![](https://assets.isu.pub/document-structure/210720144109-5f7ba624e5bf2b8a43cb8e2c6ceac55d/v1/4484dba4fd6ed0a84a1d86278abc09ee.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
1 minute read
Ortografie
In hierdie dokument word die omvattende Megafamilies met ‘n diepte van duisende jare in vetdruk met onderstreping aangedui:
Amerind, Nostraties en Dené-Sino-Kaukasies.
Advertisement
Die name van die Makrofamilies verskyn in vetdruk, bv die lede van Nostraties: Afro-Asiaties, Eurasiaties, Kartveels, en Elamo-Drawidies.
Die komponente van die bovermelde Makrofamilies verskyn in kursief, bv: Berber, Egipties, Kusities, Omoties, Semities & Tsjadies; Altaïes, Chukchi-Kamchatkan, Proto-Indo-Europees, Oeralies-Joekaghier, Nivkh (Gilyak) & Inuit-Yupik-Inangan; Georgies, Laz, Megrelies & Svan; Elamities & Proto-Drawidies.
Die lede van die bovermelde komponente word onderstreep, byvoorbeeld die dogterfamilies van Altaïes en Proto-Indo-Europees: Proto-Turks, Proto-Mongools & Proto-Mantsjoe-Toengoes; Proto-Germaans, Proto-Anatolies, Proto-Indo-Iraans, Proto-Armeens, Proto-Italies, Proto-Kelties, Proto-Balto-Slawies, Proto-Togaries, ensovoorts.