Aptytwekker Nov/Des 2013

Page 1

November/Desember 2013

ptytwekker ppetiser

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Foto: Past. Piet Smit

Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verby gegaan. Hooglied 2:11

♦ ♦ ♦ ♦ ♦

NUUS VAN HERDERSPAAR LIEFDE BY DIE KERK (1) MOENIE PASSIEF ……. BONUS OF 13DE TJEK AL BRUIS DIE JORDAAN

♦ ♦ ♦ ♦ ♦

KINDERKERK HOEKIE FOTO NUUS ONS STEL BEKEND DIE SKEPPER SE DIEET ADVERTENSIES


Nuus van die Herderspaar Mat. 24:13 – “Maar wie volhard tot die einde toe …” Gal. 6:9 – “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” Die einde van die jaar is waarlik in sig! Mens staan weereens verstom dat tyd ons lewens grootliks bestuur en oorheers. Ons is magteloos daarteen. Net God is buite tyd en ruimte.

maak. ONS ALLERBESTE VIR DIE HERE JESUS TOT DIE EINDE TOE! Die nood van die uur wek ons daartoe: Die vele siele in ons omgewing wat nog ongered is en nog nie gehoor gegee het aan die roepstem van Jesus! Ons moet hulle bereik eer dit te laat is. Ons het ‘n getuienis taak teenoor elke mens wat ons pad kruis. Elke mens moet ons beter agterlaat. Ons het ‘n enorme en ontsaglike (soms voel dit, dis net te groot) volhardende voorbiddings taak. Voorbidding vir ons gemeente, siele, siekes, die land, die ekonomie, die regering, teen korrupsie ens.

Nou is die versoeking groot om sommer die pas so bietjie stadiger te maak. Nee, geliefdes, alles behalwe. Wanneer ek aan ‘n wedloop deelneem, sprint ek gewoonlik die laaste 100 meter omdat ek weet daarna kan ek rus en is alles verby. My skoonseun, Dirk Havenga se styl was toe hy nog ons eindpoging deelgeneem het: “As ek klaar Laat gekenmerk wees met ‘n is, wil en nie nog één tree kan ongekende gee nie.” gedetermineerdheid om Jesus Met hierdie in gedagte, wil ek Koning te maak net waar ons jou aanmoedig om die laaste beweeg. stukkie van 2013 klaar te Past. Piet & Susan Smit 2


“By ons kerk is daar baie liefde,” sê iemand. “Almal druk mekaar en groet mekaar vriendelik.” Is dit regtig die liefde waarvan die Bybel praat en is dit ál wat die Here onder ons as Sy kinders soek wat liefde betref? Onthou, drukkies en groet, kan later ook maar net ‘n gewoonte word sonder inhoud ... Drukkies, soentjies en vriendelikheid is pragtig op die oog af as dit met suiwer motiewe gedoen word en spreek van liefde. Maar as dit net daar bly, dan skiet dit ver te kort aan wat die Bybel van ons as Jesus se dissipels verlang. Dan raak dit die tong-liefde waarvan 1 Joh. 3:18 praat as dit sê: “My kinders laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.” Of goedkoop voorportaal-liefde wat my niks kos nie. Ons vind dit in die dae van Absolom, die seun van Dawid wat langs die pad na die poort van die stad Jerusalem die mense wat gekom het vir ‘n hofsaak, ingewag het. Aan elkeen uit Israel het hy gesê: · 2 Sam. 15:3 - “Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.” · 2 Sam. 15:4 – “Mag hulle my as regter van die land aanstel, dat elkeen wat ‘n geskil

of regsaak het, na mý kan kom, dan sal ék aan hom reg laat geskied.” · 2 Sam. 15:5 – “En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom.” Wat het agter sy optrede gesit? Wat was sy ware motief? 2 Sam. 15:6 – “Op dié manier het Absolom … die hart van die manne van Israel gesteel.” Sy eintlike doel met sy valse soene, drukkies en mooi woorde was om die volk agter hom te kry, sodat hy sy vader Dawid se regering omver kon werp. Maar só mag ons as ware kinders van Jesus nie doen nie. Ons drukkies en soentjies moet opreg uit ons hart kom (met geen bymotief), omdat ons uit God gebore is (1 Joh. 3:14; 4:7, 8) en die liefde van God in ons harte uitgestort is (Rom. 5:5) en dus ander opreg kán lief hê. GEBED Hemelse Vader, opnuut wil ons, ons harte ondersoek en naspeur met watter motiewe ons ander by die kerk druk en soen. Maak ons opreg Here met geen bymotiewe. Al is dit selfs ons gebruik, moet dit uit ons hart kom, omdat ons aan U behoort. Ons bid dit in die kragtige Naam van Jesus Christus! Amen! (Past. Piet Smit )

Vervolg

3


Moenie passief in geestelike wagkamers rondsit nie. Gaan leef in die saailande van die Here!

“E

k het die Here gevra om groot dinge in my lewe te doen,” sê sy. “Tog lyk dit nie asof daar veel gebeur nie,” gaan sy moedeloos voort. “Het jy al ooit die regte geloofsaad in die Here se landerye gesaai?” vra ek. “Wat bedoel jy?” vra sy verbaas. “Dit help nie om die Here te vra om jou te gebruik as jy nie bereid is om jou gebede in geloofsaksies te omskep nie nie. Geloof wat nie oorgaan tot dade nie, help niks.” Sonder die regte geloof-saad in die Here se landerye (wat ook ’n geskenk uit sy hand is volgens 2 Korintiërs 8:10), is daar niks in Sy hand waarmee Hy kan werk nie. Te veel mense sit hulle lewens om in geestelike wagkamers. Hulle wag passief op gebedsverhorings. Dit is nie wat Psalm 130-131 bedoel met wag op die Here nie. Om reg te wag op die Here is om jou geloof aktief in die hemelse landerye uit te strooi. Vat maar daardie weduwee in Markus 12:41-44 wat letterlik haar laaste sente aan die Here se diens weggee. 4

Op daardie einste oomblik verander haar sente egter in lewende hemelse saad. Soveel so dat Jesus sê: “Voorwaar Ek sê vir julle sy het meer gegee as al die ander.” Praat van impak! Hierdie weduwee kon ’n ander roete gevolg het. Sy kon vir haarself gesê het die Here het haar verlaat. Of dat niemand meer vir haar omgee nie. Of sy kon, soos vele mense, bloot net gebid het sonder om iets te doen. Maar toe gaan saai sy haar laaste twee muntstukke in die Here se saailande. In ’n hemelse oogwink het dit ewige vrug gedra. Jesus was so aangegryp deur haar geloofsdaad dat haar storie deel geword het van die Bybel! Wat sal die Here nie deur jou eie lewe doen as jy gereeld ’n bietjie geloofsaad in sy landerye gaan uitstrooi nie. Anoniem


BONUS OF DERTIENDE TJEK As jy bevoorreg was om ‘n beroep te kon beoefen deur die jaar, is jy inderdaad baie bevoorreg in hierdie land van ons, want bykans 40% van ons land se mense word beskou as werkloos. Dis geen reg, maar ‘n voorreg as jy aan die einde van die jaar ‘n bonus of dertiende tjek kan ontvang. Eer God daarvoor deur aan Hom ‘n tiende ook daarvan

te gee. Die Here Jesus moet altyd eerste wees in alles wat ons doen! Mal 3:10 – “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.” oOo

SOEK DIE ANTWOORD VORIGE KEER SE ANTWOORD Die name van die bekende 5 Filistynse stede (1 Sam. 6:17): Asdod, Gasa, Askelon, Gat en Ekron. HIERDIE KEER SE VRAAG Daar is iemand koning gemaak in Israel voordat Saul koning gemaak is. Normaal weg sê ons altyd dat Saul die eerste koning van Israel was. Tog was daar iemand koning voor hom. Is daar iemand wat weet?

5


AL BRUIS DIE JORDAAN (Vervolg vanaf Sept./Okt. )

My arme moeder was desperaat. Alhoewel sy destyds nie ‘n ware Christen was nie, was sy tog steeds soekende na die God van die Bybel. Sekere vriende van haar het egter die Here geken, en in haar droefheid het sy hulle gevra om vir haar sterwende seun te bid. Die Here in sy groot liefde, het hulle gebede beantwoord, en skielik het ek vinnig begin beter word. In die drie daaropvolgende maande het my gewig met sewentig pond vermeerder. ‘n Wonderwerk het gebeur en ek was spoedig van al my kwale genees. In plaas van om aan God die eer en dank te bring, het ek gesê: ,,Wat ‘n wonderlike ding is die natuurgenesing!” Ek het die wêreld begin dien soos nooit tevore nie en ook baie sukses behaal. Op drie en twintig jarige ouderdom was ek die bestuurder van ‘n gesondheidsinrigting waar ek ‘n personeel van vyftien blankes onder my gehad het. Ek het ook begin om artikels oor bestuurtegniek te skrywe wat destyds in verskillende tydskrifte gepubliseer is. In my hart was ek tog baie bekommerd oor ander mense wat ly. Het ek dan nie genoeg ondervinding daarvan gehad nie? Ek het tot die oortuiging gekom dat ek self ‘n geneesheer behoort te word om andere te help. Dus het ek dadelik met my studies begin en na ‘n paar jaar begin praktiseer as natuur-

6

geneeskundige spesialis. Daarmee het ek vir tien jaar in Johannesburg volgehou. Gedurende hierdie jare van sukses het ek aangehou deelneem aan die plesiere van die wêreld, veral dans. In my vroeë jeug het ek deur vier of vyf dansskole gegaan. Ek het selfs die voorreg gehad om met prinsesse te dans. Verder het ek baie ander sportsoorte op professionele wyse geleer. Hieraan het ek al my tyd en krag gewy. Die uur het egter aangebreek dat die Here my sou wys dat ek nie sonder Hom kon lewe nie, en nog minder sterwe. Dit was in 1938. Die Here het naamlik toegelaat dat baie teleurstellings en smarte weer oor my toesak. Ek kan nie op al die besonderhede ingaan nie, maar kortliks net dit: Ek het al my geld verloor, my vader het gesterf, my moeder was siek tot die dood toe, die jong dame met wie ek wou trou, het my eenkant toe gestoot vir iemand anders, en ek het weer siek geword. My suster was reeds al ‘n jaar in Engeland, en ek was baie eensaam. Die man deur wie se handelswyse ek al my geld verloor het, het boonop baie skuld op my naam gemaak. Daarna het hy verdwyn en vir die eerste maal in my lewe het ek ‘n dagvaarding gekry, en toe nog een en nog een, tot ek soms tot agt in een week ontvang het! Ek (Vervolg op bl. 15)


A.G.S Corpus Christi

oekie H k r e k r e d in K Uitgawe 3 3 November 2013

Ons R.A.A.S vir Jesus Deut . 28

Ons weet hoe om ‘n hyskraan te bou. Met die strooitjie hefboom het ons ‘n vol coke blikkie met water op getel.

1

8 . 3:1 Kor

- 20

1 Kor. 13

1 Tim 4:13 - 16

Gal. 5:22

7


MET ‘N DOEL Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

Bo: Die link na ons facebook blad.

Bid sonder ophou!

Namens die Bestuursraad bedank ek elkeen van ons broers en susters vir ‘n wonderlike jaar van saamdoen vir die Here! Jou bydrae vir die werk van die Here materieel sowel as geestelik, word opreg waardeer. Jou mooi positiewe gesindheid het gemaak dat ander aangemoedig is. My mooiste wense vir ‘n ongeëwenaarde Kersseisoen en 2014 in Jesus Christus! Pastoor Smit 8


Terwyl jy die Here loof en prys, veg Hy die oorlog vir jou. Lofprysing en aanbidding is een van die sterkste wapens wat God aan die mens gegee het. Die vyand kan dit nie hanteer nie. Dit maak die Here dinamies teenwoordig. Lof en aanbidding sit jou onmiddellik in ‘n geloofs-atmosfeer. Vrees en bekommernis vlug wanneer ons die Here begin loof en prys. Dit landseer jou soos ‘n vuurpyl in ‘n Goddelike wentelbaan. Wanneer jy Jesus loof en prys, vergeet jy van jouself en jou eie-ek. In die Ou Testament was dit verbode om met ‘n lang gesig in die teenwoordigheid van die koning te kom. God woon onder die lofsange van sy Israel (Ps. 22:4). (Past. Hansie Smit)

SIMPATIE

Toewyding - Mark. 10:13 -16

Ons innige meegevoel aan Fatima v/d Westhuizen

Johane v/d Westhuizen 13 Oktober 2013

&

familie met die afsterwe van huar man (Pieter) &

kinders se pappie en oupa.

Stefnay Leander 29 September 2013

9


FOTO-NUUS Lente Tee - 7 September 2013

Anina Cloete was die seremonimeester van die oggend.

Rozanne Visagie was die Gaspreekster en sanger.

Die Stadsaal was vol mooi dames met ‘n lente hoed.

Skattejag - 28 September 2013

Om te begin moes hul ’n ballon opblaas en stukkend sit, voor hul kon begin.

Almal smul baie lekker aan die worsbroodjies. Dankie!

10

Magrieta van Rooyen by een van die punte.

Hierdie span het die beste “gees” gehad en 2 rolls gewen.

Hennie Smit, ons braaier vir die dag.

Venter & Susan Archer, die organiseerders. Uitstekende skattejag!


Sangmiddag op Gouda 6 Oktober 2013

Watter fees in die Here was dit nie!! Verskeie sang groepe van Porterville het opgetree. Die Roberts gesin saam Past. Smit het ook opgetree.

Noot vir Noot - 13 Oktober 2013

Huweliksdiens - 20 Oktober 2013

Aanbieder: Johan Smit & nie Johan Stemmet ! Na die boodskap het paartjies weer die huweliksbelofte teenoor mekaar afgelĂŞ.

Twee spanne het teen mekaar deel geneem.

Doop - Matt. 28:19 (8 September & 13 Oktober 2013)

Vanaf links: Elsabe v/d Westhuizen , Brandon Mouton, Gerswain Isaacs en Tina v/d Westhuizen. 11


8 September 2013 Elsabe van der Westhuizen My Heer, toe ek in wit geklee in die doop bad voor U staan Om gedoop te word in U heilige Naam Toe ek my knieë voor U buig en ek in die water sak Het ’n gedagte my na my asem laat snak Ek het gewonder wat dit is wat U in my sien Is ek ooit waardig om U te dien En toe, toe staan U so ’n bietjie nader Sê: “Kom Ek doop jou in die Naam van jou Vader Kyk, my Kind, tot nou toe was jou lewe ’n leuen Daarom doop ek jou ook in die Naam van my Seun Hiermee spreek ek jou vry, Jy is duur gekoop

12

Daardie dag toe Hy vir jou sonde na sy kruisdood loop Van vandag gaan Ek nog nader aan jou wees Daarom doop ek jou ook in die Naam van die Heilige Gees Toe ek opbeweeg met die trap’ Voel ek U arms om my terwyl U sê “Kom ons neem dit stap vir stap En daar in die binnekamer staan ons twee alleen, ek en my Heer My wese voel klein en broos, dit maak eintlik seer

Trane van oorgawe loop oor my wang Maar tog voel ek effe bang want ek voel so leeg, so vreeslik leeg Maar hierop antwoord my Vader: Jou ou lewe het Ek nou weg geveeg Ek gaan jou vul met ’n nuwe een vol van My En net daar sak ek op my knieë en sê: Vader bly asseblief aan my sy My kind, Ek was maar altyd hier reg langs jou, jy weet. En onthou my liewe kind, Ek het jou lief en dit moet jy nooit vergeet. ~~~

As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. (1 Johannes 1:9)


ONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met

Cathleen Karstens ♦ ♦ ♦ ♦

♦ ♦

♦ ♦ ♦ ♦

♦ ♦ ♦

WAAR IS SUSTER GEBORE? Kaapstad, Elsiesrivier WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Sheff By Malmesbury Ouetehuis. BEOEFEN SUSTER ’N SPORT? Nee WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die liefdevolle mense wat omgee. WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? My huisgesin. WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Hillsongs WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat Jesus vir my uit die dood gered.het. WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Afvalpotjie HOE ONTSPAN JY? Met ‘n boek of ek stap. WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? My eie huis wou hê. WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir die genade wat Hy vir my elke dag gee. WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Dat die Here my man moet wys hoe lief God hom het. WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Valsgeid en leuens. WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Liefde oOo

13


DIE SKEPPER SE DIËET (Jordan S. Rubin)

Waarvoor het jy nou weer gewag? die daaglikse gang van werk en speel. Die mense wat die langste Ongelukkig het die spanningsvolle en geleef het in die geskiedenis het kunsmatige aard van volgehoue orals geloop waarheen hulle wou aërobiese oefeninge gewrigte en gaan. Hulle het diere en troppe kraakbeen verslyt en ernstige agtervolg, wilde diere te voet gejag, chroniese sprtbeserings veroorsaak beskuttings gebou en landerye aktief teen ‘n hoër tempo as wat bewerk met tussenposes van rus. enigiemand voorspel het. Nog erger Hulle het niks van aërobiese is die feit dat mense wat aërobies fiks oefening, oefenfietse of is en lae cholestrolvlakket het, net so oefenmasjiene geweet nie, maar dikwels hartaanvalle kry soos mense hulle was meesters wanneer dit by wat nooit oefen nie en anaërobiese oefeninge slegte cholestrol vlakke gekom het - aktiwiteite het. Dit mag te wyte wat ‘suurstof-skuld’ wees aan die feit dat veroorsaak deur kort mense wat gereeld periodes van hoë aërobiese oefeninge vir inspanning. Ten spyte lang periodes doen, ‘n van huidige verswakte imuunsisteem het. Hierdie modeneigings, hoef ons nie so daling in immuunvlakke maak hulle gespierd te lyk soos die mense wat goeie teikens vir infeksies. Ons het ons op televisie of op die voorblaaie oefening nodig vir maksimum van tydskrifte sien nie. Enigiemand gesondheid, maar hoë-spanning kan egter baie gesonder wees met ‘n aërobiese oefening is nie so goed voedingsryke dieet en matige soos beweer word nie. oefening. Ek is nie heeltemal teen Oefening moet die werklike lewe aërobiese oefeninge gekant nie, weerspieël maar as dit jou doel is om jou lewe Uit my navorsing is ek oortuig dat die sonder enige siektes en onnodige gesondheidskomplikasies te lei, is Skepper se voorskrifte vir oefening daar sekere oefeninge wat baie beter ooreenstem met weklike vir jou algemene gesondheid is. lewensaktiwiteite wat betrokke is in (Vervolg volgende maand)

14


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers) (Vervolg vanaf bl. 6)

was ten einde raad en het geen uitweg gesien nie. Ek moes óf selfmoord pleeg, en dit het amper gebeur, óf ek moes uitvind of daar ‘n Opperwese is, en by Hom hulp soek. Toe het God tot my begin spreek. Dit was of daar skielik ‘n telefoon in my hart gekom het. Hy het vir my gesê dat Hyself die rampe toegelaat het om my van die ewige verdoemenis te red en my na Hom toe te trek. Daarna het ek vir die eerste maal die Bybel begin lees, vanaf Matthéüs 1. Ek was toe dertig jaar oud. Daardie Bybel het my moeder vier jaar vantevore as geskenk aan my gegee. Ek het dit nie eenmaal oopgemaak nie, omdat ek gedink het dat dit ‘n eenvoudige ou storieboek was, geskikte leesstof vir onkundige mense. Maar nou, in my benoudheid, het God se Gees dit op so ‘n wonderbare wyse vir my verklaar dat ek dit na ‘n paar weke sonder enige menslike hule verstaan, aanvaar en bemin het. In my spreekkamer het ek neergekniel en my onvoorwaardelik aan Hom oorgegee. Natuurlik het ek nog nie alles begryp nie, maar stap vir stap het die groot waarhede van die saligheidsplan voor my geestesoog ontvou. Ek sal nooit die groot dag vergeet toe ek ‘n rukkie later, in Januarie 1939, die ware wedergeboorte deelagtig geword het. Ek

het toe reeds Matthéüs, Markus en Lukas deurgelees en was by die sesde hoofstuk van die Evangelie van Johannes. Tussen die afsprake van die pasiënte het ek altyd vyftien minute oopgelaat sodat ek die Bybel kon lees en iets meer kon leer. Toe ek daardie oggend by die vyf en veertigste vers kom, wat sê: ,,Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe en Ek sal hom opwek ”, het ek so ‘n Goddelike openbaring van die grote saligheid van Jesus Christus ontvang, dat my hele lewe verander het! Vir die eerste maal het ek besef dat dit wat ek altyd gedink het die lewe was, niks anders was as die dood nie. Dit, wat ek die lewe genoem het, was net ‘n dierlike, aardse bestaan. Daar is ‘n aardse, menslike liefde, maar daar is ook ‘n ander liefde, die ware liefde, die hemelse liefde, die liefde van God! Net so bestaan daar ook ‘n ware lewe, ‘n hemelse lewe, die absolute of Goddelike lewe, wat die Bybel noem ,,die ewige lewe”. Hierdie aardse lewe sal verdwyn, maar as die mens daardie ewige lewe ontvang, sal hy vir ewig lewe. Vir die eerste maal het ek toe verstaan hoe ‘n mens dit deelagtig word. Die Here toon my sy Seun, Jesus Christus, gesimboliseer deur ‘n pypleiding tussen die hemel en die aarde. (Vervolg volgende maand )

15


Wees ’n aanbidder In Lukas 10:38-42 lees ons hoedat Jesus en sy dissipels by Martha en Maria kom eet. Martha spring dadelik aan die werk om die ete van ’n leeftyd te kook wat enige Masterchef sal laat bloos. Die Here is immers haar eregas. Spoedig kom sy agter haar suster Maria help nie in die kombuis nie. Tot haar skok sien sy dan dat Maria aan Jesus se voete sit, saam met die ander dissipels. Dadelik vra sy vir Jesus hoe Hy so iets kan toelaat. Vroue se plek is in die kombuis. Hulle moet kos maak terwyl die mans onderrig word. Altans, dit was die stereotipe oor vroue in daardie tyd. Jesus deel dit nie. Hy bring Martha tot stilstand deur haar twee keer op haar naam aan te spreek. As Hy haar onverdeelde aandag het, sê Jesus vir haar dat sy rondskarrel met ’n besorgde en haastige hart. Haar dienende ingesteldheid het haar verander in ’n rustelose, bekommerde persoon. Haar vrede is weg. Sy is heeltyd besig om almal rondom haar te versorg en tevrede te stel sonder om na haar eie geestelike welsyn om te sien. Wat is Jesus se antwoord vir gejaagde mense, soos Martha? 16

Wel, Hy sê padlangs vir haar net een ding is nodig. Net een! Nee, Jesus hou nie tien stappe of twaalf wette vir geestelike sukses voor nie. Maria het hierdie een ding uitgekies en dit sal nooit weer van haar af weggevat word nie. Wat is dit? Wel, om aan Jesus se voete tot stilstand te kom. Dis om in aanbidding by Hom te kom sit. Net dit! Helaas het baie bidders selfs ook hiervan ’n stuk werk gemaak. Hulle het gebedsresepte en tegnieke uitgewerk om antwoorde by God te probeer kry. Ware aanbidding is om tot rus te kom by die Here. Dit is om in verwondering aan sy voete te sit. Dit is om oorweldig te wees deur sy heilige teenwoordigheid. Aanbidding gaan net oor die Here. Dit gaan oor vrede in sy teenwoordigheid; nie oor baie woorde, of selfs die regte woorde nie. Hy weet in elk geval wat ons nodig het nog voordat ons gebid het. Gebed is ’n verhouding met die lewende Here. Jesus nooi ons uit tot sulke aanbidding. Hy wink ons nader om tot rus te kom aan Sy voete. Dit is Sy maaltyd wat Hy met ons wil deel! (Stefan Joubert)


It’s time to rejoice, to rise up out of our exhaustion and implement the power of praise. When you do, you’ll enter a (Gloria Copeland)

domain of power, freedom and the joy of the Lord. It’s a domain that’s alive

and shining with the presence of

Be glad in the Lord, and re- God. joice, ye righteous: and shout So throw off those old inhifor joy.... Rejoice in the Lord, O ye righteous: for praise is comely for the bitions. Take God at His upright. Psalm 32:11-33:1 Word. Leap. Shout. Sing. Never underestimate the drawing power Be ready to obey the Spirit of joy. It’s like a blazing fire that capof God. Let yourself catch tures the attention of people in darkness. In fact, in a dream I had many years fire in the Spirit and never ago, God called it “spontaneous stop burning! combustion.”

I didn’t even know what the term meant until the next day. When I looked it up in a dictionary, here’s what I found:

Spontaneous combustion—“the process of catching fire and burning as a result of heat generated by an internal chemical reaction.”

Scripture Reading: Psalm 100

A Thanksgiving Psalm: On

your feet now—applaud God! Bring a gift of laughter, sing yourselves into his presence. Know this: God is God, and God, God. He made us; we didn’t make him. We’re his people, his well-tended sheep. Enter with the password: “Thank

you!”

That’s it! Joy—the process of Make yourselves at home, talking

catching fire and burning as a result of heat which comes from the Holy Ghost!

praise. Thank him. Worship him. For God is sheer beauty, all-generous in love, loyal always and ever. ***

17


WIL JY GEDOOP WORD?

E

lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd.Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit (022-487 2200)

18


BP Atlantic Verskaffers van GAS en OLIE asook groothandel DIESEL Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3 P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299 Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by:

corpuschristi@cybersmart. co.za

MMR FINANSIËLE DIENSTE Adriaan Slabber RFP

TM

Onafhanklike Finansiële Adviseur E-Pos: adriaan@makelaars.co.za Sel:082 801 1906 Tel: 022 482 1661 FSB Lisensieno. 12017 Fax: 022 482 2586 Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300 Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiële Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse Goedgekeurde Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

19


Oorgawe gebed As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal

20

word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie! Skakel in by ‘n GeesvervuldeWoord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit 022-487 2200


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.