1 minute read
Geografiese verspreiding
from Geronde Voorvokale
by Pietertoypom
29 uit die 37 tale met geronde voorvokale is in Eurasiё geleё, in Europa noord van die Alpe, met ‘n swenk na die suide om Albanië, Turkye en die Stans van Sentraal-Asiё in te sluit, en verder oos tot by die Stille Oseaan. Net vier tale met geronde voorvokale word vir die Amerikas aangegee, en selfs minder elk vir Afrika en Oseaniё. Die bronne blyk boonop skepties te wees oor sommige van voorgenoemde.
Die nasies van wes na oos sluit in Ysland, die Faro Eilande, die Skandinawiese lande, die Lae Lande, Frankryk, Duitsland, Switzerland, die noordooste van Italië, Oostenryk, Hongarye, Anatolië, die Kaukasus, Estland, die Russiese Federasie, Tibet, Mongolië en China. Binne die Russiese Federasie, onder meer die volgende: Bashkortostan, Tatarstan, Chuvashia, Kalmykia, Mari-El en Saka (Yakutia).
Advertisement
23 van die 37 tale het geronde voorvokale in beide die hoё en middelposisie, agt het net hoё geronde voorvokale en ses van hulle het net geronde voorvokale onder middelhoogte klinkers.
Wat taal- makrofamilies betref, behoort almal van hulle tot die Eurasiatiese of Dene-Sino-Kaukasiese families. Onder die Eurasiatiese familie is die Germaanse, Romaanse, Keltiese en Albaniese groepe.
In die Germaanse tale is geronde voorvokale ‘n algemene verskynsel; benewens Duits is dit deel van die fonologie van tale soos Yslands, Noorweegs, Sweeds, Deens, Nederlands en Alemannies.
In Europa, benewens Frans in Romaanse tale soos Gascon (Langue d’oc) is daar die Italiaanse dialekte van die noordweste soos Piedmontees en Lombardies wat ook in die Switzerse kanton Ticino gepraat word.
Bretons is ‘n Keltiese taal wat in die Bretagneprovinsie van Frankryk gepraat word.
Fins, Nganasan, Hongaars en Selkup behoort tot die Oeraalse familie, terwyl Altaïes verteenwoordig word deur Kalmyk , Dagur en Oirat (lede van die Mongoliese familie), Turks, Kumyk, Yakut (Turkiese familie) en Manchu (Manchu-Toengoes).
Die Dené-sino-Kaukasiese makrofamilie het deur Baskies verteenwoordiging in die Communauté d'Agglomeration du Pays Basque in Frankryk, en die Baskiese Outonome Gebied in Spanje. In die Kaukasus is daar die Lesgiese tale van Dagestan en Chechnies van Chechnya (laasgenoemde twee behoort tot die Noord00s-Kaukasiese taalfamilie). Dan’s daar Tibetaans, en standaard Chinees sowel as Kantonees, wat tot die Sino-Tibetaanse of Trans-Himalaya-familie behoort.