1 minute read

Die Nostratiese Oertaal

Next Article
Eurasiaties

Eurasiaties

Die Nostratiese Hipotese is reeds in 1903 deur die Deense linguïs Holger Pedersen geopper. Die term “Nostraties” is afgelei uit Latyn nostrates “ons s’n”, en Pedersen het dit gebruik in verband met die ooreenkomste wat hy tussen Indo-Europese, Turkse en Fins-Oegriese tale waargeneem het.

Advertisement

Daar is ‘n verbintenis tussen die ouderdom van Göbekli Tepe en die bevindinge van

die historiese linguïstiek, veral waar dit die prototaal Nostraties aangaan. In sy werk Indo-European and the Nostratic Hypothesis bespreek Allan R Bomhard die moontlike tuisland van die sprekers van Nostraties.

Hy evalueer onder andere die verskillende teorieë oor die tuislande van AfroAsiaties, Elamo-Drawidies, Kartvelies, Altaïes, Proto-Indo-Europees, OeraliesJoekaghier. Daarna kyk hy na die teorieë van Aaron Dolgopolsky, John Kerns en Henrik Birnbaum oor die struktuur en datering van Nostraties.

Nostraties is gerekonstrueer deur die vergelyking van woorde uit ‘n groot getal tale wat uit al die dogtertaalfamilies kom. Die rekonstruksies van Allan Bomhard en Aharon Dolgopolsky en die gedeeltelike rekonstruksie van Vladislav Illič-Svityč is nie presies dieselfde nie, maar naby genoeg.

Ongeveer 15 000 jaar gelede – 13 000VHE – het die yslae begin krimp, die klimaat warmer geword en seevlakke dramaties gestyg. Gebiede wat voorheen onbewoonbaar was, het toeganklik geword vir menslike habitasie. Bevolkingsgetalle het toegeneem en mense het in alle rigtings versprei. Permanente dorpe het ontstaan en daar is geleidelik van jag en versamel na landbou en veeteelt oorgeskakel. Die disintegrasie van die Nostratiese moedertaal het met dié ontwikkelinge gepaard gegaan soos mense al verder weg van die tuisland af beweeg het.

This article is from: