Aptytwekker Junie 2012

Page 1

JUNIE

ptytwekker ppetiser

2012

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

Saaityd in die Swartland. Foto geneem nadat die son gesak het op Martin Slabber se plaas, Sandkloof.

• • • • • • • •

NUUS VAN DIE HERDERSPAAR WIL JY GEDOOP WORD? GEWIG VAN ONS WOORDE THE BRIDEGROOM COMETH EK WENS….. OF DALK NIE BLOKKIESRAAISEL OORGAWE GEBED SOULWINNING.

• • • • • • • •

FOTO NUUS AL BRUIS DIE JORDAAN PLANNING HANDBOOK LIEG JY (3)? SOEK DIE ANTWOORD ONS STEL BEKEND INKLEURPRENT ADVERTENSIES


NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

A

an God al die ere. Hy’t wonders gedoen …!

Ons kyk terug oor een van die wonderlikste Pinkster tye! Ons het regtig ‘n besoeking van die Here gehad. Soveel mense is aangeraak en het iets van die Here ontvang, sodat ons nie kan ophou om die Here te prys en te eer nie! Daar was soveel manifesterende krag van die Here aand vir aand. Mense is eg vervul of gedoop met die Heilige Gees met die spreke in ander tale (Hand, 2:4; 10:46; 19:6) as die eerste teken. Ek het vele se getuienisse gehoor en hulle ervaringe met die Heilige Gees, wat nie in twyfel getrek kan word nie. Baie het gesê dat hulle is so spyt dat die Pinkster oor is en hulle verlang na nog dienste. Nou is dit ons plig om vol te bly en by die Here te bly en die eenvoudigste en beste is: ♦ Doen iets vir die Here. Begin 2

net! Raak betrokke by die kerk of enig iets wat jy voel om vir die Here te doen. Vind jou bediening of gawe en vloei daar in. Daar is min dinge so vervullend as om dit te begin doen waarvoor die Here jou geroep het. Wat is ‘n mens se bediening? Dit wat jy graag wil doen vir die Here, wat jou eintlik frustreer as jy dit nie kan doen nie. En dan wanneer jy dit doen, is dit ook ‘n seën vir ander. ♦ Hou aan om die Here te soek. Soek Hom in jou binnekamer. Bring ‘n ou offertjie vir die Koning en lees jou Bybel en bid gereeld. Woon alle dienste by en die Seldienste indien dit in jou vermoë is.

Onthou die Here het ons damme volgemaak met Sy Gees, maar nou is dit ons plig om dit vol te hou. Past. Piet & Susan Smit


WIL JY GEDOOP WORD? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit (022-487 2200)

DIE GEWIG VAN ONS WOORDE (Stefan Joubert)

T

aal leef. Woorde het

Harde, liefdelose taal is so ge-

gevolge. Kyk net hoe ‘n

vaarlik soos geweerskote. Die

doodgewone woordjie soos

Spreukeboek noem dit messteke.

“dankie” mense se lewens

Dit verwond mense. Daarom dat

beïnvloed. Of ‘n kort sin soos: “Ek

Spreuke en die Psalms sê ons

gee om!” Die drie skaarste

moet ons woorde elke keer weeg

woorde op aarde, “Ek is jammer,”

en tel. Ons moet die gewig

is ewe kragtig. Aan die ander

daarvan verstaan voor ons dit

kant maak skerp woorde seer.

(Vervolg op bl. 8)

3


(Gloria Copeland)

And at midnight there was a cry arrival was announced. Stay full made, Behold, the bridegroom of the oil of the Holy Spirit and cometh; go ye out to meet him. with your light shining! – Matthew 25:6 Don't get caught sleeping when The Spirit of God is delivering a Jesus returns. Wake up now to vital message to you today: Get the Holy Spirit. Let Him put you ready for Jesus' return! It's an on the inside track and get you old message. But there's a fresh ready for your Lord. Because just urgency to it. An urgency you as Jesus foretold, there is a cry can't afford to ignore. going out at midnight. The Spirit of the Lord is announcing His return. Some believers make the mistake of saying, "Oh well, I just don't Can you hear it in your spirit? think we're supposed to know Can you sense the Lord saying, about the Second Coming. It's "Get up and come out to meet supposed to come upon us like a Me. Fellowship with Me. Get in thief in the night!" the light now, and at that crucial hour, you'll be on the inside of My But they're wrong. The Word of plans." God says that as children of light we shouldn't be taken by Obey Him quickly. For, behold, surprise. We should be so keen the bridegroom cometh! in the Spirit that even though we Scripture Reading: don't know the day or the hour, Matthew 25:1-13 we should sense that the seaoOo son of Jesus' return has come. First Corinthians 2:10 tells us that God reveals His plans to us through His Spirit. I suspect that those who are walking in the Spirit on the day the Lord comes again will actually begin to anticipate that something is about to happen.Be like the five wise virgins in Matthew 25 who were prepared when the bridegroom's 4

Facebook ICON


EK WENS ... OF DALK NIE (Stefan Joubert)

E

k wens soms ek kon

daardie “before-and-after”

makliker glo, soos

advertensies klink. Vroeër was

daardie tannie wat nou alles net sleg in hulle lewe, maar

die dag sê sy twyfel nooit. Of dalk

nou sweef hulle op ‘n wolk van

nie... Dalk wil ek juis nie so glo

nimmereindigende oorwinnings.

nie. Om te glo sonder om ooit te

Wanneer mense se getuienisse

worstel met die

net bestrooid

groot vrae van

is met

die lewe, is ‘n

deurbrake,

geloof wat in motbolle verpak is. (Onthou jy — in die ou dae het ons sulke giftige klein balletjies in ons hangkaste gebêre sodat die

gebedsverhorings, seëninge en

vismotte nie gate in ons truie vreet oorwinnings, dan voel ek uit my nie. My wintersklere het altyd aan

diepte. Geloof hier aan my kant

die begin van die somer na

van die draad is ‘n daaglikse stryd.

formalien of so iets geruik.)

Elke dag moet ek van voor af kies om

Om een of ander rede dink ek aan op Jesus se pad te loop en sy kruis te motbolle as ek hoor van “superChristene” wie se geloof soos

dra. Daagliks is daar enigiets vanaf (Vervolg op bl.. 8)

5


1

2

3

8

4

5

6

7

9

10 11

13

16

12

14

15

17 18

19

20

21

22

DWARS 1 Goedertierenheid 4 Kragtige 8 Naaktheid 10 Eerste mens 11 Deur wind aanbring 13 Van geen belang 16 Dit klink of dit ‘n bolvormige koffer is, maar eintlik soek jy in onsekerheid 18 Laat dit so wees 19 Voorouer 21 Hierdie werkwoord is aanvanklik nie oop nie, word aan die einde geskenk, maar in werklikheid word daar geswig 22 Hy word die Getroue genoem (Op. 19:11) 6

AF 1 2 3 5 6 7 9 12 14 15 17 19 20

Inwoner van Gerasa Laban se taal Ou Bybelse maat vir droë ware Uitspruitsels (Matt. 13:32) Hulle kry hoofletters Agting Wesleyane Iemand wat toegang verkry op onbeskaamde wyse Sikliese koraalkomposisie, dikwels vir kerkgebruik Pennings Moeë Sy ma het die verbode vrug geëet ‘n Bybelse stad (Jos. 11:2)


Oorgawe gebed As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:”(Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U

Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie.! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woordgemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! 022-487 2200

MET ‘N DOEL Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

7


Ek wens ... of dalk nie

DIE GEWIG VAN ONS WOORDE (Stefan Joubert)

(Stefan Joubert0 (Vervolg vanaf bl. 3) (Vervolg vanaf bl. 5)

praat of skryf. oorwinnings, struikelings,

Om te praat sonder om te dink is

deurbrake en toe-deure op my

gelyk aan dwaasheid. Die

pad. Daagliks is daar ook

volgorde is altyd andersom: eers

teleurstellings en vreugde.

dink, dan praat. Ons moet ons

Partykeer wil ek my kop in

woorde twee keer herkou

skaamte laat sak dat ek die

voordat dit oor ons lippe

naam Christen dra. Ander kere

wegvlieg in die rigting van ander

wil ek van die bergtoppe af

se ore. Want woorde wat

uitskree dat Hy Heer is. Nooit

eenmaal kwytgeraak is, het ‘n

word die pad juis makliker nie.

lewe van hulle eie. Die skade

Tog wil ek met alles in my verder

wat hulle aanrig, kan moeilik

stap saam met Jesus. Ek wil niks

omgekeer word. Vra dus vandag

anders doen as om Jesus

vir die Here om jou woorde in sy

enduit, en as dit moet: dieper die

hemelse genade te doop voordat

storms in, te volg nie. Hy trek my

dit by jou mond ontsnap. Vra

magneties nader deur sy Gees.

Hom om jou taal in ‘n

Saam met Paulus wil ek tussen

geneesmiddel te verander in

my teenslae en klein

plaas van ‘n lewensgevaarlike

oorwinnings deur uitroep: “Vir my

wapen wat ander vol

is om te lewe gelyk aan

kneusplekke slaan. Praat

Christus!”

woorde van lewe en kyk wat $$$

8

gebeur!


Today, I would like to share with you something that has been really bothering me for the last year or so.

rejection. But we have to understand that winning souls is different for everyone.

This is about "soul winning." Sadly, soul winning is not the most exciting activity for most Christians. They would rather pray for the salvation of someone than to talk to them and introduce them to Christ. I was reflecting on this topic in one of my devotional times. And I asked myself, "Why is it hard to share your faith?" I think I found the answer. Look, we all know that it's the enemy's hand at work, intensifying the fear of

Unfortunately, there are a lot of training programs and seminars that teach how to share your faith with strangers that will lead them to accept Christ on the spot. These exercises trying to have a one-size-fits-all strategy to testify faith. But this "cookie cutter" approach is not going to work in most cases. How can I be sure? Let me ask you this... (Continued on page 15)

9


FOTO-NUUS Susters Kamp - Bainskloof - 11 tot 13 Mei 2012

Oppad na die kamp het ons vroue besoek afgelê by Sunfield Ho me. Van die inwoners het vir ons vermaak met hulle passies. Petrus Smit het by ons dames gesit en tee drink. Lekker sjokolade koek het ons vir hulle saam geneem. Die inwoners het vir die dames gewys wat kan hulle met hul hande maak. Elkeen het iets wat hy maak of doen. Dis soos’n groot familie. Saterdagoggend is daar afgeklim na die rivier. Die water wat oor klippers kabbel was so strelend. T wee-t wee het lekker saam gebid.

Die oudste op die kamp, Stiena Smit, het met oorwinning die ‘berg’ uitgeklim. 10

Amper bo teen die berg is daar eers na die mooi uitsig gekyk. Party het eers herstel na die verskriklike klomp draaie en afgronde. Nie geweet ‘n berg is so hoog nie!!! Die spreekster was Claudette Smit. Tema van die kamp: VOLKOME VROU IN JESUS.

Die etes was uitstekend. Daar is selfs potjiekos gemaak en Louis Braxton en sy gesin het daardie Sondag vir ons kom braai. Was dit nie heerlik nie!!! Moet volgende keer nie uitmis nie, né!


Jeug Byeenkoms

Bergklim - 12 Mei 2012

Soos altyd was dit ‘n belewenis. Na die tyd het van hulle selfs die koue water in die dam aangedurf!!!

Voorstelling - 20 Mei 2012

Die jongmense wat saam kuier rondom die kitaar.

Doop - 20 Mei 2012

Links: Henrita Roberts Onder: Kaylin Davids

Baie welkom in ons gemeente. Van links na regs: Venessa, SanMari, Marnus, Suretha & Hennie Aucamp; Ettienne Havenga, Anina & Paul Cloete met kinders. Wêreld Biddag - 27 Mei 2012 Getuienis

Hier getuig Terina van der Merwe van hoe goed die Here is en haar man wat ‘n hartaanval gehad het, herstel het. Sondag die 27ste Mei het al die kerke in Malmesbury bymekaar gekom om saam te bid tydens die Wêreldbiddag in die gemeenskapsaal in Wesbank. Van ons aanbiddingspan het ook deel geneem aan die groot gesamentlike aanbiddingspan. Ons dank elke deelnemer en elkeen teenwoordig as ook die organiseerders daarvan. 11


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

(Vervolg vanaf Mei)

Skynbaar vrolik gesels ek op pad daarheen, maar my bene was so lam dat ek skaars die trappe kon opkom. Dit voel of ek riviere vol brandende trane moet terugveg. ,,Nou ja, al die seën van die Here vir jou,” en my vriende was weg! Aan die een kant voel ek slegter, want ek het gehoop die sekretaris sou vra of die tesourier die geld gegee het en dan sou hy gou-gou ‘n plan maak. Aan die anderkant voel ek egter beter, want nou is ek alleen met my beste vriend, Jesus. Nou kan ek regtig bid en hulp en raad by Hom soek. Die Klerksdorptrein stoom in en die passasiers stap almal in. Ek bly op die perron sit. Benoud en ernstig roep ek in stilte na die Here. Tog is daar so ‘n troos in my hart dat ek aan Jesus behoort en weet dat Hy sy kinders altyd sal help. Die tyd voor die trein se vertrek word al minder. Tien minute, sewe, ses. Ek bid, en loer telkens na my oorlosie. Presies vyf minute voor elf, sien ek ‘n ou vriend van my, ‘n evangeliedienaar, aankom. ,,Hoekom sit jy hier, Sannetjie?” vra hy verbaas. ,,Die trein vertrek nou. Ek is juis amper laat”. Toe 12

kom die trane en kort en vinnig vertel ek my storie. Daar was nou nie kans vir hoogmoed nie, ek moes net die waarheid praat. Hy lyk geskok, steek vinnig sy hand in sy onderbaadjiesak, haal ‘n tweerandnoot uit en sê: ,,Hardloop gou vir die kaartjie. Ek sal vir ons twee se bagasie sorg”. Ek neem die geld, hardloop soos ‘n wind die trappe af, deur die gang tot by die kaartjiekantoor. Toe ek weer terug kom op die perron, vertrek die trein net. My vriend staan op die balkon. ,,Spring,” skree hy. ,,Ek vang jou.” Ek bid saggies, g r y p d i e handvatsel, en spring. Hoe bly was ek toe ek veilig sit. Sy kant van die storie was soos volg: ,,Ek het ‘n uitnogiging ontvang om die naweek by die konferensie te gaan preek. Alles was gereel dat ek drieuur sou vertrek. Toe ek egter vanoggend wakker word, sê ek vir my eggenote: ,Weet jy, ek voel ek moet die elfuurtrein na Klerksdorp haal.’ ,Ag waarom so vroeg gaan,’ werp sy teë. ,Ek weet nie Mammie, maar ek ken die Here se leiding in my lewe; as ek voel (Vervolg op bl. 18)


(Vervolg vanaf Mei)

Personality:

HANDBOOK 2012

21.

22.

23. 24.

No one is A in charge of your happiness except you. Realize that life is a school and you are here to learn. Problems are simply part of the curriculum that appear and fade away like algebra class but the lessons you learn will last a lifetime. Smile and laugh more. You don't have to win every argument. Agree to disagree...

Society: 25. Call your family often. 26. Each day give something good to others. 27. Forgive everyone for everything. 28. Spend time with people over the age of 70 & under the age of 6. 29. Try to make at least

30. 31.

three people smile each day. What other people think of you is none of your business. Your job won't take care of you when you are sick. Your friends will. Stay in touch.

Life: 32. 33. 34. 35. 36. 37. 38. 39.

Do the right thing! Get rid of anything that isn't useful, beautiful or joyful. GOD heals everything. However good or bad a situation is, it will change.. No matter how you feel, get up, dress up and show up. The best is yet to come.. When you awake alive in the morning, thank GOD for it. Your Inner most is always happy. So, be happy. oOo 13


LIEG JY? (3) ( Past. Piet Smit)

Pred. 5:1 – “Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.” Pred. 5:2 – “Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.” Pred. 5:4 – “Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.” Pred. 5:5 – “Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie,” N.a.v. Pred. 5:5 kan jou woorde jouself siek maak deurdat jy beloftes maak wat jy nie na kom nie en wat die toorn van God verwek. Gevolglik trek God Sy hand van beskerming van jou af en die vyand se pyle tref jou in jou liggaam. Daar is mense wat heeldag loop en goed belowe om indruk te maak, maar niks daarvan realiseer in die praktyk nie. Kom ons word prakties en volg ‘n paar wenke en riglyne om bogenoemde te voorkom: Dink voor jy praat. 14

Praat nie te veel nie ... Pred. 5:5a (Die Boodskap) – “Moenie dat baie praat jou in die moeilikheid bring nie.” As jy iets belowe het, moet jy dit ook doen. Moenie goedkoop beloftes maak wat jy nie kan na kom nie. As jy besef jy kan nie ‘n afspraak of ‘n belofte na kom nie, maak vroegtydig verskoning. Vergoed selfs, as dit nodig is. Moenie net stilbly of verdwyn of maak asof dit maar niks is nie. Met jou beloftes het jy ‘n verwagting by ander geskep. Gevolglik gaan jy hulle teleurstel en daarmee saam breek jy jou eie naam af en bring jy as gelowige oneer op God se naam (Rom. 2:24)! Moenie sommer dinge sê en beweringe maak as jy nie absoluut sekerheid het van die feite nie. As jy nie heeltemal seker is nie, voeg die woorde by: “Ek spreek onder korreksie” of “ek dink so, ek meen so.” Pred. 5:5b (Die Boodskap) – “Waarom wil jy God met al jou gepraat kwaad maak?” Kom ons (Vervolg op bl. 16)


you, like you, and trust you. Do you remember the first time They're more receptive to you you attended a church service and, because of this, there's a or Bible study? Who invite you higher chance that they'll to it? accept Christ. (Continued from page 9)

When you accepted Christ, who led you to it?

But how can we share faith with a stranger?

For most of us, The first step is to we were build a good introduced to relationship with Christ by that person. Be a someone that friend and don't we know, like, shove your faith and trust. It down his throat. could have been your neighbor, co-worker, friend, of Winning in everything takes your golf buddy. Not a stranger. time and soul winning is no different. You can't win Not many know it, but we all someone by just sharing your have this "circle of influence." faith. Start by being human. These are the people who surround us in our day to day Build a relationship. Develop lives. trust. Let them see that you're different. Then share your faith So if you would like to share with them. your faith, you have to begin with your circle of influence. *** Because these people know 15


JOKE On a crowded bus, one man noticed that another man had his eyes closed. "What's the matter? Are you sick?" "No, I'm okay. It's just that I hate to see an old lady standing."

Pinkster 2012

SOEK DIE ANTWOORD VORIGE KEER SE ANTWOORD ONWAAR! Nehemia het die mense verbied om op die SABBAT goed te verkoop en nie die Sondag nie (Neh. 13:15-21). Dit was ‘n uitvang vraag. Daar is ‘n groot verskil tussen die Sabbat wat vir die Jode onder die Ou Testamnet was en die Sondag van die Nuwe Testament waarop Jesus opgestaan het en wat ons as gelowiges vier. Niemand het die antwoord reg gehad. HIERDIE KEER SE VRAAG In watter evangelie lees ons van 6 drome? Sms jou antwoord en skryf: “Soek die antwoord” en antwoord en jou naam. Sms na 073 447 2902

Pinkster laat my glinster! Wat ‘n belewenis! Elkeen wat daar was en wat dit self beleef het, sal kan getuig van die goedheid van die Here! Woensdagaand (23 Mei) is ons Pinksterreeks afgesluit met nagmaal. Op die foto staan past. Piet Smit waar hy nagmaal bedien. Dankie vir jul teenwoordigheid elke aand, al was dit koud. Die Here seën julle. 16

LIEG JY? (3) (past. Piet Smit) (Vervolg vanaf bl. 14)

wees mense van waarheid, wat alles openlik bedryf en gou is om ons foute te erken. Verseker sal die seën van die Here op ons rus! oOo


ONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met

Clara Matjotjie ♦ WAAR IS JY GEBORE?

Saron ♦ WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER?

Huisvrou ♦ BEOEFEN JY ‘N SPORT? ♦

♦ ♦

♦ ♦ ♦

♦ ♦

Nee WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die vriendelikheid in die gemeente. WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Susan Smit (Goed is vir ons) WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER? Jim Reeves WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die Here my uit diep dinge uitgehaal het, waarin ek was. WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Kerrie & rys HOE ONTSPAN JY? Lees boeke WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Sal graag in ‘n kleuterskool wou werk. WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Dat die Here my gered het. WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Dat die Here my familie moet red. WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? As iets nie reg gaan in die huis nie. 17


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Van dorp tot dorp het ek gereis en ‘n week by elke gemeente dienste gehou. Die Here het my magtig geseën en gebruik. Die nuus van ,,Nou verstaan ek al die dinge wat waarom ek hierdie Hy gedoen het, trein moes neem. het vinnig Die Here wou my versprei. die voorreg gee Uitnodigings van om jou uit jou oor die hele land benoudheid te het ingestroom, help.” Met groot soveel so dat ek blydskap het ek vir die volgende die Here Jesus twee jaar vol gedank. bespreek is. Ek het nog ‘n tyd lank Ek is gevra om aangehou om die Sondagoggend organisasie van die kinders by die konferensie toe die Sondagskool en Jeugwerk ook te spreek. Baie het tot bekering te behartig. Na die eerste jaar gekom. Wat meer is, die egter het die evangeliedienste evangeliedienaars wat daardie soveel tyd ge-eis dat ek die ander oggend toegeluister het, was so agterweë moes laat, en my slegs geroer dat hulle vir my ‘n vier moes bepaal by die prediking van maande lange reisplan deur die die Woord. hele distrik opgestel het. (Vervolg vanaf bl. 12)

ek moet iets doen, dan moet ek gehoorsaam wees.’

(Vervolg volgende maand)

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by:corpuschristi@cybersmart. co.za

18


KLEUR MY IN GEE IN BY DIE KINDERKERK (Laerskool kinders en kleuters)

Naam:

_______________________Tellefoon nr. __________________ 19


Uitstekende diens! Vra Susan Smit

SWART SAKKE a str k E

! rk ste

Pr ob ee rm y! !!

Kontak Hendrik Burger 082 649 4653

Sonopkoms soos gesien vanaf die kerk, in die rigting van Kasteelberg. Die Here se hande werk is volmaak in skoonheid! 20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.