WEN ‘WINTER PLATTER’ VIR VIER BY WATERKLOOF: Vier vriende kan ’n Winter Platter by Waterskloof Wynlandgoed wen dié winter. Waterkloof Wynlandgoed se edele Healey’s Stadig Verouderde Cheddar het sy staal by die 2014 Wêreld KampioenskapKaaskompe tisie in die Verenigde State van Amerika (VSA) gewys, toe dit in die algehele tweede plek van die Ron de Cheddarkategorie die land se naam hoog gehou het. Om jou Wa terkloof Winter Platter te bespreek of vir meer inligting oor die landgoed, skakel Waterkloof by 021 858 1292; epos jannik@waterkloofwines.co.za of besoek www.waterkloofwines.co.za. Beantwoord hierdie maklike vraag? Watter ete kan deur vier vriende gewen word by Waterkloof? SMS jou antwoord na 33679. SMS kos R1.50. Die wenner sal gebel word.
WEN KAARTJIES NA TYGERVALLEI SE KIDZ SKOUSPEEL: As jy gedink het dit gaan gekompliseerd wees om die jongspan gedurende die reënerige, winter skoolvakansie te vermaak, dink weer! Tygervalleisentrum bied hierdie winter va kansie ‘n vermaaklike, prettige skouspeel aan wat alle kinders sal geniet. Dink Skouspel, maar in ‘n junior formaat. Sluit aan by ons gasvrou, die Prinses van die Vallei vir ‘n magiese produksie, wat verseker is om elke kind se fantasie in ‘n werklikheid te omskep. Lollos en Lettie, Tjiff & Tjaff, Liewe Heksie en Tygervallei se eie tiere, Tom en Tina; almal saam op een verhoog. Met so ‘n spogproduksie onder een dak, voel dit amper soos Kersfees in Julie. Die volgende datums en tye is geskeduleer vir die 65minuut produksie in die Tygervallei Arena:•Vrydag, 11 Julie om 18:00.•Saterdag, 12 Julie om 10:00 en 13:00. •Sondag, 13 Julie om 14:00. Om te verseker dat ons soveel moontlike gesiggies sien by die produksie, het ons plek gemaak om 620 kykers per vertoning te akkommodeer. Kaartjies sal teen R75 elk verkoop word en sal beskikbaar wees by Computicket. *Kinders on der die ouderdom van een sal die vertoning gratis kan kyk, mits die kind op die ouer se skoot sit. Weens beperkte spasie sal geen stootwaentjies toegelaat word nie. Geniet kindervermaak op sy beste dié Julie wintervakansie by Tygervallei sentrum. Vir meer inligting, besoek www.tygervalley.co.za. Vir kaartjieaankope, besoek gerus online.computicket.com. ‘n Enjoy Winederousleser kan twee kaart jies wen na dié skouspeel. Beantwoord slegs dié maklike vraag. Waar word die Kidz Skouspeel aangebied? SMS jou antwoord na 33679. SMSkoste beloop R1,50. Die wenners sal gebel word.
WEN DU TOITSKLOOF SE NEBBIOLO EN TUNNEL WYNE: Nebbiolo is nie ‘n druif wat aan baie SuidAfrikaners bekend sal wees nie, en tog geniet die wyne wat van hier die kultivar gemaak word baie gewildheid in hul tuisland, Italië, veral in die noordelike Piedmontstreek. Die naam van druif is vermoedelik afkomstig van die Italiaanse woord nebbia, wat mis beteken. Ironies genoeg is mis ‘n weerverskynsel wat die inwoners van die Rawsonvilleomgewing, waar Du Toitskloof Kelder geleë is, baie goed ken. Die Du Toitskloof Dimension Nebbiolo word gemaak van slegs 20 ton druiwe uit wingerde op die produsenteplaas Dagbreek. Dié plaas is net ‘n klipgooi van die kelder geleë. Die kul tivar is berug daarvoor dat dit moeilik reis buite Europa en uitdagend kan wees om te verbou, daarom is dit nie verbasend nie dat Du Toitskloof een van slegs twee kelders in SuidAfrika is wat tans Nebbiolo as enkelkultivarwyn produseer. Wynmakers sukkel wel iswaar soms om voldoende kleur uit die rooiswart Nebbiolodruif te kry, maar danksy koue maserasie en die gebruik van roterende wyntenke, kry die Du Toitskloofwynmaak span dit reg om die maksimum kleur en geur uit die druiwe te ekstraheer. Die eindpro duk is ‘n baie aromatiese wyn, met ‘n mooi blomagtige neus wat herinner aan viooltjies, en volop sappige bessiegeure op die palet. Getrou aan sy Italiaanse herkoms, is die Du Toitskloof Dimension Nebbiolo ‘n uitstekende pasmaat vir pasta en pizza, maar ook ewe tuis langs die braai saam met geroosterde vleisdisse. Die wyn is reeds met verskeie plaaslike en internasionale toekennings bekroon, en die 2010oesjaar wat tans in die handel beskikbaar is, is net so fluweelsag soos sy voorgangers. Drie gelukkige Enjoy Wi nederous lesers kan elk ’n kis Nebbiolo en ’n kis tunnel wyn wen. Beantwoord dié maklike vraag: Uit hoeveel kuierwyne bestaan die Tunnelreeks? SMS jou antwoord na 33679. SMSkoste beloop R1,50. Die wenners sal gebel word.
Join Enjoy Winderous’s Amazing Race
BESOEK DIE HERMANUS WYN- EN VOEDSELFEES: Wine Village is trots om die sewentiende Hermanus Wyn en Voedselfees aan te bied op 8, 9 en 10 Augustus. Die Elgin tot Elim wynstreek produseer van die mees gesogte wyne in Suid Afrika en lesers word genooi om te kom proe en hul gunstelinge te ontdek. Toegang tot die Kos Markiestent is gratis, terwyl die toegang tot die Wyntent, met meer as 300 wyne om te proe, R120 is. Dit sluit ‘n wyngids en ‘n wynglas in. Daar is ’n spesiale area waar die kinders gratis vermaak word terwyl mamma en pappa die wyne ontdek. Al die wyne word teen kelderdeurpryse verkoop. Besoek www.hermanuswineandfood.co.za vir meer inligting.
Tjeers
Enige wyn by die wintergaljoen
Dis winter, en dit is koud en grys. Die meeste mense dink aan kaggels en verekomberse, maar my gedagtes is by ysige seewater wat skuimend teen rotse breek en deur sloepe bruis. Want dit is waar ek wil wees, agter die galjoen aan.
O, maar wat van ’n vonkelwyn, want verdien die vangs van ’n galjoen darem nie ’n ietsie van ’n selebrasie nie? Graham Beck maak ’n Méthode Cap Classique (natuurlik, bottelge gis) uit Chardonnay en noem dit Blanc de Blancs. Die wyn is koel, en skuim soos ’n Blom bosbrander as hy in jou glas val. Die geure van amandel, beskuitjies en botter word gelig deur die lewendige lagie borrels. Ja, dink ek nou, dit is ’n rojale wyn, hierdie Graham Beck, en iets wat ’n vet wintergaljoen verdien. Daar is net een man liewer vir ’n galjoen as ek, en dit is Johann Krige van Kanonkop. Daarom moet mens in dieselfde asem verstaan dat ’n groot rooi wyn ook lieflike gewyde gesel skap vir onse vis is. Kry die Kanonkop Kadetterooiversnit, wat sag en vol bessies is danksy die Pinotagekom ponent. Maar ek gaan eerder groot, die Paul Sauer 2009. Hierdie Bordeauxversnit, waar in Cabernet Sauvignon die hoofkitaar slaan, is ’n wyn van wêreldgehalte. Jy proe die aarde, die fynbos van Simonsberg, die suidoos wind wat die wingerde in die somer looi en die sagte koel reën wat op die wingerde se diep klei gronde val. Drink dit saam met die galjoen se kop of die ryk pensgedeelte, en wees dank baar vir die geskenke wat die natuur gee om jou soos ’n koning te laat voel.
Is daar ’n meer SuidAfrikaanse vis as die galjoen? Klein en rond, maar hardekwas en vreesloos soos hy deur die vlak, onrustige wa ter swem op soek na sy mossel, wurm of rooi aas. Niks kan hom keer nie, en hy pak die grootste branders en skerpte rotsgangetjies aan met ’n kort wip van sy dik stert en ’n flap van sy kieue. Tot hy aan jou hoek byt, natuurlik, en die vis dan joune is. Galjoen, die koning van ko nings as dit by ’n braaivis kom. Die galjoen se ryk, pêrelwit geaarde vleis en sy brosgebraaide vetterige vel maak ook ’n wynlus soos min wakker, en dit is nou een vis wat hom nie aan enige reëls oor kosen wynkombinasies steur nie. Daardie unieke geure van see, skulpvis, vet en braairook leen hom tot ’n diverse spul wyne wat vra om die lymerigheid uit jou mond te spoel. Gee my ’n ongehoute Chardonnay, soos van Glen Carlou in die Paarl of Goudinikelder bui te Rawsonville. Die koning van witwyne word hier houtloos ver pak in ’n fris, vars en sitrusgeurige kleed wat ’n ideale vars en skoon smaak as die opperste komple ment aan die galjoen opdra. Aangesien ek persoonlik nie te lief is vir sooibrand nie, is Sauvig non Blanc selde my ding. Tog kan ek nouendan aangetref word waar die nootvaste skerp geure van ’n Diemersdal of Springfield Sauvignon Blanc my perfekge braaide galjoen afspoel. Die mersdal, in Durbanville, se weer gawe van hierdie wyn het kruiag tige trekke wat die vis nogal goed aanvul, terwyl die Springfield Life from Stone ’n raps meer perske en groenvy in hom het. Terloops, die twee plase se wynmakers – naam lik Thys Louw en Abrie Bruwer, is hengelaars van formaat, en ek is bereid om ’n 100 m Fireline te wed dat hul Sauvignon Blancstyle deur hul liefde vir galjoen geïnspi Emile Joubert is ’n genieter van wyn, iets waarmee hy reer is.
heeldag werk as wynbemarkerskonsultant en skrywer.
AMAZING RACE BRINGS WINELANDS TO LIFE: The first annual Enjoy Winederous Amazing Wine Race will take place at 25 wineries around Stellenbosch and Paarl on Saturday 9 August. Starting off and ending at Koelenhof Wine Cellar, this exciting event pits the skills of teams of four against a range of wacky tasks the participating wineries have created. Tasks range from educational wine pairings, a wine quiz, wine blending and identifying certain wine varietals; to physical tasks like barrel rolling, a cellar treas ure hunt and boules – to name a few. Teams are timed on the duration of each task and the team that completes their tasks quickest, is the winner of their “route”. “Teams are NOT timed on their travel time between wineries and a designated driver per vehicle is chosen so that we promote responsible wine consumption. Drinking and driving is not tolerated. All teams will also be advised to make use of the services of Goodfellas, who is sponsoring some of the activities,” says organiser Bjorn van Oort of CVO Marketing. Although perfect for a corporate or teambuilding exercise, a group of friends can have as much fun competing informally against each other! The entry fee is R1 800 per team of four, which includes morning coffee and a briefing session, the team kits, all the tast ings and entertainment for the day as well as entry for the prizes and the prizegiving dinner. A percentage of the profits raised will be donated to local charity organisation, Pets as Therapy. More information about the good work they do can be viewed at www.pat.org.za. Teams can book their places or find out more by contacting Björn van Oort at bjorn@cvomarketing.co.za or 021 981 0216 during office hours.