1 minute read

Die Oorsprong van Geronde Voorvokale

Next Article
Inleiding

Inleiding

In die Germaanse tale het geronde voorvokale deur metafonie gestalte gekry: dis die Umlautproses waardeur geronde agtervokale soos [o] of [u] deur hoё voorvokale soos [i] of [e] gevolg is, en hulle voorvokale geword het maar hulle ronding behou het. In Frans het dit op ‘n soortgelyke manier ontstaan, weens die teenwoordigheid van ‘n voorvokaal. In Chinees was dit blykbaar die invloed van ‘n voorkonsonant soos [t] op ‘n geronde agtervokaal soos [u] wat daartoe gelei het.

Taalkontak moes ‘n beduidende rol gespeel het in westelike Europa, want tale met geronde voorvokale vorm ‘n soliede blok van Skandinawië tot in die noorde van Italië, en van Hongarye deur Switzerland tot in Bretagne en Souletin in Frankryk.

Advertisement

Taalkontak was waarskynlik ook ‘n faktor onder die Oeraalse en Altaïese families (Mongoolse, Turkse en Toengoesiese groepe). Geronde voorvokale floreer onder hierdie drie families, en mag selfs ‘n genetiese kenmerk wees wat hulle by ‘n laatfase Eurasiatiese dialek geёrf het.

Vokaalharmonie –

‘n vorm van metafonie – is ‘n eienskap van heelwat van hierdie tale; dit beteken dat ‘n woord uitsluitlik voor- of agtervokale het, en dat die vokale van uitgange en suffikse aanpas by die vokaaltipe van die stam. Vokaalharmonie kan op hoogte, nasalering, posisie (voor- of agtervokaal) en ander faktore gebou word.

In baie tale ressorteer verskillende vokale onder verskillende stelle, soos agtervokale of geronde vokale. In sekere Altaïese tale is daar ‘n rondingsharmonie wat bo-00r die agtervokaliteitsharmonie optree. Harmonie behels een of meer harmoniese eienskappe waarvoor klinkers harmoniese pare vorm, sodat elke klinker ‘n harmoniese opponent in die ander stel het.

Vokaalharmonie is ‘n assimilerende proses waarin die klinkers van ‘n woord almal tot dieselfde klas sinchroniseer. Vokaalharmonie werk langafstand, wat beteken dat die betrokke klinkers nie langs mekaar hoef te verskyn nie, en dat daar segmente tussen die snellervokaal en die teikenvokale mag wees. Gewoonlik is daar een klinker, die sneller, wat die ander klinkers in die woord beïnvloed om by ‘n relevante fonologiese kenmerk van die sneller in te val.

This article is from: