Aptytwekker sepokt 2013

Page 1

September/Oktober 2013

ptytwekker ppetiser

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 corpuschristi@cybersmart.co.za Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Foto : Laagwater Bruggie Malmesbury

Foto geneem deur: Johan Smit

♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦

NUUS VAN HERDERSPAAR DON’T JUDGE ….. OORGAWE GEBED SKAAKMAT JOU BESTE TYD SOEK DIE ANTWOORD

♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦

FOTO NUUS ONS STEL BEKEND DIE SKEPPER SE DIEËT HARDLOOP, DISSPEL ……. AL BRUIS DIE JORDAAN ADVERTENSIES


NUUS VAN DIE HERDERSPAAR ‘n Geestelike leier is soos die kaptein van seilskip. Wanneer die skip sy bestemming nader, begin die bemanning na die eerste teken van land uitkyk. Die kaptein het al gevaar op al wat ’n see is, en het elke moontlike seiltoestand ervaar. Sy bemanning, aan die ander kant het heelwat minder ervaring as die kaptein. In die een stadium roep ‘n matroos opgewonde uit: “Land, kyk!” Maar al wat hy gesien het, is wasem wat weens die warm son van die water af opstyg. Netnou roep nog ‘n matroos uit dat hy land gesien het, maar dis nog ‘n vals alarm. Die “land” is net ‘n klomp walvisse. Die kaptein kyk versigtig oor die see uit en bespeur die onmiskenbare vorm van land na die oostekant. Wat het gebeur? Die bemanning het dieselfde sigvermoë as hul kaptein. Maar hulle onervarenheid ter see het hulle verward gemaak. Wat maak die kaptein met sy bemanning? Sê hy: “Dis als in die haak. Dis my taak om te sien waarheen ons gaan. Of tik hy sy bemanning oor die vingers omdat hulle so blind is? Nee, hy weet dat sy oë niks beter as sy bemanning s’n is nie. Hulle kan leer om die land net so goed raak te sien soos hy – as hulle geleer word. Hy leer hulle dus. Hy help hulle om te weet wanneer ‘n vorm

2

in die verte ‘n rots of walvis is. Op die ou end hoef die kaptein nie meer op die dek te wees en na land te soek nie maar kan hy aan ander belangrike take sy aandag geen wat uitsluitlik net vir hom bedoel is. Sy bemanning weet ook hoe om dit te doen. Dis waarmee ons besig is Sondag vir Sondag en ook nog deur die week wanneer kursusse aangebied word en selfs ook in die Selgroep, om opleiding te gee. Elkeen het sy roeping en bediening en taak as gelowige (1 Pet. 4:10). En so word u geleer en geskool om u plek vol te staan in die liggaam van Christus en een man hoef nie ander of almal se taak te doen nie. Lees asb. Efe. 4:11-13 - “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, (v.12) om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, (v.13) totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;” Past. Piet & Susan Smit


(Gloria Copeland)

murder and lying. So stay away from These six things doth the Lord it. hate: yea, seven are an Ask God to reveal to you if you’ve abomination unto him: entered into strife inadvertently. A proud look, He may remind you of a time you a lying tongue, passed along some gossip or and hands that shed innocent criticized the pastor. blood, an heart that deviseth wicked If He does, repent, and be more imaginations, conscious of those things in the future. feet that be swift in running to Determine in your heart that from mischief, now on, if you see your brother sin, a false witness that speaketh lies, you’ll believe God for him and and he that soweth discord among brethren. Proverbs 6:16-19 pray for him instead of perpetuating that brother’s If you’ve made a commitment to keep problem by talking to everyone about strife out of your home, you may it. have noticed a new frontline battle: I realize sometimes that seems more pressure than ever to get in extremely difficult to do. But here’s strife in your church! something that will help you. When Maybe the devil has provoked you’re tempted to get in strife by someone to be rude to you and hurt judging a fellow believer, remember your feelings. Or maybe he made Romans 14:4 and ask yourself, sure you found out about something “Who art thou that someone else did wrong, and then you talked about it to others. judgest another man’s

servant?” presents you with those opportunities, The devil will try to push you into making a decision about that turn him down—fast! person, to say whether he’s guilty or When he

Treat that temptation to gossip not guilty. But don’t give in to that and stir up strife like you would a pressure. It’s not your job to judge poisonous snake, because in the eyes of God, participating in strife in the Church is one of the most serious of sins (Proverbs 6:16-19). God considers stirring up strife such a grave sin that He lists it alongside

others. (Isn’t that a relief?) First Corinthians 4:5 says, “Judge nothing before the time, until the Lord come, who both will bring to light the hidden things of darkness, and will make manifest the counsels of the hearts: (Continued on page 12)

3


Oorgawe gebed As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal

4

word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie! Skakel in by ‘n GeesvervuldeWoord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie! Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit 022-487 2200


(Marlene Goosen)

Om van elke dag die beste dag ooit te maak is om te weet ... * dat elke nuwe dag ons die geleentheid bied om oor te begin; * dat ons gesindheid teenoor die lewe die sleutel tot alles is; * dat wonderwerke elke dag gebeur danksy God se genade; * dat opregte vriende soos kosbare pêrels is; * dat ‘n oor wat luister baie meer werd is as enige woorde; * dat ‘n sagte hart ‘n siel kan aanraak; * dat ‘n helpende hand iemand weer moed kan gee; * dat ‘n drukkie iemand weer kan laat glo; * dat ‘n glimlag iemand se dag kan maak; * dat ons soms net iemand nodig het wat in ons glo; * dat alles gebeur met ‘n doel; * dat probleme oor ons pad ons kom toerus vir die toekoms; * dat ouer mense se wysheid en insig goud is wat verniet uitgedeel word; * dat ons nooit alleen is nie; * dat dankbaarheid vreugde bring; * dat die lewe ‘n gawe en ‘n voorreg is; * dat geluk ‘n keuse is wat net onsself kan maak; * dat die dag van more vir niemand gewaarborg is nie; * dat liefde die begin en einde van alles is; * dat hoop alles moontlik maak; * dat geloof alles waarborg; * dat liefde in ons harte alles onbeskryflik mooi en vreugdevol maak; * dat al ons drome en wense wel waar kan word … as ons net opreg glo. oOo

5


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

maatskappy gehad waarvan hy die voorsitter was. Met sy span HOOFSTUK 11 geoloë en Franse wetenskaplikes JEAN DE FERRIÈRES VERTEL: het hy vasgestel dat daar ‘n baie JEUG EN BEKERING ryk goudrif vanaf Johannesburg Ek is in Johannesburg gebore op deur die Westelike Transvaal loop. Dit was nog voor my 7 September 1908. geboorte. Destyds het die mense My vader se familie is een van hom daarvoor uitgelag en gesê die oudste adellike Franse families, terwyl my moeder weer dat sy idees ongegrond was. Tog, is daar vandag van die van die Engelse adel is. Ons rykste goudmyne presies waar huistaal was Engels. hy vasgestel het dat die goudrif My hele jeug was gekenmerk was! Ongelukkig het hy op deur ‘n groot stryd teen daardie tydstip byna al sy geld liggaamlike swakheid en siektes verloor en kon nie met sy van allerlei aard. Ten spyte navorsingswerk voortgaan nie. daarvan het my vader tog baie hoë ideale vir my gekoester. Toe My vader het homself bestempel ek slegs sewe jaar oud was, het as ‘n agnostikus (een wat die bestaan van God nog aanvaar hy my by ‘n Handelskollege ingeskryf en moes ek begin met nog verwerp). Hy was egter ‘n ‘n tik- en snelskrif kursus. ‘n Jaar baie eerbare man. later het ek my eerste Toe ek tien jaar oud was, het hy snelskrifeksamen geslaag. Dit besluit dat my suster en ek beide was ‘n wêreldrekord vir my vioolkunstenaars moes word. ouderdom. Ek is nou nog in besit Ons het dadelik met ons studies van die telegram van begin. My gesondheid het egter gelukwensing wat Pitmans van swakker en swakker geword. Londen aan my ouers gestuur Dikwels het ek vir maande het. As seuntjie van tien jaar aaneen in die verpleeginrigting of moes ek toe vir my vader die tuis gelê. Ek ken siekte en notules van vergaderings tik. eensaamheid in hul wese! My vader was ‘n direkteur van My vader het ons nie toegelaat goudmynmaatskappye en om na publieke skole te gaan daarbenewens het hy sy eie (Vervolg vanaf Jul/Aug )

(Vervolg op bl. 15)

6


SKAAKMAT (Oorgeneem)

Daar was jare gelede in die beroemde Louvre Museum in Parys in Frankryk ‘n skildery met die titel: “SKAAKMAT”. Dit het ‘n skaakspel voorgestel – die bord op die tafel, met die duiwel aan die een kant en ‘n man aan die anderkant. Die duiwel het ‘n selfvoldane glimlag op sy gesig gehad. Hy het pas “Skaakmat!” geroep – die oorwinningskreet wat in die skaakspel gebruik word, wat ‘n speler sê wanneer hy weet dat hy sy opponent geklop het. Die man daarenteen het met ‘n stroewe uitdrukking op sy gesig na die bord voor hom sit en staar. Die spel was verby. Hy het teen die Satan verloor. Hy is verlore en ‘n verskriklike ewigheid wag op hom. ‘n Museum is ‘n plek waar ‘n mens jou ordelik moet gedra. Mense gesels nie eintlik met mekaar nie, beweeg stadig in die gange en besigtig al die wonderlike dinge wat uitgestal is.

om die vrede en stilte in die museum te versteur. Hy sien ‘n klompie mense wat saamdrom, en toe sien hy ‘n man wat na die spesifieke skildery van die skaakspel wys. “Dis ‘n leuen!!” sê die man. “Dis nie waar nie!! Dis ‘n leuen!!” roep hy weer uit. Die kurator probeer hom stilmaak en vra vir hom om nie so in die museum te lawaai nie. Maar weer roep die man uit, terwyl hy na die skildery wys: “Dis ‘n leuen!! Ek sê vir julle dis ‘n leuen!!” “Wat bedoel jy met ‘Dis ‘n leuen’?” vra die kurator. “Dis tog maar net ‘n skildery. Wat is ‘n leuen?” “Dis ‘n leuen!” sê die man weer. “Ek is ‘n kampioen-skaakspeler. Die spel is nie verby nie. Die koning het nog een skuif oor! Die koning het die laaste skuif! Die man kan die spel wen!” Halleluja!! Ek glo jy kry die boodskap. Moses staan voor die Rooi See. Farao storm aan en die volk moet deurgaan. Die duiwel skree: “Skaakmat!”, maar die Koning het nog ‘n skuif.

Maar op ‘n dag hoor die kurator [die opsigter van die museum] ‘n vreeslike lawaai. Hy gaan dadelik uit sy kantoor om te gaan kyk wat Daniël word in die leeukuil aan die gang is. Iemand is besig gegooi en sy vriende in die

(Vervolg op bl. 12)

7


JOU BESTE TYD (Past. Piet Smit)

Terwyl ek deur 2 Samuel lees vanaf hoofstuk 8 tot 10 en ek sien Dawid se oorwinninge en sy opgang, is my hart eintlik benoud vir sy part, omdat ek besef in hoofstuk 11 val ons held in sonde ... Kyk net hoe maak hy opgang, hoe eskaleer hy in die spiraal van sukses: · 2 Sam. 8:1 – “En daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem” · 2 Sam. 8:2 – “Hy het die Moabiete ook verslaan ... en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword.” · 2 Sam. 8:6 – “Die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.” · 2 Sam. 8:13 – “En Dawid het naam gemaak ...” · 2 Sam. 8:14 – “... en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.” In my Bybel het ek die volgende woorde geskryf teenoor vers 14: 8

“Hoe gevaarlik as dit so gaan,” want dit het gemaak dat Dawid oorgerus geraak het. Dit het gemaak dat Dawid homself bevind het op sy paleis se dak terwyl hy saam met die leër moes uitgetrek het. Sy waaksaamheid was verslap toe hy van die dak vir Batseba gesien het ... met rampspoedige gevolge. Hoe gevaarlik die tyd van voorspoed en sukses in die kind van die Here se lewe. Dit kan maak dat mens minder afhanklik van God begin lewe. Jy begin die gebed afwater en die Woordstudie verflou algaande en voor jy jou kom kry, dryf jy weg van die Here af ... Ek dink dat die beste tyd in die lewe van Dawid was toe hy in diepe vertroue en afhanklikheid naby God geleef het: Toe hy sy pa se skapeopgepas het en alleen die beer en die leeu moes trotseer. (Vervolg op bl. 19)


BAIE GELUK!!! •

Eugene & Simone Nieman met die geboorte van Marno - 08/07/2013

Steve & Anna-Marie Leander met geboorte van Stefnay - 18/07/2013

Natie & Terina vd Merwe met die geboorte van Franco. 15/08/2013

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord. Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za

SOEK DIE ANTWOORD VORIGE KEER SE ANTWOORD Die twee domste diere in die Bybel is die donkie (Ps. 32:9) en die volstruis (Job 39:20). Niemand kon die antwoord vind nie. HIERDIE KEER SE VRAAG Noem die name van die 5 bekende stede van die destydse Filistyne.

9


FOTO-NUUS Talente aand—21 Julie 2013 Jeug van AGS Corpus Christi

Peace Makers

Regs: Susters van die AGS Corpus Christi

Ons musikante

Emile Smit

Japie Muller Stephan Cloete 10

Michaela Smit

Anrich Cloete


Potjiekos kompetisie 27 Julie 2013 Potjiekos WENNER!!!

Herman Aucamp

Pretloop

Teetafel

Roosterkoeke!!!

Bid op Kasteelberg - 4 Augustus 2013

Hier is van die kinders wat saam geklim het.

Daar was 26 wat die berg aangedurf het. Die oudste was 87 jaar oud. Kom jeug!!!

11


SKAAKMAT (Vervolg vanaf bl. 7)

vuuroond. Die duiwel skree “Skaakmat”, maar die spel is nog nie verby nie. Koning het nog ‘n skuif. ‘n Vrou word op ‘n daad van sonde betrap. Hulle bring haar na die Here Jesus toe. Die duiwel skree “Skaakmat!”, maar die Koning het nog een skuif. Die Here Jesus hang aan die kruis en die duiwel skree “Skaakmat”, maar die spel is nog nie verby nie. Die Koning het nog

(Gloria (Continued from page 3)

and then shall every man have praise of God.” If you’re in a church where the pastor has done wrong, and you feel you don’t want to follow him, that’s fine. I don’t blame you. Leave that church and go to one with a pastor you can trust and respect. But do it quietly. Don’t sow discord before you go. Most important of all, wherever you go, be sure to go in love. Go in love and guard diligently against strife. When you do, you will keep your faith strong and your blessings out of the devil’s hands. Walk in love and you will always live in victory! oOo

12

‘n skuif. Dalk is jy in ‘n slegte posisie in jou lewe en jy dink [die duiwel sê vir jou] dis ‘n “Skaakmat” situasie, maar Koning Jesus het nog ‘n skuif. En met daardie een skuif wen Hy elke keer vir ons die spel. Hoeveel keer in die verlede het ons al die duiwel se “Skaakmat!”leuens gehoor. Tog laat die Koning ons elke keer triomfeer. 2 Kor. 2:14. oOo

There are times when prayer is the only GIFT we can give to the people we care for, so I do PRAY to God to take care of YOU, always.

SIMPATIE Ons innige meegevoel aan: Charlotte Rossouw met die afsterwe van haar broer Derek. 02/05/13 ◊ Nellie Mentoor se suster. ◊ Susan Smit se pappie. 15/08/13 ◊


ONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met

George Karstens ♦ WAAR IS BROER GEBORE?

Elsiesrivier ♦ WATTER SOORT WERK DOEN BROER? ♦ ♦

♦ ♦

♦ ♦ ♦ ♦

♦ ♦ ♦

Fibre glass laminator BEOEFEN BROER ’N SPORT? Nee WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Almal se vriendelikheid en die blote feit dat ek welkom hier voel en dat ek hier wil wees. WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Past. Piet Smit WIE IS BROER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Tommy Saayden WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Die groot verandering wat die Here in my lewe gebring het. WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Kerriekos HOE ONTSPAN JY? Die koerant lees en televisie kyk. WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Wou eintlik in my pa se voetspore gevolg het om ‘n polisieman te wees. WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir my vrou. WAT BEGEER BROER NOG VAN DIE HERE? Dat die Here my kinders, veral my seun op die regte pad sal bring. WAT FRUSTREER VIR BROER DIE MEESTE? Mense wat nie opreg is nie en wat leuens vertel. WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Liefde & omgee vir mense.

oOo 13


DIE SKEPPER SE DIËET (Jordan S. Rubin)

Rol, beweeg, oefen, staan op en doen iets! Sommige erkende “rusbankbewoners” het met selfvertroue hulle onverskillige benadering tot die lewe verdedig deur die vers “For bodily exercise profiteth little” (1 Timoteus 4:8) uit die King James Bible aan te haal. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe dat Timoteus heel waarskynlik orals heen geloop het waar hy wou gaan, en meer oefening ingekry het as wat die meeste mense vandag in ‘n week inkry. Nuwe vertalings van die Bybel is meer akkuraat en verwyder die skuiwergat deur te sê “Om jou liggaam te oefen, het wel ‘n bietjie waarde” (1 Timoteus 4:8, klem bygevoeg). Waarvoor het jy nou weer gewag? Ons het ‘n wêreld om te ontdek en te beheer, en ons kan dit nie doen as ons liggame vet vergader en ons spiere, gewrigte en organe besig is om agteruit te gaan nie. Ons het almal oefening nodig. Vir ongeveer drie dekades het die verlengde-

14

inspanning teorie van aerobiese oefening in mediese en fisiese gesondheidskringe hooggety gevier. Hierdie teorie beweer dat maksimum gesondheid verkry word wanneer die kardiovaskulêre sisteem geoefen word deur verhoogde of maksimum spanningsvlakke. Dit moet vir volgehoue of ononderbroke tydsperiodes (gewoonlik dertig of meer minute) geskied. Dit is veronderstel om die kardiovaskulêlere sisteem te oefen of te versterk, soos wat ‘n liggaamsbouer spiere oefen deur toegepaste spanning om maksimum grootte of sterkte te bereik. Dit mag dalk waar wees, maar die swakheid van hierdie teorie lê in die foutiewe “verstopte are/hoë cholesterol”teorie van kardiovaskulêre siektes. Laer cholesterolvlakke het geen verband met ‘n laer voorkoms van hartaanvalle of hartsiektes nie. Dit is beter om die akkurate homosisteien-vlakke en oksidatiewe spanning as risikofaktore te gebruik. (Vervolg volgende maand)


AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers) (Vervolg vanaf bl. 6)

nie. Ons het ‘n privaatonderwyser gehad wat daagliks na ons huis gekom het. Op sestienjarige leeftyd, net voor ek my laaste musiekeksamen sou aflê, was ek verplig om die vioollesse te staak om al my kragte vir my ander studies te spaar. Nadat ek matriek geslaag het, het ek begin werk in ‘n elektriese groothandelsfirma as die konfidensiële klerk van die besturende direkteur. Na my agtiende jaar was my gesondheid so swak dat ek tot by die poorte van die dood gekom het. Die grootste spesialiste van Suid-Afrika het my ouers verseker dat daar geen hoop op herstel was nie.

na die hemel en gefluister: ,,Jesus help my!” Waarom ek dit gedoen het, het ek self nie geweet nie, want ek het min van God geweet en glad nie aan sy bestaan geglo nie. My enigste kennis van Jesus Christus was deur ‘n boekie wat my vader vir my en my suster voorgelees het toe ek ongeveer ses jaar oud was. Ek was nooit in my lewe in ‘n Sondagskool nie en slegs ‘n paar keer in ‘n kerk, net vir ‘n begrafnis of huwelik. Vanaf die oomblik dat ek daardie gebed, wat uit drie woorde bestaan het, gebid het, was dit vir my of ek bewus was van ‘n onsigbare invloed rondom my.

‘n Kort tydjie daarna het ek ‘n natuurgeneeskundige spesialis Toe ek ongeveer twintig of een ontmoet wat net pas in Suiden twintig jaar oud was, het ek Afrika aangekom het. Hy was ‘n eendag besef dat ek aan die baie beroemde man en ek het einde van my kort loopbaan gekom het. My hele liggaam was geglo dat ek spoedig onder sy verswak, my longe aangetas, my behandeling gesond sou word. lewer en ingewande was verlam, Nieteenstaande al sy pogings het ek steeds swakker en maerder my rugwerwels was op verskillende plekke uit posisie. Ek geword tot ek slegs drie en negentig pond geweeg het, was neuroties en wanhopig, ‘n alhoewel ek ses voet twee duim senuweewrak sonder hoop op lank is. enige beterskap. Eendag het ek my oë opgehef

(Vervolg volgende maand )

15


Hardloop, dissipel, hardloop! (Stefan Joubert)

Onthou jy vir Forrest Gump? Hy was die fliek karakter wat regoor die VSA gehardloop het. Gedurig het hy vir homself gesê: “Run, Forrest, run!” Dit is presies wat Paulus vir Timoteus in 1 Timoteus 6:11 sê, en ook vir ons elkeen wat Jesus navolg. Ons moet hardloop. Waarvoor? Nee, die vraag is eerder van wat af? Verkeerde dinge, dis wat! Ons moet wegvlug van daardie dinge wat teen God se wil is. Ons moet sorg dat onsself en daardie dinge wat ons lewens verwoes nooit op dieselfde tydstip op dieselfde plek is nie. Nogtans is wegvlug nie genoeg

nie. Ons moet in dieselfde asem ook na Iemand toe hardloop. Ons moet vorentoe vlug, na Christus toe. Dan eers is ons veilig. Dan is verkeerde dinge minstens een tree te stadig vir ons. Dan verloor boosheid die resies in ons eie omgewing. Om bloot net weg te hardloop, maak ons doodmoeg. Maar om in Christus se arms in te hardloop, maak ons veilig. By Hom vind ons rus. Hy is ons Rots. Hy is ons Vesting. Hy bewaar ons as onheil op die horison verskyn. Hy omring ons met sy hemelse teenwoordigheid. Vlug weg van verkeerde dinge af, maar vlug reguit na Jesus toe!

Voorblad Foto Die volgende mense het die antwoord reggehad. Robert Moreland, Magriet Smit & Hilda Casaleggio Die foto is geneem by Yzerfontein Baie dankie vir die deelname!

16

%%%


“En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf. Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik

geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van

God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.” Mark. 10:13-16

Bo: Heidi & Francois v/d Westhuizen met hul dogters, Mia & Ilze. Bo: Natalie & Ryan Liedeman met hul dogtertjie Michke.

Bo: Andries & Mari Zeeman met hul dogtertjie Madri.

Links: Janille Mouton & Marilin Julies met hul dogtertjie Bri’githa.

Bo: Simone & Eugene Nieman met hul seuntjie Marno. 17


WIL JY GEDOOP WORD?

E

lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd.Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit (022-487 2200)

MET ‘N DOEL Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!! 18


JOU BESTE TYD (Vervolg vanaf bl. 8)

Toe hy vertrouend op sy God, vir Goliat genader het en besef het: “As die Here my nie vandag help nie is ek dood.” Toe hy met een tree tussen hom en die dood moes leef (1 Sam. 20:3) en hy nie anders kon as om naby die Here te bly nie.

beste tyd deur jou totaal op die Here te verlaat! Mag die Here spoedig ons krisisse oplos ... maar mag ons nog altyd naby die Here leef wanneer die stryd verby is! @@@

Gaan jy tans deur ‘n swaar tyd van beproewing? Dan wil ek jou bemoedig en vertroos en terselfdertyd aanmoedig: Dis heelwaarskynlik jou beste tyd! Jy leef gevolglik baie naby die Here. Jy bid en soek jou antwoorde by Hom alleen. Indien dit nie jou beste tyd is nie, máák dit dan jou

Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. 19


BP Atlantic Verskaffers van GAS en OLIE asook groothandel DIESEL Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3 P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299 Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

SWART erk! a st r t s Ek

SAKKE Pro bee rm y !! !

Kontak Hendrik Burger 082 649 4653

MMR FINANSIテ記E DIENSTE Adriaan Slabber RFP

TM

Onafhanklike Finansiテォle Adviseur E-Pos: adriaan@makelaars.co.za Sel:082 801 1906 Tel: 022 482 1661 FSB Lisensieno. 12017 Fax: 022 482 2586 Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300 Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiテォle Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse Goedgekeurde Gemagtigde Finansiテォle Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.