10 minute read
Eurasiaties
Allan Bomhard stem saam met John C Kerns dat die Mesolitiese kultuur sy oorsprong in die vrugbare sekelmaan in die Midde-Ooste net suid van die Kaukasus moes gehad het, en dateer die taal op tussen 15 000 en 12 000 VHE, met ander woorde 17 000 tot 14 000 jaar gelede. Dié groter tuislandgebied sluit Suid- en Oos-Anatolië, Noord-Sirië, Noord-Irak en die Transkaukasus in.
Volgens Allan Bomhard is die taalfamilies wat van Nostraties afstam: Eurasiaties (Indo-Europees, Oeralies-Joekaghier, Altaïes, Chukchi-Kamchatkan, Nivkh (Gilyak), Inuit-Yupik-Inangan), Kartveels (tale van Georgië), Afro-Asiaties en ElamoDrawidies (Elamities het uitgesterf en Drawidies sluit Tamil en Telugu in), en die taal Etruskies.
Advertisement
Volgens Bomhard en Greenberg, sluit Nostraties die volgende families in: AfroAsiaties, Eurasiaties, Kartveels en Elamo-Drawidies. Afro-Asiaties is ‘n besonder ou en onafhanklike groep, en die eerste om van die Nostratiese spraakgemeenskap weg te breek. ‘n Oorsig van die woordeskat, voornaamwoorde en morfologiese stelsels van die Eurasiatiese tale blyk dat hulle hegter aan mekaar verwant is as wat enigeen van hulle aan Afro-Asiaties, Kartveels en ElamoDrawidies verwant is.
In die voornaamwoordstelsel vind Kartveels aansluiting by Eurasiaties, maar sy gebruik van voorvoegsels plaas hom nader aan Afro-Asiaties. Elamo-Drawidies se naamwoordverbuiging en werkwoordvervoeging stem ook baie met dié van Eurasiaties ooreen.
Die Eurasiatiese familie word gekenmerk deur ‘n soortgelyke eerste- en
tweedepersoon-voornaamwoordstelsel. Die eerste is op M gebaseer, en die tweede
op T. Byvoorbeeld Engels /me/ en /thee/, Spaans /me/ en /te/, Fins /minӓ/ en /te/.
Een van die stamme wat regdeur Eurasiaties bestaan, is woorde vir “roep”, “praat” of “tong”: Proto-Indo-Europees *gal /roep/, Proto-Oeralies *keele /tong/," Proto-Altaïes *khӓӓlӓ /tong, praat/, Kamchadal kel /gil/ Proto-Eskimo *kələɣ /vertel/.
Die feit dat Göbekli Tepe in sowat 8,000 VHE verlaat en met grond en gruis bedek is,
moet ‘n rol speel in die gevolglike verspreiding van die dogtertale. Lank voor daardie datum het ‘n deel van die Afro-Asiatiese dialekgroep (later Semities, Berber, Kusities, Tsjadies en Omoties) weggebreek.
Die Semitiese tale soos Akkadies en Eblaïeties het in die vrugbare sekelmaan ontwikkel, Arabies in die Arabiese Skiereiland, terwyl die taal Ge’ez in Ethiopië vorm aangeneem het. Ou Suid-Arabies word steeds in suidelike dele van die Skiereiland en op die eiland Sokotra gepraat. Berber en Egipties het Afrika waarskynlik deur die Sinaï Skiereiland betree, terwyl Kusities, Omoties en Tsjadies waarskynlik oor die Bab elMandeb-straat die Horing van Afrika binnegegaan het.
Tsjadies sluit 150 tale van Nigerië, Niger, Tsjaad, Sentraal Afrikaanse Republiek en Kameroen in, waarvan Hausa die grootste is. Die vier groepe Omotiese tale (Ta-Ne, Dizoid, Mao en Aroid) word in suidwestelike Ethiopië gepraat. Die grootste Kusitiese tale is Oromo, Somali, Beja, Afar, Saho en Sidamo, en tale van die familie word in Djibouti, Eritrea, Ethiopië, Somalia, Somaliland, Kenya en Tanzanië gepraat.
gelede in Sirië ontstaan, terwyl Ethio-semities rondom 3000 jaar gelede in ‘n enkele migrasie uit die Arabiese Skiereiland oor die Rooi See sy beslag gekry het.
Eurasiaties (Proto-Indo-Europees, Inuit-Yupik-Inangan, Chukotko-Kamchatkan, Oeralies–Joekaghier, Altaïes (Turks, Mongolies, Toengoesies, Koreaans en Japanees) en Nivkh (Gilyak)) het Sentraal-Asië teen ongeveer 9,000 VHE bereik. Dié datum loop die einde van Göbekli Tepe met sowat een millennium vooruit. Inuit-Yupik-Inangan het eindelik oor die noorde van Noord-Amerika versprei en Groenland gehaal.
Oeralies het na die weste (Fins, Estnies) en noorde uitgebrei (Oedmoert, Komi, Mordvin, Mari), terwyl Hongaars, Khanty en Mansi die sentrale gebiede bewoon het, en Hongaars in historiese tye van die Volga-kom na Europa verskuif het. Die familie bestaan uit 38 tale wat deur sowat 26 miljoen mense gepraat word en as volg onderverdeel word:
Samoyed Oegries: Hongaars (Magjar), Ob-Oegries: Khanty en Mansi Finno-Permies: Udmurt, Komi Finno-Volga: Mari, Mordvin (Erzya en Moksha) Finno-Saami: Fins, Estnies, Karelies, Livonies, Saami (Lapp).
Altaïes bestaan uit sowat 70 tale wat van oostelike Europa tot by die Arktiese see en die Stille Oseaan gepraat word. Dit sluit in:
Japanees Koreaans Mongools Turks Toengoes
Strukturele ooreenkomste tusen Altaïes en Oeralies is die uitsluitlike gebruik van suffikse, die afwesigheid van geslags-aanduiding en vokaalharmonie. Vokaalharmonie beteken dat die klinker/s in die suffiks/e aan dieselfde klas behoort as die klinkers in die woordstam. Dus beskik alle suffikse oor twee vorme. Dikwels is daar ook neutrale klinkers wat in beide gevalle gebruik kan word.
Proto-Indo-Europees en Etruskies het nie die Eurasiatiese trek na die noorde meegemaak nie. Dis nie duidelik waar Etruskies vertoef het in die jare voordat die taal sy verskyning rondom die 7de eeu VHE in Italië gemaak het nie. Proto-Indo-Europees het as eenheid op die Armeense Hoogland vertoef, totdat Proto-Anatolies rondom 3,500 VHE die geskiedenis betree het in die vorm van Hetieties (Nesili), Lidies, Luwies, Karies en Palaïes. Daarna het die
Proto-Togariese groep na die Ooste vertrek en hulle in die Tarim-kom van Xinjiang gevestig.
Bomhard se deeglike analise los ‘n geheim op – die feit dat Proto-Indo-Europees in
fonologie en woordeskat met Afro-Asiaties (veral Semities) ooreenstem, maar met die tale van die koue noorde (Oeralies-Joekaghir tot Inuit-Yupik-Inangan) in sintaks en morfologie. Dis presies wat ‘n mens sou verwag indien die sprekers van ProtoIndo-Europees op die Armeense Hoogland gebly het, terwyl Afro-Asiaties begin verbrokkel het maar die sprekers van die Semitiese subgroep in noordelike Mesopotamië agtergebly het.
Dit verklaar die gedeelde woordeskat onder Proto-Semities, PIE en Proto-Karvelies , bv die woorde vir wyn, landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Die gedeelde
woorde vir “ster” en “sewe” dui moontlik op ‘n eenvormige ideologie of religie. Intussen het die noordelike Eurasiatiese groep in ‘n radikaal anderse omgewing ontwikkel, waar jag en versamel die leefwyse was. Eurasiaties se gedeelde woordeskat met Indo-Europees dateer terug na ‘n pre-landbou-veeteelt periode.
ქართველური ენები
Die sprekers van Proto-Kartveels het nie ver gereis nie, en hulle in die teenswoordige Georgië gevestig (Georgies, Megrelies, Svan en Laz). Hierdie groep was vir ‘n lang tydperk in kontak met Proto-Semities en Proto-Indo-Europees, wat waarneembaar is in die fonologie en die leenwoorde tussen die drie families.
geskat. Die Elamiete het ‘n magtige koninkryk in suid-oos Iran gevorm, met stede
soos Ahwaz en Susa, en ‘n belangrike rol in Mesopotamië gespeel (Bybelse verwysing in Genesis 14). Elamities is tot sowat 300 VHE gepraat. Die Drawidiese groep het hulle eindelik in die Indiese subkontinent gevestig (vandag is Brahui in Pakistan te vinde, en Tamil, Telugu, Kannada en ander in die suidelike dele van die Indiese subkontinent).
Heelwat later is die Elamo-Drawidiese roete na die ooste deur ‘n Indo-Europese
groep, die Indo-Iraanse familie, gevolg, wat ook na Sentraal-Asië en Afghanistan uitgebrei het. Iraanse tale het voorheen wyd verspreid vanaf die Oekraïene tot by die grense van China voorgekom, maar is in historiese tye deur Turkse tale verdring, behalwe in Afghanistan en Tajikistan.
Die Persiese taal het Elamities in Iran teen nagenoeg 300 VHE vervang. Koerdies van suid-oostelike Turkye, noordelike Irak en die noord-westelike dele van Iran is ook ‘n Iraanse taal, sowel as die Ossetiese tale Iron en Digoron waarvan die sprekers in historiese tye ‘n plek in die noordelike Kaukasus beklee het voor en tydens die bestaan van die Alaniese Ryk (9de tot 12de eeu nC).
Die vroegste verskyning van die Indo-Ariese groep was in die Koninkryk van Mitanni (Hanigalbat) van c 1600 tot 1260 VHE, waar Indo-Ariese name en perderuiter-
tegnologie aan die lig gekom het. Dit veronderstel dat ‘n Indo-Ariese elite oor die
Horitiese bevolking van Mitanni geheers het. In ‘n verdrag tussen die Konings Suppiluliumas van Hatti (Hetiete) en Shattiwaza van Mitanni, (c. 1380 VHE), word na die Hindoe-gode Mitra, Varuna, Indra, en die Nasatyas verwys.
Vediese Sanskrit is die taal van die Rig-Veda wat van die tweede millennium VHE af deur mondelinge oordrag bewaar is. Vediese Sanskrit het in Klassieke Sanskrit ontwikkel, en ‘n enorme literatuur opgelewer waaronder Hindoe, Boedhhistiese en Jain-geskrifte.
Pāṇini (Devanagari: पाणिनि ) was 'n Sanskrit filoloog en grammatikus in Indië tussen die 6de en 4de eeu VHE. Sedert die ontdekking en publikasie van sy werk deur Europese geleerdes in die 19de eeu, word Pāṇini as die ‘eerste beskrywende linguïs’ en die’ vader van linguïstiek’ beskou.
Pāṇini se beroemde Aṣṭādhyāyī is 'n verhandeling oor Sanskrit grammatika wat uit 3,959 verse of reels oor taalkunde, sintaks en semantiek bestaan. Sy aforistiese teks het tot verskeie kommentare gelei waarvan Patanjali se Mahābhāṣya die beroemdste is. Die dogtertale soos Bengali, Assamees, Kashmiri, Rajasthani, Sindhi, Panjabi, Gujarati, Marathi, Oerdoe, Sinhalees en Odia het honderde miljoene sprekers in Indië, Pakistan, Sri Lanka en Bangla-Desh.
Die Altaïese makrofamilie (Mongools, Turks, Toengoes, Koreaans, Japanees, Ainoe) moes ook op ‘n vroeë stadium na Oos-Asië en die Verre-Ooste beweeg het, maar die Mongoliese en Turkse families het eers laat in historiese tye hulle verskyning gemaak, toe die Turkse tale die Iraanse tale in die teenswoordige Azerbaijan, Kazakhstan, Turkmenistan en Uzbekistan verplaas het.
Die meerderheid van die Oeraliese sprekers van Oeralies-Joekaghier het hulle wes van die Oeralgebergte gevestig: Saami (Lapp), Fins, Estnies, Livonies, Komi, Mordvin, Mari, Udmurt, Magyar (Hongaars) terwyl Samoyed aan beide kante van die Oerals gepraat word, en Joekaghir in die verre noordooste van Siberië.
Nostraties was natuurlik nie die enigste oertaal wat in die Groter Kaukasus en Midde-Ooste gepraat is ten tye van die oorgang van ‘n jagter-versamelaar- na ‘n landbou- en veeteelt-ekonomie nie; daar was ook die sprekers van Dené-SinoKaukasiese tale wat deel van die Neolitiese Revolusie uitgemaak het deur die verspreiding van landbou en veeteelt.
Dié taalfamilie het voor enige van die Nostratiese afstammelinge oor Europa versprei en is eers duisende jare later deur Indo-Europese en Oeraliese tale verdring sodat nog net Baskies in Wes-Europa oorbly. Die Noordwes- en NoordoosKaukasiërs bewoon al vir millennia die Kaukasiese gebergtes, in die verre noorde van Pakistan woon die sprekers van Burushaski, en al wat oorbly van die Jenisei-tale is Ket (Imbak) met sowat 100 sprekers in Siberië.
Vandag word die oorgrote meerderheid van die afstammelinge van Dené-Sino-Kaukasies in Tibet, China, Burma en Bhoetan aangetref, terwyl kleiner groepe in Alaska en dele van Kanada (Athabascan) en die VSA (Navajo) woon. Die Dené-Sino-Kaukasiese tale was die tweede groep wat die Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het die derde groep, die Nostratiese Inuit-Yupik-Inangan gevolg.
Die Amerindiese moedertaal wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid-Amerika tot in Kanada strek, toon opmerklike raakpunte met Greenberg se bovermelde Nostratiese subgroep Eurasiaties (Indo-Europees + Uralies-Joekaghier, Altaïes, Inuit-Yupik-Inangan ens). Dit beteken dat Amerindies heel waarskynlik ‘n sustertaal van Nostraties is.
Volgens Andrew Kitchen se filogenetiese analise was daar ‘n ekspansie uit Siberië oor die Beringstraat en regdeur die Amerikas sowat 16,000 jaar gelede, van ‘n stigtersbevolking wat uit sowat 5,000 individue bestaan het. In die Altai-gebied van Sentraal-Siberië is daar in 2010/11 ‘n genetiese spoor ontdek van die Amerindiese trek vanaf die Midde-Ooste na Beringia.
Volgens die linguïs Vaclav Blažek is die waarskynlikste scenario vir die verbrokkeling van ProtoAfro-Asiaties as volg: die Kusitiese en Omotiese groepe het rondom 12,000 jaar gelede (10,000 VHE) na die Arabiese Skiereiland migreer; Berber, Egipties en Tsjadies het ‘n duisend jaar later weggebreek, na die Nyldelta en -vallei getrek waar Egipties gevestig is, terwyl Tsjadies en Berber hulle reis na die weste voortgesit het.
Die “Natufian” argeologiese kultuur in die Levant dateer uit die tydperk 12,500 tot 9,500 jaar gelede. Die bevolking het ‘n semi-sedentêre leefstyl gevolg selfs nog voor die begin van landbou. Hulle het van wilde graan, neute en vrugte geleef en wildsbokke gejag in ‘n omgewing wat natter en groener was as vandag. Die linguïs Vitaly Shevoroshkin glo dat die bevolking ‘n Afro-Asiatiese taal gepraat het, en Colin Renfrew glo dat die Natufiërs moontlik die sprekers van Proto-AfroAsiaties was.