1 minute read

Geronde voorvokale in Afrikaans

Gedekte Klinkers

Met die benaming gedekte klinkers word bedoel dat hierdie vokale gevolg (gedek) word deur 'n konsonant in dieselfde lettergreep. Gedekte klinkers kom slegs in geslote lettergrepe voor; d.w.s. in lettergrepe wat op 'n medeklinker eindig, soos kat, bed, dik, bom, hul en u (wat gevolg word deur die stembandklapper ʔ – glottale sluitklank – wat nie in Afrikaans geskryf word nie).

Advertisement

Gedekte Geronde Voorvokale

[œ] of alternatiewe simbool [ö] soos in /bul/ en /dun/ en /spul/ en /lug/ en /vrug/

[y] of alternatiewe simbool [ü] soos in /uniek/ en /sku/ [skyʔ] ~ [sküʔ] en /ru/ [ryʔ] ~ [rüʔ]

Vrye Klinkers

Met die benaming vrye klinkers word bedoel dat hierdie vokale vryelik kan voorkom, nie net in geslote lettergrepe nie maar ook in oop lettergrepe soos /bure/ [by:rə]~[bűrə] en /vure/ [fy:rə]~[fűrə].

Vrye Geronde Voorvokale

[y:] of [ű] wat lank is soos in /nuut/ en /tuur/ en /stuur/ en foneties as [ny:t] of [nűt], [ty:r] of [tűr], [sty:r] of [stűr] aangedui kan word

Die Diftong [ø:] = [yœ]

[ø:] in /deur/ en /kleur/ en /steur/ is die diftong [yœ] en is die geronde weergawe van /e:/ wat die diftong [iə] is en [yœ] is die hoёr weergawe van /o:/ wat die diftong [uœ] of [uə] is

Die Diftonge [œy] en [œu]

soos in /muis/ en /mou/

Trans-Himalaja-tale

This article is from: