Januarie/Februarie 2014
ptytwekker ppetiser
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za
♦ ♦ ♦ ♦ ♦
NUUS VAN HERDERSPAAR MATERIALISM IN CHRISTIAN … KLIP IN DIE BOS IS JY ‘N WENNER AL BRUIS DIE JORDAAN
♦ ♦ ♦ ♦ ♦
Aan elke leser wil ek uit my hart ‘n baie geseënde nuwe jaar toewens, soos wat ek dit vir myself begeer! Mag die Here Jesus jou hand neem en jou wonderbaarlik lei en leer! Mag dit vir jou ‘n jaar vol van Sy heerlikheid wees!
kind and watched over us. May He protect and bless us in 2014 that lies ahead of us! May the blessings of the Lord shower over us!” Alhoewel die Bybel aan ons voorhou dat die laaste dae swaar tye sal wees (2 Tim. 3:1) is daar tog ‘n gevoel van optimisme en verwagting in my hart wat die nuwe jaar betref. Daar is ook volgens die Bybel seisoene soos o.a. saaityd en oestyd. Ons as gemeente het baie gesaai t.o.v. Woord, bearbeiding van siele, finansies, selgroepe ens. Ons kan nou ook ‘n oes verwag. En dis presies my verwagting. Gal. 6:7 leer dat wat jy saai sal jy maai. Ek verwag dat n.a.v. die vele saad wat ons in die grond het, daar in hierdie jaar vir ons ‘n groot oes op die land sal wees! 1 Kor. 3:6 – “Ek (Paulus) het geplant, Apollis het natgemaak, MAAR GOD HET LAAT GROEI.” My verwagting is en so ook elkeen se verwagting moet van die Here wees; Hy verleen die groeikrag en gee die wasdom. Terwyl ons almal soos altyd hard vir die Here gaan werk, is ons oë op die Here vir dit wat Hy gaan doen in 2014! Verwag saam met my ‘n groot oes!
Geliefdes, die nuwe jaar het vir ‘n groot deel van die gemeente begin met ons Middernagdiens, waar ons in diepe afhanklikheid voor die Here gestaan het in die wete, nét die Here kan ons help en dra wat 2014 betref. Ek wil dit weer verklaar: Ons wil op niks anders vertrou nie as net die Here. Een van ons lidmate, sus. Katriena Mouton het vir my ‘n mooi SMS boodskappie gestuur en ek wil dit met jou deel: When we look back and wonder how we ever made it through 2013, we realise it’s not because we’ve been clever, but because God has been wise. Not because we’ve been strong, but because God has been mighty. Not because we’ve been consistent, but because God has been faithful. 2013 is history; we experienced joy and sorrow. We were wise and silly in some of our choices. In all of this, God was Pastoor Piet & Susan Smit
DIE SKEPPER SE DIEET FOTO NUUS GEBED IN AKSIE MENSE HET GROOT WAARDE ADVERTENSIES 2