INNIRIET MAGAZINE MAY 2015

Page 1

inniriet

your lifestyle guide - PONGOLA - jou leefstyl gids

magazine

mei 2015


… ek sê

Hoekom ‘n e-tydskrif? Die lewe word net vinniger, duurder en voller!

Roléne van der Merwe - Redakteur

Wonder jy ook soms hoe en waar pas jy in die wonderlike lewe in? Ek het die antwoord! Ons is almal legkaarte van die lewe. My legkaart is anders as joune en my legkaart is opgemaak van stukkies legkaarte van ander se legkaart. En om dit uit te ‘puzzle’ is nie moeilik nie. Ons almal verryk of vertroebel mekaar se lewens deur dit wat ons doen of nie doen nie. Die woorde wat ons aanmekaar ryg en formuleer het die vermoeë om 'n ander se dag op te helder - of nie. Die uitdrukking in iemand se oë vertel 'n duisend stories. As jy seergemaak word vertroebel jou legkaart maar as dinge weer beter gaan kry jou legkaart sommer dadelik weer 'n nuwe spatsel kleur. Het jy al gesien hoe helder die teller se gesig by die supermark op wanneer jy vir haar groet op haar naam - en as dit vreemd op die tong is, hoe lekker sy lag as jy vra om jou te help om dit uit te spreek? Haar legkaart was dalk vaal tot daardie oggend.

Drukkoste is duur en ons is groen - ons bespaar papier en sodoende die natuur vir die nageslag. Met hierdie e-tydskrif bespaar jy geld, die ruimte wat tydskrifte sou opneem en het jy die gerief om dit te lees enige tyd waar en wanneer jy wil. Waar kry jy die e-tydskrif? Besoek ons webtuiste by : www.inniriet.com of ons Facebook blad by Inniriet. Stuur ook vir ons jou e-pos adres by rolene@axxess.co.za as jy nog nie jou tydskrif per epos ontvang het nie.

Ek hoop jy kleur iemand se legkaart bietjie in vandag.

It is always the small pieces That make the big picture Wie, waar, wanneer ...

Het jy ‘n talent waarvan jy ons meer wil vertel of ken jy iemand met ‘n besonderse talent? Epos ons by rolene@axxess.co.za of skakel by 082 8100 808. Ons wil graag elke maand ‘n persoon aan ons lesers bekendstel. Inniriet magazine is published & distributed by : Quickbus 0013 CC Tel : 082 810 0808

14 Mei 2015 Hemelvaartdiens by NG Kerk om 18h00—(sop- & broodaand)

Fax : 0866 160 979 or 034 4133 458

17 Oktober 2015 NG Kerk Basaar

20 Junie 2015

Rates are per placement. Should an advertiser use the services of an advertising agency, the advertiser will be liable to pay the agency’s commission.

Artwork will be sent to the client for approval or changes.

Kaartjies by Weich & Kriel

Please take care to CHECK YOUR PROOF COPY CAREFULLY as only 2 changed proofs will be permitted before final approval.

24 Julie 2015

If your advert is not designed by Quickbus 0013 CC, you will be responsible for submitting a suitable copy by the dead-line date. Artwork requirements: JPEG / TIFF / PDF (CMYK + 300dpi).

Pongola Akademie Matriekafskeid

Tierviskompetisie

Inniriet is published in English and Afrikaans.

No advertisement will be placed unless payment has been received in full before the booking deadline.

Wyn in die Tuin

24 - 26 September 2015

email : rolene@axxess.co.za Shop no 6, Senekal Centre, Martin St, Pongola

Epos ons by rolene@axxess.co.za as jy ‘n datum op ons kalender wil plaas.

Quickbus 0013 CC will not be held responsible for any printing errors in regard to artwork supplied by the client. Editor : Roléne van der Merwe Tel 082 810 0808 Information is correct at press time. The facts and opinions in INNIRIET do not necessarily reflect the opinion of the editor, other than those expressed by the editor. INNIRIET magazine is published digitally on a monthly basis by Quickbus 0013 CC. © 2015 INNIRIET MAGAZINE. All rights reserved. Reproduction in part or whole without permission is prohibited.


LIFE IS’T ABOUT FINDING YOURSELF. LIFE IS ABOUT Beauty begins the moment you

CREATING decide to be yourself YOURSELF.

COCO CHANEL


Mei in jou Tuin

Saam met die winter kom al die negatiewe persepsies wat ons van kleins af assosieer met die seisoen. Alles is vaal en kleurloos, ons is moeg en lusteloos met die koue en stof wat opnuut winter in ons gemoed veroorsaak. Geen wonder dat niemand die mooi oral om ons raaksien nie. Winter beteken egter intense kontras in kleur met rooi, geel en oranje wat helder uitstaan. Brons, dieprooi en oker vlam en gloei soos kosbare juwele. Teksture kom na vore in die bas van bome en die takstruktuur van bladwisselende plante wat skerp afgeëts staan teen die grou agtergrond. Blomsaailinge ontplof in ‘n kleurespel soos die somer nie kan bied nie. Bolle loop uit en ontwaak in nuwe lewe lank voor die lente begin. Plant massas kleur Beddingplantjies of blomsaailinge is nog steeds die mees koste-effektiewe manier om kleur na jou tuin te bring. Groen vingers is nie nodig nie, maar die regte plasing en goeie voorbereiding van beddings is noodsaaklik vir sukses. Plante soos petunias en papawers hoort in die son en sal min blom en “lang bene” vorm in die skadu. Primulas en cinerarias moet weer in spikkel- en volskadu geplant word. Verwyder verlede seisoen se blomplantjies en maak die grond lekker diep los met ‘n vurk. Bedek die bedding met ‘n 2cm laag goed verouderde kompos. Werk die kompos in die los grond in en maak gelyk. Plant nou die plantjies en gee direk na plant genoeg water. Strooi snywurm- en slaklokaas tussenin en spuit die hele plant elke twee weke sopnat met ‘n Multifeed Flowergro oplossing om massas blomme te verseker. Plant tulpe Alle bolle moet voor einde Mei in die grond kom. Plant ranonkels en anemone in suksessie met drie weke intervalle sodat die blomperiode verleng word. Bolle hou van goed bemeste grond wat goed dreineer en benodig 40 minute besproeing elke vier dae of 25mm water per week. Nou is die perfekte tyd om tulpe te plant. Tulpe vaar in ons “warm” winters beter in skadu en semi-skadu. Tulpe verkies goedgedreineerde grond met kompos en beenmeel. Elke bol lewer gewoonlik een langsteel blom. Hierdie pragtige plante kom glad nie tot hul reg indien die bolle ‘n meter uitmekaar geplant word om die begroting te “rek” nie. Tulpe (soos ander bolle) moet in digte groepe geplant word waar die pragtige blomme soos bosse snyblomme in ‘n vaas vertoon. Plante in die huis Soos wat die koue ons in die huis in jaag, gee ons skielik aandag aan die arme binnehuise plante. Hierdie plante kan nou minder gereeld water en voeding kry, maar maak seker dat plante nie uitdroog nie. Alle sogenaamde binnehuise plante kom van iewers uit die natuur. Ons huise is dus nie die ideale plek vir plante nie. Kaggels, verwarmers, lugversorgers, olies en vette uit die kombuis, stof, droë lug en te min lig is vyande vir enige plant. Die plante moet met oorleg gekies word. Plante wat van digte woude afkomstig is, vaar goed in donker huise en word hoofsaaklik verteenwoordig deur loofplante met donkergroen blare en ‘n paar soorte met kleurvolle blare. Peace lillies (spathyphyllums), die hele love palm (chamaedorea spp) familie, aglaonemas, potyster plante (aspidistras), syngonuims, kentia palms (howea) en essenhoute (trichelia spp) vaar uitstekend in die swakste toestande. Alle blommende binnehuise plante soos krisante, viooltjies, begonias en alpe viooltjies moet uitstekende toestande met baie lig kry.


ORDER ONLINE NOW AT www.yuppiechef.com

When you think of the name Carrol Boyes, you think of unique, sculptured home and dining accessories that bring a bit of glamour to a living space. A clever mix of form and function, the iconic, homegrown range turns traditional design on its head, transforming ordinary tools into extraordinary pieces of art. Keen to start or add to a collection? Come right this way.    

Sketch style ceramic mug Made from high quality porcelain Comes in a variety of designs Great for creating a mix and match collection

EARTHFIRE PIZZA OVEN Making authentic wood-fired pizzas at home just got a whole lot easier. If you are without a pizza igloo in your back garden, an answer is here in the form of the ceramic Earthfire oven. It's small, travels well, and whips up perfectly crispy pizzas quickly and easily. Sounds too good to be true? Why not give it a try?           

Portable pizza oven with lid Uses wood or charcoal Can maintain a heat of 350°C for hours on one fire High temperature and porous pizza plate ensure crispy results 30 minute warm up time Cooks a pizza in 3 minutes Makes pizzas of up to 34cm in diameter Pizza stone made from high quality ceramic Stainless steel grid doubles up as a handy portable braai Popping on the lid turns it into a BBQ or a smoker Includes a steel pizza peel, for transferring cooked and uncooked pizzas to and from the hot stone without touching it  Comes with easy to follow instructions and recipes

Café Venezia Espresso Machine Breville’s bevy of beautiful appliances is all about giving cooking and coffee enthusiasts more reasons to love being in the kitchen. Throw in some sleek design, and it's even easier to fall for the simple, strong and user friendly collection of countertop favourites.

        

Espresso machine with swivel steam wand Powerful Italian design pump Advanced heating system ensures a consistent temperature Auto purge flushes out overheated water to avoid a burnt taste Dual wall filters allow for a thicker foam layer on each espresso Removable water tank and drip tray Brushed stainless steel finish Compact design with tool storage Extra large cup height


Jy benodig:                     

1 k droë appelkose (gesnipper, opsioneel) 1 k pitlose rosyne (of sultanas) 1 k Medium Cream sjerrie (opsioneel) 1 k water 2 groen (Granny Smith) appels, gerasper 4 dik snye brood (al die korsies) 2 koppies melk 500 g (1/2 kg tot 3/4 kg) maalvleis 3 eetlepels margarien of botter 3 groot uie (gekap) 3 eetlepels medium kerrie poeier 3 eetlepels asyn of suurlemoensap 1 t growwe swartpeper 2 t sout 2 eetlepels appelkooskonfyt 3 eetlepels blatjang 2 eetlepels suiker 5 eiers 1 koppie melk Piesangs, gesny om bo-op te sit (opsioneel) suurlemoen- of lourierblare

Metode: Snipper appelkose, plaas rosyne by. Voeg sjerrie en water by. Laat staan sowat twee uur. Rasper appels en plaas by rosyne net voordat alles gemeng word vir beslag. Week die brood in melk en meng met vleis. Verhit die botter in ‘n pan en braai die uie. Voeg kerriepoeier by en braai vir 2 minute. Voeg nou die rosyne by vleis, asook die appels, suurlemoensap, of asyn, peper, sout, appelkooskonfyt, suiker en blatjang en meng. Plaas die mengsel in ‘n oondvaste skottel. Klits die eiers met een koppie melk en gooi oor vleis. Druk die lourier- of suurlemoenblare in die vleis. Bak in voorverhitte oond 180 grade C tot goudbruin en gaar (ongeveer ‘n uur). Opsioneel: Plaas gesnyde piesangs bo-op die vleismengsel. Druk blare in vleis en gooi eiermengsel oor en bak. Die piesangs gee die bobotie ‘n wonderlike smaak. Bedien saam met geelrys, en iets soets.


