOI WIE SOU DIT WEES, WAT SOU JULLE EET & WAAROOR SOU JULLE GESELS? Hannah; Hemelse brood; Moederskap  NA WATTER MUSIEK LUISTER SUSTER GRAAG? Hillsong  WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT DIE HERE AL IN JOU LEWE GEDOEN HET? Die Here het my lewe so wonderlik kom omdraai, waar ek eens op die tyd iemand gewees het wat nie omgegee het nie. Die Here het nou baie liefde in my hart kom sit.  WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Geestlik sal groei en dat my man tot bekering sal kom.  WAT SOU JY GRAAG VIR DIE HERE WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? My hele lewe aan die Here wou gee met als wat ek het.  WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Baie dankbaar vir my kinders  WATTER EIENSKAP IN JOU LEWE FRUSTREER VIR JOU DIE MEESTE? Ongeduld; hou nie van wag nie.  WAT SIEN JY AS DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Verdraagsaamheid  WAT LAAT JOU GLIMLAG? As ek God se Genadehand oor my kinders en kleinkinders se lewe aanskou.  WAT SIEN JY AS DIE SIMBOOL VAN CHRISTENSKAP? Hande wat opgehef word tot Sy eer.

13


Vriendskap (2) Vraag: Kan jy vir my vyf

einskappe

mooi

van

goeie

vriende noem?

14

Jy Kan Jouself Wees Sonder Om Ver-oordeel Te Word Dis ‘n luuksheid vandag, want ons leef ‘n in dag waar almal omtrent al die foute van ander ken en tog so graag wil oordeel en veroordeel. In hul eie oog is die balk sodat hulle beswaarlik kan sien, maar die splinter in die oog van die medemens moet pynlik en terdeë uitgehaal word (Mat. 7:3-5). Ek dink dat die bedoeling van genoemde Skrif gedeelte is: Jy sal lewenslank doenig wees om die balke uit jou eie oë te haal dat jy nie klaar gaan kry om by die splinter van jou medemens uit te kom nie. Hoe kosbaar en wonderlik, as jy ‘n vriend het wat doelbewus jou tekorte ignoreer maar eerder op jou goeie hoedanighede fokus. Vriende Praat Nie Uit Nie Dis baie kosbaar as jy ‘n ware vriend het teenoor wie jy jou hart kan uitpraat en weet dis veilig; dit sal nie oorvertel word nie. Ons het almal sulke veilige vriende nodig. Maar watter doodskoot is dit nie vir mense om later

te moet uitvind, dat die persoon wat hy of sy vertrou het en hulle hul hart ontbloot het, het alles iewers gaan uitblaker. Hoe vertrou sulke mense ooit weer!? Vriende vergewe mekaar Daar kom verskille en misverstande tussen die beste vriende net soos in elke huwelik. Daarom voel ek dat die belangrikste element in verhoudinge is die van vergifnis. As ons nie kan vergewe nie moet ons liewer nie vriende hê of mense om ons toelaat nie, want een of ander tyd oortree ons teenoor mekaar. Hoeveel keer moet ek iemand vergewe en bygesê, die ander persoon vir my? Jesus sê sewentig maal sewe (Matt. 18:22) beteken maar net:

 Ek moet elke keer vergewe as hy of sy berou het en om vergifnis vra (Luk. 17:4).

 Ek moet selfs vergewe en vry spreek al vra iemand nie om verskoning nie (Mark. 11:25).

 Daar is geen

(past. Piet Smit) beperking op die hoeveelheid kere nie. Wees ‘n Vriend Teenoor Almal Vriendskap moet verdien word. Ek moet eers ‘n goeie vriend wees teenoor ander voordat ek kan verwag dat hulle my as ‘n vriend sal aanvaar. Dus, laat ek en jy die een wees wat uitreik na alle mense en ‘n vriend wees vir alle mense. Jou gebrek aan vriende beteken, jý is nie ‘n goeie vriend nie. In Die Gemeente Jesus het aan die einde van Sy aardse bediening begin praat van sy dissipels as “vriende” (Joh. 15:13-15). Hulle het so na aanmekaar gekom dat hulle vriende vir mekaar geword het. Volgens Jesus:

 Doen vriende alles vir mekaar (Joh. 15:14);

 Deel hul alles met mekaar (Joh. 15:15);

 Moet hul selfs hul lewe vir mekaar aflê (Joh. 15:13). In Jesus se gemeente is almal vriende … (Vervolg)


(Ingestuur deur Sonnet van Meyeren)

Ons lees in Numeri 11 dat selfs Moses mismoedig geword het en wou doodgaan. Ek wonder hoeveel predikers, hulp -kategete wat Sondae help om ons kinders toe te rus sodat hulle tot volwassenheid in hulle geloof kan groei en bv. koorlede al bedank het oor die gedurige gekla van gelowiges wat gewoond geraak het aan hulle seëninge. God het die Israeliete gestraf omdat hulle so gekla het. Hy het vir hulle die vleis gegee waarna hulle so gesmag het, maar daardie vleis het die dood meegebring. Dit sou beter met hulle gegaan het as hulle tevrede was met die manna! "Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar hulle van siekte laat wegteer" (Ps. 106:15). Die beste genesing vir die sonde om jou seëninge as vanselfsprekend te aanvaar, is dít: Sê elke dag vir God dankie vir alles wat Hy vir jou gee en alles wat Hy vir jou doen. As ons uit ons harte uit dankbaar is, omdat ons in verwondering staan oor God se genade en goedheid, sal ons nooit God se seëninge as vanselfsprekend aanvaar nie. Net soos 'n klein kindjie heeltyd verwonderd is oor alles wat die lewe hom bied, so moet die volwasse gelowige verwonderd staan oor God se

gawes en al die maniere waarop God voorsien. Hoekom moet God ons seën? Wie is ons dat God vir ons moet omgee? Die wortel daarvan dat ons ons seëninge as vanselfsprekend aanvaar, is hoogmoed. Ons vergeet dat ons uit genade gered is, nie omdat ons dit verdien nie, en dat dit ook genade is dat ons nie vergaan nie. Hoogmoed laat ons kla en kritiseer, en hoogmoed kom tot 'n val. Wees versigtig om nie jou seëninge as vanselfsprekend te aanvaar nie!

Gebed:

Liefdevolle Here, word U nooit moeg van goed-wees vir my nie? Waarom is ek dan so traag om my liefde vir Ú te wys deur goed te wees vir ander mense? Soos U vreugde het aan die geluk van u kinders, laat my tog ook vreugde vind in diens aan my naaste. Ag, Here, gee my wat ek nie het nie. Máák my wat ek nie is nie. Laat die bewyse van u vergewende en genadige liefde teenoor my, my aanspoor tot geduld en vergifnis en genade teenoor ander.

Amen

15


(Elsabe v/d Westhuizen) (Vervolg vanaf Okt.)

Wat is hierdie lewenstyl waaraan jy jou meet. Daar is net twee reëls wat jy moet onthou dan sal jy die ag wat daarna volg vanselfsprekend aanvaar. Jy sal nie steel nie, jy sal nie moor nie, jy sal eerbied hê vir jou vader en moeder en vir ander mense. jy sal nie begeer nie. Matteus 22: 37 – 40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste gebod. Die tweede gebod: Let op wat dit hier sê! wat gelykstaan met die eerste gebod, nie minder nie en ook nie meer nie, maar gelyk! Jy moet jou naaste liefhê soos jouself! In

hierdie twee gebooie is die hele wet saamgevat. As jy hierdie twee wette vat en jou eie maak is ek seker daarvan dat jy na jou gewete sal luister wanneer dit weer met jou praat. Waar kry jy dit. By God ons Heer. Vra Hom net. In alle eerlikheid en berou en leef die lewe soos dit God behaag. Ps. Moet nooit aan iemand doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Groet hulle met die woord Salanté: Ek wens vir jou toe wat ek vir myself toewens. En ons wens tog net goeie goed vir ons self toe. Is dit nie? Gods rykste seën aan elkeen van julle. (Slot) oOo

“U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” Psalm 119:105 16


(Dr. James Van Zijl)

(Vervolg van Okt.)

voering wat in ons Transvaalse hoofstad gehou is in ‘n baie deftige opera-huis. Daar was nou die room van ons land se intelektueles en kunstenaars saamgetrek die keurige klere was pelse en aandpakke. Die orkes het voorwaar puik vertoon, en toe die swaar gordyn sak begin die handeklap en toejuiging. Die gehoor van deftiges staan op en hou aan “Loof hulle My of is hulle by ‘n klap, voete stamp, fluit en juig vir ‘n baie begrafnis?” Dit het beslis gelyk of hulle lang tyd waartydens die gordyn goed by ‘n begrafnis was! vyfmaal gehys en gesak het! Die gehoor Die volgende program het die naweek se was ook buite hulle-self van waardering sportnuus ingesluit en daar wys hulle toe en vreugde oor dit wat die orkes hulle uittreksels uit die vorige middag se rugby- aangebied het! wedstryde, o.a. ‘n Wel, die stem van toets-wedstryd wat die Here was weer op Nuweland daar. “Is jy nou gespeel was tussen oortuig van die die Springbokke en vreugdelose, die Franse-span. lewelose Toe daardie vyftien sogenaamde manne in groen-enlofprysinge goud op die veld waarmee Ek moet draf toe is dit of tevrede wees? Besef jy nou hoe swak daardie skare van 60,000 uit hulle velle dit vergelyk met dit wat vir mensegaan spring van blydskap soos hulle juig optrede gegee word! Kan jy verstaan en klap en waai! hoe My hart hierdeur geraak word?” Weereens hoor ek die stem van die Here: “Ja Here!” was my uitroep, want die “Nou sien jy hoe mense geprys word, verskil en die tragiek daarvan, was vir my en kyk hoe was Ek geprys.” toe baie duidelik en ek het met nuwe ywer My onmiddellike reaksie was: die Woord bestudeer om spesifiek uit te “Maar Here, U kan dit nie vergelyk nie, vind hoe ons Heerlike Here geloof en want so ‘n klomp rugby-entoesiaste raak geprys wil wees, want Hy is tiendusend buite hulle-self”. maal waardig! Die Here is geduldig en Hy wys my toe (Vervolg Januarie 2015) verder. Die volgende program wat aangebied was, was van ‘n orkes-uit-

In elkgeval, die sondag-aand kyk ek toe so ‘n bietjie televisie en sien o.a. ‘n kerkdiens wat gebeeldsaai is uit juis een van hierdie kerke waar alles so stemmig en on-emosioneel moet wees. Met lang gesigte is psalms en gesange gesing. Toe vra die Here my:

17


Laat julle liggie skyn. (Anne-Beth)

Hy sien vir Pietie. Hy ma by die huis kom kon hy nie wag om staan hier reg voor haar te vertel wat alles hom en net voor met hom gebeur het hulle in die klas nie. Sy ma berispe instap draai Pietie hom omdat hy met ’n om en glimlag vir Jannie en gee sy vreemde man gesit en gesels het. maar haar hand vir hom en sê hart sing omdat haar dan hy is jammer seuntjie weer lag. omdat hy so onbeskof met hom Jannie staan op die was en hy sal bly kafmied en kyk oor die wees as Jannie sy wye vlakte uit. Hy en vriend sal wees. sy ma kuier op die Jannie kon dit nie glo plaas van oom Gerrie. Hy het gisteraand nie. Daardie middag stap hy met ’n lied in gehoor toe hulle praat in die kombuis toe sy hart huis toe al hulle gedink het hy lê weet hy hy moet al en kyk televisie. Oom weer daardie kwaai Gerrie het sy ma gevra tannie trotseer. Vandag gee hy nie om met hom te trou en by hom hier op die om nie. plaas te kom bly. Hy Jannie klop aan die het gehoor hoe hy sê tannie se deur. Sy dat hy graag ’n pa vir maak oop en nooi hom klein Jannie wil wees.. vriendelik in en nooi En hy het amper hom dan om by handegeklap toe sy ma haar te kom sit. ja gesê het, maar hy Hulle drink tee en het darem betyds eet die lekkerste agtergekom dat hy koek. Jannie weet nie eintlik staan en wat vandag aan die afluister het en toe gang is nie maar hy kla maar saggies nie. Skielik is die omgedraai het en weer lewe vir hom lekker. sitkamer toe geloop. Daardie aand toe sy 18

Hy hou van oom Gerrie. Hy is vriendelik en sag nes die oom wat hy ’n paar maande terug op die skoolterrein ontmoet het. Hy het die oom nooit weer gesien nie. Jannie is gelukkig. Later daardie dag nooi Gerrie vir Jannie om saam met hom te ry en te gaan kyk of alles reg is in die beeskamp ’n entjie van die huis af. In die beeskamp staan Jannie agterop die bakkie en kyk deur oom Gerrie se vêrkyker na die berg vêrder voor hulle. Dan gewaar hy iets soos ’n gat in die berg en hy vra aan oom Gerrie wat dit kan wees. “Jannie dit is ’n ou trein tonnel wat baie jare terug gebruik is. Wil jy gaan kyk”. “Asseblief oom as ek mag” (Vervolg)


OORGAWE GEBED As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4) ”Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit 022-487 2200 19


Gesinsdiens 19 Oktober 2014

‘n Heerlike aand met vasvraespeletjies, aangebied deur Paul Cloete. Die tema was groen!

Voorstelling 21 September 2014 Regs: Pierrie Lambrechts, Jana en Cobus Alberts met hul pragtige kinders. Baie welkom by ons gemeente.

Lofdanse - 26 Oktober 2014  

Dawid Gous se pappie Mari Carstens se stief pappie MET ‘N DOEL

Bo: Die groep nl. Koningskinders Vir Jesus het vir ons “Come Now Is The Time To Worship” mimiek. Hulle is almal van ons gemeente. Kosbaar!

Advertensies Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker kontak: 022-487 2200 @ net R25 per maand

20

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!! oOo

Regs: Die “link” na ons facebook blad.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.