1 minute read

Die Germane

Die eerste verwysing na Germane was deur Pytheas van Massilia in die vierde eeu vC, maar Julius Caesar was die eerste om hulle as ‘n etniese groep van die Kelte te onderskei. In Boek VI van Die Galliese Oorlog (rondom 55vC) skryf Caesar oor die Germane. Die Romeinse geskiedkskrywer Publius Cornelius Tacitus (nC 56— c. 120 nC), voorsien in sy werk Germania ‘n breedvoerige beskrywing van die stamme. Tacitus verwys na “Sueviese tale” as ‘n manier om te bepaal of ‘n groep Germaans was.

Dit blyk dat die Germane in Caesar se tyd steeds jag- en versamel beoefen het, benewens veeteelt en landbou. Tussen die Rhyn en die Main het die Batavi, Bruchteri, Chamavi, en Chatti gewoon, en teen die Noordee die Chauci, Angles, Varini, en Friese. Van die middel Elbe tot by die Oder was daar die Suebi, Marcomanni, Quadi, Lombarde, en Semnones, en tussen die Oder en die Vistula die Vandale, Boergondiёrs en Gote. Die Sujones en Gauti het verder noord in Skandinawiё gewoon.

Advertisement

Volgens Tacitus het gesinne op plase gewoon (Goties þaurp 'land’ , later þorp; ‘plaas’ se betekenis het eers later in ‘dorp’ verander). Die woord vīcus wat na dorpe verwys, is by Latyn geleen, en oorleef in Afrikaans as ‘wyk’ . Die woord vir ‘stad’ kom van ‘n woord wat ‘toring’ beteken en oorleef vandag as ‘burg.’

Verskille tussen Proto-Germaans en Proto-Indo-Europees

1 Die PIE werkwoordstelsel is vereenvoudig waar dit aspek en tyd aangaan 2 Germaans het ‘n verledetydsvorm met ‘n dentale suffiks ontwikkel 3 Indo-Europese /a:/ word Germaanse /o:/. 4 In PIE was die klem vry en beweeglik, en kon dus op enige lettergreep val. In PG val die klem deurgaans op die eerste lettergreep, en onbeklemde lettergrepe is verswak en verloor. Daardie lettergrepe was meestal uitgange en suffikse. 5 Die Germaanse Konsonantverskuiwings 6 Die Proto-Germaanse woordeskat bevat elemente wat nie in die ander Indo-Europese tale voorkom nie.

This article is from: