Aanhangsel B
Die Grafies-Analitiese Metode Die onafhanklike navorser Valentyn Stetsyuk maak gebruik van die grafies-analitiese metode om prehistoriese etnogenetiese prosesse te karteer. Sy uiters interessante bevindinge stem ooreen met dié van navorsers in historiese linguistiek, maar dan gaan hy verder, na plekke wat nog buite bereik van die metodes en tegnieke van die tradisionele taalwetenskap lê. Volgens Stetsyuk is die Transkaukasus by uitstek die wig van die mensdom. Transkaukasië omvat die suidelike deel van die Kaukasusgebergte tussen die Kaspiese en Swart See, op die grens van Europa en Asië. Abkhazië, Artsakh, Azerbaijan, Armenië, Georgië, die suid-oostelike deel van Turkye en die noord-westelike deel van Iran vorm deel daarvan.
Die streek sluit die Kleiner Kaukasusgebergte, die Colchis-, Kura-Aras- en Lankaranlaaglande in, die (Persies: ارسبارانArasbârân) bergland in die suide, die Talishberge en die Armeense Hoogland. Die Araksrivier (Grieks: Ἀράξης, Armeens: Արաքս, Georgies: რახსი) vloei uit Turkye en vorm die grens tussen Armenië en Turkye, en later tussen Armenië en Iran, tot in die Kurarivier in Azerbaijan. Die Kurarivier (Georgies: მტკვარი, Mt’k’vari; Armeens: Կուր, Kur) vloei uit Turkye, en deur Georgië suid van die Groter Kaukasusgebergte, om in die Kaspiese See in Azerbaijan uit te mond. Die Rionirivier (Georgies: რიონი, Grieks: Φᾶσις), die grootste rivier in Georgië, dreineer die WesKaukasus en vloei van die ooste die Swart See. 37