4 minute read

Grafies-Analitiese Metode

Next Article
Simboliek

Simboliek

Die Grafies-Analitiese Metode

Die onafhanklike navorser Valentyn Stetsyuk maak gebruik van die grafies-analitiese metode om prehistoriese etnogenetiese prosesse te karteer. Sy uiters interessante bevindinge stem ooreen met dié van navorsers in historiese linguistiek, maar dan gaan hy verder, na plekke wat nog buite bereik van die metodes en tegnieke van die tradisionele taalwetenskap lê.

Advertisement

Volgens Stetsyuk is die Transkaukasus by uitstek die wig van die mensdom. Transkaukasië omvat die suidelike deel van die Kaukasusgebergte tussen die Kaspiese en Swart See, op die grens van Europa en Asië. Abkhazië, Artsakh, Azerbaijan, Armenië, Georgië, die suid-oostelike deel van Turkye en die noord-westelike deel van Iran vorm deel daarvan.

Die streek sluit die Kleiner Kaukasusgebergte, die Colchis-, Kura-Aras- en Lankaranlaaglande in, die (Persies: نارابسرا Arasbârân) bergland in die suide, die Talishberge en die Armeense Hoogland. Die Araksrivier (Grieks: Ἀράξης, Armeens: Արաքս, Georgies: რახსი) vloei uit Turkye en vorm die grens tussen Armenië en Turkye, en later tussen Armenië en Iran, tot in die Kurarivier in Azerbaijan. Die Kurarivier (Georgies: მტკვარი, Mt’k’vari; Armeens: Կուր, Kur) vloei uit Turkye, en deur Georgië suid van die Groter Kaukasusgebergte, om in die Kaspiese See in Azerbaijan uit te mond. Die Rionirivier (Georgies: რიონი, Grieks: Φᾶσις), die grootste rivier in Georgië, dreineer die WesKaukasus en vloei van die ooste die Swart See.

bergpieke, plato’s en riviervalleie. Berg Ararat (Armeens: Մասիս,) ’n dormante vulkaan op die plek

waar die grense van vier lande bymerkaarkom: Armenië, Iran, Turkye en die Nakhchevan-provinsie van Azerbaijan.

Transkaukasië het drie groot binnelandse mere: Sevan (in Armenië), Urmia (in Iran) en Van [Wan] in Turkye, waarvan die laaste twee soutwatermere is. Hierdie mere is voorheen die “Seë van Armenië” genoem. Die oewers en omgewing van Urmia is ryk aan argeologiese terreine wat tot die neolitiese tydperk dateer, soos Teppe Hasanlu, Yanik Tepe, Hajji Firuz Tepe en Tappeh Sang-e Chakhmaq.

Stetsyuk identifiseer die heel eerste woongebiede van die grootste dogter-taalfamilies van Nostraties as volg:

Die Altaïese groep rondom Sevanmeer teen die suidelike hange van die Kleiner Kaukasusberge, en moontlik op die oewer van die Kurarivier tot by Ararat en die Aridagbergreeks. Indo-Europeërs oos van hulle agter die Zangezurbergreeks, in die area van vandag se Artsakh (Nagorno-Karabakh) en langs die Araksrivier tot by die moerasse aan die ooste en noorde. Die Oeraliese voorouers rondom Urmia en die Semitiese by die Van-meer in die weste. Die Elamo-Drawidiers plaas hy teen die hange van die Khakiari- en Kurdistan-bergkettings, en in die bolope van die Tigris en die Groot- en Klein Zabriviervalleie. Die Kartveelse groep, waar hulle steeds woon, aan die suide van die Kleiner Kaukasusgebergte, en ‘n deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.

Sy slotsom is gedeeltelik gebaseer op die waarneming dat Altaïes en Oeralies baie ou woorde vir /vis/ en /visvang/ het, terwyl PIE meer gespesialiseerde terme vir / jag/ het.

Stetsyuk reken dat die eerste groepe om te trek, die Elamo-Drawidiese (na die ooste) was, die Altaïese (na die noordooste) en Oeralies-Joekaghir (na die noorde). Die sprekers van PIE het langer vertoef, maar sommige van hulle het soos die voorafgaande ook deur die Derbent-pas na die noorde getrek. Die Elamo-Drawidiese teenwoordigheid aan die suide veronderstel kontak met die vroegste Sumeries, miskien selfs buite Mesopotamië, wat heelwat vrae beantwoord.

Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins. Bengtson, John D. 2010. Linguistic Fossils: Studies in Historical Linguistics and Paleolinguistics. Theophania Publishing. Blažek, Václav. 2013. Levant and North Africa: Afroasiatic linguistic history, in: Prehistory Part II: Holocene migrations. First published 04 February 2013. https://doi.org/10.1002/9781444351071.wbeghm815

Bomhard, Allan R. (1996) Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, South Carolina: Signum.

Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.

Campbell, Lyle (1998) Nostratic: a personal assessment. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic: Sifting the Evidence. Current Issues in Linguistic Theory 142. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 107-152.

Dediu, D. Abstract Profiles of Structural Stability Point to Universal Tendencies, Family-Specific Factors, and Ancient Connections between Languages, by Dan Deiu and Stephen C. Levinson.

Diakonoff, I., 1990. The earliest Semitic society. Journal of Semitic Studies 43, 209–17.

Dolgopolsky, A.B., 1987. The Indo-European homeland and lexical contact of Proto-Indo-European with other languages. Mediterranean Archaeological Review 3, 7–31. Dolgopolsky, A.B., 1993. More about the Indo-European homeland problem. Mediterranean Archaeological Review 6–7, 251–72. Dolgopolsky, A., 1998. The Nostratic Macrofamily and Linguistic Palaeontology. (Papers in the Prehistory of Languages.) Cambridge: McDonald Institute for Archaeological Research. Dolgopolsky, A., 1999. The Nostratic macrofamily: a short introduction, in Nostratic: Examining a Linguistic Macrofamily, eds. C. Renfrew & D. Nettle. Cambridge: McDonald Inst for Archaeological Research, 19–46.

Dolgopolsky 1984 Dolgopolsky, A. On personal pronouns in the Nostratic languages // Linguistica et Philologica: Gedenkschrift für Björn Collinder. Ed. by O.Gschwantler, K. Rédei, H. Reichert. Wien, Braumüller, 65-112.

Dolgopolsky 1992 Dolgopolsky, A. Nostratic etymologies and the origin of verbal formatives // Nostratic, Dene-Caucasian, Austric and Amerind. Ed. by V. Shevoroshkin. Bochum, Brockmeyer, 290-7.

Dolgopolsky 1966 Dolgopolsky, A. Which languages are related to the European ones? A popular article on Nostratic (Borean) hypothesis by Aharon Dolgopolsky. First published in "Znanie - Sila", 1966, 7, p. 26-29. English translation by M. Borun.

This article is from: