1 minute read

Spore van verlore tale

I Die Taal van Riviername

Dis die heel oudste laag van substrata wat in riviername uitgeken kan word, van Ierland in die weste tot by Belarus in die ooste, Spanje in die suide en Skandinawië in die noorde. Dis heel eerste deur Hans Krahe waargeneem wat dit as Indo-Europees beskou het. Die Leidense Skool van Historiese Taalkunde beskou dit as ˈn Nie-Indo-Europese taal, en beweer dat dit min invloed op die later Europese tale gehad het.

Advertisement

Die wortel ISER verskyn in riviername soos die Ijser (Nederland), Aire (Yorkshire), Oise (Frankryk), Saar (Duitsland), Iza (Roemenie) en Esaro (Italië). Die wortel DUR verskyn in onder meer Eder, Oder, Dordogne, Douro en Drava.

Volgens Theo Vennemann se Waskoniese teorie, is dit ˈn taal wat aan ˈ n oer-oue voorouer van Baskies verwant is. Baskies se naaste verwante is die Noordoos-Kaukasiese tale van Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië.

II Die Taal van Voëlname

Hierdie taal staan ook bekend as Substratum Laag A1 van die Leiden-Skool, en word gekenmerk deur ˈn klinker /a/ wat dikwels as beklemtoonde voorvoegsel verskyn het.

Die taal het oor skuurklanke beskik, soos /x/ = Afrikaanse G, en Engelse th soos in ’that’ . ˈn Hoë persentasie woorde het met /k/ begin. Die diftong /aə/ word /a/ in Britse Kelties en /ai/ in Germaans: *laəwađ = lewerik *astrap = weerlig *krexar = kraanvoël *spraew = spreeu *akr = akker(boom) *kekan = kaak *hod = hoed *kagila = kegel

III Die Taal van Dubbelkonsonante

Laag A2 van die Leidense Skool word as substratum regdeur noordelike Europa onder Indo-Europese sowel as Oeraliese tale gevind. In PIE was daar geen verdubbeling van medeklinkers nie, dus word vermoed dat die reël in PG wat bepaal dat ˈn kort klinker voor ˈ n dubbelkonsonant, en ˈn lang klinker voor ˈ n enkelkonsonant verskyn, van dié taal af kom.

Wisseling van die finale medeklinker, soos p/k in woorde soos Nederlands: stronk, stromp, Eng: strip, strike of Afr: streep, streek. ˈ n Ander wisseling behels woorde wat met /kn/ of /kl/ begin, soos klim en kleef, knap en knak en knaag, knou. Verdere voorbeelde is dobber/doop/duik/diep sowel as suig/suip en slaap/sluimer.

This article is from: