1 minute read
Sub, super- en adstratum
ˈn Substratum verwys na die oorspronklike taal van
ˈn bevolking wat van taal verwissel het, gewoonlik na ˈ n lang periode van tweetaligheid. In die aanleer van die nuwe taal, bring die sprekers van die oorspronlike taal elemente van die ou taal in die nuwe een in, byvoorbeeld uitspraak en konsepte in die ou taal waarvoor daar nie terme in die nuwe taal bestaan nie.
Advertisement
By die Germaanse taalfamilie verwys die term substratum na leksikon-items en fonologiese elemente wat waarskynlik nie van PIE geërf is nie. Volgens die substratum-teorie kom die elemente uit ‘n vroeër spraakgemeenskap wat tussen die Indo-Europeërs gewoon het. Die Germaanse dialek van PIE het die superstratum geword, wat deur die sprekers van Oud-Europees aangeleer is.
Kenmerke van substratum-leenwoorde sluit in fonologiese of morfologiese patrone wat nie in die superstratumtaal (Germaanse dialek van PIE) bestaan het nie, ongewone fonologie en ongewone wyses van woordvorming.
Woorde vir diere en plante waarvoor die nuwe taal (Germaanse dialek van PIE) nie terme het nie, is natuurlike keuses vir oordrag. Die optimale semantiese terreine vir leenwoorde is: riviername, diername, dierprodukte, plantname, basiese implemente, eienskappe van die natuurlike omgewing, menslike aktiwiteite, gevoelens en persepsies.
Woorde vir landskapkenmerke soos mere, moerasse, poele, stroompies, fonteine, velde, vlaktes, heuwels, randjies, en huishoudelike implemente soos potte, panne, bakke en lepels word gewoonlik in die nuwe taal opgeneem.