September/Oktober 2014
ptytwekker ppetiser
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za
♦ ♦ ♦ ♦ ♦
NUUS VAN HERDERSPAAR NIKS BEHALWE MANNA NIE SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE GRYP DIE DAG AL BRUIS DIE JORDAAN
♦ ♦ ♦ ♦ ♦
FOTO NUUS ONS STEL BEKEND PROPHETS DIE STEMMETJIE PSALM 23
merk nie?” Toe ek in die kerkkantoor kom, vertel Janette, ons kerk se sekretaresse, ewe opgewonde oor die wonder van lente: “Die hele winter stap ek by daardie boom verby. Dis morsdood en het net dooie takke. Al wat dit afgooi is sulke droë bolletjies. Ek het regtig gedink die boom is dood en dis onmoontlik dat daar iets uit of aan hom kan groei. Maar vanoggend toe ek daar verbystap, toe sien ek daar is groen blaartjies wat verskyn en ek dink by myself: ‘My gom, kan dit dan wees! Ek kan dit nie glo nie, maar hier sien ek dit voor my oë!” Ja, na die lange winter het die lente gekom en vanjaar is dit vir my ‘n buitengewone mooi jaar. Oral is daar ‘n ontwaking. Die surings, die brandnetels, kiese-bosse en gousblomme ens., staan asof versorg met die beste kunsmis. Dit bly darem maar ‘n wonderwerk wat net die Here kan laat gebeur! Vir ‘n groot deel van die jaar lê die saadjies daar sluimerend onder die grond of onder ou blare. Maar dan na die winterreën ontwaak daar lewe, waar mens gedink het nie lewe te vinde is nie.
Miskien het jy ‘n kennis of ‘n familie betrekking wat soos daardie ou droë boom met sy skynbare dooie takke is. Jy het al so baie bearbei en die evangelie gedeel en gebid en die persoon gesmeek om tog maar sy of haar hart vir die Here Jesus te gee, maar ongeag jou pogings, daar is geen beweging nie. Dis mos ook maar net menslik om dan te begin wonder: Kan hierdie mens verander; niks gebeur dan nie. Maar die lente het ‘n boodskap vir ons! Die Here se heerlikheid kan ook in daardie lewens deurbreek soos lente vir ons weer vanjaar kom verras het. Mag die Here, wat die lewe Gewer is, bonatuurlik ook in daardie harte werk. Mag jou oë met verwondering aanskou die groot dade van die Here. Ja, jou mond gevul word met gelag by die redding van diegene vir wil jy al so lank bid. (Ps. 126:1, 2 - Toe die Here die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; ....... Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.)
Jes. 43:19 – “Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie Piet en Susan Smit
2
(Ingestuur deur Sonnet van Meyeren)
Net
soos die wêreldreisiger wat al oral was en alles gesien het, loop hierdie Christen die gevaar om só gewoond te raak aan sy seëninge dat hy nie meer so bly is daaroor soos aan die begin nie.
Emerson het gesê as die sterre net een keer per jaar uitgekom het, sou almal heelnag wakker gebly het om na hulle te kyk. Ons het die sterre al soveel keer gesien dat ons nie eers meer na hulle kyk nie. Ons het gewoond geraak aan ons seëninge. Toe die Israeliete in die woestyn op pad na die beloofde land was, het hulle ook gewoond geraak aan hulle seëninge en moes God die mense straf (Num. 11). God het die volk elke oggend met manna uit die hemel gevoed, maar die mense het begin moeg word daarvoor. "Maar nou wurg ons," het hulle gesê. "Daar is niks behalwe hierdie manna voor ons nie!" (v. 6). Hulle het elke oggend 'n wonderwerk beleef van hoe God voorsien, maar dit het hulle nie meer geraak nie. Een van die bewyse daarvan dat
ons ook maar gewoond geraak het aan ons seëninge, is hierdie gewoonte van ons as mense, om te kritiseer en te kla. In plaas daarvan om vir God dankie te sê vir wat ons het, kla ons eerder en sê ons vir Hom ons wens ons het ander dinge gehad. Jy kan maar seker wees daarvan dat as God wel vir ons gegee het waarvoor ons gevra het, ons uiteindelik ook daaroor sou kla. Iemand wat sy seëninge as vanselfsprekend aanvaar, kan en sal nooit tevrede wees nie. Nog 'n bewys van hierdie kwaal is die gevoel dat ander mense beter daaraan toe is as ons. Die Israeliete het gedink aan wat hulle alles in Egipte geëet het en na die komkommers, waatlemoene, preie, uie en knoffel verlang. Wat hulle gesê het, was: "Dit gaan soveel beter met die mense in Egipte as met ons!" Hulle het duidelik van hulle verskriklike lyding as slawe en die gevangenskap waaruit God hulle bevry het, vergeet. Slawerny is 'n hoë prys vir 'n ander dieet. (Vervolg)
3
(Dr. James Van Zijl)
Lees wat staan in Jes. 43:19 & 21: Kyk, Ek gaan iets nuuts maak... Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig. God het dus iets nuuts gemaak... Hierdie iets is ‘n nuwe soort mense wat Hom sal loof en aanbid. SOOS HY DIT VERLANG Dit sal uitspruit en voortvloei vanaf hulle wat gevul is met die Heilige Gees!
Voor ons dit doen wil ek graag aan jou vertel hoe die Here in Sy goedheid my geleer het oor hoe Hy geloof en geprys wil word, toe ek heelwat vrae in my hart hieroor gehad het.
Ek was die Saterdagaand by ‘n byeenkoms gehou deur charismatiese Christene waar hulle die Here geloof en geprys het met baie vreugde en handeklap en die Dwarsoor ons land, dwarsoor die opheffing van hulle hande en wêreld beleef mense en groepe jubeling. Ek het gevind dat ek gelowiges hierdie restorasie, hierdie mense se optrede hierdie herstel en vernuwing in bevraagteken het en baie skepties lofprysinge en aanbidding. Gesigte daarteenoor gestaan het - in die wat vir baie jare kerk waar ek stroef en stug was destyds aanbid het terwyl hulle tot was hierdie dinge God gesing het, NOOIT gedoen nie. word vrolik en Alles moes baie glimlaggend. stemmig en onHande wat jare emosioneel wees! lank styf langs die Soekend het ek tot sye was of die Here gebid en gesangboeke gevra of die tipe moes vashou, kom los! Hulle word aanbidding net vir die sektes is, geklap as ‘n teken van blydskap in want dié mense het dan so vry en die teenwoordigheid van hulle gelukkig gelyk. Here. Hulle word opgehef in aanbidding en uitgereik in oorgawe In elkgeval, die Sondag-aand kyk aan die God wat hulle alles geword ek toe so ‘n bietjie televisie en sien het. Halleluja! o.a. ‘n kerkdiens wat gebeeldsaai is uit juis een van hierdie kerke waar Dit is dus gepas dat ons, as Nuwe alles so stemmig en on-emosioneel Testamentiese gelowiges, na die moet wees. Met lank gesigte is Psalms in die Bybel sal gaan om psalms en gesange gesing. Toe riglyne te ontvang van hoe om vra die Here my: ..... heerlike lofprysinge en aanbidding (Vervolg ) uit ons te laat vloei tot eer van die Here! 4
WIL JY GEDOOP WORD?
E
lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?
Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit 022-487 2200
Ek het geleer dat jy elke dag moet uitreik en aan iemand raak. Mense hou van ‘n warm drukkie of bloot ‘n kloppie op die rug. - Maya Angelou -
SOEK DIE ANTWOORD VORIGE KEER SE ANTWOORD
Die twee susters van Dawid was Seruja en Abigail (2 Sam. 17:25) Die volgende persone het die antwoord voorsien: Paul Cloete, Henk v/d Westhuizen, Maretha Walters, Wilma Ravens & Magriet Smit
HIERDIE KEER SE VRAAG Wie in die Bybel het gesê: “Droefheid sal ek nooit sien nie.” Sms jou antwoord met jou naam na: 073 447 2902
5
GRYP DIE DAG! (Nina Smit)
Daar is ‘n Latynse spreekwoord: Carpe diem - gryp die dag! Almal van ons droom drome oor wat ons nog ééndag wil vermag - daardie trefferboek skryf, op ‘n wêreldreis gaan, saam met ons gesin die Bolandse berge verken … Soveel mooi en lekker dinge wat helaas maar die meeste van die tyd net drome bly. En dan, op ‘n dag wanneer dinge soos siekte of dood oor jou pad kom, besef jy met ‘n skok: dalk het ek nog net vandag oor. Vandag kàn dalk die laaste dag van my lewe wees.
Dinge met ewigheidswaarde - wat maak dit nou eintlik saak as jou huis nie van voor tot agter blink nie. Lees liewer daardie boeke wat jy nog altyd gaag wou, gee liefde aan die mense om jou, gaan kuier by ‘n vriendin wat jy lanklaas gesien het, luister na musiek, lees (of skryf!) ‘n gedig...
Maak tyd vir die talente wat die Here jou gegee het: dalk kan jy stories skryf of mooi skilder, koek bak soos ‘n kunstenaar, pragtig blomme rangskik of sing soos ‘n nagtegaal.. Moenie jou gawes verwaarloos Elke dag uniek; ons sal dit nooit omdat daar ander mense is wat heeltemal presies net so kan terugkry nie. Daarom moet ons elke hierdie dinge beter as jy kan doen nie. Gebruik jou spesifieke gawes dag ten volle benut, alles vandàg doen wat ons graag wil, en nie dinge vandag tot God se eer en tot bly uitstel tot “môre” - wat dalk nooit verryking van die mense om jou. Die Bybel sê dat elkeen van ons ten sal kom nie. minste één gawe gekry het - vind uit Besluit om vandàg te gryp - om voluit te lewe. Om dié dinge te doen wat joune is, en gryp die dag! wat jy nog altyd graag wou doen.
6
oOo
Wat moet ek doen wanneer ek nie lus het vir bid nie? (Bennie Mostert)
Gaan na God toe. Gaan sê vir Hom jou hart is koud. Moet dit nie probeer ontken nie. Sê vir Hom jy sukkel. Sê vir Hom jy wil nie bid nie. Vertel vir Hom van jou frustrasies en dat jy sukkel om te glo en dat jy nie weet of Hy jou hoor nie. Vertel vir Hom dat jy in die verlede gebid het en jy ervaar het Hy antwoord nie. As daar bitterheid in jou hart teenoor Hom is omdat jy voel dat jy Hom vertrou het om jou te help en dat Hy jou nie beskerm het toe jy dit nodig gehad het nie, sê dit vir Hom. Moenie iets wegsteek nie. Praat met Hom oor ál jou emosies en gevoelens. Hy weet dit in elk geval, maar dit is nodig dat jy dit erken en dit vir Hom sê. Net deur dit te doen, sal jy al groot bevryding ervaar. Maar in die tweede plek moet jy tyd maak om na Hom te luister. Vra vir God om met jou te praat. Skryf neer wat jy hoor. Dit sal nie in ‘n hoorbare stem kom nie. Maar deur Skrif-gedeeltes, gesprekke, boeke wat jy lees, indrukke en gedagtes wat na jou toe kom. Vra vir Hom wat daar is wat maak dat jy nie kan of wil bid nie. Vra vir Hom hoekom daar ongeloof in jou hart is. Hierdie proses neem tyd. Neem elke dag spesifieke tyd om op Hom te wag en na Hom te luister. En hou aan om
neer te skryf wat jy hoor. Lees die Bybel. Nie net ‘n paar verse elke dag nie. Voor jy lees: bid en vra die Heilige Gees om die Woord vir jou oop te breek. Skryf neer wat jy hoor. Laat Hom toe om jou uit die Woord te leer om te bid, opdragte te gee van dinge wat jy moet doen, dinge uit te lig wat jy moet vermy en waarteen God jou waarsku. Bly in sy teenwoordigheid totdat jy Jesus “gesien” het, totdat jy meer bewus van Hom is as van jou eie hart en van jouself. Bly in sy teenwoordigheid totdat jy niks anders begeer as Homself en sy wil nie. Vra Hom om vir jou elke vorm van self(selfsugtigheid, eiesinnigheid), gierigheid en woede te wys. Bring dit voor Hom en bid vir bevryding. Praat met Hom en lees jou Bybel totdat Hy sy karakter vir jou wys: sy goedheid, sy liefde vir jou, sy heiligheid, sy regverdigheid en sy almag. Sit by Hom totdat jy weet sy karakter is die waarborg dat jy sy beloftes kan vertrou. Dan sal jou hart nie meer koud wees en nie meer onwillig wees om met God te praat nie. oOo
7
AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers) (Vervolg vanaf Augustus)
Golwe van dankbaarheid, liefde, lof en eer aan Hom vir sy grote saligheid het spontaan deur my wese gevloei. Hy het mos belowe: ,,Hy wat in My glo, soos die skrif sê, strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Joh. 7:38). Nietemin was daar ook ‘n mate van frustrasie. Ek kon nie na behoefte uiting gee aan die hemelse gewaarwordings van die werklikheid van ewige verlossing, waardering en aanbidding wat my siel oormeester het nie. My moedertaal was gans te onvoldoende om dit, wat die hemel in my hart uitgestort het, in aardse taal of lof uit te druk! Meer as ‘n jaar later, aan die einde van 1943, het die Here die oplossing gegee. Vir ‘n paar maande het ek die Skrifte in verband met die doping in die Heilige Gees ondersoek. Ek was oortuig dat ek reeds groot salwings van die Heilige Gees ontvang het. Die volle ondervinding was egter nog nie ,afgerond’ nie, derhalwe die 8
frustrasie hierbo gemeld. Ek het ernstig die aangesig van die Here vir die volheid van die Gees begin soek. Hy het my genadiglik ontmoet en die krag van die Heilige Gees in my binneste het al sterker geword, saam met dieselfde heerlike, onbeskryflike dankbaarheid, aanbidding en sekerheid van ‘n lewende Verlosser in my binneste. Maar hierdie keer het die Heilige Gees alle gevoel van frustrasie voorkom deur te gee dat ek in ‘n ander of vreemde taal spreek! (Hand. 2:4). Alleenlik ‘n taal deur die Heilige Gees ingegee kan uiting gee aan hierdie hemelse gewaarwordinge. Die Here het my toe baie duidelik laat verstaan dat dit net die begin van ‘n nuwe afmeting van gemeenskap met Hom in gebed was. Dit was glad nie ‘n einddoel nie, soos baie dit helaas beskou, en aan hulle geestelike ontwikkeling skade ly. Dit was die sleutel tot krag en die bonatuurlike. (Vervolg) volgende maand
Ek Het God Nooit Gesien Nie
Ek het God nooit gesien nie Maar ek weet Hy bestaan; Ek het Hom leer ken In jou glimlag spontaan. Hy’s dus nie onbekend nie Hy is ‘n realiteit ‘n Wese vol liefde En vriendelikheid. Vriend’lik verbygangers Weerspieël die Lig. Die lieflike skoonheid Van God se gesig. Die lokkende sterre, Die blaartjie so broos, ‘n Heerlike glimlag, Die ontluikende roos. Die winter en somer, Ja, elke gety Weerkaats God se liefde _ In alles is Hy. O, ek wens daar was baie Meer mense soos jy In wie God, Al hoe meer, Gestalte kan kry. (Anoniem) EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za
9
FOTO-NUUS Boemelaars Tee - 21 Junie 2014 Die Boemelaar families!
Dis nou hoe ‘n boemelaar se tafel lyk - swartsakke en papier borde.
Spreekster was Katriena Mouton.
Doop - 20 Julie 2014 → Henry Roberts as die Boemelaar speel die banjo. Michaela Smit
Henk v/d Westhuizen
Defrost-Talente Aand - 27 Julie 2014 Links: Anina Cloete met haar skilderye. Frikkie ?
Emile Smit Links: Theunis Fourie, Piet Smit en Frans Treurnich
Elsabe v/d Westhuizen
Regs: Henrieta en Zelda Roberts
Keanen Kotze
Stiena Smit
10
Anina v/d Westhuizen
Ivan en Ingrid Ghysens
Bestuursraadlid afsondering 27 Julie 2014
Susters ete - 27 Julie 2014 Wat ‘n heerlike bord kos.
Bergklim - 2 Augustus 2014
Paul Cloete word ingeseën as Bestuursraadlid.
Piketberg Sangmiddag - 3 Augustus 2014
Valery Farmer, Christa Marais, Ingrid Ghysens, Piet Smit, Francis Nicholson, Ivan Ghysens. Hulle het tot by die laer grot geklim langs ‘n stoompie.
Sang, lofdanse en lofsang. Wat ‘n belewenis!
Halfnag van Gebed - 8 Augustus 2014
Gesinsdiens - 17 Augustus 2014
Strepe was die tema van die aand. 11
SOMERLIED (Tina Bergh van Zyl)
Die wind hang sy vlerke Aan die populiere op Speel sy harpe in die toppe van die bome Die lewe self sing ‘n lied Die Bosduif groet uit die Bloekomlaan Somer is hier Vir elke gier ‘n lied Vir die Mier en vir Muskiet In die sonskyn sing die Sprinkaan In die maanlig die Kriek Ook die Paddas koor langs die watervoor Die somer is ‘n lied Die Naaldekokers wedloop oor die watervlak En laat sirkels silwer en kristalle spat Die Bytjies suig die blomkelkies leeg Die skoenlappers soen blomkroontjies met vreug Die Tarentaal sit ‘n veer In sy hoed En skêrsprong deur die wingerd in die oggendgloed Selfs die bloeisels sing ‘n lied Want die somer is hier En het sy mildelikheid oor alles gebied.
Magneties (Stefan Joubert)
Doen voordat jy praat. Wys voordat jy teregwys. Stap op die Here se pad eerder as om net daarop te staan. Dit is die boodskap van Paulus aan die kerk in die stad Kolosse. Hulle oog moet heeltyd op Christus wees, soos wat hy in Kolossense 3:2 vertel. Maar dan moet hulle gedrag tussen ander mense dit wys. Mans moet hulle vrouens met liefde dien en begelei — so skryf die apostel in hoofstuk 5. Ouers moet ook deernisvol teenoor hulle kinders optree, skryf hy net hierna. Werkers en werknemers moet in dieselfde asem groot agting vir mekaar hê en mekaar met respek behandel. Nugterheid en vriendelikheid moet gelowiges se lewens van begin tot einde kenmerk. Geloof wat magneties is, is nie hard of veroordelend volgens Paulus nie. Egte geloof groei altyd uit harte wat sag gemaak is met die liefde van Christus. Gelowiges word dus sagter, wyser en meer ontfermend namate hulle op sy pad stap. Altans, so is dit veronderstel om te wees. Dalk kort ons almal weer ’n dosis van Kolossense se wysheid. Dan sal ons harte sag genoeg word om al die beskikbare spasie aan God se eer en sy belange af te staan (Kol 3:17 en 23). ~~~
12
ONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met
Deidré Huysamen ♦ WAAR IS JY GEBORE? Parow in die Kaap. ♦ WATTER SOORT WERK DOEN JY? Haarkapster ♦ HOE SPANDEER JY JOU VRYE TYD? Hou my besig met die Here. ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Hulle liefde. ♦ AS JY ‘N BYBELKARAKTER KON NOOI WIE SOU DIT WEES, WAT SOU JULLE EET & WAAROOR SOU JULLE GESELS? DAWID, ons sal gesonde kosse eet, Bybelse kosse en gesels oor hoe goed die Here vir ons is. ♦ NA WATTER MUSIEK LUISTER JY GRAAG? Enige Gospel ♦ WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT DIE HERE AL IN JOU LEWE GEDOEN HET? Die dag toe die Here my lewe kom red het en my hele lewe kom omswaai het. ♦ WAT BEGEER JY NOG VAN DIE HERE? Die Here moet nommer een in my gesin wees. ♦ WAT SOU JY GRAAG VIR DIE HERE WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Als wat in my is om vir die Here te gee. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Oor my gesondheid. ♦ WATTER EIENSKAP IN JOU LEWE FRUSTREER VIR JOU DIE MEESTE? Ongeduld! ♦ WAT SIEN JY AS DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Eerlikheid ♦ WAT LAAT JOU GLIMLAG? My kinders. ♦ WAT SIEN JY AS DIE SIMBOOL VAN CHRISTENSKAP? Die kruis.
13
Vriendskap (1) Vraag: Kan jy vir my vyf
einskappe
mooi
van goeie vriende noem? 14
ANTWOORD: Vriende Bid Vir Mekaar As gelowiges is dit seker die mooiste en belangrikste ding wat ons vir mekaar kan doen. Die wêreld se mense sal al die ander mooi eienskappe van egte vriendskap hê, maar hulle sal weinig vir mekaar bid indien ooit. Hulle sal saam kuier en voortdurend kontak hê, maar hulle bid nie vir mekaar nie. Maar as gelowiges, moet ons mekaar dra in gebed. Daar is gelowige vriende wat ek een keer in die jaar sien, maar voortdurend bid ons vir mekaar. Hulle sê altyd: "Ons kan nie mekaar elke dag sien nie, maar ons kan elke dag vir mekaar bid."
my. Ons het 11 jaar laas regtig kontak gehad. Ons vriendskap kom uit die dae toe ons nog saam by Pinkster Park konferensies gehou het. Van die eerste dinge wat hierdie vriend sê: "Ek bid nog steeds vir jou." Maak erns met die woorde van die Skrif vir jou vriende as dit sê (Jak. 5:16): "Bid vir mekaar."
Vriende Bou Mekaar Op Ons almal hoor genoeg afbrekende en krenkende dinge elke dag. Dus, moet ons nie ook nog ons vriende oorval met negatiewe dinge en hulle voor stok kry oor een of ander ietsie wat hulle sou verkeerd gedoen het nie. Ons tye saam Tydens ons verlof moet opbouend gaan eet ons by 'n wees. (Getroudes plek in die Strand. moet nou kennis Ons het skaars gesit of iemand noem neem - getroudes is veronderstel om die my naam net agter
(past. Piet Smit)
beste vriende te wees!) 1 Thess. 5:11 geld ook vir vriende: "Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen." Die Nuwe Vertaling is so mooi: "Praat mekaar moed in en versterk mekaar ..." Wanneer ek positiewe kommentaar oor vriende hoor, is ek vinnig om dit vir hulle oor te vertel. Maar negatiewe kommentaar hou ek vir myself, want ek weet as my vriend dit moet hoor, sal dit hom of haar dae neem om daar oor te kom en sal dit vir hom of haar 'n paar nagte se wakker lê kos. Wat verhinder jou om sommer nou 'n sms of epos boodskap te stuur of selfs 'n telefoon oproepie te maak om 'n vriend of vriendin te bemoedig en op te bou? oOo
Prophets (Kenneth E. Hagin)
But this shall be the covenant that I will make with the house of Israel; After those days, saith the Lord, I will put my law in their inward parts, and write it in their hearts; and will be their God, and they shall be my people. (Jer. 31:33) When Jesus appeared to me and told me to teach His people how to be led by the Spirit, He stated, "I didn't set prophets in the Church to guide people. The New Testament does not say, 'As many as are led by prophets, they are the sons of God.' "New Testament believers," Jesus told me, "should not seek guidance through prophets. The prophets of the Old and the New Testaments are similar in some ways. Both see and know things supernaturally. But in the Old Testament, the people did not have the Spirit of God in them, or on them. They had a promise of the New Birth, but they didn't have it. "So, if they were to be led by the Spirit, they had to go to someone who was anointed with the Spirit. But under the New Covenant, every believer has the Spirit of God. They don't have to go to anyone to seek guidance. The only thing the prophet's ministry may do in this area under the New Covenant, is to confirm something someone already has. And if it doesn't confirm something you already have in your spirit, forget it!" Confession: For as many as are led by the Spirit of God, they are the sons of God. God leads me! oOo
15
(Elsabe v/d Westhuizen) (Vervolg vanaf Augustus)
’n Hele paar jaar terug het ek aan iemand iets gesê, in die tye wat die stemmetjie nog nie so hard binne my gepraat het nie, wat my tot vandag toe ry. Hoekom? Omdat toe ek my standaarde begin regkry, het ek dit wat ek gedoen het begin meet aan dit wat God van my verwag! Ek het vir daardie persoon ’n naamlose brief geskryf, lafhartig, ja, maar die inhoud het beslis die nodige verraai van wie af dit kom. Al was dit nie alleen my skuld nie kan ek tot vandag toe nog nie glo dat ek so gewetenloos was om dit vir ’n persoon te sê nie. Die persoon het ook dus jare later erken dat sy geweet het ek het die brief geskryf. Twee ander persone het dieselfde brief gekry, want ek wou ook aan hulle die boodskap van vergifnis oordra.
die Heilige Gees vir my in swaar tye gesê het: “Hou uit! God is aan jou kant!”
‘n Mens se gewete. Ek glo dit is die beste ding ooit wat God aan die mens gegee het, want dit laat jou onderskei tussen goed en sleg, dit laat jou om vergifnis vra wanneer dit jou aankla wanneer jy iemand te na kom, dit laat jou jou lewenspatroon meet aan wat God aan jou voorgeskryf het en wanneer jy daarvan afdwaal en ’n verkeerde besluit neem kan jy met die grootste vrymoedigheid na jou Vader gaan en om vergifnis smeek as jy opregte berou het en dan net jou uiterste bes doen om nie weer gewetenloos op te tree nie. Dit klink ook makliker gesê as gedaan, maar as jy hierdie twee Die Heilige Gees wat God gegee reëls in jou lewe neem en dit jou het, versterk die weergeborene se eie maak is ek seker jou gewete sal jou so min as moontlik in die gewete. steek laat. (Vervolg ) Dit was die ongelooflikste dag toe 16
Psalm 23 'n Beroemde akteur is eenkeer uitgenooi as eregas na 'n dinee by 'n aftree-oord. Na die ete was daar verskillende lofbetuigings oor die akteur se roemryke loopbaan en ten slotte is hy gevra om iets voor te dra. Hy het gevra of daar 'n spesiale versoek uit die gehoor is. Die mense was maar skaam en ook nie so bekend met sy repertoire nie. Toe staan 'n ou dominee op. "Sal u nie vir ons Psalm 23 voordra nie? " Die akteur was effens uit die veld geslaan - want hy was eintlik bekend vir sy vertolking van Shakespeare - maar net vir 'n oomblik. "Met plesier," sê hy sjarmant. "Ek dink ek ken nog die woorde." Toe hy met sy pragtige stem en suiwer intonasie begin voordra, het die gehoor aan sy lippe gehang. Nog nooit het die klanke van die bekende Psalm so melodieus op hul ore geval nie.Toe hy klaar was, het spontane applous losgebars. Baie dankie, baie dankie. " Die akteur was amper aangedaan deur die gehoor se waardering vir sy poging. Spontaan sê hy: "Maar nou wil ek graag ‘n guns vra. Sal die persoon wat die Psalm versoek het, dit nie ook vir ons voordra nie?" "Ek?" vra die bejaarde Godsman verbaas. "Ek weet niks van die voordragkuns nie. En my stem is al taamlik treurig. Maar as u dit as 'n guns vra, kan ek nie weier nie. " Die akteur beduie dat hy moet vorentoe kom, maar die ou man glimlag: "Toe maar, ek staan sommer hier by my sitplek." Toe begin hy met sy ietwat krakerige stem voordra. Aan die einde van die Psalm was daar geen applous nie, maar die hele gehoor het met geboe hoofde gesit en geen oog was droog. "Sien julle die verskil?" vra die akteur, self bewoe. "Ek het julle oë en ore bereik, maar hierdie man het julle harte geraak. Want sien, ek ken Dawid se Psalm, maar hy ken die Herder....” Wow! ~oOo~ 17
Laat julle liggie skyn. (Anne-Beth)
Jannie sien hoe die oom sommer op die gras langs hom gaan sit. Hy wys met sy hand na ’n polletjie gras langs hom en nooi Jannie om langs hom te kom sit. Jannie gaan langs die oom sit. Hy kyk op in die oom se oë. Dit lyk so vriendelik en sag. Hy voel glad nie bang nie. Soos met ander vreemde ooms nie. Hulle lyk altyd so kwaai en onbeskof veral die wat in die woonstelle bly. Elke aand hoor hy hoe die ooms op die tannies raas en skree. Partykeer hoor hy ook goed breek. Dan word hy baie bang. Dan begin Jannie die oom vertel van sy pa en die huis. Die vuil woonstelle en die kwaai tannie. Van die ooms wat so raas en skel en hoe bang hy is. Hoe sy mamma baie aande wanneer sy dink hy slaap lê en huil. Van die kinders wat hom spot omdat hulle arm is en hoe hulle hom boelie. Van liewe Jesus wat nie van hom hou nie anders sou hy nie al
18
hierdie lelike ding met hom laat gebeur het nie. Die man langs hom sit sy hand op sy skouer en druk dit sag sê: “ Jannie, jy moet altyd onthou dat Jesus baie lief is vir jou en dit is nie jou skuld dat al hierdie dinge gebeur het nie. Mense maak besluite sonder dat hulle dink hoe seer ander mense mag kry, maar Jesus sien al hierdie dinge wa t gebeur. Jannie weet jy wat ’n tonnel is? “Ja, oom ons het altyd deur een gery met die trein as ons vir ouma in die Karoo gaan kuier het.” “Nou Jannie, in ’n tonnel is dit mos vreeslik donker en dit word al hoe donkerder hoe dieper ’n mens gaan. Maar aan die ander kant raak dit weer ligter tot ’n mens weer die skerp lig kan sien. Kan jy onthou.” “Ja, oom ek kan. Ek onthou nog hoe bang ek geword het omdat dit so donker was Dan het ek mamma se hand styf vasgehou en was baie bly as dit
weer lig was aan die ander kant.” Sien Jannie jou lewe is op die oomblik soos daardie tonnel. Donker en ja iemand hou jou hand vas terwyl jy daar is. Jy voel dit maar net nie omdat jy te hartseer is om dit agter te kom. Weet jy wie dit is, Jannie. Dit is liewe Jesus. Hy is elke dag saam met jou. Partykeer is ’n mens se seer net te groot om te sien. Dan wil jy nie sien nie. Jy voel net die seer. Dan hou Jesus maar net jou hand vas tot die seer beter en beter word. Jy sal sien een van die mooi dae sal dit ligter word in jou tonnel.” Die skoolklok lui agter Jannie en hy kyk om. Ek moet nou gaan oom, sê Jannie en kyk na waar die oom langs hom sit, maar die oom is nie meer daar nie. Jannie spring op en kyk rond maar hy sien die oom nêrens nie. Jannie loop in die rigting waar die kinders in die rye staan. (Vervolg)
OORGAWE GEBED As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Her e Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4) ”Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit 022-487 2200 19
VARS ORGANIESE HOENDERS
Advertensies Indien jy wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker kontak: 022-487 2200 @ net R25 per maand
Plaashoenders (Free Range) wat o rganies gevoed word. Geen hormone en antibiotika. Plaas u bestelling en dit word tuis af gelewer.
Kontak Cecilia Hoon 073 4388 949 hooncecilia2012@gmail.com
⇒ ⇒ ⇒ ⇒ ⇒
Morgan Leander - Oupa Natie v/d Merwe - Broer Wynand Nortier - Broer Stina Smit - Suster Naasbestaandes van Schalk Smit
MET ‘N DOEL
Ons onderskat te dikwels die krag van ‘n aanraking, ‘n glimlag, ‘n vriendelike woord, ‘n oor wat luister, ‘n eerlike kompliment of die kleinste deernisvolle daad, almal met die potensiaal om ‘n lewe om te keer. - Leo Buscaglia -
Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!! oOo
Bo: Die “link” na ons facebook blad.
20
Wat ‘n mooi ou krematartboom. Hier staan kameelperd met sy lang nek tussen die takke. Foto’s: Martin Slabber