Winderous 30012014

Page 1


Die Breedekloof: Baie meer as net ’n wynroete LISE BEYERS

Die Breedekloof Wynroete se slagspreuk is nie verniet ‘Much more than a wine route’ nie. Want hiér, anderkant die Du Toitskloof­berge lê ’n beeld­ skone vallei wat iets vir ieder en elkeen bied. En hoeveel pret kan ’n mens op ’n wynroete hê? Wel, behalwe die ver­ wagte aanbieding van top­gehalte wyne en heerlike kos, is daar hiér, tus­ sen die majestueuse berge, wingerde en sprankelende riviere, ’n natuurlike speelgrond wat baie pret bied vir bergfietsryers, stappers en hardlo­ pers, 4x4 entoesiaste, voëlkykers en vlieghengelaars en so meer. Nie net is dit ook die tuiste van die beroemde Goudini­warmwaterbron­ ne nie, maar die berge bied ’n goud­ myn van waardevolle en beeldskone fynbos vir die natuurliefhebber. Die Breedekloof strek vanaf Raw­ sonville tot Goudini en dan tot ander­ kant Slanghoek. Alhoewel die Breedekloof­vallei ’n gemaklike uur se rit is vanaf Kaapstad, verdien hierdie juweel­streek meer as net ’n dagbesoek. Dink net, daar is 27 wynkelders, wat wissel van klein boe­ tiek­kelders tot baie groot produsente. Hiér word nuwe­wêreldklaswyne geproduseer wat soms kompleks kan wees, maar goed gebalanseerd. Op ’n onlangse warrelwind media­ toer, het ons dag begin met ’n heerlike koppie boeretroos en beskuit by Grie­ tjiesdrift bistro­styl padstal en gaste­ huis in Slanghoek. Grietjiesdrift­gastehuis is maar net een van die talle gerieflike blyplekke

in die omge­ wing. Boonop is daar vanuit elke wooneenheid asemrowende uitsigte oor hon­ derde hektaar wingerd, met die reuse berge wat daar bo­oor troon. Hierna is ’n draai gemaak by die beroemde Opstal Land­ goed. Opstal is nie net bekend vir sy besonder­ se wyne nie, maar ook as ’n gewilde onthaal­ en troulokaal en restaurant. Juis by die restaurant word ons getrak­ teer op hul Mill Iron Tapas, wat elk gepas is by ’n smaaklike sluk­ kie wyn. Die volgende stop was Bergsig Landgoed, waar die Lategan­famile geslagte lank al wyne produseer. Nou is dit tyd vir ’n wyn­en­kos­en­wyn­ervaring. Die volgende stop sou die Bosluiste­ pel privaatkampeerterrein wees vir ’n piekniek langs die Holslootrivier. Maar weens die November­ vloede kon die rivier nie oorgesteek word na die terrein nie. Maar oorkant die rivier sien mens die lieflike afgeleë terrein teen die berge, met uitgestrekte gras­

perke langs die oewer van die rivier. ’n Perfekte uitspanplek vir die hele ge­ sin, wat net wil wegbreek en die na­ tuurskoon geniet. Ons het dus met ’n trekker gery tot hoog teen die berg, waar ons heerlik piekniek gehou het met asemrowende uitsigte oor die vallei. En net om die draai van Bosluistepel is ’n paradys vir die kunsvlieghenge­ laar by Dwarsberg.

Maar daar is ook hengelplekke langs die bruisende Molenaars­, Elandsjacht­ en Smalblaarriviere. Hier kan jy ook met kajaks of kanoes bal­ jaar. Of gaan saal ’n perd op vir ’n rit deur die wingerd. Die Breedekloof is dus die perfekte wynroete wat die hele gesin kan ge­ niet. En wanneer die gogga van die Bree­

dekloof eers gebyt het, gaan jy keer op keer terugkeer na anderkant­die­ berg. Maar die hart van die Breedekloof is immers sy mense. Om elke hoek en draai en landgoed wat besoek word, word besoekers met ope arms verwel­ kom en word dan later gegroet met ’n opregte, warme: Kom kuier weer by ons. Wie gaan hom twee keer laat nooi?

Die Windmeul, die wynmaker en die Weskus­snoek LISE BEYERS Bekroonde Windmeul Wynkelder se wynmaker, Francois van Niekerk, is nie juis ’n man van baie woorde nie. Maar as dit by die vrug van die wingerd kom, dan spreek sy wyne boekdele. En Francois is nie eers ’n Bolander nie. Hy is gebore en getoë in Jeffreysbaai en is nie eens ’n surfer nie. Oorspronklik het sy voete nie in die rigting van wynmaak geloop nie. Hy het immers na skool bosbou by Saasveld studeer. Maar hier het die wyn-gogga wel gebyt toe sy kamermaat op Saasveld vertel het van sy ervaringe as parshulp by Slanghoek-kelder. Sy stories oor die werk en alles om die parsseisoen het Francois

so geïnteresseer dat hy die jaar na Saasveld eers ’n seisoen by Slanghoek-kelder gaan werk het, gevolg deur ’n seisoen by Kendall Jackson in Kalifornië, VSA, voordat hy met sy wynmaakstudies by Elsenburg begin het. Francois is geen wyn-snob nie. Hy hou basies van enige wyn wat goed gebalanseerd, afgerond, suiwer en goed gemaak is, met ’n voorkeur vir swaarder, vol rooiwyne en ligter vrugtige en aromatiese witwyne. Windmeul Wynkelder het die afgelope jare vanuit ’n ou, koöperatiewe wynkelder uitgestyg tot ’n wynkelder wat bekend geraak het vir bekroonde wyne. ”Ek streef daarna dat ons wyne konstant goed sal doen, om so te help om ’n handelsmerk op te bou wat bekend staan vir baie goeie

kwaliteit wyn wat met die beste in die land kan kompeteer,” sê Francois. En wanneer hy nie in die kelder of wingerd gevind kan word nie, span Francois graag in die natuur uit of besoek sy geliefde Yzerfontein - waar hy van snoekbraai geleer het. En so braai Francois sy snoek: Eerstens het mens ’n mooi vars Weskus-snoek nodig wat nie te groot is nie en waarvan die kop en stert afgesny is. Die snoek moet eers ordentlik afgespoel word. Hierna word hy droog gevee met ’n lappie, en dan vir ’n rukkie opgehang om effe winddroog te raak. Plaas dan ’n potjie op die vuur om die bedruipsous te maak. Braai fyn knoffel liggies in botter en voeg dan appelkooskonfyt en

suurlemoensap by. Roer tot alles lekker gesmelt is. ’n Snoek moet oopgevlek gebraai word. Smeer die velkant van die snoek met olie om te verhoed dat dit vassit aan die rooster. Plaas nou die snoek in die rooster met sy velkant na onder en sit die rooster oor die kole. Sprinkel dan die vleiskant met sout en peper en vee dit liggies oor die vlees met ’n kwassie. Die totale braaityd moet min of meer 15 minute wees oor redelike warm kole. Die velkant moet 80% van dié tyd onder wees en die bedruipsous moet op geverf word wanneer die vleis kant na bo wys. Hierdie snoek behoort nou baie lekker te wees en al wat hom beter sal maak is ’n glasie Windmeul Sauvignon Blanc langs jou bord!


s r e e j T

STAR­STRUCK PICNIC AT SPI­ ER: Make this Valentine’s Day memorable with a romantic evening picnic under the stars at Spier. Each couple will receive a basket crammed with deliciously indulgent treats and a bottle of Spier’s Signature Méthode Cap Classique. Find a special spot on the rolling lawns to settle down with your complimentary blanket and cushions to watch the classic romantic movie, Breakfast at Tiffa­ ny’s starring Audrey Hepburn. A VIP option is also available, with an even more decadent picnic basket. Regular Picnic for two R380 per basket; VIP Picnic: R580 for two per basket. Date: Friday 14 February. Time: 19:00 for 19:30. To book: www.spier.co.za or call 021 809 1100.

