Aptytwekker Julie/Aug 2013

Page 1

Julie/Augustus 2013

ptytwekker ppetiser

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

⇒ Nuus Van Die Herderspaar ⇒ Hierdie Laat Mens Dink ⇒ Al Bruis Die Jordaan ⇒ Foto Nuus ⇒ Die Blink Morester Raai, raai waar is hierdie foto geneem?

(Stuur sms na 073 447 2902)

Foto: Piet Smit


NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

W

anneer ons ‘n sekulêre beroep beklee, word daar van ons verwag om hard en ywerig te werk. Vandag gaan ‘n persoon spoedig sy werk verloor as hy nie sy kant bring en nie produktief is vir die firma waarvoor hy werk nie. Ek glo mens moet selfs meer doen as wat van jou verwag word. Loop die tweede myl (Mat. 5:41) en jy sal die oog vang en jy is ‘n kandidaat vir bevordering.

Hoeveel mense het jy vir komende Sondag se diens genooi? Toe ek nou die Sondag dieselfde vraag in die gemeente gevra het, was daar weinige hande. Net wonderlik; een sust er ( EvW ) het hardop geantwoord dat sy twee mense genooi het en beide het daardie Sondag reageer op die uitnodiging en die Here Jesus aangeneem as Verlosser!

Wanneer ons vir die Here werk, moet ons nog harder werk as wat ons vir ‘n baas werk in ‘n sekulêre beroep, want dan werk ons mos vir die Koning van alle konings. Vir Hom durf ons nie iets anders gee as net ons allerbeste! Hy kyk wanneer niemand ons sien nie. Selfs ons motiewe moet gesuiwer wees, want God kyk in ons hart en sien met watter motief werk ons vir Hom.

Die maklikste ding wat ons kan doen vir die Here is om mense te nooi vir die Sondag se dienste en dan natuurlik self teenwoordig te wees. Hier is ‘n uitdaging: Vanaf hierdie Sondag gaan ons 5 uitnodigingskaartjies in jou hande plaas vir die volgende Sondag en dan trag ons elkeen om 5 mense te nooi. As jy nie kan kontak maak met 5 mense nie, is daar ‘n ander maklike manier en dit is om van die kaartjies onder ‘n geparkeerde motor se veër te plaas.

Elke gelowige moet besef hy of sy is voltyds in God se diens (1 Kor. 1:2; Mat. 28:19). As gelowiges is ons almal geroep om vir God te werk, selfs al is jy nie ‘n voltydse bedienaar nie. Ed Delf het gesê dat die leraar word deur die kerk betaal terwyl die gewone gelowige deur sy sekulêre firma betaal word. Sy sekulêre werk betaal hom, maar eintlik staan hy of sy voltyds in diens van die Here.

Ek onthou die broer (LL) in ‘n vroeëre gemeente wat die dogter (CT) genooi het, wat met sy eie dogter bevriend was. Daardie dogter is later gered en die broer het altyd na haar verwys wanneer hy haar by die kerk gesien het: “Daar gaan my siel.” Hy het ‘n geringe aandeel aan haar redding gehad, maar as hy haar nie genooi het nie, het sy dalk nooi by die Here uitgekom nie …

Nou sommer ‘n ou ligte toetsie om Past. Piet & Susan Smit te sien hoe werk ons vir die Here: 2


(Ingestuur deur Casper Von Rauenstein) Verbeel jou dat jy die volgende prys gewen het … Elkeen van ons besit so ‘n Elke oggend word R 86,400.00 in bankrekening, ons sien dit net nie. jou persoon-like rekening Die rekening se naam is TYD. gedeponeer. MAAR die speletjie Elke oggend as jy wakker word is het reels ook. *** daar reeds 86 400 sekondes in jou rekening gedeponeer, ‘n *Eerste reel* Gawe van die Lewe. As jy gaan Alles wat jy nie die dag spandeer slaap word alles wat jy nie gebruik nie word teruggevat, jy mag ook het nie teruggevat. Dis verlore, nie net geld oordra in ander vir altyd! Gister is verby. Die rekeninge nie. Jy moet dit net rekening kan gesluit word enige spandeer! *** oomblik en sonder *Tweede reel* waarDie speletjie skuwing! kan enige So wat oomblik gestop gaan jy word sonder ‘n doen met waarskuwing. jou 86 400 Dis verby! Jy sekondes? kan nie ‘n Is dit nie nuwe rekening dalk meer oopmaak nie. *** werd as dieselfde bedrag in Rand nie? Geniet elke sekonde van jou Wat sou jy persoonlik doen? lewe, want: PASOP, TYD snel Jy sal alles koop vir jouself en baie vinniger verby as wat ons almal wat vir jou saak maak? dink. Selfs ook seker vir mense wat jy nie ken nie, want jy kan onmoontDank Jesus vir elke oomblik wat lik soveel geld op ‘n dag op jy het, want dit is net genade !!! jouself spandeer? **** **** oOo Die speletjie is eintlik waar,

die naam is REALITEIT.

3


D

ie atmosfeer voor die sirkustent was elektries. Dit is hier waar die tiener Benjamin en sy pa hulle beurt afgewag het om te kan ingaan.

glimlaggend aan die kaartjieverkoper gesê: "Agt kinderkaartjies en twee volwassenes asseblief. Vir 'n oomblik het die kaartjieverkoper die bedrag opgetel en dit toe hardop aan die man gesê. Dié se glimlag het Voor hulle in die ry was 'n man en skielik verdwyn terwyl hy nou vrou wat hande vasgehou het ongemaklik vorentoe leun: saam met hulle agt kinders "Ekskuus tog, hoeveel sê jy almal jonger as 12 jaar. Al was daar?" Dit was duidelik dat hierdie die kinders goed gemanierd en bedrag baie meer was as waarop het hulle skoon klere gedra, was die man gehoop het. Hy het weer dit duidelik dat die gesin nie baie na die geld in sy hand gekyk geld gehad het nie. Tog was hulle duidelik te min om almal te laat almal baie opgewonde om die ingaan. Die enigste uitweg nou sirkus te besoek. was om terug te draai huis toe. Elke nou en dan sou een van die kinders hardop giggel van opgewondenheid terwyl hulle onder mekaar gesels het oor die hansworse, olifante, leeus en akrobate wat hulle hoop om binne -in die tent te sien. Dit was duidelik dat hulle reeds weke lank oor hierdie dag gedroom het.

Dit is toe dat Benjamin sien hoe sy pa sy hand in sy broeksak steek, 'n R100-noot op die grond laat val, dit dan weer optel en aan die man gee met die woorde: "Ekskuus tog meneer, dit lyk vir my of jy hierdie geld laat val het." Die man, wat duidelik bewus was van wat Benjamin se pa gedoen het, het hom 'n oomblik lank Dit was ook nie lank voordat reguit in die oë gekyk, sy hand hierdie gesinnetjie voor in die ry geskud en moes vinnig sy trane was nie en dit die pa se beurt was met die agterkant van sy hand om kaartjies te koop. Trots het hy wegvee voordat hy sê: "Dankie, sy gesinnetjie nadergehark en toe (Vervolg op bl. 13) 4


Change the Way YouThink Have you ever heard the saying "a mind is a terrible thing to waste'? Our minds have so much capacity for good, to learn, create, think and grow, and it's a tragedy when we don't use them to their highest potential.

Here's what has worked countless times for me and what I know will work for you too: The next time you're wrestling in your mind, I want you to stop and find something specific that you can thank God for. Tell Him how There was a time in my life when I grateful you are for His goodness allowed too many damaging and all the rich ways He's blessed thoughts to enter my mind, nega- your life. As you're diligent to do tive, tormenting, guilty, unfor this, you will see your life giving, shameful and accusing begin to change and things will thoughts. The problem was get better and better. that I had no idea I could control my thoughts or It's my hope and prayer that you choose which thoughts I will know the power God has focused on and believed in. given you and that every day in I didn't realize that if I was your thoughts, you will walk in the thinking something that wasn't fullness of His love for you! true, I had the power to stop. No one ever told me I could win in my Prayer Starter: God, I want to mind. Has anyone ever told you? experience Your power in my If not, then I'm here today to tell thought life. I choose to focus you that you don't have to let your on Your goodness and Your thoughts control you. You can love for me. No matter what choose to think and focus on God negative thought comes my way, I -thoughts! know that You are so much bigger and better. Romans 12:2 says to "let God transform you, by changing the way you think." God wants to help you win the battle in your mind. (Joyce Meyer) But what does that look like on a practical level?

5


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers) (Vervolg vanaf Junie )

Toe ek die kansel verlaat, vind ek weer ‘n onbekende welgeklede heer wat op my wag. ,,Goeienaand, juffrou. U het regtig goed gepreek, maar dit is nogtans jammer dat u aan so ‘n uiters geringe saak soos waterdoop soveel waarde heg. U mislei die mense.” My antwoord was persies dieselfde as aan die vorige persoon. Tuisgekom, het ek weer met my Bybel langs my gekniel en baie ernstig gebid. ,,Maak oop jou Bybel”, hoor ek weer die Meester se stem. Dit val asof outomaties oop by Mat. 3:13-17. ,,Lees dit,” vervolg Hy. Ek lees: ,,Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ‘n stem uit die hemel wat sê: Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.” Geduldig wag Hy tot ek klaar gelees het en toe hervat my Leermeester: ,,Het jy gemerk dat

6

vanaf Genesis ‘n mens dikwels lees dat die Here aan iemand verskyn het soos byvoorbeeld Henog, Noag, Abraham, Moses en ander? Dan in die Nuwe Testament lees mens van groot geleenthede soos die geboorte, kruisiging, opstanding en hemelvaart van Jesus. Maar het jy gemerk dat daar net een geval van Genesis tot Openbaring gemeld is waar die Vader en die Seun en die Heilige Gees gelyktydig teenwoordig was, en dit was by die geleentheid toe Jesus gedoop is? Hy is gedoop, die Vader het sy goedkeuring uitgespreek en die Heilige Gees het op Hom neergedaal. Dit is wat die hemel van die waterdoop dink.” Met besondere klem op die laaste sin het die stem van die Here die gesprek afgesluit. Ek het my hande na die hemel opgehef en Hom geloof. Hy het die erns bevestig van dit wat Hy my jare gelede reeds geleer het. Wat ‘n ondervinding van sy Goddelike teenwoordigheid was dit vir my terwyl Hy my geleer het soos ‘n aardse vader sy kind! So het die evangeliese bediening vir etlike jare met baie vreugde en baie sukses, deur sy liefdehand gelei, voortgegaan. Dit was my voorreg om uitnodigings te aanvaar na elke provinsie en deel van ons land. Die Here het my gelei om saans in al die veldtogte, eers ‘n kort boodskappie vir die kinders te gee (Vervolg op bl. 15)


DIE GEE VAN TIENDES (E.J. Smith Le Roux)

Treffende Tekste Aangaande Die Gelowige En Sy Besittings (vervolg vanaf Junie)

terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig, Deel 4 en hy wat laaf, word self ook gelaaf. Wie 1 Tim. 6:7-10. “ Want ons het niks in die op sy rykdom vertrou, dié sal val.” wêreld ingebring nie, dit is duidelik dat Lukas 6:38. “Gee, en vir julle sal gegee ons ook nie iets daaruit kan wegdra nie. word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en Maar as ons voedsel en klere het, moet geskud en oorlopend is, sal hulle in julle ons daarmee vergenoeg wees. Maar die skoot gee, want met dieselfde maat wat ryk wil word, val in versoeking en waarmee julle meet, sal weer vir julle strikke, en baie dwase en skadelike gemeet word.” begeerlikhede, wat die mense laat Markus 10: 29,30. “En Jesus antwoord wegsink in verderf en ondergang, want en sê. Voorwaar Ek sê vir julle daar is die geldgierigheid is ‘n wortel van alle niemand wat huis of broers of susters of euwels; en omdat sommige dit begeer, vader of moeder of vrou of kinders of het hulle afgedwaal van die geloof en GROND ter wille van My en van die hulleself met baie smarte deurboor.” Evangelie verlaat het nie, of hy ontvang Matt. 6:19-21. “Moenie vir julle skatte nou in hierdie tyd honderdmaal soveel: bymekaar maak op die aarde, waar mot huise en broers en susters en moeders en roes verniel en waar diewe inbreek en en kinders en grond, saam met versteel nie. Maar maak vir julle skatte volgelinge en in die eeue wat kom, die bymekaar in die hemel waar geen mot of ewige lewe.” roes verniel nie en waar diewe nie Psalm 37:25 “Ek was jonk, ook het ek inbreek en steel nie. Want waar julle skat oud geword, maar nooit het ek die is, daar sal julle hart ook wees.” regverdige verlate gesien, of dat sy Lukas,. 14:33. “So kan dan ook niemand nageslag brood soek nie.” van julle wat nie afsien van al sy Jakobus 4:17. “Wie dan weet om goed besittings, my dissipel wees nie.” te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit Lukas 8:3. “En Johanna, die vrou van sonde. “ Gusa, ‘n bestuurder van Herodus, en WANT DIT IS SALIGER OM TE GEE, AS Susanna en baie ander het Hom almal OM TE ONTVANG. met hulle besittings gedien.” Spreuke 11:24,25,28. “Daar is een wat (Ingestuur deur Joyce Jasson) ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat

7


FOTO-NUUS Kinderkerk - Kerrie & Rys Verkope - 7 Junie 2013

Bo: Hier help Morgan Leander, Fransien van Zyl, Anina Cloete, DeidrĂŠ Huysamen en Johan Smit met voorbereidings. Baie dankie aan almal wat gehelp het om dit ‘n groot sukses te maak.

Doop - 9 Junie 2013 Hier word George Karstens Koos Engelbrecht op Bybelse manier gedoop, volgens

Markus 16:16

Voorstelling - 9 Junie 2013

Vanaf links: Erica van Wyk, Eugene & Mariaan Erasmus en Andre & Johanna Zeeman

8


Gesinsdiens - 16 Junie 2013

Die gesinsdiens het afgeskop deur bont aan te trek met komberse, serpe, handskoene en mussies. Sop en brooidjies is bedien om koue af te weer voor daar ‘n dvd gekyk is. Almal is altyd welkom.

Slagspreuk Hier word die nuwe slagspreuk vir 2013 op gesit deur Past. Piet Smit en sy helper, Henry Roberts wat die leer vashou wat op twee stoele ballenseer en nog op ‘n tafel ook. Wees DadersVan Die Woord

As you step out today, may you step into abundant blessings, unmatched favour, unexpected divine connection and overall success in Jesus Name.

9


Wie ruik so?

H

oeveel keer het jy nie al die woorde gehoor: “Wat ruik so?” nie. Ons tel gou-gou vreemde reuke op. Onwelriekende reuke maak dat ons ons neuse toedruk. Aangename geure uit ’n kombuis maak weer dat ons honger word. Reuke word van kleins af in ons geheue ingeprent. Die slim mense sê dat babas byvoorbeeld vroeg-vroeg reeds leer om hul ouers se reuke uit te ken. Nou ja, van reuke gepraat: hoe ruik jy vir ander? Voordat jy my verkeerd verstaan — ek bedoel dit in ’n geloofskonteks. Terwyl jy wonder wil ek jou saamnooi na 2 Korintiërs 2:14 -16. Hier skryf Paulus dat ons die aangename geur van Christus is. Nog meer, ons is lewende wierook wat Christus tot God se eer brand in die wêreld. Wierook het in die tempel gebrand om mense te herinner aan God se teenwoordigheid. Wierook verdring onwelriekende reuke. Dit oorweldig mense met die goeie geur én bewussyn van God

10

se nabyheid. Jesus se dissipels is Sy lewende, bewegende wierook. Ons is God se rondreisende tempels. Ons versprei die geur van sy nabyheid orals. Die kennis van Jesus word soos ’n aangename geur deur ons woorde en dade bekend gemaak. Ander mense kan nie anders as om van ons teenwoordigheid kennis te neem nie, want ons gee nie ’n neutrale geur af nie. Of ons ruik na dood, of ons ruik na lewe. Dis die enigste twee alternatiewe! Om neutraal te ruik, is om geen impak vir Jesus te maak nie. Navolgers van Christus neem sy lewensgeur aan. Ons ruik soos ons Heer. Soms stoot dit niegelowiges af, maar altyd trek dit soekendes, stukkendes en medegelowiges aan. Ons woorde en dade is ons geur. Ons uitleef van die evangelie is die regte aroma. Vandaar my vraag: Hoe ruik jy as die evangelie ter sprake is? (Stefan Joubert)


Wie vat ons hand? (Ingestuur deur Fransien van Zyl)

Wie vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skerwe lê? Wie vertroos ons as ons hart in duisend stukkies gebreek is? Ons Here en ons God. Hy wat So sag en stil vir ons sê. “Ek vat jou hand. As jy eensaam en allenig is, is Ek hier. As jy bang is, is Ek hier As jy in pyn is, is Ek hier Ek is hier wanneer jy bid en selfs wanneer jy nie bid nie. Ek is in jou en jy is in My Al slaag jy nie daar in om My te vind nie. Ek sal jou nooit faal nie. Al is jou geloof in My nog so klein. My geloof in jou wandel nooit nie, want… Ek ken jou en Ek het jou lief. Geliefde, hier is Ek Ek vat jou hand”. @@@

SOEK

DIE ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD Die persone in die Bybel wat eers geloop het voordat hulle gekruip het, was die verlamdes van Hand. 3:1-8 in die Skone poort en die man in Hand. 14:8-10. Hulle was van geboorte af verlam en het dadelik geloop toe daar vir hulle gebid is. Niemand kon die antwoord vind nie. HIERDIE KEER SE VRAAG Noem die twee domste diere in die Bybel. Lekker soek !!!

11


DIE BLINK MÔRESTER (Past. Piet Smit)

VRAAG: Waarom word Jesus genoem die blink môrester? ANTWOORD: Ons lees van hierdie naam van Jesus in Open. 22:16 – “Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.”

Net soos wat die môrester ‘n nuwe dag aankondig, het Sy koms ‘n nuwe Koninkryk en bedeling gebring. Sy lig het kom skyn in hierdie donker wêreld en het die duister in vele hart kom verlig. Jesus, groot bo almal, is die beste, die heerlikste, magtigste, rykste, slimste ...

Hy word so genoem omdat Hy verdien om so genoem te word:

12

Sy koms na hierdie wêreld is met ‘n groot ster aangekondig (Mat. 2:2). Niemand anders se geboorte is so aangekondig waarvan ek weet nie. Die hele Oosterse wêreld moes daarvan kennis neem dat ‘n groot koning en heerser gebore sou word. Dit het die wyse manne genoop om hulle kamele te neem en geskenke te bring en 1 000 km af te lê om te gaan kyk en hulde aan Hom te bring. Hy staan uit bokant alles en almal net soos wat die môrester die helderste ster is wat in die ooste skyn in die vroeë oggend ure. Ek sien dit altyd as ek vroegoggend in die somer draf (04:00 tot 05:10).

As die blink Môrester verdien Hy die ere plek in ons hart. 2 Pet. 1:19 – “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;”

Hierdie Jesus het ook vir jou gekom en wil in jou hart kom woon as die Blink Môrester: • As die Een wat lig bring in jou lewe en jou duisternis laat opklaar;

As die Een wat eerste in jou lewe moet wees;

As die Een aan wie jy jou prima aanbidding moet wy.

Wees gereed om Hom elke dag op die wolke te ontmoet en jy sal altyd ‘n brandende hart hê en jy sal niks mis nie. Dis ‘n waarborg! GEBED Here Jesus, ek nooi U, wees die Blink Môrester in my lewe! Amen!


(Vervolg vanaf bl.4)

meneer. Baie, baie dankie. U sal nooit weet hoe baie ek dit waardeer nie." Dis eers toe die gesin opgewonde deur die hekke stap dat Benjamin en sy pa omdraai en terugstap het na hulle kar toe. Hulle het nie genoeg geld gehad om die sirkus daardie aand by te woon nie, maar vreemd het dit ook nie saak gemaak nie. Agt kinders was in die wolke. En hierdie aand sou een word wat nie een van die twee gesinne ooit sou vergeet nie ...

verskil in ander se lewens kan maak? Soms is ons net nie daarop ingestel nie. Soms kies ons om dit te ignoreer omdat dit vereis dat ons ons gemaksone moet verlaat. Só word dit 'n verlore geleentheid om iemand anders se lewe op te helder. &&& (Anoniem)

Besef jy dat God ook elke dag geleenthede op jou pad plaas waar jy nes Benjamin se pa, 'n

MET ‘N DOEL Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

Baie geluk aan Michelle & Daniel Porter met die geboorte van hul nuwe dogterjie.

13


DIE SKEPPER SE DIËET (Jordan S. Rubin)

Sluit aan by mense met ‘n aangepakte tong en slegte asem.

uitrek, maar dit moet geleidelik gebeur.

Maak seker dat jy ‘n lang vas op die eerste dag onderbreek met Daar is ook ‘n geneigdheid tot kragsoppe en vloeistowwe wat slapeloosheid, abdominale nie suur is nie, soos rou groenteongemak, naarheid, sap, groente, vrugte en rou lighoofdigheid en natuurlik gefermenteerde suiwelprodukte. swakheid. Dit is ‘n fisiese en Werk dan oor ‘n tydperk van spirituele medisyne en ons vierdae geleidelik jou pad terug gewone uitspraak hierop is: na ‘n gewone dieet, afhangende ‘Onaangenaam, maar goed vir van die lengte en omvang van jou.’ die vas. Raadpleeg van die Wallis verskaf ook ‘n lys voordele uitstekende boeke wat oor vas van vas wat helder oë, suiwer handel vir meer besonderhede asem en vel, asook ‘n nuwe oor hierdie onderwerp. gevoel van welstand insluit. Hy voeg ook by dat ‘n man na net Rol, beweeg, oefen, vyf dae van vas verklaar het dat staan op en doen iets! hy voel asof hy ‘n splinternuwe maag het. ‘n SpysverteringDie raad vir enigiemand wie se swakheid wat hy vir jare gehad lewe lyk asof dit in vlamme het, het verdwyn. Die belangrikste tyd van enige vas is opgaan, is om te ‘rol’. Dis eenvoudig en maklik om te volg. aan die einde, wanneer jy weer Die Here het ons geskep om te begin om jou skoongemaakte lewe, werk, speel, probleme te spysverteringsisteem aan kos bloot te stel. Moenie jou ooreet oorkom en oorwinnings te behaal. Hy het nooit bedoel dat aan brood, vleis of selfs groot ons moet rondsit en wag om hoeveelhede groente nie. Jou dood te gaan nie. maag krimp letterlik gedurende die vas-proses. Dit sal weer (Vervolg volgende maand)

14


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

nie. Iemand wat nie in die voltyd evangeliebediening gestaan het nie alvorens ek met die boodskap vir die sou ek natuurlik nie eers oorweeg het as ‘n moontlike lewensmaat nie. volwassenes begin het. Omdat ek bewus was van Waar ek ook al dienste die ,,volmaakte wil” en gehou het, moes ek elke Sondagdie ,,toelatende wil” van God, was ek oggend eers die Sondagskool baie versigtig. Ek wou nie enige iets toespreek, en daarna die oggendvan Hom begeer wat buite sy diens waarneem. Dikwels moes ek nog die middag ook ‘n boodskap gee volmaakte wil vir my lewe sou wees aan ‘n tak Sondagskool, en die aand nie. Die prys daarvan sou net mislukking en trane wees. was daar weer die twee boodskappe. So het ek elke Sondag Ps.106:15 was altyd ‘n waarskuwing: vier of vyfmaal die Evangelie ,,Toe het Hy hulle gegee wat verkondig. Die lewe was vol en hulle gevra het, maar in aangenaam. hulle siele ‘n maerte Op die platteland was gestuur.” vervoer nie altyd luuks nie. Daardie Dit was dus ‘n uitgemaakte saak eerste jare is ek soms op die stasie tussen my Meester en myself dat ek of bushalte afgehaal met ‘n perdekar, donkiekar en eenmaal selfs met op sy genade sou staatmaak om altyd vir Hom te werk, en dat die ‘n ossewa met sestien osse. Ek toekoms sy keuse vir my sou wees moes alleen daarop sit met my en nie my eie nie. bagasie! Soms het ek gewaar dat ‘n (Vervolg volgende maand ) gevoel van eensaamheid gedreig het om my hart binne te dring. Daarteen het ek met alle mag gewaak en die Here Jesus gevra dat Hy en sy werk vir my genoegsaam sal wees. Ek SIMPATIE sou nie my lewe met die van enige prinses wou ruil nie. Tog is dit seker Ons innige meegevoel normaal dat die mens soms na ‘n aan Cilla van Niekerk lewensmaat sou verlang. met die afsterf van Ek het gedurende hierdie haar suster. jare baie aangename jong predikers 23/06/2013. ontmoet. Sommige het in my belang gestel, maar daar was altyd een of ander haakplek wat my oortuig het dat die saak nie van die Here was (Vervolg vanaf bl. 6)

15


Oorgawe gebed As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal

16

word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie! Skakel in by ‘n GeesvervuldeWoord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit 022-487 2200


ONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met

Andrew Larey ♦ ♦ ♦ ♦

♦ ♦

♦ ♦ ♦ ♦

♦ ♦ ♦

WAAR IS BROER GEBORE? Malmesbury WATTER SOORT WERK DOEN BROER? Verkoopsman BEOEFEN BROER ’N SPORT? Nee WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die feit dat mense omgee vir mekaar. WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Albert Mathese (Gemeenskaps Leier) WIE IS BROER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Hillsong WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die Here my siel gered het. WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Braaivleis HOE ONTSPAN JY? Om na sport te kyk. WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Om te reis. WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir die blote feit dat die Here my kind bewaar as hy van die een dorp na ’n ander moet reis om by die skool uit te kom. WAT BEGEER BROER NOG VAN DIE HERE? Dat meer mense hulle harte vir die Here sal gee. WAT FRUSTREER VIR BROER DIE MEESTE? Mense wat sleg ry. WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Vergifnis oOo 17


WIL JY GEDOOP WORD? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit (022-487 2200)

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by :corpuschristi@cybersmart. co.za

18


Kinderkerk Hoekie

19


BP Atlantic Verskaffers van GAS en OLIE asook groothandel DIESEL Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3 P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299 Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

SWART erk! a st r t s Ek

SAKKE Pro bee rm y !! !

Kontak Hendrik Burger 082 649 4653

MMR FINANSIテ記E DIENSTE Adriaan Slabber RFP

TM

Onafhanklike Finansiテォle Adviseur E-Pos: adriaan@makelaars.co.za Sel:082 801 1906 Tel: 022 482 1661 FSB Lisensieno. 12017 Fax: 022 482 2586 Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300 Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiテォle Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse Goedgekeurde Gemagtigde Finansiテォle Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.