Die Nostratiese Oertaal Die Nostratiese Hipotese is reeds in 1903 deur die Deense linguïs Holger Pedersen geopper. Die term “Nostraties” is afgelei uit Latyn nostrates “ons s’n”, en Pedersen het dit gebruik in verband met die ooreenkomste wat hy tussen Indo-Europese, Turkse en Fins-Oegriese tale waargeneem het.
Daar is ‘n verbintenis tussen die ouderdom van Göbekli Tepe en die bevindinge van die historiese linguïstiek, veral waar dit die prototaal Nostraties aangaan. In sy werk Indo-European and the Nostratic Hypothesis bespreek Allan R Bomhard die moontlike tuisland van die sprekers van Nostraties. Hy evalueer onder andere die verskillende teorieë oor die tuislande van AfroAsiaties, Elamo-Drawidies, Kartvelies, Altaïes, Proto-Indo-Europees, OeraliesJoekaghier. Daarna kyk hy na die teorieë van Aaron Dolgopolsky, John Kerns en Henrik Birnbaum oor die struktuur en datering van Nostraties.
14