ROMANCE AT RUPERT WINES: In the heart of the Franschhoek Wine Valley is where you’ll find Anthonij Rupert Wines, offering visitors an unforgettable wine and dining ex­ perience with breathtaking views of the ma­ jestic mountains as its backdrop. This is the perfect venue to spoil your loved one at this Valentine’s Day. Promising a romantic experi­ ence visitors are invited to enjoy an exquisite Valentine’s Day­inspired High Tea. Enjoy a selection of beautifully prepared sweet and savoury treats while sipping on a glass of delicious bubbly and making the most of this romantic day with that special person in your life. Your experience includes a bottle of L’Ormarins Brut Classique and costs R350 per couple, which will be available on 14 and 15 February. Booking is essential. For further information and bookings contact 021 874 9074 or tasting@rupertwines.com. CRAZY STUPID LOVE: Treat yourself and your loved one to a romantic evening on the sprawling lawns of Rhebokskloof Wine Estate outside Paarl. The romantic movie Crazy Stu­ pid Love will be screened during this special outdoor movie night. Gates open at 18:00 and the movie starts at 20:00. Tickets are R75 per person, and children under 12 get in free. Scrumptious picnic baskets are avail­ able at R295 for two people. Bookings are essential. Call 021 869 8386 or visit www.rheboksk­ loof.co.za. Prego rolls, hamburger, popcorn and drinks will also be on sale.

BLOU, DIE NUWE HARTE­ DIEF: Wat gebeur as jy topge­ halte Chenin Blanc en aroma­ tiese swartbessieëkstrak saam­ voeg? Die eerste en enig in sy soort – ’n hemelse blou vonkel­ wyn, Sparkling Blue. Bekroon­ de wynmaker, Erik Schlünz, het hierdie versnit oor die afgelope 10 jaar ontwerp en verfyn en is baie trots om uiteindelik sy smaakvolle, lae alkoholinhoud nuutskepping bekend te stel. Sparkling Blue prikkel met ’n oorspronklike Karibiese blou kleur en vars swartbessie geur. Die aroma komplimenteer die Chenin Blanc kulivar perfek en bederf met ’n elegante, fassine­ rende palet. Die ietwat soet, dog suur balans lei tot ’n vrug­ tige drankie met verfrissende nasmaak. TREAT YOUR VAL­ ENTINE TO J.C. LE ROUX: Add extra glamour to your Valentine’s Day with J.C. Le Roux La Fleurette, avail­ able in an ever­so­ pretty gift box, adorned with a flurry of cascading pink hearts. To get your hands on this beautiful, romantic gift in honour of Valentine’s Day, just follow your heart to the bub­ bly isle of leading stores. J.C. Le Roux La Fleurette is a playful yet stylish sparkling wine that teems with sweet strawberry and sensual plum flavours. The J.C. Le Roux La Fleurette Valen­ tine’s gift packs are available at selected Spar, Checkers, Shoprite and Pick n Pay stores country­ wide. You will also find the gift pack at The House of J.C. Le Roux in Devon Valley in the Stellenbosch Winelands at a cellar door price of R53. So hurry while stocks last!

Teen dié tyd het die meeste Nuwe­ jaarsvoornemens ’n stadige dood gesterf, of is hulle in die laaste stuiptrekkings. Die gim­kaart het al klaar stof opgegaar, daar­ die groentesap­dieet het onder ’n skop­ graaf pasta Alfredo gesterf en jy het reeds jou niggie se verjaarsdag vergeet. Voorspellings vir 2014 is ewe gewaag as voornemens, hoewel mens seker nou reeds met ’n mate van sekerheid kan sê dat die Stormers nie die Super 15, 16, 19 of wat dit ookal vanjaar genoem word, sal wen nie. Tog is daar sekere veranderinge in die wynkultuur op pad wat soos ’n teerpaal bo ’n dam Pinotage staan. Nou die aand staan ek in die lushof van Rust en Vrede se tuin. Dit is een van die land se topvyf wynplase, en die geleent­ heid was swierig en uit die boonste rakke, selfs die eekhorings had strikdasse. Die ge­ sig van mans en vroue, stylvol uitgevat, wat wyn drink het my herinner aan die styl en klas waarmee ek graag wyn vereenselwig. Maar wat my opgeval het was hoe almal ys saam met die witwyn en rosé van Guar­ dian Peak, Rust en Vrede se sustershan­ delsmerk, nuttig. Tien jaar gelede sou die Stellenbosse wyswynneuse jou wegjaag as jy dit durf waag om ys by hul wyn te gooi. Maar van­ dag is dit algemeen soos meer­en­meer mense besef dat die genieting van wyn geen beperkings hoef te hê nie. Op ’n soel warm aand is ’n glasie witwyn of rosé heer­ lik met twee of meer blokkies ys. Dit ver­ hoog die verfrissingsfaktor en sny die alko­ hol. So waarom nie? Hierdie wegbeweeg van konvensies en reëlskanwynnetgoeddoenenekvoorsien dat al hoe meer mense wyn waardeer as ’n lekkerdrink­drankie in stede van iets wat met gidse, ellelange beskrywings en ’n wysneus­houding gepak moet word. Maar ek sal nou nie aan Jean Engel­ brecht, Rust en Vrede se eienaar, erken dat

Drink wat jy lus is om te drink ek ook ’n blokkie ys in sy bekroonde Shiraz geglip het nie . . . ons wag maar tot vol­ gende jaar daarvoor. Maar waarom stop by ys? Wyn – veral witwyn–kanmetsodawatergemengword om ’n heerlike verfrissende drankie te skep wat nie so stroperig soet is soos die Savan­ na­tipe ciders wat deesdae sogewild isnie. Sommer in ’n lang glas bedien met ys, is die wyn­en­soda Spritzer voor in die koor wat vanjaar se gewilde drankies betref. Diegene wat gedink het dat Port en Mus­ kadel, daardie heerlike vrugtige gefortifi­ seerde wyne, slegs tot die grys koeltes van winter beperk is, staan opsy. Die jongste neiginginEuropaisomPortsaammettoni­ kumwater, dis nou “tonic” in die volks­ mond, te geniet. En dit is sommer heerlik. Die volwasse bitterheid van die tonikum­ water komplementeer die soet vrug van die Port om jou behoorlik met nuwe oë na hier­ die sterk, vol wyn te laat kyk. Nou, as die resep met Port werk, werk hy behoorlik met Muskadel, een van die beste wynstyle wat van Suid­Afrikaanse bodem spruit. Hardebaarde wat nie kalorieë tel nie kan die Portugees­geïnspireerde Catemba probeer as die avontuurlike wynlus hul beetpak. Die Catemba benodig ’n groot bierglas wat gevul word met een helfte droë rooiwyn en een helfte Coke. Dis ietwat van ’n aangeleerde smaak, maar as die Catemba­gogga jou eers gebyt het, is jy dit verby en voor jy jou weer kom kry sing jy ’n ode aan piri­piri en Christiano Ronal­ do. Dis hoe die wynwêreld lyk: sonder brie­ ke. Onbeperk. Drink wat jy lus is om te drink, hoe jy dit wil drink. Ondersteun net die prag en magie van Kaapse wyn, die juweel in die kroon van om Suid­Afrikaans te wees. * Emile Joubert is ’n genieter van wyn, iets waarmee hy heeldag werk as wynbemarkingskonsul­ tant en –skrywer.

Stellenbosch Wine Festival: a feast for everyone The 2014 Stellenbosch Wine Festival pre­ sented by Pick n Pay is well under way and is a feast for the whole family. This wine and food extravaganza will de­ light food and wine lovers with loads of ex­ ceptional culinary experiences, wine tast­ ings and exciting outdoor activities. The jam­ packed festival line­up offers a wide variety of winery experiences ranging from picnics to pairings, game drives to grape stomping, high teas to golf, open air movies and gala dinners to superb gourmet pairings. Many

of the wineries have included specific child­ friendly activities to keep the younger crowd entertained. The festival runs until Sunday 2 February. Visit www.stellenboschwinefestival.co.za for the full festival schedule and more details on the American Express Winery Experiences and American Express Wine and Dine res­ taurant promotions. For further updates, join them on Facebook at StellenboschWineFes­ tival or follow the Stellenbosch Wine Festival on Twitter @StellWineFest.



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.