Aptytwekker

Page 1

JULIE/AUGUSTUS

ptytwekker ppetiser

2012

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

Hierdie foto is geneem vanaf ‘n restaurant wat uitkyk op die Olifantsrivier in die Kruger Wildtuin. Dis seekoeie wat hier die son en skoonwater geniet na die groot oorstromings vroeër in die jaar.

Foto geneem deur George Retief

• • • • • • • •

NUUS VAN DIE HERDERSPAAR JEUG MET TONG IN DIE KIES GESÊ SOEK DIE ANTWOORD SILENCE THE CRITICS BLOKKIESRAAISEL REAL FRIEND’S. DAGBOEK VAN ‘N BYBEL

• • • • • • • •

FOTO NUUS AL BRUIS DIE JORDAAN AANVAARDING GOD IS UNFAIR! KINDERKERK ONS STEL BEKEND KINDERHOEKIE ADVERTENSIES


NUUS VAN DIE HERDERSPAAR Ps. 116:12 sê: “Wat sal ek die Here vergeld vir al Sy weldade aan my?” Die opskrif bokant hierdie Psalm is: Danklied van ‘n verloste. Ons weet nie wie dit geskryf het nie, maar dit maak nie saak nie. As jy ‘n verloste is, dan is dit ook my en jou taal en ons woorde. Ek dink onwillekeurig aan br oer G umm y van die Westhuizen in ons gemeente wat so dikwels hierdie Psalm teenoor my aanhaal en dan gebruik hy sy eie woorde: “Ek weet nie meer wat ek kan doen om die Here te vergeld en dankie te sê vir al Sy seëninge!” Ek weet in ons almal se lewens is daar maar ook dikwels goed waarvan ons nie hou nie. Maar die oorgrote meerderheid van seëninge in ons lewens spreek van die Here se goedheid en guns! En selfs die dinge wat op die oomblik krap in jou lewe, is vir die Here niks om te omskep in ‘n heerlike oorwinning! Kan ‘n mens in ‘n erger situasie wees as waarin Sadrag, Mesag en Abednego was toe die vuuroond 7 keer warmer gemaak is en hulle geboeid daarin gegooi is? Maar die Here het hulle daaruit verlos! Ons volk en land sit op die oomblik in ontsaglike krisisse. Maar dink aan die volk van Israel. Hulle was in ‘n erger situasie toe die Rooi See voor hulle gelê het en die Farao met sy leër hulle agterna gejaag het. Maar kyk wat doen die Here; die Rooi See gaan voor hulle oop en God se volk trek droogvoets deur! Halleluja!!! 2

Ek wil jou net herinner aan al die magtige dade van die Here. As jy tans deur ‘n krisis gaan, dink dan daaraan dat God is groter as my en jou krisis. As jy klaar gebid het vir jou probleem dan is dit nou tyd om die Here te begin dank in die geloof vir die uitkoms en die voorsiening (Fil. 4:6)! Mag hierdie kwartaal vir jou ‘n kwartaal wees wat jy sal ervaar wat ons lees in Ps. 34:20 – “Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.” Past. Piet & Susan Smit

Hierdie foto is geneem tydens ons vakansie op Swellendam. Hier sit Ester en klein Francios op Tessa, vriende van ons se ponie.


WIL JY GEDOOP WORD? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit (022-487 2200)

Die jeug het Vrydag 22 Junie 2012 vertrek na ‘n jeugkamp nab y W ellington, naam lik Hephzibah. Daar was verskeie jeug groepe van reg oor die land. Daar was gasprekers en hope geestelike aktiwiteite om te doen. Die kamp Tema vir die naweek was “New Beginnings“ . By die kamp was intieme en deurbrake tye met die Here. God het geweet wat elkeen se behoefte was en het elkeen kom seën op die punt van elkeen se behoefte.

Don't mix your words with your moods.. You can change your mood, but you can never take back your words..!

Ons dank God vir een wonderlike naweek in Hom en dat Hy ons veilig oor die weg gebring het. Verslag deur Estelle Mentoor

3


Is dit waar wat hulle sê? ◊ ◊ ◊ ◊ ◊ ◊ ◊ ◊

Een kind maak jou ’n ouer, twee maak jou ’n skeidsregter. ‘n Huwelik is ’n verhouding waarin een mens altyd reg is en die ander een is die man. Hulle sê ons moet ons belasting met ’n glimlag betaal. Ek het dit probeer, maar hulle wou geld hê. ‘n Kind groei op sy vinnigste die eerste maand nadat jy vir hom nuwe skoolklere gekoop het. Luiheid is net die gewoonte om te rus voor jy moeg is. Ek en my vrou het ‘n ooreenkoms. Ek erken ek is verkeerd en sy stem altyd saam. Mense wat nie vir hulleself kan lag nie, los hierdie plig vir ander. Hulle noem dit ons moedertaal, want vaders kry selde kans om iets te sê.

SOEK DIE ANTWOORD VORIGE KEER SE ANTWOORD Die Evangelie met die 6 drome is, Mattheus. Terina v/d Merwe het eerste die antwoord voorsien. Pragtig Terina! HIERDIE KEER SE VRAAG Wie in die Bybel was bang vir ‘n klap en ‘n vrou? Sms jou antwoord en skryf: “Soek die antwoord” en antwoord en jou naam. Sms na 073 447 2902

4


Silence the Critics For so is the will of God, that with well doing ye may put to silence the ignorance of foolish men. – 1 Peter 2:15 I know from personal experience that when people start to criticize you and persecute you because you live by faith, your natural human response is to want to strike back. It's easy to want to start dishing out a little criticism of your own. "Maybe if they get a taste of their own medicine, they'll shut their mouths," you think. But you know what? They won't. Your words will just add fuel to their fire and they'll criticize you harder and louder than they did before. According to the Word of God, however, there is a way to silence them. Not by arguing with them. Not by defending yourself. But by keeping quiet and continuing to do the good works God has called you to do. Jesus was highly criticized by the religious establishment of His day. But He never fought back.

Gloria Copeland

Instead, Acts 10:38 says He simply went about doing good. When people start riding you about living the faith life, be like Jesus and just keep on blessing people. Keep on praying for folks who are oppressed by the devil and get them delivered. Keep on laying hands on the sick and get them healed. Keep on doing what God has called you to do. That will aggravate the devil because his primary purpose is to make you ineffective for the kingdom of God. He wants you to get wrapped up in the criticism. He wants to distract you, to get your mind off the job God has given you. He really wants you to quit. Don't do it! Instead, follow the instructions in 2 Timothy 3:14 and "continue thou in the things which thou hast learned and hast been assured of." Silence the ignorant criticisms of men by continuing to do good and by continuing to live by faith. And when all their foolish words have faded away, you'll still be standing strong. oOo 5


ANTWOORD VAN VORIGE KEER SE BLOKKIESRAAISEL G

E

N

A

E

R

R

A

A

S

F D

A

M

S

E

T

E

E

O

E R

K

S

B

E

N

D

T

A

T S

T

E T

A

M

M

O

S

O

E

U

E

L

E

R R

E

A

I

N W

A

D

E

N N

D R

S

N

I

T

A

E

D

E

R

1 4 8 10 11 13 16

1 2 3 5 6 7 9 12

6

I

E

O G

I

E

E

AF

22

E

R

I

DWARS

18 19 21

K

E

M

T O

O

K

D

A O

T A

E

I

A

E

M

N

D

D

Goedertierenheid Kragtige Naaktheid Eerste mens Deur wind aanbring Van geen belang Dit klink of dit ‘n bolvormige koffer is, maar eintlik soek jy in onsekerheid Laat dit so wees Voorouer Hierdie werkwoord is aanvanklik nie oop nie, word aan die einde geskenk, maar in werklikheid word daar geswig Hy word die Getroue genoem (Op. 19:11)

14 15 17 19 20

U

M

E

N

R

G

I

E

I

T

E

R

Inwoner van Gerasa Laban se taal Ou Bybelse maat vir droë ware Uitspruitsels (Matt. 13:32) Hulle kry hoofletters Agting Wesleyane Iemand wat toegang verkry op onbeskaamde wyse Sikliese koraalkomposisie, dikwels vir kerkgebruik Pennings Moeë Sy ma het die verbode vrug geëet ‘n Bybelse stad (Jos. 11:2)


Oorgawe gebed As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:”(Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U

SIMPATIE Ons innige simpatie met die volgende persone: ◊ Paula Gerber se mammie (Hetta van Zyl - 5-6-2012) ◊ Magda Gerber se broer oorlede. ◊ Bettie Marthinus oorlede (25/06/2012) ◊ Lena Papier se suster is oorlede ◊ Dan het pastoor die volgende begrafnise

Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie.! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woordgemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit 022-487 2200

gedoen van: Ben Beukes (1-6-2012) & Jannie Steyn (9-6-2012) Ons bid vir vertroosting vir al hierdie families. JESUS is lief vir u!

NUUS GEBEURE Ons wens vir br. Hannes Coetzee baie sterkte met die verhuising na Durbanville. Die Here seën julle.

7


Real Friend’s (Oorgeneem)

Die volgende spreuke oor vriendskap het

spies. Gelukkig was dit mis. Jonatan het

my nogal aan die dink gesit:

egter besef Dawid is in lewensgevaar.

“A real friend is one who walks in when

Dawid moes vlug, maar nie voordat hy

the rest of the world walks out.”

eers sy vriend Jonatan omhels het nie.

“Friendship is one mind in two bodies.”

Hulle het saam gehuil, want hulle het

“If all my friends were to jump off a

geweet hulle paaie skei daar (vers 41-43).

bridge, I wouldn’t jump with them, I’d be

Om vriende te wees met iemand vra dat

at the bottom to catch them.”

jy deur dik en dun by hom of

Die meeste mense gebruik

haar staan. Terloops, wat kos

mekaar op, dan stoot hulle

jou vriendskappe jou? Beskerm

mekaar eenkant toe. Ware

jy jou vriende se naam in hulle

vriendskap is iets anders. Dit

afwesigheid as ander oor hulle

vra tyd, lojaliteit en

skinder? Bly jy lojaal aan

opoffering. Vat vir Dawid en Jonatan.

hulle, al doen hulle soms dinge wat jy nie

Dis nie verniet dat hierdie twee se

begryp nie?

vriendskap ‘n spreuk geword het nie. In 1

Ware vriendskap is eerlik. Nee, dis nie

Samuel 20 lees ons hoedat Saul, Jonatan

ongeskik reguit nie, maar eerlik. As jou

se pa, vir Dawid wou doodmaak. Toe

vriende ‘n verkeerde besluit neem sonder

Dawid vir sy vriend Jonatan hiervan sê,

dat hulle die implikasies daarvan besef,

was dit vir hom ‘n skok. Tog het Jonatan

moet jy hulle reghelp. As iemand hulle

beloof om sy vriend te help. Toe Saul

benadeel, moet jy hulle waarsku. Wees

agterkom sy seun probeer Dawid se lewe

daar vir hulle. Maar die belangrikste: Bid

spaar, het hy hom beledig en daarop

gereeld vir jou vriende. Tel hulle elke

aangedring dat hy vir Dawid gaan haal

slag op jou skouers as jy voor God jou

om doodgemaak te word. Jonatan wou

plek inneem.

nie. Toe gooi Saul vir Jonatan met sy

8

oOo


DAGBOEK VAN ‘N BYBEL - ‘N TRAGIESE VERHAAL -

D

it is onmoontlik vir die Christen om sonder die Bybel klaar te kom. Wie die Bybel nie ken nie, is soos ‘n voël wat nie kan vlieg nie, soos ‘n vis wat nie kan swem nie, soos ‘n motor sonder ‘n masjien, jy moet hom trek tot waar jy hom wil hê. Hier volg die tragiese verhaal van die Bybel: Januarie, 15 - Ek het heerlik gerus vir ‘n volle week. Die eerste paar aande van die nuwe jaar het my eienaar my gelees, maar dit lyk of hy my weer totaal vergeet het. Februarie, 2 - Skoongemaak, saam met die leeslamp en die asbakkies is ek afgestof en weer op die tafel neergesit. Februarie, 8 - Eienaar gebruik my vir ‘n paar oomblikke na aandete om ‘n paar tekste op te soek. Hy lyk baie ernstig. Gaan na Bybelvasvrae. April, 2 - Op ouma se skoot die hele middag. Sy het vir ‘n paar dae kom kuier. Sy het ‘n traan laat val op Jesaja 53:5 April, 6 - Op ouma se skoot elke middag, dit is ‘n gerieflike plek. Junie, 10 - Ouma is weg ek dink nie dat sy baie tuis hier gevoel het nie. Ek is terug op my ou plek.

Julie, 13 - Saam met die klere in ‘n koffer gesit. Party praat van “vakansie”, wat dit ookal mag beteken. Julie, 30 - Nog ‘n koffer, hoewel alles rondom alreeds uitgehaal is. Augustus, 14 - Tuis, ‘n ou hoed, ‘n koerant en ‘n roman lê al ‘n paar dae op my. Oktober, 2 - Huisbesoek, Inderhaas afgestof en aan dominee gegee. Hy maak ‘n merkie in my. Weer teruggesit op die bedtafel. November, 10 - Eienaar baie siek. Hoor hom swaar asemhaal hier langs aan my. Dominee lees uit my. Lyk of my siek eienaar nie veel verstaan nie. November, 12 - Eienaar oorlede, as aandenking gegee aan sy dogter. Blykbaar word ek saam met sy wandelstaf en ring aan al die bedroefde familie gewys. Verder bring ek die tyd rustig deur in haar boekrakkie. My taak is glo nie afgehandel nie. Ek moet nog as bewysstuk in die dag van die oordeel voor God se regbank teen my eienaar getuig. $$$ (Ingestuur deur Wilma van Rooyen)

9


FOTO-NUUS Fondsinsameling - Kospakkie Projek

Aanbiddingspan - Braai - 9 Junie 2012

Bo: Saterdag, 2 Junie 2012 is daar pannekoek gebak en verkoop op Riebeek Wes. Van links na regs: Wilma Ravens, René Morris, Joyce Jasson en Mariana v/d Spuy. Janette Smit het die foto geneem. Een van ons aanskoulike dienste 10 Junie 2012

Bo: By die geleentheid is daar gesing, gebid en ook heerlik geëet. Prys die Here!

Voorstelling 17 Jun ie 2012 As Mense Jou Teleurstel!

Huwelik - 17 Junie 2012

Regs: Baie welkom aan Johan , Elsie en Cinthia Kriel.

Links: Hier word vir elke paartjie gebid en ‘n woord van bemoediging oor hul uitgespreek. 10


Talente aand - 17 Junie 2012

Vadersdag - 17 Junie 2012

Skildery van Louisa Zimmerman Carel Welkom

Bo: Hier sing die Kinderkerk kinders vir die pappa's van die gemeente. Baie dankie vir jul deelname.

Roberts gesin van Piketberg

Gods Gift - Dansgroep

New Voices - Sanggroep Japie Mulder van Bellville

Anthony van Malmesbury

‘n Vlaamse lied word gesing.

Chris & Elna Huisamen van Vredenburg

Selle Cellebration - 20 Junie 2012 Links: By dié geleentheid is daar heerlik gesing en die Here geprys. Daar was ook ‘n toneel stuk van die Baremhartige Samiritaan. Hier is twee besig om die arme man aan te rand. Daarna het almal ‘n heerlike warm koppie koffie/tee gedrink.

11


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers) (Vervolg vanaf Junie)

HOOFSTUK 9 SONSKYNHOEKIE Dit was Februarie 1940. Ek was reeds ‘n paar maande in die voltydsbediening en moes die algemene sekretaris gaan spreek oor sekere reëlings. ,,Sit hier, my sustertjie, ek wil met jou oor iets baie belangriks praat”, was sy eerste woorde. ,,Die Uitvoerende Raad het besluit dat ons van nou af elke jaar tydens die Paasvakansie ‘n kampkonferensie gaan hou. Ons gaan ‘n stuk grond buite Johannesburg vir die doel koop, maar vir hierdie jaar het ons ‘n gedeelte van ‘n plaas hier in Emmerentia gehuur. Toe ek in Amerika was het ek baie geleer omtrent kampkonferensies. Eerstens, hulle kry ‘n groot tent waar hulle vir die kinders alleen twee tot drie dienste per dag hou. Daar word net persone aangestel wat op baie bekwame wyse met kinders kan deel om hulle tot ‘n waaragtige bekering te lei. Hierdie saak het twee geseënde uitwerkings: Die evangelie word aan die kind verkondig op ‘n eenvoudige vlak wat vir hom aanvaarbaar is. Ook gee dit die ouers die geleentheid om na die diep heiligmakingsboodskappe te luister sonder om 12

deur die kleingoed gesteur te word!” Terwyl hy so praat het my belangstelling reeds gegroei. ,,O, sal hulle my tog nie ook so nou en dan toelaat om by die kindertent te gaan help nie,” dink ek vol entoesiasme. Meteens kyk hy my ondersoekend aan en sê: ,,Die Uitvoerende Raad het my versoek om jou te vra of jy gewillig is om daardie taak op jouself te neem?” Ek spring op en roep uit: ,,Is dit waar, is dit waar? O, hoe bly sal ek wees. Ek weet die Here sal my help!” Intussen het ek baie gebid vir wysheid en krag en ten laaste breek die heuglike dag aan. Ek bevind myself met baie ander gelowiges op die aangewese terrein. Honderde blankes en bantoes slaan tente op. Daar was veral baie belangstelling by die groot gehuurde sirkustent wat vir 4,000 volwassenes sitplek gebied het. Ek soek die algemene sekretaris op. ,,Waar is die tent vir die kinderdienste,” wou ek weet. ,,O, ons het te laat begin tente huur. Al wat ons nog kon kry was ‘n baie ou slegte tent, met gate in die dak. Ek is vreeslik besig, soek tog maar self mense (Vervolg op bl. 15)


AANVAARDING (past. Piet Smit)

Hoeveel mense smag na aanvaarding! Sal oorboord gaan om die guns van ander te geniet. Om dit te bekom sal hulle: ◊ Verkeerde keuses maak, ◊ Verkeerd trou, ◊ Hulle self diep ongelukkig stem, ◊ Selfs hulle liggame onteer.

Aan die einde van alles, is hulle diep teleurgestel. Hulle vind geen vervulling. Inteendeel hul vind net: Selfveragting, selfverwyt en hulle kom tot die ontnugtering dat hulle deur ander misbruik en gebruik is. Dit lê in vier woorde: GOD HET MY LIEF! Dis tog waarom alles gaan. Dis

mos wat Hý van my dink, wat tel en nie so seer mense se opinies nie. Dis mos vir Hóm wat ons moet behaag. Hoe wispelturig is mense nie? Die eendag wou hulle vir Jesus koning maak (Joh. 6:15) en by ‘n volgende geleentheid kruisig dieselfde mense Hom. Mense het ongelukkig nog nie verander nie. Hulle sal net dieselfde met my en jou doen, nadat ons alles gedoen het om hulle gelukkig te stel. God se liefde vir my, maak my sterk. Die Engels klink so mooi: I’m secure in His approval! oOo

Romerige Stokvis (Geneem uit Mengelmoes resepte boek)

750g tot 1 kg stokvis sout en peper na smaak suurlemoensap maaskaas 1 pak sampioensop aangemaak met 200ml water en 200ml melk Meng sop en maaskaas deeglik. Skep oor vis. Bak 45 minute by 180°C Bedien dadelik.

As ek Jesus Christus persoonlik lief het, kan ek die mensheid dien, al word ek soms as deurmat gebruik. - Oswald Chambers -

Heerlik, heerlik!!!! 13


GOD IS UNFAIR! Yes my brethren you're reading it right. He's unfair because... ...He already loves me before I knew Him. ...He gave His Son to die for my sins. ...He doesn't give up on me even if I ran away from Him. ...His mercy is new every morning. ...He showers me with love though I'm a sinner. My brethren, I just hope that you realize how much God loves you. And that's enough for you to rejoice no matter what you're going through right now.

God Seën Jou *GOD* is jou “SAKDOEK” as jy huil *HY* is jou “HOEKIE” as jy erens wil skuil … *HY* is jou “SAMBREEL” as hartseer oor jou reën … *HY* is jou “911” as jy in nood verkeer … Maar meeste van als … *HY* is die “ANKER” op die lewenspad … Hou “ALTYD” daaraan vas!!!

14


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers) (Vervolg vanaf bl. 12)

om dit op te slaan. Daar is ook nie ‘n verhoog nie, stoele of ligte daarvoor nie!” ,,Moet ek dit ook self soek?” vra ek baie verleë. ,,Ja asseblief. Dit is ons eerste poging en alles is maar primitief en deurmekaar”, antwoord hy en stap haastig weg. Baie hartseer kniel ek in my tentjie neer. ,,Help my asseblief Here Jesus,” was my gebed. ,,Waar sal ek stoele, ‘n klavier en al die benodigdhede kry?” Ek dink toe aan ‘n sekere gemeente, nie ver daarvandaan nie. ,,Ek bel van die kampgronde af, ,,broeder,” sê ek oor die telefoon. ,,Wil u nie vir my stoele leen vir die kinderdienste nie?” ,,Seker, maar hoe kom dit daar?” was sy vraag. ,,Ek stuur ‘n vragmotor, ek sal een soek,” antwoord ek vol moed. Na ‘n groot soektog het ‘n boukontrakteur ‘n vragmotor beskikbaar gestel sodat die banke, asook ‘n geleende klavier na die kampterrein vervoer kon word. Aan die einde van die

tweede dag was alles gereed! Niemand van ons kon dink wat die Here in daardie stukkende tent tot stand sou bring nie! Die Kinderskaar het elke dag aangegroei en ons het heelwat ernstige bekerings gehad. Tog was die onstandighede uiters moeilik, omdat stadskinders gewoonlik ‘n plaas met ‘n vakansie assosieer. Dit was duidelik dat hulle met daardie gees besiel was en nie lus was vir te veel kerk nie. Ek onthou een spesifieke seun. Hy was baie stout, wild, uitdagend met ‘n sterk persoonlikheid en eienskaphoedanighede. Dit was vir hom net nodig om één fluit te gee wanneer die kinderdiens moes begin, en hy was weg met al die seuns! By die ouers kon ek nie hulp soek nie, want hulle was dan reeds in hulle diens. Ek was magteloos en het na my Meester geroep om hulp. Was Hy dan nie die God wat enige element kon oorheers nie. (Vervolg )

15


Geagte ouers, Die Kinderkerk beplan om aan die einde van die jaar ‘n groot konsert te hou. Ons wil graag geskenke vir die kinders en ‘n iets te ete aan die ouers gee. Om dit suksesvol uit te voer benodig ons julle om ons te ondersteun. Ons beoog om Saterdag, 1 September 2012, ‘n wegneem ete (braai) te hou. (R35 ‘n bord) Die kaartjies is beskikbaar by die Kinderkerk Personeel en ons sal dit baie waardeer indien u enige donasies aan ons kan skenk vir die braai. Stuur asb elke Sondag u kind na die Kinderkerk, want ons gaan nou begin oefen vir die konsert. Baie dankie dat u ons gaan ondersteun. Annaline, Michelle, Natalie, Sandra, Cecelia, Henritta, Moira en Robert JOKE MET ‘N DOEL A Sunday school teacher asked the children just before she dismissed them to go to church, "And why is it necessary to be quiet in church?" Annie replied, "Because people are sleeping."

16

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!


ONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met

Piet Matjotjie ♦ WAAR IS JY GEBORE?

Hopefield ♦ WATTER SOORT WERK DOEN BROER? ♦ ♦

♦ ♦

♦ ♦ ♦

♦ ♦

Pensionaris en help uit met skoolbus ry BEOEFEN JY ‘N SPORT? Nee WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die vrede en liefde WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Past. Piet Smit WIE IS BROER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER? Danie Botha WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die Here my uitgehaal het uit die dieptes en dat ek kan sien wat reg en verkeerd is. WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Sop HOE ONTSPAN JY? Lees geestlike boeke. WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Onderwyser WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Dankbaar dat die Here my gespaar het. WAT BEGEER BROER NOG VAN DIE HERE? Meer uit die Woord kan verstaan. WAT FRUSTREER VIR BROER DIE MEESTE? Niks.

17


IL JOU JESUS W EES ATJIE W A M E T BES

WOW! nderlik! Dis baie wo

Het jy maatjies? JA of NEE

/ Teken ’n foto van jou beste maatjie. Vertel ons hoekom jy so baie van hom of haar hou. ----------------------------------------------------------------------------------------

Ons gesels weer vo lgende keer verder oor Jesus ons beste vr iend. EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by:corpuschristi@cybersmart. co.za

18


KLEUR MY IN GEE IN BY DIE KINDERKERK (Laerskool kinders en kleuters)

Naam:

_______________________Telefoon nr. __________________ 19


SWART SAKKE a str k E

! rk e t s

Pr ob ee rm y! !!

Kontak Hendrik Burger 082 649 4653

Uitstekende diens! Vra Susan Smit

Facebook ICON

Knowing the Bible is one thing; Knowing the Author is another! 20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.