Beurtkrag - wat om te doen Deesdae kan jy nog net seker wees van ’n paar dinge: jou eie ouma se melktert sal enige ander ouma se melktert ore aansit en beurtkag is ʼn pyn in die alie. Wat nou gemaak as beurtkrag jou moed laat sak en jou roetine ontwrig? Die duisternis is hier om vir ʼn geruime tyd te bly – dis nou maar ʼn feit soos ʼn koei (as jy die koei in die donker kan sien). In die dag ly jou werk daaronder of, as jy gelukkig is, het jou werkplek ʼn kragopwekker om te verseker dat jou produktiwiteit nie gepootjie word nie. Maar hoe dan gemaak as beurtkrag die vonk uit jou naweekplanne steel of saans die lig van jou leeslamp uitdoof? Stap 1: Blameer Eskom. Afrikaans is ʼn kreatiewe taal met allerlei kleurvolle woorde wat as prefiks vir “Eskom” gebruik kan word. (Vermy egter dié nuutskeppings op sosiale media as jy jou frustrasies die kuberwêreld wil instuur.) Stap 2: Of jy ‘n alleenloper is, of ʼn ouer van 6 hier is ’n paar idees wat jou wys dat daar tog lig aan die einde van die tonnel is … Stories soos in die oudae Bennie Boekwurm het altyd gesê “stories is my lewe!” En dis waar: stories kan jóú ook in die donker aan die lewe (of aan die bewe) hou. Dink net hoe jy en jou gesin of vriende mekaar kan laat ril met spookstories – nes jou voorsate dit gedoen het. Lights, camera … skootrekenaar! Laat ek nou maar die wonder van ʼn skootrekenaar en sy kragtige battery besing: Al die vermaak wat ʼn film op die 14″- skerm in die donker kan bring maak dit sekerlik een van die gewildste doendinge gedurende beurtkrag. Natuurlik doen selfone en tabletrekenaars ook die truuk, maar ʼn skootrekenaar kan meer as een persoon op ʼn slag vermaak. (Sorg net dat die battery vroegtydig gelaai word) Ja, die hele wêreld word stil, en luister in die donker uur … Speel jy ʼn musiekinstrument of wou jy nog altyd een leer speel? Beurtkrag bied jou die kans om jou vingers, longe of stem in te span. Buitendien, wat is meer romanties as ʼn kers, ‘n kitaar en ʼn glasie wyn? Korrespondensie uit die oudedoos In die tyd van kuberklets het ons die vreugde van ink op papier vergeet. As jy nog altyd ʼn verhaal wou neerpen … steek ‘n kersie aan en verloor jouself in hierdie suiwer vorm van kreatiewe uitdrukking. Wees dan sommer ook uit die oudedoos en pen ʼn briefie vir jou liefie neer – as jy nou regtig móét, kan jy dit altyd later skandeer en vir hom/haar per e-duif stuur. Wees ‘n geleerde … lees ‘n boek Siende dat beurtkrag vir bykans 2 ure op ‘n slag toeslaan, het jy genoeg tyd om uiteindelik weer ʼn boek te lees. Kerslig is dalk net te flou om by te lees, maar leeslampies wat met batterye werk, is volop en goedkoop. Deesdae is lesers ook gaande oor e-leestoestelle, soos Kindle of tabletrekenaars, wat nie ophou werk as Eskom “ligte uit” sê nie. Vlerksleep in die donker As jou huis so skielik donker is in die nag, is dit die perfekte tyd vir ‘n “date night”. ‘n Rustige kuier voor die braaivleisvuur, of met ‘n kaasbord met koekies en ‘n vol wynglas sal jou die Don Juan van die buurt maak. Kap ‘n braaitjie, pappa! As daar nou een ding op die lys is waarvoor ʼn mens nie ‘n verduideliking of die verskoning van beurtkrag nodig het nie, dan is dit ‘n lekker braaivleisvuur. Produktiwiteit is baas As die krag af is en die stilte in jou ore skree, is dit nie moeilik om steeds produktief te bly nie. Skootrekenaars, tabletrekenaars en ʼn pen en papier is die personifikasie van David Hasselhoff in ‘n rooi swembroek wat tot jou redding sal kom. Rugsteun (backup) egter maar gereeld die dokumente op jou rekenaar, net vir die wis en onwis. Wat van ‘n speletjie? As die kroos verveeld is, is die versameling van bordspeletjies onder in die kas net die antwoord. Ander speletjies soos “Donkerkamertjie” sal hul ook vir ure besig hou. As jy die jongspan regtig wil vermaak, gee vir een ʼn flits en laat die ander skadupoppe teen die muur maak – dis moeiliker as wat jy dink, maar hope pret. Knip ‘n uiltjie Besigheidsmagnate en kreatiewe siele het een ding in gemeen: hulle hou almal daarvan om nou en dan te dut. Herlaai jou batterye en snork vir ʼn wyle terwyl Eskom sy kragdrade laat rus. Wanneer die ligte skielik afgaan en jou wêreld in donkerte verdwyn, raak rustig, ontspan en onthou dat jy nie verveeld en in die donker hoef te wees nie.


BOEKE BLOGS Wêreldbekende spreker Pieter van Jaarsveld wys hoe jy jou lewe kan omkeer. Dié inspirerende boek: – Ontbloot ondermynende mites oor geluk – Verduidelik dat vreugde vir alle mense beskore is – Wys hoe jy jou brein kan herbedraad – Inspireer jou tot ’n positiwe ingesteldheid – Bevat die nuutste navorsing en tegnieke. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik. Die boek is vlot en leesbaar, propvol gevallestudies en interessante ware verhale. Dit is verstaanbaar, eenvoudig geskryf en met diagramme ter verduideliking. Oor die outeur: Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme.

Mnr. Kuschke van Laerskool Graskop het die klein rooikopseuntjie een kyk gegee en gesê: “Ek doop jou Wynie, want jou hare lyk nes die rooiwyn wat ek drink.” Mnr. Kuschke se aandeel in die lewe van Wynie Strydom is egter veel groter as bloot die naam Wynie. Dis by hom wat Wynie ’n onblusbare liefde vir die spel rugby geleer het. Volg Wynie Strydom se pad van die klein dorpie Graskop in Mpumalanga tot by sy kantoor as spanbestuurder van die Blou Bulle, wat op die A-veld van Loftus uitgekyk het. Wynie was vir 38 jaar betrokke by Blou Bul-rugby en sy toewyding, harde werk en fokus op tradisies het gehelp om van die Bulle een van die beste rugbyspanne in die wêreld te maak. Sy biografie is ook ’n verhaal van ongeëwenaarde vriendskappe en lojaliteit, van hoogtepunte en hier en daar ’n laagtepunt op die rugbyveld. Wynie: My bloed is blou is ’n boek vol heerlike rugbystories, maar ook staaltjies vanaf die kantlyn. ’n Boek wat geen rugbyliefhebber, ongeag vir watter span jy skree, sal kan neersit nie. “Sedert Wynie Strydom in 1992 heeltyds by die Blou Bulle Rugbyunie begin werk het, het hy ikoniese status op Loftus Versfeld verwerf as die man met die rooi snor, poenskop, donkerblou baadjie, altyd op die punt van sy stoel en die eerste een wat opspring wanneer die Bulle ’n drie druk,” skryf Marco Botha in Beeld van 6 Maart 2013. Wynie Strydom het met die uitsonderlike manier waarop hy sy taak as die Bulle se spanbestuurder verrig het, behoorlik sy stempel afgedruk op Suid-Afrikaanse rugby. Aan die einde van 2013 het Wynie afgetree en sedertdien kry jy hom die meeste van die tyd op die gholfbaan, altyd besig om te kompeteer.

BLOG OF THE MONTH

IDIOME & UITDRUKKINGS Uitdrukking: As die skoen jou pas, moet jy hom maar aantrek.

myfriendshouse.co.uk Ros Anderson and Jill Macnair from the UK are journalists in the interiors and design industry. Their blog is their forum to discuss trends and ideas in the world of design and decoration plans for their own homes, as well as anything ‘lifestyle’ that sparks their interest—from art, film and food to travel, books and architecture.

Betekenis: As jy skuldig is, moet jy maar skimpe oor jou soort gedrag op jouself van toepassing maak. Waar kom dit vandaan? Oorspronklik was die beeld dat slegte skoene weggegooi is sodat enige onder menigte ʼn paar kon vind wat hom pas. Later was dit ook geld en lekkers wat by bruilofte en ander feeste na die skare gegooi is.


KIES DIE REGTE TROETELDIER VIR JOU GESIN Dis algemeen bekend dat troeteldiere vir ouer en siek mense gesondheidsvoordele inhou. Nou het nuwe navorsing bewys hulle hou ook jong en gesonde mense gelukkig – en dit geld nie net vir honde-eienaars, wat dalk meer oefening kry as diegene sonder honde, nie. Volgens studies aan die Miami University in die VSA, is troeteldiereienaars nie net fikser nie, maar hulle het ook ’n beter selfbeeld en is minder bang, alles eienskappe wat aan gesonder gewoontes en ’n langer lewe verbind word. Mense wat ná aan hul diere is, was ook nader aan hul vriende en familie, sê ’n navorser. Mense het veral baat by dieregeselskap gevind as hulle menslike eienskappe in hul diere kon herken. As vierpootvriende nie in jou huis rondtrippel nie, moet jy dit beslis oorweeg. Dis opwindend om ’n troeteldier te kry, maar dis ook belangrik om een te kies wat by jou gesin pas. ’n Troeteldier se welsyn is van die toewyding van ouers én kinders afhanklik, sê dieregedragskenners. Hier is ‘n paar riglyne vir slim dierekeuses : VOËLS het baie stimulasie en speelgoed nodig. Kenners beveel nie ’n voël vir jong kinders aan nie tensy die ouers die verantwoordelikheid van hok skoonmaak en kosgee op hulle neem. KATTE - as kinders geleer word hoe om ’n katjie te hanteer, kan hulle baie oulike speelmaats wees. Ouers moet net voorbereid wees om ’n ogie oor die interaksie tussen kinders en katte te hou. Andersins is ’n kalm, volwasse kat die beste keuse. HONDE word nie verniet ’n man se beste vriend genoem nie, maar die hele gesin moet oorgehaal wees om in die hond se behoeftes te voorsien. Om ’n babahondjie te kry terwyl jou kinders klein is, is nie noodwendig so ’n goeie idee nie. Wag eerder tot jou kinders ’n bietjie groter is, of neem ’n volwasse hond aan wat lief is vir kinders. ’n GOUDVIS klink dalk soos ’n eenvoudige keuse, maar jy sal die vistenk of -bak moet skoonmaak sodat die vis gesond kan bly … soos ’n vis in die water. Kenners sê ‘n goudvis kan vir baie klein kindertjies en babas werk, maar nie as jou kinders van fisieke interaksie met diere hou nie.

Het jy geweet? Dit neem minstens agt bye ’n leeftyd om net een teelepel heuning te maak. As jy op Google die volgende woorde soek : do a barrel roll, draai die hele bladsy om. Alexander Graham Bell, die uitvinder van die telefoon, het nooit sy vrou of moeder gebel nie omdat hulle beide doof was. Die wêreld se derde grootste produsent van olywe, die Grieke, het olyfbome gekweek sedert antieke tye. Sommige olyfbome geplant in die dertiende eeu word nog steeds gebruik vir die vervaardiging van olywe. As 'n lyn met bordkryt om miere getrek word sal hulle nooit daaroor loop nie. 'n Pynappel is nie 'n enkele vrug nie maar 'n groep bessies wat saam gesmelt het. 'n Hard gekookte eier sal spin. 'n Ongekookte of sag gekookte eier sal nie. Een in vyf mense glo dat daar uitheemse vreemdelinge op ons planeet bly, vermom soos mense. Koeëlvaste baadjies, brandtrappe, ruitveërs, en laserdrukkers is almal deur vrouens uitgevind. Die enigste gedeelte van die haar wat nie dood is nie, is die gedeelte in die kopvel. Lego is die grootste vervaardiger van bande ter wêreld. Hulle vervaardig oor die 300 miljoen miniatuur bande per jaar. Nomofobie is die vrees om sonder jou selfoon of sonder sein te wees. Babiloniërs het wiskunde in die basis 60 in plaas van 10 gedoen. Dit is hoekom ons 60 sekondes in 'n minuut en 360 grade in 'n sirkel het.

?


Die geskiedenis van Moedersdag Daar is verskillende teorieë oor hoé moedersdag ontstaan het. Eén is dat dit sover terug gaan as die Romeinse en Griekse tyd. Hoe dit ook al sy, elkeen is baie interessant. Moedersdag het in Brittanje begin waar ‘n Mothering Sunday, gevier is lank voor dit in Amerika begin posvat het. Mothering Sunday is gevier, elke 4de Sondag gedurende die vasstyd en word beskou as ‘n Christelike viering. Dit het natuurlik niks te doen met moeders nie, maar eerder met die feit dat gedurende die 16de eeu het Christene gedurende Pinkster terug gekeer het na hul “moeder” kerk (die grootste kerk in hul onmiddellike omgewing), wat toe later “a-mothering” geword het en so het moedersdag in Brittanje ontstaan. Die Grieke in die antieke tyd het weer die jaarlikse lentefees gevier wat opgedra is aan een van hul godinne. Die idee om moedersdag in Amerika te vier is deur Julia Ward Howe voorgestel in 1872. Sy was ‘n aktivis, skrywer en digter en het beroemdheid verwerf gedurende die bekende Burgeroorlogs liedjie “Battle Hymn of the Republic”. Sy het voorgestel dat moedersdag op 2 Junie gevier moet word en opgedra moet word vir vrede. Sy het ‘n vurige/hartstogtelike brief geskryf aan vroue en hulle versoek om in opstand te kom teen die oorlog in haar bekende “Mothers Day Proclamation”, wat sy in Boston geskryf het in 1870. Sy het ook ‘n “Mothers’ Peace Day” geïnisiëer op die tweede sondag in Junie in Boston en het jaarlikse vergadering gehou. Maar haar idee van moedersdag is later vervang deur die moedersdag wat ons vandag vier. Dié eer kom Anna Jarvis toe. Sy is nooit getroud, het nooit kinders gehad en staan bekend as die Moeder van moedersdag. ‘n Gepaste titel vir ‘n dame wat hard gewerk het om eer aan alle moeders te verleen. Dié idee het sy gekry van haar eie moeder, Anna Marie Reeves Jarvis. Sy het die wens uitgespreek dat iemand eendag eer aan alle moeders moet bewys, lewend of dood. Toe haar moeder dood is in 1905 het sy haar voorgeneem om haar moeder se wens te verwesenlik. Sy en haar ondersteuners het briewe aan mense wat hoë posisies beklee, geskryf en druk uitgeoefen dat moedersdag amptelik as ‘n vakansiedag erken moes word. Hul harde werk het in 1911 vrugte afgewerp. President Woodrow Wilson het op 8 Mei 1914 ‘n gesamentlike resolusie onderteken dat moedersdag elke 2de Sondag in Mei gevier sal word. Ongelukkig moet daar melding gemaak word dat me Anna Jarvis, wat haar lewe daaraan gewy het dat moedersdag erkening moet ontvang, diep seergemaak was deur die feit dat dit so gekommersialiseerd geraak het. Sy en haar suster Ellsinore, het hul erfgeld gebruik om ‘n veldtog te begin, teen wat moedersdag geword het. Hulle het albei in armoede gesterf.

Anna Jarvis

Liewe Ma Iemand het my onlangs gevra wie die persoon was wie die meeste indruk op my lewe gehad het. Vir 'n oomblik het ek amper iets banaals kwytgeraak deur Moeder Theresa of Oprah te sê. Maar die vraag het my tog aan die dink gesit oor wie die mense is wat regtig belangrik in my lewe is. Ek het iewers gelees dat alle vrouens soos hulle ma's word. Dit is inderdaad so dat ek, vir 'n hele ruk, nie met jou vergelyk wou word. Toe was jy vir my of te ‘uncool’ of te geset in jou maniere. In die stilligheid van my hart het ek die verhouding wat ’n vriendin met haar ma gehad het beny. Ja, soms het ek selfs gewens dat sy my ma was. Terwyl hulle beste vriendinne was, was daar nooit enige twyfel dat ek en jy niks anders as ma en dogter kon wees nie. As kinders moes ons altyd verslag gee oor waar ons was en by wie. Jy was nie skaam om ons te betig nie al was die tug by tye 'n bietjie hard. Jy het verwag dat ons uithelp en dat ons verantwoording vir onsself en mekaar moes neem. Ek het gevoel dat ek altyd 'n kind in jou oë sal bly. Maar, ek het groot geword in die wete dat jy altyd aan my kant sal wees. Ek sal die oomblikke van teerheid onthou. Ek onthou ook dat jy - voordat ons die huis in die oggend verlaat het - vir ons 'n soet dingetjie in die hand gedruk het. Baie later het ek verstaan dat dit jou manier was om vir ons te laat weet dat jy vir ons lief was. Ek verstaan nou ook jou kommer en waaksaamheid wanneer ons vir te lank weg was en weet dat dit 'n teken van jou sorg was. Intussen het ek kontak met my vriendin verloor, en ek weet nie of sy en haar ma nog steeds mekaar se beste vriendinne is nie. Sou dit die geval wees - "good for them". Maar ek is ook gelukkig want my ma bly besorg dat ek veilig by my bestemming aankom. Jy is nog steeds 'n bietjie outyds, maar ek verstaan ook dat dit vir my 'n morele kompas is. Van jou het ek geleer om verantwoordelik en betroubaar te wees. Ek moet toegee dat in baie omstandighede, ek nes ma is. Ek vang myself uit dat ek dikwels ook 'n soet dingetjie vir my kiners in die hand druk, of dat ek voor die venster staan en wag dat hulle moet huistoe kom. Sou ma op 'n dag op die brief afkom, sal ma verstaan dat net soos ma kon ek nooit my gevoelens openlik wys nie - daarom lê die brief in my laai tot eendag, wanneer ek vir ma kan sê dat ma die persoon is wat die grootste indruk op my lewe gehad het … Dankie Ma - ek is lief vir Ma! Foto : Verskaf


FORTUNER STEEDS EEN VAN DIE BESTE Almal is altyd op soek na iets anders wanneer dit by ’n nuwe motor kom. Maar elke nou en dan duik ’n produk op wat byna alles reg doen. Totale verkope vir die Fortuner, sedert sy buiging in 2006, het reeds op meer as 86 000 eenhede te staan gekom en, om dit meer in perspektief te stel: nagenoeg 50% van alle mediumgrootte sportnutsvoertuie wat in Suid-Afrika verkoop word, is Fortuners. Mededingers sluit in Trailblazer, BMW X3 en Hyundai Santa Fé. Dat die Fortuner in Suid-Afrikaners se smaak val, is nie te betwyfel nie. Dit was nog altyd ʼn gehalte, waarde-vir-geld produk wat tuis is op alle oppervlakke – van stedelike snelweë en bergpasse tot sandduine en die bosveld. Die ‘gaan oral; doen enigiets … en doen dit in styl’-karakter van die Fortuner vul die avontuur-leefstyl aan van buitelug-Suid-Afrikaners wat ’n behoefte aan die dubbeldoelige vermoë van ’n veldry- en stadsvoertuig het. Die 4×4-weergawe van die Fortuner pronk met voltydse aandrywing deur al vier wiele met laestrek en ’n Torsen-vastrapewenaar (LSD) met ’n ewenaargrendel. Die 4×2-weergawes is danksy ’n ewenaargrendel ewe goed toegerus om die bos aan te durf. Hulle deel ook dieselfde gekunstelde swaardiens-vering met hul 4×4-stalmaats, wat bestaan uit ’n dubbelmik-hoëliguitleg voor en ’n vierskakel-stelsel met laterale beheer agter. Hy ry so gemaklik soos ʼn motor op teer, en het terselfdertyd die vermoë om, wanneer dinge rof raak, sy veldvaardighede uit te stal. Die voertuig-statistiek vir al twee weergawes (4×4 en 4×2) bevestig net weer die Fortuner se veldry-geskiktheid: Die invalshoek is 30 grade, vertrekhoek is 25, grondvryhoogte is 220 mm en water van so diep as 700 mm kan (stadig en versigtig) aangepak word. Nog iets wat die Fortuner se gewildheid beklemtoon, is die feit dat dit ’n trots Suid-Afrikaanse model is. Die Fortuner, wat by Toyota se Prospecton-aanleg in Durban vervaardig word, word deur nie minder nie as 2 483-monteerlynwerkers op die IMV-monteerlyn (vernuwende of innoverende veeldoelvoertuiglyn) langs sy Hilux-stalmaat gebou. ’n Vinnige kykie na die Fortuner se tydlyn onthul dat die model ’n aantal verbeterings en opgraderings ondergaan het om hom danksy gebruikersterugvoer in pas met markvereistes en klanteverwagtinge te hou. Met sy buiging in 2006 het die Fortuner dadelik kopers aangelok, en lees sy onderstaande geskiedenis soos ʼn strokie. 2006 – Plaaslik vervaardigde Fortuner maak sy buiging in Suid-Afrika saam met die 7e-geslagHilux. 2009 – Toerustingveranderings gee die Fortuner stabiliteitsbeheer as deel van sy standaardtoerusting, en hy kry ook 17”-wiele. 2011 – Die Fortuner se voorkoms word opgekikker en hy kry ’n aantal gemak- en geriefsitems by. ’n Waarde-georiënteerde 2.5 D-4D-handratweergawe word die eerste keer by die reeks gevoeg. 2012 – 2.5 D-4D-outomaties word bekend gestel. 2013 – “LTD Edition” vir die 3.0 D-4D- en 4.0 V6-modelle. 2014 – Fortuner “Epic” maak sy buiging tesame met kosmetiese verbeteringe vir die hele reeks. Maar, soos dit met voertuie gaan, werk die vervaardigers altyd daaraan om hulle waens vars en nuut te laat lyk. En dis juis hier waar die Fortuner sy “Epic” baadjie aantrek. Die nuwe model het voorlangs nuwe kopligte met swart detail bygekry, die buitespieëls is nou verchroom, en die agterligte is ook ietwat opgekikker. Die donkergrys 17” allooiwiele vertoon ook dramaties mooi en dit, tesame met Epic-kentekens voorlangs en ʼn trekstang, is van die belangrikste sigbare verbeteringe. Die hedendaagse Fortuners is dalk nie meer so bekostigbaar soos die oer-modelle (2006) nie, maar bied steeds waarde vir geld en word sterk aanbeveel.

MAAK JOU TENK MINDER VOL MET HIERDIE BRANDSTOFBESPARENDE WENKE Leer die basiese beginsels van “hipermyle”, ’n bestuurstyl wat jou ’n verrassende hoeveelheid brandstof kan bespaar. (Mik daarna om gladweg te bestuur, moenie te veel versnel of te hard rem trap nie. Verander die rat voordat jy 2 500 revolusies in ’n petrolaangedrewe motor bereik en 2 000 in ’n dieselaangedrewe motor vir ’n brandstofbesparing van 15%. Moenie teen ’n hoë spoed ry nie en gebruik die handrem wanneer jy teen ’n heuwel wegtrek pleks van die enjin se toere op te jaag. Kyk by www.hypermiler.co.uk vir wenke oor gevorderde tegnieke soos vrywiel ry en uitkering.) Parkeer in die skadu. Petrol verdamp uit jou brandstoftenk en sal vinniger verdamp wanneer jy in die son parkeer, ongeag watter seisoen dit is. Wanneer jy in die skadu parkeer, sal die temperatuur in jou motor ook laer wees en sal jy die lugversorger minder hoef te gebruik wanneer jy weer met die motor ry. As daar nie skadu beskikbaar is nie, parkeer só dat jou petroltenk weg van die direkte son wys. Om verdamping verder te verminder maak seker jou petroldop is lugdig, en koop petrol wanneer dit koeler is gedurende die dag (verkieslik vroegoggend of saans). Skakel jou motor af wanneer jy vir langer as ’n minuut (soos in ’n tou) gaan staan. Moenie jou motor laat luier nie, nie terwyl jy dit opwarm of stilstaan nie. Skakel eerder jou enjin af, want dit verbruik meer brandstof wanneer die enjin luier as om die motor weer aan te sluit. Hou jou vensters toe wanneer jy op die snelweg ry. Oop vensters kan jou petrolverbruik met soveel as 10% verhoog. Maak die vensters oop in stop-ry-verkeer en skakel die lugversorger af om geld te spaar. Deur die lugversorger af te skakel wanneer jy dit nie regtig nodig het nie, kan jy tot 10% brandstof bespaar. Moenie met oorbodige gewig (soos gholfstokke ens) rondry nie. Maak by jou meganikus seker watter oktaanpetrol jou motor se enjin regtig nodig het. Die meeste motors het nie die hoë oktaan nodig nie, hoewel die handleiding sê dit word “aanbeveel”. Skakel oor na hoëverrigtingvonkproppe. Iridiumbedekte “verrigting”-proppe skep ’n meer robuuste verbrandingsvonk wat tot ’n voller, doeltreffender verbranding in die verbrandingskamer bydra. As jy dit doen, sal die motor meer krag hê met beter brandstofdoeltreffendheid en laer emissies. Laastens, maak sou sitplekgordel vas vóórdat jy die enjin aanskakel om ’n paar sekondes van enjingebruik te spaar. Dit dra alles by!


HUISHOUDELIKE BOERERATE … As jy weer aartappels met skil en al kook, voeg ‘n bietjie suurlemoensap by. Die aartappels kook spierwit en jou pot sal geen vlekke hê nie. Asbakkies wat ruik - Veral gedurende partytjies sit mens met vuil asbakkies wat sleg ruik. Gooi sout onder in die asbakkies. Die sout absorbeer die reuk van die sigaret as. Roesmerke in 'n bad: Druk 'n suurlemoen met skil en al pap op die vlek en laat dit so lank as moontlik staan. Mielieblom kan bloedvlekke verwyder. Spoel die vlek in koue water, vryf dan klam mielieblom in. Plaas die item in die son. Om blomme in 'n vaas langer te laat hou, gooi net 2 aspirine in die water. Krapmerke op CD's - Vryf grondboontjiebotter daarop met 'n sagte lappie. Die wonder van Coke : Gooi ‘n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir ‘n uur. Spoel die toilet en jy sit met ‘n sprankel skoon toilet. Wanneer jou kar se battery terminale aangepak is neem net Coke en gooi dit oor die terminale. Die Coke sal die terminale skoon vreet. Wanneer jy sukkel om ‘n geroeste skroef los te draai, gooi Coke op ‘n lappie en hou die lappie teen die skroef vir ‘n paar minute. ‘n Heerlike manier om ‘n varkboud gaar te maak is om ‘n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die varkboud toe in foelie. Bak die varkboud tot net so ‘n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur. Die sous van die varkboud en die coke meng dan om ‘n heerlike sous te maak. Om vet kolle van klere te verwyder is om ‘n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal. Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.

Hoekom vang ek nie vis nie? Baie van ons kom van tyd tot tyd by die hengelwater waar ons nie sukses het nie. Die vis wil nie saamwerk nie en ons maak dit maar af dat dit maar net nie ons dag is nie. Daar is egter verskeie redes hoekom die vis nie op ‘n betrokke dag byt nie. Bestemming: Is die bestemming wat jy hengel onder baie lyndruk? Kom daar normaalweg groot sakke vis uit? Baie hengelaars verwag dat alle hengelbestemmings groot sakke vis of groot vis lewer. Doen behoorlik navorsing voordat jy gaan hengel en weet sodoende wat om te wagte te wees. Pen: Wanneer jy by jou pen aankom, maak seker jy weet wat voor jou aangaan. Baie hengelaars kom net by die water aan, gooi die sto kke enige plek in en wag vir iets om te gebeur. Kennis is mag en hoe beter jy jou area ken, hoe beter is jou kanse. Vind uit waar die diep en die vlak water is en kyk vir aktiwiteit op die water. Jy gooi dalk oor jou vis of dalk nie ver genoeg nie. Lugdruk en stand van die maan: Daar is baie faktore wat vis beinvloed wat ons nie kan sien nie. Die maan is seker die bekendste. Daar is baie menings oor hoe dit die vis beinvloed, maar sy uitwerking kan nie betwyfel word nie. Lugdruk het ook ‘n effek. Die druk verander die hele tyd en kan maak dat die vis van een area tot ‘n ander area skuif. Dit is handig om ‘n barometer te hê en die druk te monitor. Gerei: Maak seker dat dit nie jou gerei is wat die vis afskrik nie. Hengel jy in skoon water? Hoe sigbaar is jou voorslag en hooflyn ? Party mense vang met helder kleure lyn. Dit is geen problem in troebel water nie, maar kan die vis in helder water afskrik. Hoe sensitief is jou aanbieding? Stroppe is ‘n persoonlike ding, maar min mense weet dat jou hoek en gewig grootte maak of jy vis vang of nie. Partykeer is ‘n kleiner hoek of ligter sinker al wat nodig is om vis te vang. Aas: Dit sal ure neem om als aan te raak i.v.m aas. Vis voer nie altyd in dieselfde vlak in die waterkolom nie. Partykeer voer hul le hoër op, waar ‘n float byvoorbeeld goed sal werk. Ander kere is hul op die bodem waar pitte en degies beter sal werk. Ander kere is hul so hoog op, dat niks hul sal vang nie.

Slotsom: Daar is geen vaste reëls vir hengel nie, en daar kan verskeie redes wees hoekom jy nie op ‘n betrokke dag goed vang nie. Baie van daardie redes is totaal buite ons beheer, maar ander kan deur ons beheer word. Die kuns is om te weet waar om te verander, om jou sukses te verhoog. Stywe Lyne! - magicbaits -


OUTISME Outisme of outismespektrum, soos dit ook bekendstaan, is ’n groep ingewikklede ontwikkelingsafwykings van die brein. Dit word dikwels ook omvattende ontwikkelingsversteurings genoem. Dis baie algemeen en word by een uit elke 110 kinders gediagnoseer. Navorsing toon die versteuring kom vier keer meer by seuns as meisies voor. Daar is verskillende soorte en kombinasies simptome. In die afgelope 30 jaar het navorsing getoon outisme is die gevolg van ontsteking van die sentrale senuweestelsel. Volgens onlangse studies kan outisme deur veelvuldige genetiese komponente veroorsaak word. Ander bydraende oorsake kan blootstelling aan omgewingsfaktore wees, soos aan rubella by die ma. Tydens swangerskap kan chemikalieë soos talidomied en valproate ook ’n rol speel. Hoe erg die versteuring die kind beïnvloed, word gewoonlik bepaal deur hoe lank hy – voor, tydens of na geboorte – aan hierdie faktore blootgestel was. Genetiese afwykings, soos die Fragile X-sindroom, knopvormige sklerose en Angelman se sindroom, kan ook ’n rol speel. Net ’n klein persentasie word hierdeur aangetas. Wees bedag op die volgende gedrag : Kinders met outisme kan varieer van baie erge " afskakeling" tot geringe spraak en sosiale probleme - daarom die nuwe naam van " Autism spectrum disorder". Van die kenmerke is : Agterstand / agteruitgang / afwesigheid van taalontwikkeling; Ongewone reaksies tot ander mense - vermy oogkontak, bied weerstand om opgetel of vertroetel te word en skynbare afsluiting van die wêreld; Onvermoë om behoeftes te kommunikeer; Onvermoë om met ander kinders te speel en vriende te maak; Onvermoë om ander se gevoelens te interpreteer en ongewone reaksies op emosies; Behoefte vir 'n erge struktuur en roetine, amper rituele herhaling in basiese daaglikse takies soos bad en aantrek, en erge weerstand met verandering in roetine; Afwisselende hiperaktiwiteit met periodes van passiewe "uitskakeling" van die omgewing met erge reaksies op enige veranderings; Herhalende liggaamsbewegings soos heen en weer loop of hardloop, hande skud, arms vlap, klap, wieg, draai en rolbewegings, op en af spring, kopskud, kopstamp en ander selfbesering; Ongewone hantering van speelgoed en ander voorwerpe - pak alles in 'n lyn, draai wiele aanhoudend, teken dieselfde patroon oor en oor, ens.; Ongewone afhanklikheid van 'n sekere speelding of ander voorwerp; Onsesitief vir pyn of hitte / koue; Impulsiewe aksies met geen vrees vir gevaar; Gereelde gehuil en "tantrums" sonder enige ooglopende rede; Vreemde taalgebruik - woorde / frases uit konteks ens. Abnormale reaksies op sensasies - lig, klank, aanraking - oorreageer soms, maar is ook soms nie-reagerend; Hipersensitiviteit vir smaak / tekstuur van kos - eet net sekere kosse; "Dowe" gedrag - reageer nie op kommunikasie nie, maar wel op ander geluide. Sommige kinders ontwikkel normaal tot op 2 jaar, met dan 'n skielike of stelselmatige terugval (spraak agteruitgang, verergerde sensitiviteit, ens ) Siptome verskil van kind tot kind, en van hierdie simptome kom ook voor in kinders met ander toestande.

WANNEER GAAN JY DOKTER TOE ? Indien jou kind hierdie simptome toon, beteken dit nie noodwendig hy ly aan outisme nie. As jy twyfel, besoek ’n professionele persoon wat kennis dra van hierdie versteuring, soos ’n neuroloog, sielkundige of pediater.

HULP IN SUID AFRIKA Outisme Suid Afrika webblad : www.autismsouthafrica.org/


Tel : (034) 413 1333


Car seats for young children now mandatory As of 1 May 2015, children under the age of three must be strapped into car seats. The new amendment of the National Road Traffic Act, which came into effect on May 1, makes child car seat use compulsory and motorists who don’t strap toddlers in can expect to be fined. ER24 has the following advice: Infants should ride rear-facing at least until they are a year old. Once they exceed the weight or height limit set by the manufacturer of the infant safety seat, they should ride rear-facing in a convertible safety seat. It is best to keep toddlers rear-facing as long as possible. When they have outgrown this seat, they should use a forward-facing safety seat with a full harness. This should be used until they exceed the weight and/or height limit set by the manufacturer of the seat. Children who have outgrown a convertible safety seat should use a booster seat until they are at least 1,3m tall. Children who are tall enough to wear an adult seatbelt should still ride in the back seat until they are 13 years old. Adjust the seat belt so the lap belt crosses the child’s upper thighs and the diagonal belt crosses the upper chest at a point between the neck and shoulder.


Kies die regte vleissnit vir die regte gereg DIE eerste stap om 'n heerlike, sappige vleisgereg vir jou gesin voor te sit, is om die regte vleissnit by jou gunsteling supermark of slagter te koop. Met die wye keuse van snitte wat by vleistoonbanke te kry is, is dit egter glad nie so 'n maklike takie nie. Die rooivleisklassifikasiestelsel maak dit vir 'n mens makliker om vleis presies volgens jou behoeftes te koop en waarde vir geld te verseker. Die klassifikasiestelsel dui die sagtheid van die vleis aan, wat gebaseer is op die ouderdom van die dier, en alle bees-, skaap- en lamsvleis word in een van drie ouderdomsklasse verdeel. Elke klas het 'n rollermerk met sy eie kleur. Jy kan dus met 'n oogopslag sien of die vleis geskik is vir die gereg wat jy beplan. Die AAA-merk (pers) dui die sagste vleis aan; die BBB-merk (bruin) dui op minder sagte maar geurige vleis, terwyl die CCC-merk (rooi) aandui dat hierdie vleis nie so sag is nie, maar besonder smaaklik, en dus geskik vir geregte soos bredies en kasserolle. Varkvleis word nie gerollermerk nie, aangesien alle varkvleis sag is, ongeag die ouderdom van die dier. Die vetinhoud van vleis wissel egter. Deur na die vleis te kyk, kan jy na gelang van persoonlike smaak vleis kies met 'n hoĂŤ, medium of lae vetinhoud. Wanneer jy 'n draai by jou slagter maak, hoef jy net vleis te koop volgens die klas van jou keuse.

SPECIAL Fillet on the Bone at only R85 per kg

Price valid while stocks last.

Phone Pongola Vleis now on 034 413 1226




To advertise here email us at rolene@axxess.co.za or phone 082 8100 808

RATES :

Full page - R950 Half page - R550 Quarter Page - R350 Business Card - R250 Rates include the design of your advertisement.

We distribute the Inniriet Magazine to : 

We post the magazine on various facebook pages

Next issue of Inniriet Magazine will be on 15 June 2015

1789 email addresses

Inniriet is also available on the Inniriet website at www.inniriet.com

Can you afford not to advertise your craft and/or your business??


Pongola through my lens ...


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.