1 minute read

Leenwoorde uit Kelties en Indo-Iraans

Faurnet se Scenario vir Germaans

Nadat die Anatoliese groep (Nesities/Hetiet van Hattusas, Luwies, Lidies, Lisies, Karies) weggebreek het, het die res van Indo-Europees interaksie met Kartveels en tot ‘n mindere mate met Kaukasies gehad. Later het die Indo-Europese groep in twee verdeel, Centum (Germaans, Italies, Kelties, ens) en Satem (Balties, Slawies, Indo-Iraans, ens). Die Centum-groep het steeds Kartveelse leenwoorde opgeneem, sowel as Kaukasiese woorde wat steeds in Baskies voorkom. Dit suggereer dat Kaukasiese tale wyd verspreid oor Wes-Europa voorgekom het. Nadat die Centum groep verdeel het in Italies, Kelties, Germaans en Grieks, het Germaans steeds Kaukasiese terme opgeneem. Nadat Germaans in Noordelike en Westelike takke vedeel het, het albei steeds Kaukasiese woorde opgeneem.

Advertisement

Leenwoorde uit Kelties en Indo-Iraans

Proto-Germaans se leenwoorde uit Indo-Europese sustertale kom hoofsaaklik uit Kelties en IndoIraans. Germane en Kelte was eeue lank bure en het ‘n Noordwes-Europese kultuur gedeel, ‘n situasie wat gewoonlik met ‘n hoë vlak van tweetaligheid gepaard gaan. Oos van die Germane was daar in historiese tye steeds sprekers van Iraanse tale in die Balkans en Oekraïene, soos die Sarmatiërs en Alane.

Die konsensus is dat Oeraliese tale in die noorde van die Skandinawiese skiereiland gepraat is voor die koms van Indo-Europees, en heel moontlik ook rondom die Baltiese See. Die Oeraliese tale soos Estnies, Saami en Fins het egter meer woorde by Proto-Germaans geleen as andersom. Die Oeraliese invloed manifesteer in die klankstelsel en die morfologie van Proto-Germaans, nie soveel in die woordeskat nie. Prominente Oeraliste het selfs al beweer dat Germaans die resultaat is van ‘n Indo-Europese dialek wat deur Oeraliese sprekers as moedertaal aangeneem is.

This article is from: