1 minute read
Komplekse klankstapeling
Fonologie
Dené-Sino-Kaukasies se formidabele konsonant-inventaris is veel ryker as dié van Eurasiaties; alle plofklanke en affrikate behalwe /ʡ/ en /ʔ/) het ‘n stemhebbende, ejektiewe en stemlose artikulasie gehad. Proto-DSK se arsenaal bestaan uit meer as 40 fonemiese konsonante en agt fonemiese klinkers.
Advertisement
Vandag leef dié ryk klank-inventaris voort in die Noordwes- en Noordoos-Kaukasiese tale soos Abkhaz (58 konsonantfoneme), Bzyb (67 konsonantfoneme), Chechen (50 konsonantforneme) en Archi (80 konsonantfoneme). Ook die Amerikaanse afstammelinge is klankryk, soos die Athabascantale van Kanada en Navajo met sy 33 konsonante. Burushaski in die Himalajas het ook meer as dertig konsonantfoneme.
Onder die 40 konsonante van Proto-DSK is daar volop agterkeelklanke, velare en uvulêre, wat in Kaukasies, Burushaski, Na-Dene en Ket, die laaste Jeniseitaal, oorleef, maar elders verdwyn het.
Vokaalharmonie
tuolilla
op die stoel
pöydällä
op die tafel