1 minute read

Selfbenaming

Baie Indo-Europese tale het ‘n woord vir “mens” wat op “aarde, grond, klei” berus:

• Kelties *gdonyo- (Iers duine ‘persoon,’ Wallies dyn ‘man’) < *dʰɡ ́ʰom-yo• Germaans *guman- ‘man’ (Engels [bride]groom]) ; < *dʰɡ ́ʰm-mon• Latyn homō, hominis ‘persoon’ < *dʰɡ ́ʰm-on- (ook hūmānus)

Advertisement

Die onderliggende stam met sy oorspronklike betekenis kom ook gereeld voor: • Kelties *gdon- (Ou Iers dú, don ‘plek’) < *dʰɡ ́ʰom• Latyn humus ‘grond’ < *dʰɡ ́ʰom-o, humilis ‘naby die grond’ < *dʰɡ ́ʰem-el-i-

Dieselfde afleiding van “ mens ” uit “aarde” bestaan in die Semitiese tale, byvoorbeeld Hebreeus: ם ָד ָא ɔādām ‘ man, Adam‘ van ה ָמ ָד ֲא ɔădāmâ ‘grond.’ (Die onderliggende stam ɔ–d–m beteken ‘rooi’).

Dis nie die enigste stam in hierdie verband nie. Grieks anthropos ἄνθρωπος “ mens ” dui op “aarde, grond, onder, bodem” uit die Boriese konsepstam TVHV aarde met die Proto-Austro-Asiatiese vorm *tɛj aarde. In die Niger-Kongo-familie vind mens die bekende stam * -ntu vir mens in Proto-Ntu, en *taw in Proto-Austronesies, wat met Proto-Indo-Europees *ndho ooreenstem, wat onder, onderkant beteken.

Proto-Afro-Asiaties het *tVʔ vir ‘n tipe grond, en dieselfde prototaal het *duḥ vir laag, terwyl Egipties t3 aarde beteken en dḥ na laag verwys.

In Khoesan is “Tuu” die naam van die suidelike taalfamilie en die woorde tā en tū beteken persoon in verwante Tuu-tale. In die noordelike Kx ’ a-familie is dit *žu persoon.

Proto-Dené-Sino-Kaukasies *dVHV, Proto-Sino-Tibetaans *diə:lH bodem en Chinees tə:jʔ basis of wortel.

Proto-Dené-Sino-Kaukasies *ʔntV ‘aarde, sand’ is kognaat met PIE * -ndho ‘bodem, onder’ wat ‘n waarskynlike kognaat is van *-ntu, die woord vir ‘persoon’ in die Ntutale, en verwant is aan die selfbenaming van die Tuu-taal se sprekers soos hierbo vermeld.

This article is from: