PONGOLA NEWS

Page 1

You can contact us on : 082 8100 808 082 945 7314 Email : rolene@axxess.co.za pongolanuus@xsinet.co.za

Fax : 0866 160 979

1 June 2012

Shop no 7, Senekal Centre, Martin Street, Pongola, 3170

Aardskuddings in Mpumalanga, KZN gevoel 'n Ligte aardbewing Sondagaand, 27 Mei 2012, in Swaziland, wat vier op die Richterskaal geregistreer het, het veroorsaak dat skuddings in dele van Mpumalanga en KwaZulu-Natal gevoel is. Volgens East Coast Radio het inwoners van onder meer Newcastle, Ladysmith, Dundee, Mkuze, Piet Retief en Pongola die skuddings gevoel. Na wat berig word, is na-skokke ook in die Natalse Middelande gevoel. www.beeld.co.za

VIS VAN ‘N LEEFTYD ‌ lees meer op bl. 7

Shop 19, Plaza Centre, Pongola Tel: 034 413 2153


uit die kantoor van die redakteur Die aardbewewing van Sondagaand, 27 Mei 2012, het my weereens die wonder van tegnologie laat besef. Ons het nog skaars besef wat dit was toe bel my dogter vanuit Pretoria om te vra of alles reg is en of ons nog leef ? Ek was heel verbaas en het haar gevra wat sy bedoel. Haar antwoord was dat daar ‘n aardbewing in Pongola was. Hoe het sy dit so vinnig geweet ? Black Berry Messenger en natuurlik Facebook het dit uitbasuin ! Dit het my laat dink aan hoe vinnig ons tyd op aarde verby kan wees en het ek iets interessants onthou wat iemand geskryf het oor tyd. Hy noem dat daar momente in tyd is. Hy sê dat ons lewens opgemaak is uit verskillende momente, of dan opeenvolgende momente. Sommige van hierdie momente is lekker, terwyl ander weer sleg is, maar wat belangrik is om te onthou is dat ons keuses in die teenwoordige tyd van ons lewens maak, wat die momente van ons lewens drasties beïnvloed. Hoe vinnig tyd in ons lewens dan verby beweeg, het dikwels met ons persepsies te doen. Daarom kan 5 minute soms soos ‘n uur voel, en ander kere kan ‘n uur soms soos 5 minute voel. Gewoonlik voel slegte of moeilike tye baie lank, en die lekker tye in ons lewens weer baie kort . Die vraag is dan of ons die lekker oomblikke in ons lewens so kan vasgryp dat dit nie soos 5 minute voel nie, maar eerder soos ‘n uur moment? Ons het al baie gehoor van “seize the moment”, maar wat beteken dit prakties? Dit beteken om in elke sekonde van die minuut te leef! Die hartseer is dat ons aandag dikwels daarvan afgetrek word om juis elke sekonde aan te gryp. Dinge soos inkopielysies, vergaderings wat gehou moet word ensovoorts maak dat ons daarop uitmis om die oomblik juis nou vas te gryp. Probeer dus om te fokus om in elke oomblik te leef, en die goeie daarvan juis nou te geniet ! Mag dit dan waar wees dat jy elke mooi moment van jou lewe sal aangryp en vasvang in so veel as moontlik tyd tot jou beskikking! En mag dit waar wees dat jy die momente van God se stem sal koester, wanneer hy met jou praat! - Roléne van der Merwe -

Baie geluk aan Phillip & Udine Lourens met die geboorte van klein Philip en Jaco & Marina de Beer met die geboorte van klein Nadia.

Dienstye NG Kerk Pongola: 09:00 Elke Sondag Pongola: 15:00 Elke Donderdag—Zulu Erediens Jeug Kinderkerk: Sondae 09:00 in die Kerksaal Kategese: Sondae 10:00 Volg voete (Graad 4-7): Woensdae. Sien Kalender vir datums Taksie (Tienier AKSIE - Graad 8-12): Donderdae 18:30 in die Kerksaal Nederduits Hervormde Kerk Pongola: 10:30 1ste en indien 5de Sondag Geen: 2de Sondag 08:00 3de en 4de Sondag Gereformeerde Kerk Pongola: Winter & somer: 09:00 AGS Kerk Pongola: Sondagoggend: 09:00 Sondagaand: 18:00

QUICK FINDER - maak seker mense weet waar om jou in die hande te kry ! The Pongola News gaan weer 'n "snelbel" uitgee getiteld "Quick Finder". Om in die “Quick Finder” te adverteer kos slegs R250 per jaar. Die "Quick Finder" gaan 4 maal per jaar in kleur gedruk word en as ‘n bylaag tot die Pongola Times uitgegee word. Om u naam of besigheid te adverteer benodig ons die volgende : Naam wat gelys moet word Aard van besigheid (sodat ons dit onder die korrekte kategorie kan plaas) Telefoonnommer Faksnommer Epos adres Epos asseblief hierdie besonderhede na : rolene@axxess.co.za June 2012 8 June 2012 30 June 2012 30 June 2012 July 2012 21 July 2012 August 2012 4 Augustus 2012 7 Augustus 2012 8 Augustus 2012 11 Augustus 2012 18 Augustus 2012 24 Augustus 2012 31 Augustus 2012 September 2012 1 September 2012 20-23 September 2012 October 2012 13 Oktober 2012

NH Kerk - Biltong- & Sop Aand Pongola Cane Rally HO’s Gholfdag OK Gholfdag JR Bande Gholfdag Pongola’s Got Talent by Pongola Akademie Entrepreneurs dag by Pongola Akademie en Beesloop 2012 Build It Gholfdag Nedbank Gholfdag Pongola Akademie Matriekafskeid ABSA Inniriet ABSA Inniriet Tiervis Kompetisie NG Kerk basaar

Dagboek nou reeds 7 & 8 Augustus 2012 vir hope pret by Pongola Akademie !!


SUPERVISOR REQUIRED (preferably male)       

Are you fluent in English ? Well educated ? Have you worked in the fast food industry? Prepared to work shifts ? Do you have previous supervisory experience ? Traceable references ? Age between 27 and 35 ?

IF YOU DO ... please provide us with your CV, copies of qualifications and contact details together with a hand written letter of application in a sealed envelope. Drop it off with the cashier at THE FISH & CHIP Co, next to the new Shoprite.

17 June 2012 For the ideal gift this Father’s Day visit

Thank You !

PONGOLA TOYOTA se ETIOS OPE DAG

in the new Pongola City Shopping Centre Tel : 034 413 1455

Tel : 034-413 1333 Rolbal - Ntonga Klub - Pongola Ons is hard besig met ons interne wedstryde van die klub. Dit gaan goed met ons besigheidsliga, die laaste wedstryd is Donderdag 14 Junie 2012 om 17h30. Ons vertrou die besighede sal hulle spanne kom ondersteun, onthou daar is groot pryse wat wag !! Die “mid week” was hierdie maand by ons klub en almal van die koue plekkies kon nie glo daar is nog sulke heerlike weer in die winter nie. Die dag was ‘n groot sukses. Groot dankie aan Arizona wat die vleis vir die middagete verskaf het. Sover doen ons Aspan baie goed en ons hou styf duim vas dat dit met hulle laaste wedstryd in Ncandu goed sal gaan. Rolbal groete Bella Gouws (foto’s verskaf)


Pongola se formidabele vroue

Trudie Theron Departement van Gesondheid Trudie Theron is die hospitaalbestuurder van die Pongola Hospitaal. Sy is getroud met Kobus Theron, die DA Voorsitter van die Abaqulusi Distrik, en hulle het twee kinders. Bo en behalwe haar besige skedule by die hospitaal moet sy dikwels werksverwante gesellighede saam met haar man bywoon. Verder lei Trudie al vir die afgelope vier jaar aan veelvuldige sklerose. Sy vertel dat sy besluit het om nie in ‘n hopie te gaan sit nie maar dat sy alles in haar vermoë doen om die siekte te beveg. Een manier is om te oefen – Trudie het sopas haar eerste 10 kilometer wedloop voltooi. Welgedaan Trudie ! Pongola Hospitaal - ’n Liefdestaak ‘n Skrywe vanaf die Departement van Gesondheid dat daar nie meer ‘n waarborg is vir die befondsing van die hospitaal nie, het Trudie Theron genoodsaak om self te baklei vir geld vanaf die Departement van Gesondheid. Einde Maart 2012, na vele onderhandelinge, ontvang sy ‘n skrywe wat sê dat befondsing toegestaan is maar dat dit R400 000 minder is as in die vorige boekjaar. Trudie het gery na Pietermaritzburg waar sy persoonlik met amptenare vergaderings gehad het in ‘n poging om ook dié R400 000 as befondsing te kry. Die uitkoms van die vergadering was dat of sy teken die kontrak sonder die addisionele R400 000 of sy ontvang geen befondsing nie. Pongola Hospitaal is deel van die Suid Afrikaanse Noodhulpliga en daar is geen verdere aandeelhouers in ons plaaslike hospitaal nie. Die hospitaal word streng beheer volgens die wette en regulasies van die Departement van Gesondheid. Trudie sê dat verwarring by die publiek bestaan dat die hospitaal befonds word deur die Pongola Noodhulpfonds. Die hospitaal ontvang geen fondse van die Noodhulpfonds nie – die fonds is vir individue wat aansoek doen om finansiële bystand by die Pongola Noodhulpfonds. Indien lede van die publiek donasies of skenkings wil gee vir die hospitaal moet dit in die hospitaal se bankrekening inbetaal word of kan dit persoonlik by die hospitaal betaal word. Op my vraag oor die befondsing van die hospitaal in die toekoms lag Trudie net en sê dat sy nie sommer moed opgee nie en dat sy reeds groot planne maak. Pongola Hospitaal en die gemeenskap kan met reg dankie sê aan hierdie vrou wat geen steen onaangeroer laat om die voortbestaan van die plaaslike hospitaal te verseker nie.

Artikel : Roléne van der Merwe

In dié uitgawe van die koerant val die kollig op uiteenlopende lede van die skoner geslag wat elk op haar eie manier 'n verskil maak in ons gemeenskap.

Anita van Eeden Pongola Local Council

Sunet Barnard Departement van Justisie

Anita van Eeden is the Corporate Manager at uPhongolo Municipality. She joined the municipality in June 2002 as a temporary secretary for the municipal manager. In 2006 she was appointed as Corporate Manager. A staff of 34 people reports to her on a daily basis and she is in charge of the following at uPhongolo Municipality : Tourism, Libraries, Administration of the uPhongolo Municipality, Human Resources, Communications, Performance and Management Systems, Council support, Archives and IT Management. She is also the Municipal Electoral Officer of the IEC for Pongola. One of the projects under her leadership that was completed is the Internet Café at the Ncotshane Library with the assistance of Provincial Library Services. It has four computers. A Cyber Cadet was appointed to train and assist the community to teach them basic computer literacy. Currently she is in the process of buying two new computers for the library next to the uPhongolo Municipality. This will also then function as an internet café for the public. In 2004 Anita started working on the development of Pongola’s Performance Management System. It is currently rated as the best in South Africa. This system meets the performance of all the personnel working at uPhongolo Municipality. Bonuses for top management are calculated according to this system and are paid out once an evaluation and full audit has been completed. Another project that takes place yearly is the Umbele Whetu Cultural Festival. This festival takes place on the 26th of June 2012 at the Ncotshane Community Hall. Competitors compete on a local level, district and finally on a provincial level. Pongola often takes pride in boasting top achievers. In 2010 ten competitors from Pongola travelled to England for a year as part of the Zulu Mighty National Program. Her department is also responsible for the training of local crafters and artists. Once a year they showcase their work at a crafter’s weekend at the Golela Border Post. The Rietdans Heritage Festival is another tourism highlight. Her department is further responsible for providing information for the Zululand Tourism website. The information of all the local guest houses etc is posted on this website for ease of reference. The Tourism Ambassador’s program in which 30 students with a Tourism diploma or who had Tourism as a subject at school get to study and obtain experience in this industry is currently taking place. Students of this program are working at Pongola Country Lodge, Kwa Lala and Shayamoya Game lodge to name but a few. There were only two schools who presented Tourism as a subject in 2006 and it has increased to 12 schools over the past few years. Another project for the next financial year is the First Aid Training Project where two people of each ward will receive first aid training in order to assist the public in case of emergencies. She is also responsible for the publishing of the Municipal Newspaper which is printed quarterly. Anita often travels to Durban, Pietermaritzburg and Ulundi for meetings. A normal day at the office starts at 06h00 in the morning and often lasts into the wee hours of the night. Currently she is busy with studies at the Wits Business School. In her spare time Anita bakes the most beautiful cupcakes for birthday parties and functions. She mentions that she bakes the cupcakes when she gets home at night and then wakes up at 04h00 in the morning to ice and decorate them. In between all of this Anita is also a mother of two and she has two grand children whom she adores to bits.

Nadat ek hoe lank moes smeek het Sunet Barnard my uiteindelik hierdie onderhoud toegestaan. Sy erken ruiterlik dat sy nie van die kollig hou nie ! Die enigste tyd wat sy my kon inpas was in haar etensuur. Sunet is die landdros by die S i m dl a n g en t sh a L a n d dr o sh o f in Ncotshane. Sy werk die afgelope 21 jaar in justisie. Tien jaar daarvan was as aanklaer en die ander 11 as landdros. As landdros hanteer sy die volgende sake :  Kinderhof  Gesinsgeweld  Strafhof (behalwe sake wat verwys word na die streekhof of Hooggeregshof) Sunet werk nou saam met die CMD en Departement van Sosiale Ontwikkeling. Elke dag by die hof bied sy eie uitdagings en dit wissel na gelang van die aantal verhore wat geskeduleer is. Daar word ook van haar verwag om op hoogte te bly met die wysigings aan wette—watter wette is in werking en watter is herroep. As dit ‘n gekompliseerde saak is wat sy moet verhoor doen sy ook intensiewe navorsing om haar sodoende goed voor te berei. Daar is sewe personeellede wat onder haar resorteer. Sy is baie trots op haar personeel en noem dat hulle ‘n baie goeie werksverhouding het. Simdlangentsha Landdroshof is ook hierdie week aangewys as die provinsiale streek se tuin van die jaar vir landdroshowe. Hierdie tuin is uitgelê deur Lize van Zyl. Sunet is getroud met Nico Barnard en saam het hulle vier seuns. Sy dien op die kerkraad van die NG Kerk Pongola as ouderling. ‘n Ander groot passie van haar is fietsry. Sy ry elke jaar die Argus en doen ook binnekort die 94.7. Binne ‘n oogwink was ons tyd verby en was Sunet gereed om weer haar plek in te neem in die landdros stoel in Hof A by Simdlangentsha Landdroshof.

Zama Mbatha & Tsholofelo Tawana Department of Agriculture Veterinary Services Zama and Tsholofelo are animal health technicians. Part of their job include :  inspection, quarantine, identification, collection of specimen, vaccination, appraisal and disposal of diseased animals and disinfections for the control and eradication of infectious and communicable animal diseases.  Administer any necessary medications or treatments as prescribed by the veterinarian including follow-up procedures and daily documentation of all diagnostic and treatment procedures.  Maintain current animal health, treatment and follow-up records. They often visit farmers to vaccinate their live stock, pets and small stock. Their department work in close association with the SPCA. It is their work to euthanize stray animals that show signs of rabies. After such an animal has been put down they do a post mortem on the animal. The brain is put into formalin and sent off to Allerton in Pietermaritzburg for further tests. Twice a month they supervise dip tanks in rural areas. Here blood is taken from cattle for sampling to check for diseases. Another part of their job includes the informing of the community on how to take care of their animals, whether it be pets or live stock. Both of them have been bitten by stray dogs but reported to a clinic soon afterwards to get the necessary vaccine against rabies. Zama tells met that she had a close call with a buffalo just the other day and still has the scars to prove her ordeal. Tsholofelo is expecting her third child shortly. Her oldest daughter is currently a grade 1 learner at Pongola Akademie.


SAPS NEWS The following two police officers promoted to the rank of major.

were

recently

Major Thango started her career in Pongola in 2000 as a constable. She was promoted as follows :  2001 to sergeant;  2004 to inspector and transferred to Eshowe Evaluation Services;  2009 to Captain and transferred back to Pongola;  2012 to Major.

uPHONGOLO MUNICIPALITY NOTICE 2012/16 INTERGRATED DEVELOPMENT PLAN STAKEHOLDERS MEETING

Notice is hereby given that an IDP Representative Forum Meeting is scheduled to take place on 14 June 2012 at 10:00 in the uPhongolo Municipality’s Boardroom, Municipal Major Thango is appointed as the new Vispol Building, 61 Martin Street, Pongola. commander at Pongola from the 1st of May 2012. Major Thango obtained her BA degree in Police Science in 1997 at the University of Zululand.

All interested persons/orga nizations/ departments who have registered as affected and interested parties are welcome to attend as Major S M Jele started his career in 1988. He was uPhongolo Municipality is compiling its promoted as follows: Integrated Development Plan for 2012/16 in  1991 to Sergeant; terms of requirements of Chapter 5 of the  1995 to Warrant Officer, and appointed as Station Municipal Systems Act, Act 32 of 2000. Commander at Sheepmoor in 1996 until 1998.

 He also worked as a Relief Commander and was MR ME ZONDO then transferred to Piet Retief in 2003 in the ACTING MUNICIPAL MANAGER  

Detective Service until 2006. 2006 to Captain and appointed as Station Commander at Machadodorp. Major Jele was transferred to Kwamsane for 6 months and received a cross transfer to Pongola where he worked as Vispol Support Commander until 2012. Major Jele is appointed as the new Support Commander at Pongola from the 1st of May 2012.

TREKKER RY OOR MAN Mnr Dlamini is dood nadat ‘n trekker se remme onklaar geraak het en hom getref het waar hy besig was om ‘n hek oop te maak. Die polisie ondersoek tans die saak.

Op die foto is die hek waar die ongeluk plaasgevind het.

OUD LEERLING VAN PONGOLA AKADEMIE PRESTEER Baie geluk aan Elize van Rooyen wat haar BSC (Hons) Quantity Serveying graad behaal het. Sy is tans werksaam by Superway Construction in Pretoria.

jy sê ... Please put this article from the Farmer’s Weekly in the next Pongola News. Coen is an outstanding crocodile farmer and his farming operation is one of the best in the country. We should be proud to have him in our community. Best regards Silke NSPCA acted recklessly The South African Crocodile Farmer’s Association (SACFA) has temporarily withdrawn its support for single-pen crocodile farming following public outcry that has dubbed the practice as cruel. Crocodile farmer Coen Labuschagne was charged with animal cruelty by the National Council of Societies for the Prevention of Cruelty to Animals (NSPCA) and has since transferred the crocodiles in the single pens to communal pens. After hearing about the charges brought against him, Labuschagne reported to the police station, but was not arrested. SACFA said that more research is needed to establish norms and standards for the practice and that it would not support single-pen farming until such a study was completed. Robert Reader, chairperson of SACFA, said that it was a pity that SA had come under fire for single-pen crocodile farming since it was the norm in numerous other countries. “Crocodiles are in many respects better off in captivity than in the wild. In SA, crocodile brains are used for muti which has severe implications for the species. Farmers are in a position to protect the species and ensure their survival.” Reader said that for this reason it was reckless of the NSPCA to run to the press with the issue because it damaged the industry. “Buyers of skins don’t want to be seen to support a country that has animal cruelty problems. Yet these buyers would still be happy to buy skins from other countries where single-pen farming is used.” Labuschagne added that his clients had already expressed concern about the quality of skins since communal crocodile pens do not produce the same quality as single pens. “There are a lot of lies going around. There are reports from wildlife experts that have condoned single-pen farming, but this has all been ignored by the NSPCA.” Reader said: “The NSPCA falls under the department of agriculture, so it must consider the implications for the sector should an industry such as crocodile farming be tarnished.” - Farmer’s Weekly -

TUINBOUKLUB

Het julle geweet???

Driekwart van alle lewende spesies op aarde is insekte! Hulle is belangriker vir ons wêreld-ekologie (en ons tuine…) as alle ander diere saam. Insekte is verreweg die interessantste en verbasendste leerskool wat die natuur bied. Kom geniet die oggend van 20 Junie 2012 saam met ons in die tuin van Elize Senekal op Zimanga Private Game Reserve (voorheen Hlambanyathi). Die aalwyne sal ‘n kleurvolle agtergrond bied vir ons gasspreker, Prof Erik Holm, wat ons effens anders gaan laat kyk na al die goggas in ons tuine. Die vergadering begin 09:00 en ons sal die wintersoggend afrond met heerlike sop en brood en ‘n gesellige kuier. RSVP Mariska asb per SMS 083 291 7605. Kom geniet dit saam met ons. Gaste is welkom teen R100 per persoon (of sluit sommer aan by die Tuinbou klub teen net R100 per jaar.) Ons vertrek soos gewoonlik om 8h00 vanaf die Senekal Sentrum. Prof Erik Holm In Suid-Afrika is Prof Erik Holm veral bekend vir sy radiopraatjies oor insekte. Vir die afgelope 32 jaar – eers op “Hoe verklaar jy dit?” en tans op “Ek wil weet” – beantwoord hy elke Sondag luisteraarsvrae oor entomologie en ekologie. In die negentientagtiger jare was hy ook op TV die aanbieder van sy twee dokumentere reeks: “Insekgedrag menslike betrag” en “As hy jou byt”. Hy was voorheen ook gereeld op 50/50 as spesialiskenner te sien. Uit sy pen het meer as 100 publikasies verskyn, wat ses populêre wetenskaplike boeke oor insekte in Afrikaans insluit – meer as die van enige ander skrywer, en die eerste na Eugene Marais se “Siel van die Mier”. Sy belangstelling in insekte het reeds op skool begin. Hy doktoreer in Entomologie aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Prof. J.J. Mathee, by wie hy later ook, op 32-jarige ouderdom, die pos as departementshoof oorneem. Hy doen vier jaar lank navorsing op Gobabeb in die Namibwoestyn, werk daarna vir nog vier jaar by die Nasionale Versameling van Insekte en ‘n verdere 20 jaar as dosent, departementshoof en professor in die Departement Entomologie by sy alma mater. Onder sy leiding ontstaan hier die mees beduidende skool vir insektaksonomie in Afrika, asook die baanbreker teksboek “Insects of Southern Africa”. Hy het lewenslank al ‘n baie wye belangstellingsveld wat hy met kenmerkende entoesiasme navolg en graag met ander deel. As stokperdjies noem hy: “My gesin en ons plotselingbestaan; antieke rytuie herbou en restoureer; oor stelsels nadink as deel van my opdrag op die bestuur van die ZZ2-plase; boeke skryf en illustreer; en met vriende gesels en wyn drink – liefs tydens opwindende ekspedisies in ons berge en woestyne.” Tuinbougroete, Die Komitee

(Berig ingestuur deur Cathy Cameron)



uPHONGOLO MUNICIPALITY MUNICIPAL NOTICE NO 312 OF 2012 POUND TARIFFS Notice is hereby given in terms of Section 75 of the Municipal System Act, 32 of 2000, that the uPhongolo Municipal Council has accepted a resolution to approve the fees, charges and tariffs in respect of the Pound Function as set out here under: Fees and cost per animal due and payable to the Pound-keeper: (as prescribe by the KZN Pound Act, 3 of 2006) TYPE OF FEE COST

AMOUNT OF FEE OR COST DUE AND PAYABLE

1

Transport Fee

The kilometre tariff for the vehicle, which in the discretion of the pound -keeper, is reasonably necessary to transport the relevant animal to the Pound, as determined by the Automobile Association of South Africa (AA) from time to time.

2

All inclusive Pound fee, which includes: The pound fee; The tending; Dipping or spraying fees; Wound dressing cost fees; Veterinarian fees

R15-00 per day, or part thereof, for pig, sheep or goat; and R50-00 per day, or part thereof for any other animal.

borg met trots

DIE VISHOEK

Op Sondag, 20 Mei 2012, het Piet van Wyk en sy broer, Danie van Wyk gaan visvang op Jozini dam. Piet was gelukkig om die 6kg tiervis uit te trek. Hulle het die tiervis geweeg en foto’s geneem waarna die tiervis suksesvol The above mentioned fees, charges and tariffs shall come into effect when the vrygelaat is. Die geluk was ook aan Danie van Wyk se kant, want hy het ‘n Municipality has given Notice of the establishment of the pound. tiervis van 4.1kg uitgetrek en omtrent 10 min later nog ‘n tiervis van 4.0kg. A copy of the resolution adopted by the Council is available for Public inspection during Baie geluk aan hierdie 2 manne met hulle visse. office hours at the Municipal Office. Further information and assistance relating to the above can be obtained from Mr ME Zondo, Acting Municipal Manager at 034 413 1223. MR ME ZONDO ACTING MUNICIPAL MANAGER

uPHONGOLO MUNICIPALITY MUNICIPAL NOTICE NO 311 OF 2012 DRAFT MUNICIPAL POUND BY LAW Notice is hereby given in terms of Section 12 of the Municipal System Act, 32 of 2000, that uPhongolo Municipal Council has adopted draft Municipal Pound By-Laws as provided for in terms of Section 160 (6) of the Constitution and hereby invites any interested or affected party or parties to submit comments and/ or make representation thereon to the Municipality.

Op 9 Mei 2012 het Stefan Kleinhaus en vriende van hulle vertrek na Canda Island in Mosambiek. Hulle het uitstekende visvang-weer gehad en het sommer lekker visgevang. Op 17 Mei 2012 het Stefan Kleinhaus ‘n ongelooflike geluk geslaan en ‘n Barracuda van 32.0kg uitgetrek. Twee dae nadat hulle daar aangekom het, het Dallie Terblanche met die boot “Madevane” en Dallie Terblanche met die boot “Basaki” ook by hulle aangelsuit. Almal is dit eens—hulle het vreeslik baie vis gevang !

Any person who cannot write may seek assistance during office hours at the Office of the Community Service Manager where the Manager’s Secretary will assist that person, to transcribe that person’s comments or representations. The draft By-Laws may be inspected at the Municipal Offices at Pongola, Belgrade, Ncotshane, Community Services (AmaKhosi Building) Licensing Office, Pongola Library and at Ncotshane Library during office hours. Further information and assistance relating to the draft By-Laws can be obtained from Mr ME Zondo – Acting Municipal Manager at 034 413 1223. Any comments and/ or representations must reach the undersigned in writing on/ or before the 21st June 2012. MR ME ZONDO ACTING MUNICIPAL MANAGER

uPHONGOLO MUNICIPALITY

Marlize Scheepers 083 588 6477

MUNICIPAL NOTICE NO 310 OF 2012 INVESTIGATION INTO THE PROVISION OF THE POUND SERVICE THROUGH AN EXTERNAL SERVICE DELIVERY MACHANISM Notice is hereby give in terms of Section 78 3(a) of the Municipal Systems Act, 32 of 2000, that uPhongolo Municipal Council has resolve to investigate the provision of Pound Services through an external service delivery mechanism and hereby invites any interested or affected party or parties to submit comments and / or make representation thereon to the Municipality. Any person who cannot write may seek assistance during office hours at the Office of the Community Service Manager where the Manager’s Secretary will assist that person, to transcribe that person’s comments or representations. Further information and assistance relating to the draft bylaws can be obtained from Mr ME Zondo – Acting Municipal Manager at 034 413 1223. Any comments and/ or representations must reach the undersigned in writing on/ or before the 21st June 2012. MR ME ZONDO ACTING MUNICIPAL MANAGER

Tekoop:   

Pragtige 4 slaapkamer huis 3 slaapkamer huis in kompleks Winskopie 3 slaapkamer huis in dorp

Dringend gesoek:   

Huur huise Rietgrond te koop Beesgrond te koop


BILTONGAAND - 8 JUNIE 2012 André Swiegers - Liedjieskrywer en Sanger van Formaat !!

LAVUMISA COUNTRY LODGE NOW OPEN!

Hierdie formidabele kunstenaar het weliswaar nie die aansien of bekendheid van ‘n Bobby van Jaarsveld of Kurt Darren nie, maar boere, het hy klas en finesse en kwaliteit !! Ons as gemeenskap van Pongola is bevoorreg om André op Vrydagaand, 8 Junie 2012, te kan hoor op die jaarlikse Biltong-aand wat aangebied word deur die Hervormde Kerk. Diegene wat sielsmusiek en kwaliteit musiek kan waardeer, kan gerus dié aand die kunstenaar kom ondersteun!

SITUATED AT THE SWAZILAND/GOLELA BORDER (ON THE SWAZI SIDE)

AN à LA CARTE MENU SPECIALISING IN PORTUGUESE DISHES

Wie is André Swiegers ? Hierdie kunstenaar is ‘n baie aktiewe liedjieskrywer,

waarvan die bekendste liedjie sekerlik die liedjie "Blou" is. Hierdie liedjie is deur Laurika Rauch opgeneem en is baie onlangs heropgeneem deur André self, in duet met die bekende Riana Nel. Hy vertolk jare terug die hoofrol teenoor Sonja Herholdt in die film, "Sing vir die Harlekyn", waar hy ook vir Anton Goosen ontmoet. Die baie bekende Coleske-broers neem kennis van hom en nader hom om hulle te help skryf aan die lirieke van hul album (1994). So tref die baie bekende liedjie, "Take me where the sun is shining" nie net Suid Afrika nie, maar ook Europa. SAMRO wys dit aan as een van die 12 grootste SA treffers die afgelope 40 jaar! Verskeie toekennings word aan hom toegeken, of as liedjieskrywer, of as sanger, onder andere "Aphrodite", "Sirkels van Tyd", "Eva", "Jammer om te hoor", "1966 VW Beetle Blues", en "Eiland". Bekende kunstenaars wat van sy werke opgeneem het is: Coleske, Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Mathys Roets, Pieter Smith, Danie Niehaus, Amanda Luyt, Guillome, Andriëtte Norman, Mean Mr Mustard, en nog vele meer.

GARLIC CHEESE ROLLS – DRIZZLED WITH GARLIC STICKY WINGS – FINGER LICK’N GOOD CHICKEN / PRAWNS – MOZAMBICAN STYLE PASTA’S – LIKE MAMA DOES COMBO’S – THE BEST OF BOTH WORLDS

André se liedjies verskyn op reeds meer as 1 miljoen CD's wêreldwyd ! Hoef ons enige iets meer te sê? Kom en beleef André Swiegers se unieke musiek en stem in die Gemeenskapsaal, terwyl u smul aan die heerlike sop, tuisgebakte brood en biltong ! Kaartjies is te koop by Schalk van den Berg (Junk Shop) en Marilda Schoombee (Pongola Akademie). Verdere inligting oor die kunstenaar kan verkry word by Mattie Beukes of Marilda Schoombee.

“YOU’VE TRIED THE REST, NOW TRY THE BEST” TRADING HOURS: MONDAY TO SATURDAY – 07:00 – 21:00 SUNDAY – 09:00 – 21:00

TEL: (+268) 78160955 - (+268) 23046003 - (+27) 713248892 rvpd@swazi.net

PONGOLA POSDUIF KLUB SUID-OOS TRANSVAAL WEDVLUG PROGRAM 2012 Die posduif is al gebruik van die vroeë 1150 in Bagdad en toe later by Genghis Khan. Posduiwe het ook handig te pas gekom in die Eerste- en Tweede Wêreldoorlog as boodskappers, vandaar die naam posduif. Die duiwe se hokke was op skepe gehou vir noodboodskappe indien die skip raak geskiet was en besig was om te sink. Die kaptein sou dan die posduiwe vrylaat met hulle koördinate in die boodskaphouertjie wat aan die duif vasgemaak is. Sodoende is baie lewens deur posduiwe se boodskappe gered. In 1860 het Paul Reuter, wat die ‘Reuters Press’ begin het, 45 posduiwe gebruik om nuus en aandelepryse te stuur tussen Brussels en Aachen. Duiwe is een van net ses voëlspesies wat die spieëltoets geslaag het, deur te konseptualiseer dat dit ’n refleksie is wat hy sien en nie ’n ander duif nie. Duiwe kan ook al 26 letters van die alfabet herken en hulle kan die verskille sien tussen mense en foto’s.

Indien u belangstel om by die PONGOLA POSDUIF KLUB aan te sluit kontak vir : Coen Meyer 082 324 3064 Michiel Jacobs 078 451 8030 Danie van Rooyen 083 310 7953

CANE RALLY

2012 Die jaarlikse Cane Rally vind plaas op die 29ste en 30ste Junie 2012. Die koste beloop R120 per persoon vir die hele naweek (slegs vir Pongola inwoners). Bandjies is nou reeds te koop by Nancy Swanepoel by Pongola Akademie.

NO. WEDVLUG

TIPE

MANDJIE LOSLAAT KM


ERMELO Hoërskool WINTERSPORT TEEN BETHAL Verlede Dinsdag het ons gereis na Bethal vir die rugby en hokkie. Dit het baie goed gegaan met die spanne en oor die algemeen het ons skoonskip gemaak. Die hokkie 1ste-, O/16- en O/14 spanne en rugby 1ste span het oortuigend gewen. WINTERSPORT TEEN STANDERTON Saterdag het Standerton ons kom besoek vir hokkie en rugby. By die rugby het die Erries swaar geleef. Na ‘n baie mooi, skoon wedstryd wen die Erries 26-17. Hulle was die enigste rugbyspan wat gewen het. By die hokkie het ons gemengde welslae behaal, die O/14 en O/16’s het gewen, maar die ander moes die knie buig voor Standerton. Die seunshokkie het 6-1 gewen. NETBAL Die netbal het uitspeelwedstryde Saterdag by Standerton gespeel en die 1ste span het baie goed gedoen. In hul openingswedstryd speel hul teen die kampioene Oosterland en verloor 20-22. Hulle wen Ligbron met 27-13 en in ‘n naelbyt-wedstyd teen Secunda wen hulle 27-25. Die dogters het met die wedstyd gewys wat Errie “guts” is. Hulle was met 10 minute speeltyd oor 16-22 agter. Nadat Surethna en Tercia ‘n paar balle gedraai het by Secunda se doele, het Mignonet haar korrel perfek gehad en stap hulle as oorwinaars van die baan af. In hulle finale wedstryd teen Bethal was die meisies weereens op hulle beste en wen 24-20. Al die Errie spanne is deur na Noordvaal wat die 8ste en 9de Junie gespeel word in Witbank. CRAVENWEEK RUGBY Die Erries spog met 3 spelers in vanjaar se Puma Cravenweek span. Die Haker - Wilmar Arnoldi, skrummie - Impi Visser en losskakel - Brandon Thompson. Die seuns gaan gedurende die vakansie na Port Elizabeth om daar aan die Cravenweek deel te neem. Baie geluk aan die 3 seuns met hul uitsonderlike prestasie, in aggenome dat Impi en Brandon nog in Gr. 11 is. Baie geluk ook aan Dick Barnard wat vir Mpumalanga O/19 span gekies is.

NETBALUITSLAE VAN TERRY LLOYDAG TE GRANTLEIGH OP 12 MEI 2012—E Crous 0/9 Pongola 8 Veld-en-Vlei 1 Pongola 16 Grantleigh 0 Pongola 5 Granthampark 0 Pongola 8 Heuwelland 0 0/13 Pongola 5 Veld-en-Vlei 5 Pongola 6 Heuwelland 3 Pongola 11 Grantleigh 0 Pongola 9 Granthampark 1 WINTERSPORT: PONGOLA AKADEMIE BESOEK FELIXTON COLLEGE P Lombard Saterdag 19 Mei het Pongola Akademie Felixton College toe gereis vir ons jaarlikse derby teen hulle. Dit was ‘n oggend vol opwinding en spanning wat geëindig het met ‘n spannende wedstryd tussen die twee skole se 1ste rugbyspanne. Uitslae: Hokkie 1ste wen 2 -1 0/16 wen 2 – 0 Netbal 2de verloor 8 – 11 1ste verloor 17 – 25 Rugby 0/15 wen 27 – 21 1ste wen 20 – 5

Afrikaanse Redenaars: Pongola Akademie (Laerskool) Die jaarlikse Afrikaanse Redenaars van die laerskoolafdeling het die afgelope week plaasgevind. Weereens was dit van hoogstaande gehalte, en was elke leerling eintlik ‘n waardige deelnemer. Daar is gepraat oor die belangrikheid van die lees van boeke bo TV kyk, mishandelde diere, juffrouens wat vergelyk word met rekenaars, en of hulle vervang moet word, en het ons die verwarming van die aarde se realiteite gepak!! Nodeloos om te sê, dat hierdie toesprake die parlementslede op hul neuse sal laat kyk, en hulle kan maar gerus hier kom kers opsteek!!! Ongelukkig moes daar in die junior- en seniorafdelings elk ‘n wenner aangewys word, maar wat dit dan ook tereg verdien het! Ons glo dat julle 2 moontlik nog die politieke arena kan betree!!! Baie geluk aan die volgende 2 leerlinge met hul puik optredes, en wat dan as wenners aangedui is: Juniorafdeling: René Uys met "Gehoorsame ouers of gehoorsame kinders?" Seniorafdeling: Maryke Marais met "Aardverwarming, haar of wolhaar?" Baie dankie aan mev. Fourie en mnre. Cilliers en Kloppers wat die beoordeling gedoen het! (Berig: M. Schoombee)

PONGOLA AKADEMIE vs JOHN ROSS COLLEGE (P Lombard) Saterdag 26 Mei het John Ross College Pongola Akademie besoek vir ons jaarlikse derby teen hulle. Dit was ‘n lekker oggend se sport vol spanning en opwinding. Die wedstryde was kliphard en baie kompeterend en die goeie gees waarin die sport plaasgevind het was veral opvallend. Baie geluk aan al ons spanne wat hul wedstryde gewen het. Uitslae: Hokkie 1ste wen 6 – 0 Netbal 1ste wen 25 – 17 Rugby 0/15 wen 10 – 0 1ste wen 20 - 19 FISH EAGLE SWEMKLUB Op die foto : Walter Visser is die algehele wenner van die 0/10 trofee vir 2011-2012 by die Fish Eagle Swemklub. Baie geluk Walter !


IN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN PIET RETIEF GEHOU TE PONGOLA In die saak tussen:

SAAK NR: 13/2012

BRECHOOST BK H/A PALM VILLA

EKSEKUSIESKULDEISER

en MNR CL MUKUKA

EKSEKUSIESKULDENAAR

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING VAN ROERENDE EIENDOM GELIEWE KENNIS TE NEEM DAT ingevolge ‘n Vonnis verleen op 9 Februarie 2012 in bogenoemde Agbare Hof en in terme van ‘n Lasbrief vir Eksekusie wat daaropvolgend uitgereik is, sal die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop word aan die hoogste bieër te die Landdroshof van Pongola op 13 Junie 2012 om 10:00: 1 x MAZDA ATENZA (REG NR: LSD 290 AM), alternatiewelik die reg, titel en belang in en tot sodanige voertuig. GELIEWE VERDER KENNIS TE NEEM dat die hoogste bieër aanspreeklik is vir betaling van BTW op sodanige koopbedrag. Die Koper sal ook verantwoordelik wees vir die onmiddellike verwydering van die goedere. Die Koper is verantwoordelik vir betaling van die koopbedrag direk na afloop van die verkoping en moet die betaling van die koopbedrag in kontant of met ‘n bankgewaarborgde tjek geskied. GELIEWE VERDER KENNIS TE NEEM DAT die bekendmaking van die verkoping voldoen aan die vereistes van die VERBRUIKERSWET 68 VAN 2008, SOOS GEWYSIG: 1.

Hierdie verkoping is ‘n verkoping onderhewig aan die Vonnis wat verkry is in bogemelde Agbare Hof op 9de dag van Februarie 2012;

2.

Die Reëls van die veiling is 24uur voor die veiling beskikbaar, op aanvraag, van die Balju van Pongola te p/a Landdroshof, Pongola;

3.

Registrasie as ‘n koper is voorvereiste onderhewig aan spesifieke voorwaardes, onder andere:

a. b. c. d.

In gevolge die Wet op Verbruikersbeskerming, Wet no. 68 van 2008 info.gov.za/view/downloadfileAction?id=9961 ; FICA-wetgewing: Bewys van ID en adres besonderhede; Betaling van ‘n registrasie fooi van R100.00 in kontant is vereis; Registrasie voorwaardes.

4.

Die kantoor van die Balju Pongola sal die verkoping waarneem, met C.A Loedolff, as afslaer;

5.

Bedrag geëis beloop R6 000.00 en R2 727.58, tesame met rente, Balju se kostes en ander kostes op ‘n skaal soos tussen prokureur en kliënt;

6.

Daar is geen voorkeur op die eis nie.

GETEKEN te PONGOLA op hierdie 17de dag van MEI 2012. J H SMIT & GENOTE ING. PIET RETIEFSTRAAT 56 PONGOLA VERW: CJ SMIT/mvdh/SS1794

IN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN PIET RETIEF GEHOU TE PONGOLA In die saak tussen:

SAAK NR: 14/2012

BRECHOOST BK H/A PALM VILLA

EKSEKUSIESKULDEISER

en ME BS MABANGA

EKSEKUSIESKULDENAAR

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING VAN ROERENDE EIENDOM GELIEWE KENNIS TE NEEM DAT ingevolge ‘n Vonnis verleen op 6 Maart 2012 in bogenoemde Agbare Hof en in terme van ‘n Lasbrief vir Eksekusie wat daaropvolgend uitgereik is, sal die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop word aan die hoogste bieër te die Landdroshof van Pongola op 13 Junie 2012 om 10:00.

      

1 x SANSUI TV 1 x LG HI-FI 1 x TV STAANDER 1 x DEFY DUBBELDEUR YSKAS 1 x KIC VRIESKIS 1 x 3-STUK SITKAMERSTEL 1 x LG TV (PLATSKERM)

GELIEWE VERDER KENNIS TE NEEM dat die hoogste bieër aanspreeklik is vir betaling van BTW op sodanige koopbedrag. Die Koper sal ook verantwoordelik wees vir die onmiddellike verwydering van die goedere. Die Koper is verantwoordelik vir betaling van die koopbedrag direk na afloop van die verkoping en moet die betaling van die koopbedrag in kontant of met ‘n bankgewaarborgde tjek geskied. GELIEWE VERDER KENNIS TE NEEM DAT die bekendmaking van die verkoping voldoen aan die vereistes van die VERBRUIKERSWET 68 VAN 2008, SOOS GEWYSIG: 1.

Hierdie verkoping is ‘n verkoping onderhewig aan die vonnis wat verkry is in bogemelde Agbare Hof op 9de dag van Februarie 2012;

2.

Die Reëls van die veiling is 24uur voor die veiling beskikbaar, op aanvraag, van die Balju van Pongola te p/a Landdroshof, Pongola;

3.

Registrasie as ‘n koper is voorvereiste onderhewig aan spesifieke voorwaardes, onder andere:

a. b. c. d.

In gevolge die Wet op Verbruikersbeskerming, Wet no. 68 van 2008 info.gov.za/view/downloadfileAction?id=9961 ; FICA-wetgewing: Bewys van ID en adres besonderhede; Betaling van ‘n registrasie fooi van R100.00 in kontant is vereis; Registrasie voorwaardes.

4.

Die kantoor van die Balju Pongola sal die verkoping waarneem, met C.A Loedolff, as afslaer;

5.

Bedrag geëis beloop R8 800.00 en R121.34, tesame met rente, Balju se kostes en ander kostes op ‘n skaal soos tussen prokureur en kliënt;

6.

Daar is geen voorkeur op die eis nie.

GETEKEN te PONGOLA op hierdie 17de dag van MEI 2012. J H SMIT & GENOTE ING. PIET RETIEFSTRAAT 56 PONGOLA VERW: CJ SMIT/mvdh/SS1792


DIE NUWE MAATSKAPPYWET - HOE RAAK DIT U?

Amakhosi Graduation Ceremony 2012 at Simdlangentsha Magistrates Court

MAATSKAPPYE Memorandum en Akte van Oprigting / MOI (Memorandum of Incorporation) Sedert die nuwe Maatskappywet (2008) op 1 Mei 2011 in werking getree het, blyk dit dat CIPC steeds sukkel om dokumentasie so vinning as wat belowe is, te verwerk. Dit beteken egter nie dat u as direkteur/aandeelhouer van ‘n maatskappy of lid van ‘n BK nie uself moet vergewis van die wet en nie moet toesien dat u entitieit in lyn met die wet is nie. Die 2 jaar grasie-tydperk om maatskappye in lyn met die nuwe wet te bring, loop vinnig uit. Daar is nou nog net 1 jaar oor om seker te maak dat u maatskappy se memorandum en akte van oprigting in lyn is met die nuwe MOI (Memorandum of Incorporation). Daar moet veral na u aandeelhouersooreenkomste gekyk word. Skedule 5, Afdeling 4(4) wys daarop dat indien daar enige strydigheid is tussen die maatskappy se memorandum en die nuwe MOI, sal die huidige memorandum geld, maar daarna sal die bepalings van die MOI geld. Die 2 jaar grasie-tydperk loop vinnig uit. Gevolglik wil ons begin om alle maatskappye se Memorandum en Akte van Oprigting met die nuwe MOI (Memorandum of Incorporation) te vervang. Die goeie nuus is dat CIPC vir nog een jaar geen fooie sal hef vir die wysiging van die MOI nie. Kontak ons gerus vir advies en leiding oor die opdatering van u maatskappy se MOI. Aandelekapitaal As u maatskappy voor 1 Mei 2011 opgerig is, is die aandele na alle waarskynlikhied pari -waarde aandele. Dit kan onveranderd so voortbestaan totdat al die gemagtigde aandele uitgereik is. Sou die maatskappy hierna sy aandelekapitaal wil verhoog, sal die bestaande aandelekapitaal na geen pari-waarde omskep moet word. BESLOTE KORPORASIES Volgens die nuwe maatskappywet, mag geen nuwe BK’s opgerig word nie. BK’s wat egter voor 1 Mei 2011 opgerig is, sal egter onbepaald voortbestaan. Ons het ‘n aantal rak BK’s beskikbaar en u is welkom om ons te kontak sou u belangstel om een te bekom. Die BK’s het nog nooit handel gedryf nie. Trusts as lid van ‘n BK Het u geweet dat u u ledebelang in ‘n bestaande BK na ‘n trust kan oordra? Die enigste beperkende bepaling is dat die trust wat die ledebelang gaan hou, nie meer as 10 begunstiges mag hê nie. Hierdie is ‘n uitstekende opsie vir die verdere beskerming van u bates. JAARLIKSE CIPC OPGAWES (ANNUAL RETURNS) Die wet m.b.t. jaarlikse opgawes bly steeds in plek. Elke maatskappy en BK moet steeds jaarliks ‘n opgawe indien en die voorgeskrewe fooi, wat bepaal word volgens omset, aan CIPC oorbetaal. Die enigste twee verskil wat hier ingetree het, is dat maatskappye nou, in plaas daarvan dat hulle hul opgawe voor die einde van die volgende maand moet indien, nou 30 besigheidsdae grasie gegee word en dat maatskappye met ‘n omset van tot R10,000,000 slegs R100 betaal in plaas van R450 soos in die verlede. GEDEREGISTREERDE ENTITEITE Alle BK’s en maatskappye wat gederegistreer is omdat hulle jaarlikse opgawes nie ingedien is, kan herstel word. Ons by Jones & Kie kan u bystaan met raad en daad. Kontak ons gerus.

The KwaZulu Natal Traditional Leadership and Governance Act provides for the recognition of traditional communities. Functions of the traditional councils  to administer the affairs of the traditional community in accordance with customs and               

tradition to assist, support and guide traditional leaders in the performance of their functions to work together with municipalities in the identification of community needs to facilitate the involvement of the traditional community in the development or amendment of the integrated development plan of a municipality in whose areas that community resides to recommend, after consultation with the relevant Local House and the Provincial House of Traditional Leaders, appropriate interventions to government that will contribute to development and service delivery within the area of jurisdiction of the traditional council to participate in the development of policy and legislation at local level to participate in the development programmes of municipalities and of the provincial and national spheres of government to promote the ideals of co-operative governance, integrated development planning, sustainable development and service delivery to promote indigenous knowledge systems for sustainable development and disaster management to alert any relevant municipality to any hazard or calamity that threatens the area of jurisdiction of the traditional council in question, or the well-being of people living in such area of jurisdiction, and to contribute to disaster management in general to share information and co-operate with other traditional councils to perform the functions conferred by customary law, customs and statutory law consistent with the Constitution to uphold the values of the traditional community to reject and prescribe such practices as the sowing of divisions based on tribalism to promote peace and stability amongst members of traditional communities and to promote social cohesion within the traditional community.


CLEANING SERVICES / SKOONMAAK DIENSTE 

Our new brilliant therapists are Jouline & Tsepo, they will make your time with us enjoyable and relaxing!

SPA SPECIALS: BACK & NECK SWEDISH Massage & reflexology R300 (1h)

Sparkly Cleaning Services. Skoonmaak van matte, meubels en valet van karre. Kontak Judith Fick 0828620406

BLINDS / BLINDERS  

Vir alle blindersbenodighede of nuwe blinders, kontak Tiaan by 083 230 2839 For all your needs for blinds and new blinds. Contact Tiaan at 083 230 2839

TE KOOP / FOR SALE   

Staalstruktuur, 50m x 25m. Kontak Neels Erasmus by 082 882 3181. 125cc Gomoto Sprint motorfiets, R4000-00 of naaste kontant aanbieding. Kontak Ockert by 082 336 2948. Basset Hondjies te koop van KUSA geregistreerde ouers. Gebore 5 Mei. 3 Kleur. Slegs reuntjies beskikbaar. R2 000.00 elk. Kontak: Susan 072 650 4922.

CONSTRUCTION / KONSTRUKSIE 

TEEN SPA Back,neck & shoulder Massage Mini manicure Mini pedicure Jacuzzi R150

 

(1hr30min)

For bookings contact : 083 320 0358 or 083 680 5433 E-mail : kemp@pongolagamereserve.co.za

T Vink Konstruksie. Vir alle bouwerk, aanbouings, betonwerk, verf en plaveiselwerk. Tel/Faks: 017 826 2670 Sel: 071 688 5885/ 071 688 6344.

TO LET / TE HUUR 535 vk. meter winkelspasie te huur te Senekal Sentrum vanaf 1 Augustus 2012. Vir verdere besonderhede kontak: Lettie Prinsloo by 034-4131737 of by lettieprinsloo@mtnloaded.co.za 2 slaapkamer woonstel, onmiddellik beskikbaar. Kontak Mona Meyer by 076 164 0260. 4 Bedroom house in town. Available mid August 2012. Contact Haroun at 082 786 0232.

TOILET FRIEND

TOILET FRIEND 2 Jaar waarbog. R500 afslag. Kontak Carl Reynolds 0845802911

Soos op TV geadverteer op die program Maatband, is hier nou ‘n agent vir Tonalin CLA. Uitstekend vir selluliet, gewigverlies, meer energie en sinus. Kontak Magdel Kleinhaus by 082 945 7253.

TONALIN CLA AGENT

GHOLF - BELL GHOLF DAG 1ste Prys

Jo Rautenbach Nita Dreyer

2de Prys

Pieter Retief Douw Herbst

3de Prys

Sarah Lourens Nakkie Claassen

4de Prys EARTHQUAKE DRILL In the event of an earthquake, lie down in a sheltered area and cover your head with your hands.

Marlene Fourie Regina Herbst

5de Prys

Gert Claassen Phillip de Jager

6de Prys

Albert van Biljon Goodman

KONTAK SANTA

7de Prys

Bobby Cameron Antoinne Rouillard

BY 082 324 0244

Naaste aan Pen: No. 3

Nita Dreyer

OF STEFAN

Naaste aan Pen: No. 6

Jaco Steenkamp

BY 083 625 8908

Naaste aan Pen: No. 12

Douw Herbst

Naaste aan Pen: No. 15

Marlene Fourie

The Photographers www.thephotographers.co.za Contact Roléne on 082 8100 808


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.